Continental Bande op Ford Ranger 3.2 LTX




Results 1 to 4 of 4
  1. #1
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Pretoria
    Posts
    55
    Thanked: 8

    Default Continental Bande op Ford Ranger 3.2 LTX

    Ek merk dat my Ranger se voor bande (Continentals), klein stukkies rubber breek uit die loopvlak vanaf ongeveer 10 000 km. Dit kom voor asof mens 'n rasper oor die loopvlak getrek het.

    Verskeie bronne (twee bande plekke ingesluit) is van mening dat dit 'n algemene probleem blyk te wees met Continental bande. Sommige is van mening dat die Rangers se voorkant te swaar is vir die bande. Andere reken weer dat dit die traction control is wat dit veroorsaak.

    Ford meen dis 'n bande probleem wat met die vervaardiger uitsorteer moet word. Die bande plekke voel dis Ford se probleem en dat hulle dit moet uitsorteer.

    Ek het egter gaan kyk na ander voertuie, plat karre ingesluit, wat ook Continentals gebruik, en gemerk dat daar seker een uit elke vyf is wat dieselfde probleem het.

    Wat is u mening hieroor?
    Jan

  2. #2
    Join Date
    Aug 2015
    Location
    Roodekrans
    Age
    43
    Posts
    67
    Thanked: 3

    Default Re: Continental Bande op Ford Ranger 3.2 LTX

    My nuwe Ranger doen dieselfde met die continentals op.
    Het met goeie vriend gesels wat bande plek besit en blykbaar is dit die continentals wat se "compound" te hard is vir teerpad en daarom chip dit so af.
    Dit is net my voorbande wat dit doen en dit vanaf begin. Ek het nou 30 000km op en dit raak net erger.
    Doen meestal teerpad so kyk na die bridgestone duellers sowel as die Pirelli scorpions.
    As jy wil meer inligting kry oor die beste bande vir jou gebruik kan ek jou altyd in kontak sit met my pel by die bande plek.
    Stefan

    2018 Ford Ranger 3.2 auto 4X4 double cab with a few extra's

  3. #3
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Pretoria
    Posts
    55
    Thanked: 8

    Default Re: Continental Bande op Ford Ranger 3.2 LTX

    Dankie Stefan.
    Ek sal dit waardeer as jy my met jou vriend in kontak kan sit. [email protected]
    Jan

  4. #4
    Join Date
    Aug 2015
    Location
    Roodekrans
    Age
    43
    Posts
    67
    Thanked: 3

    Default Re: Continental Bande op Ford Ranger 3.2 LTX

    Hi Jan
    Her jou ge email. Laat weet as ek kan help.
    Sterkte daar.
    Collin is goeie mens en ek kry bande teen about cost prys by hom.
    Stefan

    2018 Ford Ranger 3.2 auto 4X4 double cab with a few extra's

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •