lost art of making whips - Page 2





Page 2 of 2 FirstFirst 1 2
Results 21 to 30 of 30
  1. #21
    Join Date
    Jan 2011
    Location
    West Rand
    Age
    41
    Posts
    2,107
    Thanked: 58

    Default

    Kan jy meer ek het saterdag die stads jaapies gewys hoe klap mens n sweep ,. was by vriende op hulle plot en ek sien toe vir sweep daar le in die garage ,

    Ek soek graag n oordentlike een maar hulle is lekker duur ,

  2. #22
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    Johannesburg
    Age
    34
    Posts
    135
    Thanked: 1

    Default

    Van die wat die hardste klap is as mens hom maak met 'n ski tou. Nie so mooi soos 'n leer sweep nie maar hy werk en kan enige weer hanteer. Was sommer die bees mis onder die kraan af en gebruik hom verder. Wurm die een stuk tou in die middel van 'n ander stuk in om die een deel lekker dik en swaar te kry. Ek sit sommer 'n gevlegte stuk vislyn aan vir 'n voorslag. dit hou lekker lank.

    Maar daar kom darem niks by 'n mooi leer sweep nie. Ek voel net te jammer om my leer sweep te klap. Dis meer 'n ornament as iets om te gebruik.
    As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie.
    You never know what you need until you need it....


  3. The Following User Says Thank You to Tandor For This Useful Post:


  4. #23
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    Tsitsikamma , Mossel Bay and Ceres
    Age
    68
    Posts
    251
    Thanked: 0

    Default Weet nie of ek nog kan nie?

    Die baie interresant om nog te hoor van sweep belangstelling. Henk ek is beindruk met jou kuns.
    Oom Pienaar van Hennenman in die Vrystaat het my geleer. Was bekend as die Baas Sweepmaker. Ek het tot met 16 riempies geveg. Henk sal weet dis 'n kuns om die riempies weg te werk dat mooi is.
    Na skool het ek nooit weer probeer vleg nie. Die riempies sny en die maak van 'n mooi sweepstok is natuurlik ook 'n kuns. Jare 1962 tot 1966.

  5. #24
    Join Date
    Sep 2011
    Location
    Heilbron
    Age
    32
    Posts
    2
    Thanked: 0

    Default

    Hi mag,

    Ai jong ek wil vir my man 'n sweep koop vir ons huweliksherdenking maar dit moet my nou nie 'n arm en 'n been kos nie, kan jy asseblief die oom se nommer vir my stuur? Jy sÍ dis goeie kwaliteit?

  6. #25
    Join Date
    Mar 2011
    Location
    Kenmare
    Age
    46
    Posts
    6,946
    Thanked: 46

    Default

    Ai dis darem mooi hoor!!!

    Ek kan verkeie swepe vleg maar net omdat ek maar myself geleer het en hier en daar iets opgetel het, 8 vleg is lekker confusing en oom Henk hats off. Mens moet begin en klaar maak anders verskil die sweep deur sy lengte.

    Wat ek hou van doen is gewone nylon te koop, en dan uit 20m n beautiful swepie te maak. Het dit lanklaas gedoen. My laaitie sal verseker leer hoe om te vleg en te kerf en en en, ons stadsjapie kinders kan wel vir jou wys hoe om die rekenaar aan te sit maar van windbuks skiet en vleg en kleilat ens kan hulle niks weet nie, dis ons wat maar vir hulle moet leer en so dit bewaar. Ek meen hoeveel BEEEEE kan nog n skild maak, of so, dis alles lost arts.

    Sterkte manne, dink ek sal sommer die naweek begin met n swepie.

  7. #26
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    Centurion
    Age
    33
    Posts
    871
    Thanked: 1

    Default

    Jammer om hierdie stokou draad op te diep. Ek het twee leerswepe gekry, nadat ek naarstigtelik gesoek het deur van ons ou goed nadat ek geleer is hoe om 'n sweep te klap sonder om die voorslag seer te maak.

    My probleem is, beide swepe se voorslag is af.

    Weet julle dalk waar kan ek twee nuwes kry? Soek behoorlike leer. Nie baie lank nie, altwee swepe is van die "smok" tipe, effens korter as 'n skaapsweep. My probleem is, ek sal nie eers weet presies wat om te koop as ek by enige plek instap nie.

    Julle raad sal baie waardeer word.
    2001 Mitsubishi Colt 2.4i 4x4
    Slightly battle scarred

  8. #27
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Nigel
    Age
    58
    Posts
    15,812
    Thanked: 2078

    Default

    Probeer by jou naaste ko-operasie.
    LC 78 Troopie 1HD-FTE
    Uniglide
    +27 zero eight 2 four 95 9252

  9. #28
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    George
    Age
    49
    Posts
    335
    Thanked: 41

    Default Re: lost art of making whips

    Quote Originally Posted by mag View Post
    Hi Mense, Ek ht nou die thread gaan uitkrap tussen die stof. Dit is no n ware kuns om swepe the vleg! Ek het vandag n kudu leer sweep gekoop (8 riemme gevleg) en die stok is ook oorgetrek met kudu leer! Hier is n ou oom in durbanville wat dit van sy huis af maak en verkoop. Baie goeie prys vir iets so kosbaar!
    MAG, hierdie "ou oom" wat jy hier van praat is my pa. Sy naam is Attie Bedeker (ek is Attie Bedeker jnr. & hy is Attie Bedeker snr.). Hy het nadat hy afgetree het (hy het geboer in die destydse SWA - ek is ook daar gebore en groot geword - net suid van die Waterberge - OSIRE) die stokperdjie van hom begin. Hy het die kuns aangeleer by 'n ou vriend van hom. Die vriend se naam was Koos Koekemoer, van die Hochfeldt/Otjizondu distrik, digby Imkerhof, in NamibiŽ. Ongelukkig is oom Koos en sy hele gesin (hulle was 5 mense in die vliegtuig) 'n hele paar jaar gelede dood in 'n vliegtuigongeluk in die Naukluftberge.

    My pa het die kuns bemeester en soos wat hy aangegaan het met die vleg van die swepe, so het hy dit verbeter en nuwer metodes begin gebruik. Hy het vroeŽr vanjaar sy 21 000ste sweep gemaak. Ja, jy lees reg ! 21 000 swepe. ALLES self met die hand gemaak. Hy het NIEMAND wat hom help nie, want dit is juis sy stokperdjie. Hy koop sy koedoevelle spesiaal aan by 'n looiery wat dit spesiaal vir hom looi op 'n sekere manier, wat ideaal is vir die vleg van die swepe.

    Hy maak Bull Whips, 6, 8, 12 & 16-riem swepe, goedkoop swepe vir gebruik op die plaas (ongekleur en stok nie met leer oorgetrek nie) & sambokke. Hy het al op spesiale versoek dink ek sambokke of Bull Whips gemaak met meer 16 rieme, maar hy maak dit nie as 'n reŽl nie.

    Ek sal kyk om 'n paar fotos te laai van sy swepe. As daar mense is wat belangstel, kan hulle my kontak. My pa is ongelukkig glad nie op enige digitale platvorm of selfoon nie. Hy antwoord ook slegs 'n foon as my ma hom opdrag gee om dit te doen.
    2013 Land Rover Discovery 4 3.0 SDV6 HSE (14 Julie 2017)
    2013 VW Amarok DC 2.0 BTDi 8-Speed Auto (1 Maart 2013 - 16 Julie 2017)
    2009 Mercedes C220 CDi
    2006 Desert Wolf Leo
    2004 Mitsubishi Colt 2.8TDi DC 4x4 Rodeo (Junie 2004 - Febr 2013)
    2004 VW Polo 1.4 TDi (Verkoop)

  10. The Following 3 Users Say Thank You to Attie Bedeker For This Useful Post:


  11. #29
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    George
    Age
    49
    Posts
    335
    Thanked: 41

    Default Re: lost art of making whips




    2013 Land Rover Discovery 4 3.0 SDV6 HSE (14 Julie 2017)
    2013 VW Amarok DC 2.0 BTDi 8-Speed Auto (1 Maart 2013 - 16 Julie 2017)
    2009 Mercedes C220 CDi
    2006 Desert Wolf Leo
    2004 Mitsubishi Colt 2.8TDi DC 4x4 Rodeo (Junie 2004 - Febr 2013)
    2004 VW Polo 1.4 TDi (Verkoop)

  12. The Following 3 Users Say Thank You to Attie Bedeker For This Useful Post:


  13. #30
    Join Date
    Feb 2010
    Location
    Wartburg.
    Age
    37
    Posts
    1,846
    Thanked: 491

    Default Re: lost art of making whips

    Dit is darm pragtig, het baie lanklaas sulke goeie vakmanskap gesien.
    Jou pa het baie talent.

    Toyota Land Cruiser 79 DC V8
    Toyota Hilux 2.8 GD6 4x4
    Toyota RAV-4 2.2 D4D

  14. The Following User Says Thank You to Chris8d For This Useful Post:


Page 2 of 2 FirstFirst 1 2

Similar Threads

  1. Part catalogs & other useful info
    By charlatan in forum Jeep
    Replies: 92
    Last Post: 2017/04/15, 11:31 AM
  2. Boereworse Making
    By OFFROAD ADDICT in forum Braai, cooking, recipies
    Replies: 17
    Last Post: 2011/05/23, 04:47 PM
  3. Lost art of the whip....
    By Acrorellik in forum The 4x4 Pub
    Replies: 15
    Last Post: 2009/07/03, 07:00 AM
  4. Has your car Lost HALF its Value ?
    By JeepOnly in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 11
    Last Post: 2007/03/23, 02:31 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •