Nou net die slegte nuus gehoor dat Flip Vivier van die plaas Rooiheuwel, waar hy 'n paar tipiese Karoo 4x4 roetes bedryf het asook stap roetes, vakansie verblyf en jag geleenthede verlede Vrydag skielik oorlede is.

Flip het 'n groep stappers met sy bakkie deur 'n kamp geneem waar jagters doenig was. Sy vrou Marge het hom gaan soek toe hy nie by die huis opdaag nie en hom dood in die passasiers sitplek aangetref. Dit blyk dat hy sleg gevoel het, uitgeklim het en die passssier sitplek se leuning agteroor gestel het om 'n bietjie te rus. Marge het hom so daar aangetref maar hy was reeds oorlede.