Navara" kook "





Page 1 of 5 1 2 3 4 5 LastLast
Results 1 to 20 of 100

Thread: Navara" kook "

  1. #1
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    57
    Posts
    743
    Thanked: 215

    Default Navara" kook "

    Ek het so 20000km terug my engine met 'n tweedehandse import vervang. (4 liter petrol)
    Die afgelope paar weke ervaar ek die volgende.. As ek swaar sleep en 'n steil bult aandurf raak my engine buitengewoon warm.. As ek na so 'n harde sessie stop loop tot 'n liter water by die water tenkie se oorloop uit.
    Die vorige engine het dit glad nie gedoen nie.
    Die hittemeter klim so bietjie maar nie juis bo half nie..
    Ek het so agt maande terug die verkoeler en alle waterpype vervang. Engine gebruik nie olie nie, niks fout met die kraglewering nie en brandstofverbruik normaal(bly maar rondom 5km /l as ek sleep.)
    Enige iemand 'n idee waarom hy so maak?
    Last edited by tocin; 2018/07/11 at 05:03 PM.
    Nico Thiart

  2. #2
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    42
    Posts
    3,768
    Thanked: 1175

    Default Re: Navara" kook "

    Klink of iets die verkoelingstelsel pressurize. Worst case scenario iets soos 'n kraak in die head.

    Enige simptome van head of headgasket probleme?
    Defender 2.8i

    People talking without speaking
    People hearing without listening

  3. #3
    Join Date
    Nov 2011
    Location
    Langebaanweg
    Age
    43
    Posts
    1,770
    Thanked: 1220

    Default Re: Navara" kook "

    Of dalk iets soos radiator cap wat te vroeg die pressure dump.
    '07 Land Rover Defender 110 TDI 300 Kalahari (Meisiekind˛)
    '84 Land Rover Defender 110 V8 4-speed Hardtop (Meisiekind) Sold after 12 years of fun and hard work.
    The only thing needed for evil to triumph is for a good man to do nothing.

  4. #4
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    57
    Posts
    743
    Thanked: 215

    Default Re: Navara" kook "

    Quote Originally Posted by albertvl View Post
    Klink of iets die verkoelingstelsel pressurize. Worst case scenario iets soos 'n kraak in die head.

    Enige simptome van head of headgasket probleme?
    Die water wat uitkom is groen (antifreeze)..In die radiator lę dit mooi in die bek soggens. Die Isuzu wat ek voor die Navara gehad het het top gekraak.. As ek reg onthou het die water net "verdwyn" Ek moes heeltyd optop. Nou top ek ook op maar sien ten minste waar water uitkom.
    Nico Thiart

  5. #5
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    57
    Posts
    743
    Thanked: 215

    Default Re: Navara" kook "

    Ek ry vir dae sonder dat hy water uitstoot by water tenkie.. MAAR SODRA EK KWAAI BULTE UITBEUR MET 3 TON SLEEPWA gebeur dit.. Gelyk pad met dieselfde vrag = geen probleem
    Nico Thiart

  6. #6
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    42
    Posts
    3,768
    Thanked: 1175

    Default Re: Navara" kook "

    Het jy 'n viscous fan of elektries?
    Defender 2.8i

    People talking without speaking
    People hearing without listening

  7. #7
    Join Date
    Aug 2011
    Location
    Brackenfell
    Age
    37
    Posts
    1,813
    Thanked: 296

    Default Re: Navara" kook "

    albert het my geklop. Check Viscous fan, thermostat uithaal en toets. Radiator cap op die radiator en die expansion. Ek het die diesel en het bietjies verloor maar gesien dit loop hier uit by regter voor mudflap. Vervang ek toe albei en probleeem is weg nou al vir 2 maande. Radiator het vol gebly, maar expansion het verloor.

    Radiator het gewone cap en die expansion het die pressure cap(met spring loaded)

  8. The Following User Says Thank You to Dwayne P For This Useful Post:


  9. #8
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    42
    Posts
    3,768
    Thanked: 1175

    Default Re: Navara" kook "

    Mens toets die viscous deur n opgerolde koerant in hom te steek. As jy die fan kan stop met die koerant, is die viscous kapot.
    Defender 2.8i

    People talking without speaking
    People hearing without listening

  10. #9
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    57
    Posts
    743
    Thanked: 215

    Default Re: Navara" kook "

    Dankie vir die raad manne. Eerste ding ry ek toe by 'n verkoeler handelaar om om 'n druktoets te doen. Toe die man die verkoeler prop afhaal sę hy dadelik... Hier lę die probleem.. Verkeerde prop wat te gou water loslaat.. (Dit was die gewone prop wat hy toe VERVANG met die met die een met spring in.) ...Doen nie eers 'n druktoets. My "probleem" is opgelos vir R100

    Ek loop laai 'n vrag en vat die pad... Soos ek die pas klim klim daai termometer... Anderkant die Paarl is hy bo half.. Ek trek af en die water borrel sommer in daai tenkie...
    Gooi maar weer water by en gaan laai vrag af... Gewoonlik het die ou met leë vrag glad warm geword nie maar 10 kilos verder toe kom die stoom onder die enjinkap uit..
    Gelukkig is ek 'n klipgooi van Nissan Spares in Brackenfell af en ry soontoe en verduidelik vir Migauel my probleem....

    Soos julle manne.. beaam hy dat as die regte proppe op is en radiotor is nie verstop nie.. die Viscous fan, thermostat of waterpomp die enigste ander probleem kan wees.
    Ons laat hom afkoel en hy haal eerste die "nuwe" prop af... Vra my dadelik wie de ongeluk het die prop met spring opgesit want dit blokkeer die uitlaat en is die rede hoekom tenkie nou so vinnig kook..

    Dit is toe Drieuur die middag maar hy reken ek kan nie so terug ry nie... prop is nie die enigste probleem nie... Die Viscous fan was so kapoet dat jy hom met die hand kon draai..

    In elk geval 5 ure later (so tussen al sy ander werk ..help hy my ook)is ek huistoe met 'n ander Viscous fan, regte prop weer op die verkoeler en hy het ook die thermostat gemodify dat hy nou baie laer temperatuur wys..(sien hom weer môre dan sal ek vra hoekom)
    Temperatuur het mooi laag gebly terug tot in Worcester maar ek laai eers weer môre kwaai vrag... en dan sal ek verseker weet of hy nou reg is
    Sal terugvoering gee
    Last edited by tocin; 2018/07/15 at 09:38 AM.
    Nico Thiart

  11. #10
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    57
    Posts
    38,749
    Thanked: 15064

    Default Re: Navara" kook "

    Quote Originally Posted by tocin View Post

    In elk geval vier ure later is ek huistoe met 'n ander Viscous fan, regte prop weer op die verkoeler en hy het ook die thermostat gemodify dat hy nou baie laer temperatuur wys..(sien hom weer môre dan, sal, ek vra hoekom)
    Temperatuur het mooi laag gebly teug tot in Worceser maar ek laai eers weer more kwaai vrag en dan sal ek verseker weet of hy nou reg is
    Goeie diens van Nissan Spares en Miguel.

    1) Die radiator prop vir 'n remote pressurised reservoir het geen spring nie, hy was reg, en die radiator plek dude is 'n idioot wat beter moes weet

    2) viscous fan is 'n ding wat vir my baie kopseer gegee het op baie voertuie, sommer op my V6 Sani die ding uitgehaal en elektries ingesit

    3) thermostat is nou een wat vroeer oopmaak en derhalwe is daar meer kans dat die engine nie te warm raak voor die verkoeler sy werk kan begin doen nie: kouer lande het die "warm" teermostaat nodig, ons het die koeler een nodig

    Jy is BAIE lucky om nie enige skade te kry nie
    Jakes Louw
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  12. #11
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    57
    Posts
    743
    Thanked: 215

    Default Re: Navara" kook "

    Miguel reken ook ek was amper weer in vir 'n nuwe engine... Hy het ook 'n ander probleem vir my moontlik uitgewys... Daar is so 'n snaakse geluid as die outomaties in tweede en derde rat oorskakel.. Hy reken dis swak engine olie wat met die engine vervaging ingegooi is... As dit warm word kry die "Vamos"(nie seker van spelling) nie dadelik gesmeer nie... Ek gaan môre remskoene en disks by hom vervang dan gaan hy sommer regte kwaliteit olie in gooi
    Nico Thiart

  13. #12
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    57
    Posts
    38,749
    Thanked: 15064

    Default Re: Navara" kook "

    Quote Originally Posted by tocin View Post
    Miguel reken ook ek was amper weer in vir 'n nuwe engine... Hy het ook 'n ander probleem vir my moontlik uitgewys... Daar is so 'n snaakse geluid as die outomaties in tweede en derde rat oorskakel.. Hy reken dis swak engine olie wat met die engine vervaging ingegooi is... As dit warm word kry die "Vamos"(nie seker van spelling) nie dadelik gesmeer nie... Ek gaan môre remskoene en disks by hom vervang dan gaan hy sommer regte kwaliteit olie in gooi
    Vanos is BMW?

    Cam solenoid valve?

    What has that got to do with the gearbox? I'd say more likely bad/poor ATF mixed with factory ATF and the auto solenoid valves are sticking.
    Jakes Louw
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  14. #13
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    57
    Posts
    743
    Thanked: 215

    Default Re: Navara" kook "

    Quote Originally Posted by jelo View Post
    Vanos is BMW?

    Cam solenoid valve?

    What has that got to do with the gearbox? I'd say more likely bad/poor ATF mixed with factory ATF and the auto solenoid valves are sticking.
    Ek wil nou nie my meganiese onkunde hier uitblaker nie.. Probeer net alles onthou wat hy gesę het.. Sal more bietjie Meer uitvra..

    Nie seker of dit het iets met die ratkas uit te waai het nie.. Dit gebeur net as die engine so bietjie opgewarm het.. Jy moet ten minste so 5 na tien minute ry voor so 'n krrrr geluid gehoor kan word as jy oorskakel van 2de na 3de.. Teen hoër ratte is daar al te veel engine geraas, ens..
    Miguel het die spesifieke rat gedoende vir my gewys en verduidelik dat' n swak engine olie dit nie behoorlik smeer nie en hy dan vir'n oomblik "droog" draai.. Hy het genoem daai Vanos kos R20000.. So eerder spandeer op goeie olie as dit later moet vervang...

    Nissan self het 'n ander teorie.. By die manifold intake is daar so 'n kleppie wat op sekere refs oopmaak.. Jy hoor dit ook duidelik ook "skree" as jy stadig die refs opjaag...
    Soos ek sę ek is regtig onkundig met die meeste werkinge van 'n motor.. Daarom vra ek so graag op hierdie wonderlike forum
    Nico Thiart

  15. #14
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    57
    Posts
    743
    Thanked: 215

    Default Re: Navara" kook "

    Bygesę die ratkas is'n paar kilos van 400000 af..My aanvanklike gedagte was ook ratkas.. Dalk tyd vir 'n nuwe ratkas olie.. Die is meer as 100000km laas vervang.. (Nissan self het dit met olie volgens specs vervang) .. Ek sal jou teorie môre met Migual bespreek Jelo
    Last edited by tocin; 2018/07/15 at 11:45 AM.
    Nico Thiart

  16. #15
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Robertson/ Larissa, Greece
    Age
    56
    Posts
    5,568
    Thanked: 3516

    Default Re: Navara" kook "

    Hy praat van die variable valve timing meganisne as hy Vanos noem. Sy teorie is moontlik.
    We can't change the wind but we can set our sails

  17. The Following User Says Thank You to Francois Theron For This Useful Post:


  18. #16
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    42
    Posts
    3,768
    Thanked: 1175

    Default Re: Navara" kook "

    Ek dink ratkasolie moet elke 60 duisend kilos vervang word.
    Defender 2.8i

    People talking without speaking
    People hearing without listening

  19. #17
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    42
    Posts
    3,768
    Thanked: 1175

    Default Re: Navara" kook "

    O, en Beisan het n kit om die BMW Vanos se seels me te vervang. Weet nie of dit op jou trok ook gaan werk nie.

    Baie ouens gaan van my verskil maar ek sou Holts Wonderwelt in die radiator gegooi het. Die engine het nou oorverhit so die kans dat jy die heads of headgasket seergemaak het is groot. As daar 'n kleine swak plek is kan jy dit nou stop voordat dit n groot swak plek word. Jy moet die termostaat uithaal as jy dit bygooi.
    Defender 2.8i

    People talking without speaking
    People hearing without listening

  20. #18
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    57
    Posts
    743
    Thanked: 215

    Default Re: Navara" kook "

    Lyk nie of daar skade aan die masjien is nie.. Die Viscous fan koel hom mooi af en met die thermostat gemodify(dink hy het gaatjies geboor) raak die temperatuur meter skaars aan kwart wanneer ek sonder vrag en gelykpad ry.

    Met vrag en bult uit klim die naald so tot onder half. Geen water wat meer uitstoot nie.

    Olievervanging het egter niks aan die skree geluid met ratwisseling gedoen nie maar met die Viscous fan wat so blaas hoor ek dit skaars... So weet nie meer oor die Vanos nie..

    Wonder of ek iets met 'n Dynotest sal optel... Ek dink in elk geval nie hy kom by daai 198 kilowatt waarmee die boekie spog uit nie.. Dalk tyd vir 'n chip?
    Last edited by tocin; 2018/07/19 at 12:44 PM.
    Nico Thiart

  21. #19
    Join Date
    Aug 2011
    Location
    Brackenfell
    Age
    37
    Posts
    1,813
    Thanked: 296

    Default Re: Navara" kook "

    Quote Originally Posted by tocin View Post
    Lyk nie of daar skade aan die masjien is nie.. Die Viscous fan koel hom mooi af en met die thermostat gemodify(dink hy het gaatjies geboor) raak die temperatuur meter skaars aan kwart wanneer ek sonder vrag en gelykpad ry.

    Met vrag en bult uit klim die naald so tot onder half. Geen water wat meer uitstoot nie.

    Olievervanging het egter niks aan die skree geluid met ratwisseling gedoen nie maar met die Viscous fan wat so blaas hoor ek dit skaars... So weet nie meer oor die Vanos nie..

    Wonder of ek iets met 'n Dynotest sal optel... Ek dink in elk geval nie hy kom by daai 198 kilowatt waarmee die boekie spog uit nie.. Dalk tyd vir 'n chip?
    terwyl jy da by Nissan (Migual) was kon jy net om die draai by Izak gaan kuier het by Dynotech.

  22. #20
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    57
    Posts
    743
    Thanked: 215

    Default Re: Navara" kook "

    Quote Originally Posted by Dwayne P View Post
    terwyl jy da by Nissan (Migual) was kon jy net om die draai by Izak gaan kuier het by Dynotech.
    Dankie Dwayne maar Kosie en Karel Swanepoel is familie so sal hom seker by KSD inboek as my gat bly jeuk..
    Nico Thiart

Page 1 of 5 1 2 3 4 5 LastLast

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •