Hi Lizette. Ek moet seker blind wees, want ek het net 'n paar dae terug gesoek vir die update. Toe ek nou weer gaan kyk, toe is dit alles daar! Dankie. Dit lyk goed
|
Hallo Hendel,
Daar is definitief 'n update available. Probeer in die iStore te search vir die guide app en kyk of dit vir jou se 'n update is beskikbaar? (Jammer, ek is 'n Android baby, ek is nie seker hoe Apple werk nie.)
As jy klaar die update vanaf die iStore gedoen het, dan moet jy gaan na "manage maps" en dan kyk watter weergawe van die kaarte jy het. Op die Apple is dit bo links, click daar en dan moet jy 'n lys van kaarte te kan sien wat jy aangekoop het. Die nuutste kaarte het 2019 agter die naam, e.g. Botswana 2019.
Indien dit nog 2018 kaarte is, behoort dit onder die kaart se naam te staan dat 'n update beskikbaar is.
Laat my weet of jy regkom!
Groete
Lizette
Hi Lizette. Ek moet seker blind wees, want ek het net 'n paar dae terug gesoek vir die update. Toe ek nou weer gaan kyk, toe is dit alles daar! Dankie. Dit lyk goed
2015 Pajero Sport Shogun
2012 Kia Cerato Hatch
Perfek Hendel, geniet dit!
Lizette
Hi, I was playing around on my android 8.0 satnav installed in my Ranger t7 xls. I was on line and saw the T4a app was R799. But the t4a guide free. So I installed it and downloaded South Affrica at R199.
Works great. And when I wanted a particular place it showed on map plus the coordinates.
Funny thing is, when I touched coordinates it immediately resorted to my OSAMD and voila directions to navigate.
2017 Ford Ranger D/Cab 2.2 TdCi XLS 4x4 Auto
It was certainly not by design but I am sure your Android OS will use any of your installed navigation apps to read the coordinates and then use its navigation. Do you know if your OSAMD is your default navigation app? Its kind of the same as when you click on a telehone number from the app and it uses the Caller app to use the number, same with emails and other URL's
Note that if you own three or more guides then the high definition maps are also available for free download - or you can simply buy it outright. There is a lot of content embedded in these.
Great to hear this though!
Johann Groenewald
Tracks4Africa
www.tracks4africa.co.za
For friendly support staff, call +27 (0)21 880 8660
Hallo Hendel,
We did an update to our Guide App in February 2020, that brought in a new high definition map. If you have only purchased one map, you get the same data (points of interest) and detail level as you used to get on the previous version of the app. If you scroll down to the bottom of the available maps, you will see a "High definition map 202001" available for purchase at R200 for the whole of Africa. This will give you a lot more detail at street level, and you can zoom in right down to 5m - on the previous version of the map you could only zoom in to 5km. We have made our country maps slightly cheaper, to off-set the price you pay for the high definition map.
Before purchasing the high definition map, consider this: if you purchase 3 (or more) of the country maps, the high definition map become available free of charge. It would all depend on your personal requirements - if you only need the data for South Africa, then purchase the high definition map separately.
Stay safe!
Lizette
Hi Lizette,
Het die Navigator App die selfde inligting as die Guide App? Soos Kamp plekke, roetes ens.
2014 Jeep Wrangler Rubicon Unlimited.
2015 Jeep Renegade Limited
2010 Conqueror Courage
Ek het die T4A Navigator app, enige nut om die T4A Guide App ook aan te skaf?
Ps 16:5
Hi Lizette,
Sorry to bombard you with questions.
What is the latest version of maps for the T4A Overland Navigation App on Android? My app shows 201807. Is that correct?
Best regards.
Hallo Bikermice & Chris B,
Die twee apps gebruik wel dieselfde data maar dien twee verskillende doele, so daar is 'n verskil in die hoeveelheid inligting wat die apps aan jou gee. Die Navigator App is 'n navigational tool, om jou van punt A na punt B te neem. Dit wys wel op jou skerm die punte rondom jou (jy moet dit net reg opstel in settings), en as jy op die icon druk, sal dit vir jou basiese inligting gee oor die plek. Byvoorbeeld as dit 'n lodge is, sal dit vir jou die telefoon nommer, website en email address gee (dit is ook afhanklik of al die inligting wel in ons data gelaai is - nie al die lodges het kontak inligting in ons data nie).
Die Guide App is gemaak vir beplanning en inligting - dit is soos 'n gidsboek, maar in elektroniese formaat. Jy het 'n kaart op die skerm, en jy kan verskillende icons aan- of afsit. As jy bv. inligting soek oor 'n dorp, kan jy die icon vir "places" aanskakel, click op Luderitz, en jy sal 'n foto met inligting oor Luderitz kry, insluitende 'n beskrywing, kontak nommers vir polisie en hospitaal, ens. Ek moet beklemtoon dat nie al die dorpe hierdie inligting het nie - ons sit dit in ons data waar ons kan, maar dit neem intensiewe navorsing om al die inligting bymekaar te maak, en ons span is nie groot genoeg om elke stad en dorp in Afrika na te vors en op datum te hou nie. Soos ons aan ons gidsboeke werk, word daar meer navorsing vir die land gedoen en die inligting is meer volledig op die guide app. Op die Navigator App gaan jy nie die inligting oor die dorpe kry nie - die doel is om jou te neem tot in die dorp, waar die guide app vir jou inligting oor die dorp gaan gee.
Op die guide app, as jy soek na 'n restaurant, kan jy net restaurant icons aanskakel, of as jy 'n lodge ook benodig, kan jy die icons vir die lodge ook aansit. Orals op die skerm sal jy dan die kolletjies sien wat restaurante en lodges aandui. Click nou op 'n kolletjie en jy sal meer inligting kry - bv. watter tipe restaurant dit is, wat op die menu is, en kontak details. Vir die lodges gaan jy 'n kort beskrywing kry oor die lodge, met 'n foto, watter geriewe daar is (WiFi, kan jy met 'n kaart betaal, watter aktiwiteite daar is,ens.), asook kontak details and prys klas. Weer eens moet ek beklemtoon die data is nie vir al die punte op ons kaarte beskikbaar nie, dit hang af of ons die inligting gelaai het vir die punte. Ons probeer dit so volledig as moontlik doen, maar daar is oneindig baie lodges, restaurante, ens. en dit gaan 'n baie groot span neem om al die inligting op datum te bring, en op datum te hou!
Ek persoonlik gebruik die Guide App baie as ek rondry. Ek beplan nie te veel nie, en as ek genoeg gery het vir 'n dag, skakel ek die kampeerplekke aan en soek plek om te slaap. Of as ek weet ek gaan brandstof en 'n winkel benodig, soek ek daarvoor maar dan gebruik ek die GPS of Navigator app om die roete te beplan en daarnatoe te navigeer.
Ek hoop dit help!
Groete
Lizette
Hallo Mosasa,
No worries, it is good to get the questions!
Correct, the last version is 2018.07 - we were due to release an update early in this year, but the developer of the app is based in Hungary, and they have also been affected by the Covid-19 epidemic and are working on skeleton staff. T4A owner, Johann Groenewald, is busy communicating with them to see when we can get the next update.
The app is an iGo App, that imports T4A data - so unfortunately we are dependent on the developers for the updates. It will notify you via Google Play or Apple iStore as soon as an update is available.
Regards
Lizette
Ek het T4A Guide map op my Samsung Galaxy tablet 4. Vir die afgelope paar jaar wat ek dit het het dit baie goed gewerk. Ek het nou opgedateer na 2020. Die app maak oop en vanaf oopmaak tot dit weer self afskakel is so 4 min. Ek het nou al die app verwyder en weer opgelaai, met Lizette gesels en so 'n paar goed probeer maar dit wil nie oopbly nie. Dit skakel net outomaties self af. Die kundiges, het julle nie miskien vir my advies nie.
Groete,
Ben
RY WAAR JY MAG MET PASSIE
2009 Toyota Hilux 3.0 D4D DC 4X4
Check jou Battery Optimization Settings Vir die T4A app - Het dit al met vorige apps gegahd op Android. Waar jy moet gaan soek vir dit hang af van jou Android version. Maar gewoonlik onder Battery of Power options. Jy moet soek vir T4A en dan so stel dat die battery nie optimise word vir T4A. Hoop dit help
2015 Pajero Sport Shogun
2012 Kia Cerato Hatch
Hallo Oradba69,
Please check that you have updated your app - this looks like the older version of the app. The new app is Version 2.2.2 - if you go to the app in your online store, it should show that there is an update available.
Once you have updated, click on the three lines on the top right, and click on In-app purchases. You will see a list of available maps, scroll right down to the bottom and there will be a high definition map. You will first have to install at least 3 of your purchased maps onto your device, for the high definition map to be available for free.
Please me know if you come right.
Regards
Lizette
Hi Lizette
Laaste vraag van my kant af asb. Ek verstaan op die app kry jy dan verskeie inligting van jou huidige GPS posisie. As ek bv in Pretoria is en beplan vir n trip Kaokoland toe, sal ek die inligting in daardie omgewing ook kan bekom of moet ek fisies daar wees asb?
Ps 16:5
Hallo Chris,
Nee, jy hoef nie fisies daar te wees nie, jy kan plekke orals sien.
Wat wel gebeur, as jy die app oopmaak, neem dit so 'n minuut of twee om jou posisie vas te stel, afhangende of jy binne of buite is - binne neem so 'n bietjie langer omdat die dak die satelliete blokkeer. So as jy in Pretoria sit, en die kaart "pan" na bv. Windhoek, voordat jou satelliet posisie vasgestel is, gaan die kaart jou terugneem na Pretoria sodra jou GPS posisie vasgestel is. Dan kan jy weer terug pan na Windhoek. So die beste is om maar te wag tot jou GPS posisie op die kaart vasgestel is, en dan kan jy pan na enige plek in die kaart waar jy wil wees.
Laat maar weet as daar nog vrae is, dit is nie 'n probleem nie!
Groete
Lizette
Bookmarks