Middag, ek het n Amarok met alucab drawer-slides in en n alucab dropdown-fridge slide bo-op dit. Die probleem wat nou opgeduik het is die slides moet effens gelig word vir Amarok sodat dit kan uitgly oor die tailgate. Nou het ek twee weke terug n snowmaster dubbel deur yskas gekoop en die yskas deur aan die canopy se kant maak nie reg oop nie omdat dit teen die canopy deur kap. Maw die slide kom uit en sak af en die voorste deur maak reg oop maak nie die agterste ene nie.

Ek hoop dat ek nie die eerste ene is met hierdie probleem nie en soek btjie raad asb.

Ek wil nie die obvious roete gaan met n drop-down slide nie aangesien ek n slide het en nie nog R6500K !! wil spandeer nie. Weet dis n stupid probleem moes gegaan het vir die vertikale openings yskas, maar ek hou van die twee aparte kompartemente en die ekstra funksies op die snowmaster.

Enige hulp sal waardeer word.