Falken Wildpeak A/T





Results 1 to 9 of 9
  1. #1
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Stellenberg
    Age
    70
    Posts
    21
    Thanked: 0

    Default Falken Wildpeak A/T

    Goeie dag! Is daar enige iemand wat ondervinding het met Falken se Wildpeak A/T bande? Ek stel belang in die bande aangesien dit 'n LT spesifikasie het en is goed geprys. Sal graag hoor wat die ervare manne te s het....
    2010 Isuzu 300 D-Teq 4x4
    Dual Batt System

  2. #2
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Cape Town
    Age
    46
    Posts
    1,045
    Thanked: 158

    Default Re: Falken Wildpeak A/T

    Nou so 2 weke is stel opgetrek.
    Die BFG M/T was ek besig om te verniel op die teerpad ryery.

    Ek het twee kriteria gehad:
    1. Prys
    2. Grote

    Maw, beste prys wat en kon kry op 31x10.5R15. Die LT spesifikasie het ek eers na die tyd opgemerk.

    Volgens die verskaffer kan ek 60 to 80,000km verwag, afhangend van hoe ek die bande gebruik.

    Hierdie is vir teerpad gebruik uitsluitlik. Ek het 'n stel staal wielvellings vir die BFG M/T's. Sal maar die moeite moet doen om wielle te ruil elke keer wanneer ernstig wil 4x4....

    Opmerkings:
    My brandstof verbruik het aansienlik verbeter. Met 1l/100km minder, en dit op die laaste helfte van die tenk.
    Huidiglik op die eerste vol tenk diesel en dit lyk asof ek 650km op 80l gaan haal.

    Die Wildpeaks weeg 19.6kg elk, wat so 10kg per band ligter is as die BFG M/T. Maw, 50kg minder rubber wat rondgesleep word.

    O, hulle stink. Veel meer as enige ander band wat al ooit vantevore gehad het.
    Word in Thailand vervaardig.

    Hulle is tjoepstil. Tjoepstil in vergelyking met die BFG M/T's wat ek al 10 jaar aanmekaar opgehad het.

    Ry gemak is beter/sagter. Ek pomp hulle ook op 2.5bar soos die vorige stel, maar omdat die "sidewalls" heelwat dunner is, voel hulle beter.

    Meet as dit kan ek jou nie s nie.
    Last edited by swakop_toe; 2017/09/11 at 09:56 PM.
    '00 Nissan D22 QD32Ti 4x4 D/C
    '10 Toyota LC150 4.0V6 VX
    '10 Yamaha XT1200Z Super Tnr
    Our lives were governed by the Ten Commandments, good judgment, and common sense.

  3. #3
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Stellenberg
    Age
    70
    Posts
    21
    Thanked: 0

    Default Re: Falken Wildpeak A/T

    Dankie vir jou kommentaar Swakop! Ek dink nie jy kan 'n A/T vergelyk met 'n MT nie. Daar's 'n groot verskil. Tans het ek 'n stel Wrangler SA/TA's, 245/70/16 op wat ek wil vervang met 265/70/16's. Gewoonlik word daar meer teerpad as grondpad gery en daarom is my keuse maar die A/T band. Ek wil darem ook 'n sterk band optrek waarmee ek grondpad en 'off road' kan ry. Moet s, ek het nou net 'n reis deur Namibi en Botswana voltooi van 8500 km sonder enige problem, nie eers 'n papwiel nie. Hoop net nie die Wildpeaks stink te veel nie
    2010 Isuzu 300 D-Teq 4x4
    Dual Batt System

  4. #4
    Join Date
    Feb 2016
    Location
    Paarl
    Age
    45
    Posts
    1,117
    Thanked: 595

    Default Re: Falken Wildpeak A/T

    Weet nie of dit n postiewe of negatiewe punt is nie...Falken en Dunlop behoort albei aan Sumitomo rubber. Ek het op n stadium baie Falken verkoop (meestal platkar) en baie kliente wat spesifiek vra vir die Falkens...

  5. #5
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Cape Town
    Age
    46
    Posts
    1,045
    Thanked: 158

    Default Re: Falken Wildpeak A/T

    Quote Originally Posted by GerhardB View Post
    Dankie vir jou kommentaar Swakop! Ek dink nie jy kan 'n A/T vergelyk met 'n MT nie. Daar's 'n groot verskil. Tans het ek 'n stel Wrangler SA/TA's, 245/70/16 op wat ek wil vervang met 265/70/16's. Gewoonlik word daar meer teerpad as grondpad gery en daarom is my keuse maar die A/T band. Ek wil darem ook 'n sterk band optrek waarmee ek grondpad en 'off road' kan ry. Moet s, ek het nou net 'n reis deur Namibi en Botswana voltooi van 8500 km sonder enige problem, nie eers 'n papwiel nie. Hoop net nie die Wildpeaks stink te veel nie
    Ja-nee feite. BFG M/T vs. die Falken Wildpeaks A/T is soos rugby toks vs. draf tekkies.

    Ek gewaar wel 'n oplettende, hoe sal ek s, "verwering" op die voor bande se middel "tread", sal 'n foto oplaai, wat nie bespeur is op die agter bande nie. Mag wees agv die al die wrywing van al die ongegrondse parkering maneuvers, maar bekommer my nie op hierdie stadium nie.

    Ek wil wel binnekort duine toe met hulle en is ietwat angstig hoe hulle sal verrig op 0.8bar druk.
    Last edited by swakop_toe; 2017/09/12 at 08:08 PM.
    '00 Nissan D22 QD32Ti 4x4 D/C
    '10 Toyota LC150 4.0V6 VX
    '10 Yamaha XT1200Z Super Tnr
    Our lives were governed by the Ten Commandments, good judgment, and common sense.

  6. #6
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Cape Town
    Age
    46
    Posts
    1,045
    Thanked: 158

    Default Re: Falken Wildpeak A/T

    Quote Originally Posted by Nitebob View Post
    Weet nie of dit n postiewe of negatiewe punt is nie...Falken en Dunlop behoort albei aan Sumitomo rubber. Ek het op n stadium baie Falken verkoop (meestal platkar) en baie kliente wat spesifiek vra vir die Falkens...
    Interessant, dankie vir die FYI.
    So, nie veel teruggevoer op die A/T bande nie Nitebob?
    Meerendeels tov van hoeveel kilo's mens kan verwag?
    '00 Nissan D22 QD32Ti 4x4 D/C
    '10 Toyota LC150 4.0V6 VX
    '10 Yamaha XT1200Z Super Tnr
    Our lives were governed by the Ten Commandments, good judgment, and common sense.

  7. #7
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Cape Town
    Age
    46
    Posts
    1,045
    Thanked: 158

    Default Re: Falken Wildpeak A/T

    Quote Originally Posted by swakop_toe View Post
    Ja-nee feite. BFG M/T vs. die Falken Wildpeaks A/T is soos rugby toks vs. draf tekkies.

    Ek gewaar wel 'n oplettende, hoe sal ek s, "verwering" op die voor bande se middel "tread", sal 'n foto oplaai, wat nie bespeur is op die agter bande nie. Mag wees agv die al die wrywing van al die ongegrondse parkering maneuvers, maar bekommer my nie op hierdie stadium nie.

    Ek wil wel binnekort duine toe met hulle en is ietwat angstig hoe hulle sal verrig op 0.8bar druk.
    Op die randjies van die middelste tread...
    '00 Nissan D22 QD32Ti 4x4 D/C
    '10 Toyota LC150 4.0V6 VX
    '10 Yamaha XT1200Z Super Tnr
    Our lives were governed by the Ten Commandments, good judgment, and common sense.

  8. #8
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Stellenberg
    Age
    70
    Posts
    21
    Thanked: 0

    Default Re: Falken Wildpeak A/T

    Ek sien ja. Is dit nie agv wielsporing nie? Vra maar net. Laat weet hoe die bande gevaar het in die duine. Stel baie belang aangesien ek gereeld die Weskus besoek.
    2010 Isuzu 300 D-Teq 4x4
    Dual Batt System

  9. #9
    Join Date
    Jan 2017
    Location
    Johannesburg
    Posts
    82
    Thanked: 13

    Default Re: Falken Wildpeak A/T

    Are the A/T3W's in the country yet?
    2007 Pajero 3.2DiD GLS (SWB)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •