Hulp met roete en kamp beplanning





Results 1 to 9 of 9
  1. #1
    Join Date
    Feb 2019
    Location
    Gariepdam
    Age
    39
    Posts
    24
    Thanked: 32

    Default Hulp met roete en kamp beplanning

    Middag almal

    Ek is onervare met kamp roete beplanning,as daar iemand is wat my dalk kan help met n lekker beplanning sal dit gaaf wees.

    Voertuig:Prado 4x4
    Karavaan:Bushlapa Ratel
    Datum:Vertrek oggend van die 16de Maart vannaf Johannesburg na ........... tot laaste aand iewers die 22ste Maart.

    Ons het besluit om bietjie langer te gaan om laaste stuk onder om Lesotho te ry oppad Gariepdam toe,ek het dit gemerk,kan iemand my dalk met daai gedeelte ook help en se of die pad veilig is van Nottingham Road tot by Rhodes(ek ken die gedeelte van Tenahead tot by Rhodes).

    Area:Enige plek op kaart aangeheg

    Ons wil net so 2 aande op n plek wees,so ons soek so 3 kampplekke,gee nie om om so bietjie te "explore" nie.
    Die rede hoekom ek vra is omdat ons al n paar keer in die Kruger was en Sabie so ons wil graag die res begin sien van daardie pragtige deel van ons land,gee nie om vir n ander park nie,mal oor diere.

    Ek is seker hier sal iemand wees wat my in die regte rigting sal stuur.

    Dankie
    Pentafam
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	Kamp Kaart.png 
Views:	106 
Size:	244.6 KB 
ID:	520614   Click image for larger version. 

Name:	Kamp kaart 2.png 
Views:	43 
Size:	548.8 KB 
ID:	520643  
    Last edited by Pentafam; 2019/02/25 at 03:56 PM.

  2. #2
    Join Date
    Jan 2016
    Location
    Bloemfontein
    Age
    40
    Posts
    1,739
    Thanked: 950

    Default Re: Hulp met roete en kamp beplanning

    Dat niemand nog op sˇ 'n fred geantwoord het nie... Ontdek die skatkiste van die ou Transvaal! Marakele Nasionale Park se kampplek is pragtig en die kruinroete by Kransberg wonderlik. Maak 'n hele dag daarvan om die park te verken! Ry die volgende oggend vroeg via Bakkerspas en Tarentaalsraat (alles grond) na die R33 wes van Vaalwater om die Waterberg se skoonheid verder te ervaar. Vat dan die R33 noorwes deur Lephalale (Ellisras), dan die R572 na Alldays. Vanaf Alldays, vat die R521 suid na Vivo; draai by Vivo wes na die Blouberg Natuurreservaat. Vat die volgende dag die 4x4 paadjie na die kransaasvoŰl broeikolonie teen die majestieuse suidelike kranse. Soek luiperds, daar is baie. Gaan terug via Alldays op die R521 na Mapungubwe Nasionale Park. Ek is seker julle sal Mapungubwe baie geniet...
    2001 Gen 3 Pajero swb 3.2 Di-D

  3. The Following User Says Thank You to Jens78 For This Useful Post:


  4. #3
    Join Date
    Jan 2016
    Location
    king william's town
    Age
    63
    Posts
    1,102
    Thanked: 422

    Default Re: Hulp met roete en kamp beplanning

    Die hele blok, Suid van Palaborwa, teen die suid-oostelike gebied, tot teen die wildtuin is baie mooi en die moeite werd om te toer.
    Ons het dit so twee jaar terruggedoen, Pilgrimsrest, al die watervalle en berge in die gebied is als baie mooi.
    Daar is oorals kamp plekke so na twee nm kan jy begin soek na kampplekke om oortestaan.
    Daar is die drie rondawels, Sondwale Grotte, The Potholes?, God's Window, en baie ander plekke om te besoek.
    Ry, kamp en praat met mense waar julle kamp, hulle is almal toeruste, en sal wenke aanbied...

  5. The Following User Says Thank You to haboob For This Useful Post:


  6. #4
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Roodekrans
    Age
    53
    Posts
    1,005
    Thanked: 140

    Default Re: Hulp met roete en kamp beplanning

    Daar is 'n paar baie mooi kamp plekker Noord van Alldays, op die grens!

  7. #5
    Join Date
    Feb 2019
    Location
    Gariepdam
    Age
    39
    Posts
    24
    Thanked: 32

    Default Re: Hulp met roete en kamp beplanning

    Baie dankie,dit help al klaar,ken glad nie daai wereld en weet ook nie altyd waar dit nog relatief veilig is om alleen te toer nie.

  8. #6
    Join Date
    Jan 2016
    Location
    Bloemfontein
    Age
    40
    Posts
    1,739
    Thanked: 950

    Default Re: Hulp met roete en kamp beplanning

    Quote Originally Posted by Pentafam View Post
    Baie dankie,dit help al klaar,ken glad nie daai wereld en weet ook nie altyd waar dit nog relatief veilig is om alleen te toer nie.
    Julle behoort veilig te wees in enige van die meer bekende reservate. Wees egter versisgtig waar julle stop om inkopies te doen; van daardie dorpe in Noord-Wes, Limpopo en Mpumalanga het in regte hole ontaard waar die leeglŕers wag om te parasiteer op niksvermoedende besoekers.
    2001 Gen 3 Pajero swb 3.2 Di-D

  9. The Following User Says Thank You to Jens78 For This Useful Post:


  10. #7
    Join Date
    Jan 2016
    Location
    king william's town
    Age
    63
    Posts
    1,102
    Thanked: 422

    Default Re: Hulp met roete en kamp beplanning.

    "Ons het besluit om bietjie langer te gaan om laaste stuk onder om Lesotho te ry oppad Gariepdam toe,ek het dit gemerk,kan iemand my dalk met daai gedeelte ook help en se of die pad veilig is van Nottingham Road tot by Rhodes(ek ken die gedeelte van Tenahead tot by Rhodes)".

    Die gedeelte is ook redelik veilig, maar wees ook versigtig deur die dorpe, waar jy stop en waar jy inkopies doen.
    Die kan baie besig wees, en kan vol loslopers le, wat baie opertunisties kan wees.
    By Underberg is daar verskillende plekke in die omgewing van Underberg, sowel as die Sani Pas om te ry.
    Indien jy nie paspoort het nie, vra op RSA kant om net die pas te ry, voor dit geteer word, dan terrug te draai bo, by die Lesotho grenspos.
    Daar is "Mount Curry Nature Reserve net buite Kokstad 039 727 3844, waar jy kan kamp in die rigting van Underberg.
    Daar is die Golfklum op Maclear waar jy die Kleedkamers gebruik om te stort en op die Golfbaan kamp. Mathew Burger se kontak nommer is 082 752 8242
    So 5 km suid van Maclear aan die Ugie kant is Tortoni, wat langs 'n plaas dam gelee is.
    In Maclear is Stone Junction koffie kroeg, wat veilige parkeering het.
    Ry dan die Ben Dui passe, waar jy by Rhodes, sowel as net buite Barkley-oos, op 'n plaas kamp, kan ontspan, onder kranse.
    Rydie R 393 vanaf Wartrail na die Bastervoetpadkloof pad, baie mooi...
    Ry dan Aliwal, Burgersdorp om na Gariebdam.
    Hou lekker vakansie, en laat weet hou dit gegaan het...

  11. #8
    Join Date
    Feb 2019
    Location
    Gariepdam
    Age
    39
    Posts
    24
    Thanked: 32

    Default Re: Hulp met roete en kamp beplanning

    Wow Haboob,baie dankie,ek is maar n paar weke deel van 4x4 community en ek geniet elke oomblik daarvan en so baie mense met ongelooflike kennis van kamp en alles wat daarmee saam loop....

  12. #9
    Join Date
    Jan 2016
    Location
    king william's town
    Age
    63
    Posts
    1,102
    Thanked: 422

    Default Re: Hulp met roete en kamp beplanning

    Geen probleem nie.
    Daar in die Sabie Gebied is daar baie kampplekke en goed om te doen.
    Ry al daai paaitjies, berg passe en watervalle. Dis ongelooflik mooi.
    Kry 'n goeie mik en druk kamera, die grootes, met die lank lense is te groot en jy sal nie die helfde van die foto's wat jy met mif en druk sal neem nie. Hulle is te groot, lomp en jy moet elke nou in dan lense verander. Die Panasonic Lumix is baie goed, en die klein Cannon is bietjie goedkoper.
    Baie selfoone, neem ook redelike foto's, indien jy nie nog geld wil uitgee nie.
    Kry 'n plek om te bly, dan verken jy daai area om die plek vir so twee dae, dan skyf jy weer aan na die volgende gebied.
    Indien jy Tracks4Africa op jou GPS gelaai is, sal jy plek kry om te kamp.
    Waar jy sien mense is kampers, vra advies op kampe in die gebied.
    Daar is ook informasie plekke in elke dorpie. Stop en praat met hulle.
    Hulle sal ook pamflette, met kampplekke he, sowel as goed om in hul gebied te doen.
    Ry stadid, kyk baie rond en gesels met kampers, hulle is gewoonlik meer vriendelik as die ander touriste...

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •