Botswana toer Aug 2018





Results 1 to 3 of 3
  1. #1
    Join Date
    Apr 2014
    Location
    Porterville
    Age
    57
    Posts
    23
    Thanked: 0

    Default Botswana toer Aug 2018

    Goeiedag ek beplan 'n toer vir 2018 na sentrale deel van Botswana en soek raad asb. Ek wil eerstens weet watter agentskap jul sal aanbeveel om besprekings te doen vir kampe en parke. Ek het voorheen ondervind dit kos 'n paar rand maar gaan baie gouer as dat ek alles self bespreek. Ek het al met McKenzie in Maun gewerk maar sien op forum daar is probleme. Ek doen al my Namibie besprekings deur Live the Journey en was baie tevrede.

    Die roete is kortliks Mabua, Sentrale Kalahari (SKP), Makgadagadi, Moremi Gorge en Tuliblok. Kan mens in een dag ry van Kalahari Rest camp na Xade camp indien jy die A2 net noord van Palamakoloi verlaat en teen die westelike grens van die SKP opry? Ons ry met boswaens en het nie voorheen na Moremi of deur Kgalagadi verby Matopi moelikheid gehad nie. Alternatiewelik moet mens dan via Ghanzi ry deur verby Grasslands camp? Ons het redelik tyd maar ek wou hierdie seksie in een dag doen indien moontlik.

  2. #2
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Delmas
    Age
    60
    Posts
    11,490
    Thanked: 622

    Default Re: Botswana toer Aug 2018

    On Botswana te bespreek kontak Tara van Botswana footprints. Sy is hier op die forum.

    En jy kan nie van Kalahari Rest ry tot in CKGR op een dag nie! Jy soek moeilikheid. Dit is sand paaie. Dik sand paaie. Jy moet van Ghanzi ry en dan kan jy die hek maak in een dag.
    Elize

    en ry saam met SarelF in
    VW AMAROK MET BLINKGATCAMPER:
    My Platkar:- Peugeot 208

    Kyk gerus by www.blinkgatproducts.com
    Vir enige aluminium produkte,canopy's, campers kontak gerus
    Sarel 0828209413

  3. #3
    Join Date
    Apr 2014
    Location
    Porterville
    Age
    57
    Posts
    23
    Thanked: 0

    Default Re: Botswana toer Aug 2018

    Dankie het gedink dis nie doenbaar nie maar T4A kaart gee nie daardie afstand en tyd en wou net seker maak. Sou dit ook 'n opsie wees om via Ghanzi te ry tot by Grasslands kamp en dan die volgende dag na Xade kamp - dit maak die 2de dag se ry darem korter? Hoe is die kamp daar by Grasslands as iemand dalk weet?

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •