Botswana Trip





Results 1 to 4 of 4

Thread: Botswana Trip

  1. #1
    Join Date
    Aug 2017
    Location
    Kimberley
    Age
    33
    Posts
    8
    Thanked: 5

    Default Botswana Trip

    Hallo Almal

    Ek is besig om n trip te reel vir Junie/Julie deur Botswana. Die eindpunt is Vic Falls, maar oppad wil ons darem so bietjie vas sit ook. Is daar nog plekke waar dit moontlik is? Behalwe vir die Khaudum was dit baie lanklaas nodig. Het laasjaar die Nossop/Mabuasehube roete gedoen met n trailer en daar was dit nie eers nodig nie. Dit blyk vir my meeste van die paaie is redelik uitgery. Waar het mens nog n 4x4 nodig om te kom?

    Het gedink om Sentraal Kalahari deur te ry. Hoor dis pragtig daar, is daar enige 4x4 roetes?

  2. #2
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    WELLINGTON
    Age
    57
    Posts
    948
    Thanked: 39

    Default Re: Botswana Trip

    Daar's baie plekke om te gaan vassit....dis nou nie my soort ding nie maar kry maar vir jou. Junie Julie is redelik droog en die water trek daardie tyd gewoonlik al terug.
    Dele van Moremi en Savuti kan nog lekker morsig wees....sorg net dat jy goeie versekering het as jy dalk te veel afbyt!
    Die hele Sentraal Kalahari is 4x4 en sand wereld. Ek sal nie graag daar wil loop vassit nie want netnou word jy leeukos...
    'n Interresante stuk pad wat ek laasjaar gedoen het met die opry slag Noorde toe, was langs Mabuasehube se Westelike grenslyn op vanaf Tsabong. Lekker baie en diep sand. Miskien kan jy sommer in Mabua slaaplek kry...Dan op tot in Hukuntsi, en vandaar boring teerpad tot in Kang en verder op....
    Maar jy sal moet gou spring om blyplek/kampplek te kry want Junie/Julie is net om die draai. Sterkte en geniet!
    En as dit vassit is wat jy soek, moet jy navraag doen oor Hunter's Road teen Zim grens af rigting Francistown...
    John van Dyk
    Land Cruiser VX 4.7l V8 1999
    Mercedes Benz E 200K 2005 ma se ryding...niks meer besem nie!
    Kia Sportage 2007 2.0 CRDI -seun se ryding
    Kia Sportage 2012 2.0i AT - seun se ryding
    Noname Boswa
    Honda CRV 2005 -2.0i VTEC seun se ryding...verkoop

  3. #3
    Join Date
    Aug 2017
    Location
    Kimberley
    Age
    33
    Posts
    8
    Thanked: 5

    Default Re: Botswana Trip

    Baie Dankie John. Hunters Road klink interessant. Sal dit defnitief probeer inwerk. Dit gaan nie kwansuis oor vasit nie, maar meer oor op plekke kom waar Jan Alleman nie kom nie(Alhoewel almal nou al n 4x4 het)

    n Plek soos Brukkaros krater in Namibie, het n kamp bo op die berg wat jy redelik sal sukkel om met jou Audi te bereik...

    Ek dink n databasis met kamplekke eklusief vir 4x4's sal n baie handige ding wees.

  4. #4
    Join Date
    Jan 2016
    Location
    king william's town
    Age
    63
    Posts
    1,102
    Thanked: 421

    Default Re: Botswana Trip

    Quote Originally Posted by Wapper View Post
    Hallo Almal

    Ek is besig om n trip te reel vir Junie/Julie deur Botswana. Die eindpunt is Vic Falls, maar oppad wil ons darem so bietjie vas sit ook. Is daar nog plekke waar dit moontlik is? Behalwe vir die Khaudum was dit baie lanklaas nodig. Het laasjaar die Nossop/Mabuasehube roete gedoen met n trailer en daar was dit nie eers nodig nie. Dit blyk vir my meeste van die paaie is redelik uitgery. Waar het mens nog n 4x4 nodig om te kom?

    Het gedink om Sentraal Kalahari deur te ry. Hoor dis pragtig daar, is daar enige 4x4 roetes?

    Gaan ry die Goantagab Rivier in Namibia....

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •