Stellenbosch skole





Results 1 to 5 of 5
  1. #1
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Stellies - Wes Kaap
    Age
    33
    Posts
    1,660

    Default Stellenbosch skole

    Hallo,

    Ons moet begin rond kyk vir laerskole (en dan na dit vir hoŽrskole na n hele paar jaa) in Stellenbosch omgewing.

    Enige iemand wat bietjie terugvoering kan gee oor hoe julle, en julle kids, die skole ervaar?

    Goed soos verkeer en afstand van huis af gaan ek eers ignoreer. Wil nou net eers skole self vergelyk.

    Groete
    8)
    2010 Jeep Wrangler Rubicon 3.8 (JKU)
    EX: Jeep Grand Cherokee 3.0 CRD Laredo (WK)
    EX: Suzuki Jimny 2010
    EX: Disco1 3.8i V8
    EX: Mitsubishi Lancer
    EX: '91 Toyota Corralla

    Current Upgrades: 2" lift kit, ARB Bullbar, stronger coils.

    4x4AG:0316

  2. #2
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Pretoria
    Age
    57
    Posts
    1,367

    Default Re: Stellenbosch skole

    Jy gaan baie opinies kry. Ek was donkie jare terug in Laerskool Stellenbosch en Laerskool Paul Roos wat altwee puik skole was. Daarna Paul Roos Gimnasium toe. Ek hoor goeie goed van Laerskool Eikestad. AF Louw was in die sogenoemde armer deel van Stellenbosch in daardie tyd en daar in maar neergesien op die skool daardie tyd. Hoe dinge intussen verander het sal ek nie weet nie (praat nou van die middel van die sewentigs) Stellenbosh HoŽr is 'n goeie skool het ek gehoor, dit het nog nie bestaan toe ek op skool was nie. Dit was die ou Handel skool gewees. Sterkte met die soektog en besluitneming!
    Robert

    '98 Isuzu 280 DT D/C 4x4, home made roof rack
    '09 VW Caddy Maxi TDi
    '06 Citroen C3 1.4HDi8)
    '97 Isuzu 280 S/C plaasbakkie

  3. #3
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Paarl
    Age
    45
    Posts
    411

    Default Re: Stellenbosch skole

    HI - Ons kinders was in Stellenbosch Laer en ons was baie gelukkig daar. Hulle is nou in Simond ... dis 'n kleiner skool maar is in Simondium. Dis ver ry van Stellenbosch af maar geen verkeer nie.

    Eikestand - en dis my opinie - is baie soos PRG, dit is baie sport gedrewe skole...

    Dit hang maar baie af van die kind en hulle ge-aardheid en hulle voorkeure of gawes ens. Die kind sal floreer in die regte skool en glad nie gelukkig wees in die verkeerde skool - ons is laas jaar deur diep water met 'n kind wat nie kon aanpas in 'n spesifieke skool nie. Dis glad nie die skool se skuld nie dit het net nie gewerk nie.

    Ek sal voorstel dat jy die skool gaan besoek op ope dae of met die skoolhoof 'n afspraak reel om die skool se modus operandi the verstaan en dan jou kind in die "regte" skool te kry...

    Wat lekker is van Stellenbosch is daar is baie goeie skole en dus kan jy nie 'n verkeerde besluit maak nie...

    Sterkte
    Ford Ranger
    Double cab
    2.2
    Stock standard (for now)

  4. #4
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Stellenbosch
    Age
    52
    Posts
    982

    Default Re: Stellenbosch skole

    Vir Laerskole kan jy nie fout maak met Eikestad en Laerskool Stellenbosch nie. Rhenish laer is reg langs Eikestad, maar ek is nie seker oor standaarde daar nie. Rhenish laer is seuns en dogters maar Rhenish hoer is net dogters. Al 3 skole het die standaard sportsgronde, maar omdat hulle so naby aan soveel ander skole is word daar baie keer sportsgronde/fasiliteite gedeel. Binne 'n radius van 1 km is daar Eikestad, Rhenish laer, Rhenish hoer, Bloemhof en PRG.
    Cobus
    Land Cruiser 200 4.6
    Imagine Comfortvan

  5. #5
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Stellies - Wes Kaap
    Age
    33
    Posts
    1,660

    Default Re: Stellenbosch skole

    Dankie, ons het eers gedink Eikestad maar oorweeg nou Rhenish ook vir die dogtertjies maar dis ,soos ek verstaan, sport vs kultuur tussen die 2
    8)
    2010 Jeep Wrangler Rubicon 3.8 (JKU)
    EX: Jeep Grand Cherokee 3.0 CRD Laredo (WK)
    EX: Suzuki Jimny 2010
    EX: Disco1 3.8i V8
    EX: Mitsubishi Lancer
    EX: '91 Toyota Corralla

    Current Upgrades: 2" lift kit, ARB Bullbar, stronger coils.

    4x4AG:0316

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •