Trip Report: Nuts & Bolts Rally September





Results 1 to 10 of 10
  1. #1
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Centurion
    Age
    36
    Posts
    1,366
    Thanked: 140

    Default Trip Report: Nuts & Bolts Rally September

    NUTS AND BOLTS RALLY - DAG EEN

    By: Anel Dreyer

    Die vier dag avontuur het vroeg oggend, of dalk eerder 09:30 afgeskop in Malmesbury in die Weskaap. Dit was die wegspring punt vir die eerste dag van die nuts & bolts rally en die spanne het by die skougronde bymekaar gekom. Die spanne was gereed. Die karre is opgemaak, gesticker en gepak (met proviant en ekstra parte) vir die reis deur die Wes- en Noordkaap. Daar was ou karre en nog ouer karre, karre met snaakse sÍ goed op en karre wat opgedress is vir die trippie. Almal het mekaar voorgestel maar tog geweet dat jy later weer gaan vra vir 'n naam - daar was heeltemal te veel om te onthou en geen geheue oefening sou jou kon red nie. Dit was lekker om almal te ontmoet en mee te gesels en te hoor waar hulle vandaan kom, almal het tog mos maar 'n storie. Natuurlik het die karre hulle eie stories vertel van tye wat reeds verby is en reise wat vir altyd onthou sal word.







    Ek was in span 35 saam met Marius, my man. Hy was oorspronlik in span 21 maar omdat ek my toon se ligament geskeur het 'n paar dae voordat ons vertrek het, het ek hom gedecommission om vir my te bestuur en rond te ry. Net totdat my toon beter gevoel het. Ons het saam gelag oor die karre en die mense met hulle vreemde (vir 'n Gautenger) aksente en grappies.



    Die woorde: "Gentlemen start your engines!" het die begin van die rally aangekondig. Ons het deur die strate van Malmesbury gery en omtrent die koppe laat draai. Die volgende stop was Darling.



    Die kinders van die privaat skool het ons ingewag en gewaai en foto's geneem kompleet asof ons 'n maraton hardloop. Mense in die stad doen nie sulke goed nie, julle moet verstaan dat hierdie 'n special traan in die oog oomblik was. Vir ons is dit net so vreemd soos wat 30 karre is wat deur hulle dorp ry en 'n nuts & bolts rally doen. Wat wou ...





    Ons het gaan bier proe (en drink!) by Darling Brew, die brouery op die dorp. Hulle spog met 'n groot verskeidenheid bier wat nogals goed afgaan op 'n warm dag en heel moontlik op 'n koue een ook! Gaan lees gerus hul storie hier: http://www.darlingbrew.co.za/index.html





    Vir brunch het ons gaan eet by die Plaasmol padstal buite Hopefield.

    Elke span moes 'n geskenk, van lae rand waarde, saam bring en ons het dit hier uitgeruil. Ons het 'n helderkleurige bos (plastiek!) blomme gekry wat ons op die roofrack vasgemaak het (en dit het gehou vir die hele trip). Party spanne het bok horings gekry en dan was daar natuurlik, Kerneels. Die perdjie was bo op Burt se beetle vasgemaak en was soms vrygelaat om bietjie te wei.







    Ons het deur dorpies gery waarvan ek nog net gehoor het soos Aurora. Ek en Marius het gedink ons gaan net deur die dorp ry, maar tot ons verbasing het die manne van die Kaap van 'n geheim geweet. Daar is 'n kroeg op die dorp. Dit laat mens dink aan 'n outydse saloon.







    Van daar af het ons kus langs gery verby Redelinghuys en Lambertsbaai tot in Strandfontein. Die Pikinini (span 21) het geleer om nie vinniger te probeer ry as wat hulle wiel verby rol nie.













    Die kampeer terrein was ons eind bestemming vir die dag. Na 'n dag van baie ry en baie stof was die uitsig verseker die moeite werd. Die lug was geverf in skakerings van rooi en oranje met die weerspieŽling wat oor die diep donker water skyn.





    Ons het soos konings geŽet aan 'n spitbraai en potbrood, met botter en konfyt. Behalwe vir sjokolade en 'n lekker bottel rooiwyn is daar niks lekkerder op aarde nie. Ons het vroeg gaan inkruip en die kamp het mettertyd stiller geraak. Ons het wakker geword van water druppels wat van die tent af drup ... Dit was die tweede dag

  2. The Following User Says Thank You to MARIUSJNR For This Useful Post:


  3. #2
    Join Date
    Apr 2010
    Location
    Knysna
    Age
    37
    Posts
    141
    Thanked: 0

    Default

    Klink awesome, waar is die res??
    "We can't stop here...this is bat country"

  4. #3
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Centurion
    Age
    36
    Posts
    1,366
    Thanked: 140

    Default Nuts and bolts rally - dag twee

    Ons het opgestaan met 'n digte mis en het dit verwelkom met 'n warm beker koffie en koekies.







    Die konfooi het mekaar in Lutzville by die petrolstasie ontmoet en die nodige proviant en petrol was opgevul.











    Oom Kappies het die pad geken waar ons sou braai die dag - in Kotzesrus se hoofstraat. dit is ook (amper!) die enigste straat in die dorp, maar nie te min was oppad. Terwyl van die manne in die straat gebraai het het ons onsself by 'n pan net buite die dorp gaan gemaklik maak.



















    Alhoewel die son ons sif gebrand het, was dit duidelik dat ons aan die fun side of the island was. Ons het ook gebraai en biltong geeet en brood rolletjies met chips. Ons het kettie geskiet (ek het die teiken raakgeskiet).

    Ons deel van die eiland het vinnig uitgebrei soos wat ander karre by ons aangesluit het. Die klomp moes deur die modder ry om te bewys wie kan en wie kan nie. Die wat kan, het gekyk hoe die ander dit (probeer) doen en vassit. Wie het 'n superhero nodig om te help as sharkfin in die omtrek is?!



    Met 'n rooigebrande gesig was ons oppad na Garies toe. Dit was hulle kerkbasaar en hulle het dit spesiaal vir ons geskuif sodat ons kon deel in die pret.



    Die oomblik toe ons daar stop het een van die gemeentelede vir my 'n brood gegee wat gelyk het soos die pikinini. Sy pa het dit vir R800 op die veiling gekoop. Verseker die duurste brood wat ek nog ooit kon vashou. Maar die veiling aankope stop verseker nie daar nie. Iemand het 'n skaap gekoop vir R800 en moes toe 'n coolerbox koop vir R1200 en die dorp se ys om dit koel te hou. Ek het ook darem 'n deel van die pret gehad en het 'n wortelkoek gekoop vir R300. Ek wil nie soos Sarel Seemonster klink nie, maar dit was die beste wortelkoek van my lewe.





    Na my koek aankope het ons na die kampeer terrein gegaan vir 'n welverdiende bier, stort en hare blaas. Wat 'n oomblik was dit nie ... Dit het soos nuwe hare gevoel, sonder stof!



    Die ry was nie so lank nie maar die braai by die pan en die kerkbasaar kuier was wel. Ek sal verseker die Garies kerkbasaar in my dagboek aanteken. Dit was 'n belewenis en die mense is so vriendelik.

  5. #4
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Centurion
    Age
    36
    Posts
    1,366
    Thanked: 140

    Default Nuts & bolts rally - dag drie

    Na 'n nag van my en oom Tommie se gedansery in die kerksaal was my voet so bietjie gevoelig. Gelukkig het koffie en wortelkoek dit alles beter gemaak!






    Nadat almal gaan stort het het ons die lang pad aangedurf na Loeriesfontein toe. Maar ons het eers vir die kinders gaan t-hemde koop by die toeriste winkel. Ek moet by sÍ dat Garies (van alle plekke) die beste badkamers gehad het van al die dorpe waar ons gebly het. Party mense het gekla dat die water koud was, wat in my opinie meer 'n besturing was weens die hitte. Die kragproppe het gewerk en dit was 'n bonus!







    Ek gaan eerlik nie baie sÍ oor die reis van vandag nie en gaan dit eerder in foto's uitbeeld. Dit was 'n lang dag in terme van ry en dit was vreeslik warm ook. Dorpe waar deur ons gery het was Garies, Leliefontein, Kamiesberg, Kliprand en Loeriesfontein.

    Die pad was baie lank en reguit en soms kon jy net die stoffie op die horison sien. Dit was ons pad aanwyser.





    Ek wil so ver gaan om te sÍ daar is nie veel in die Noord-Kaap nie. Afgesien van die mooi dorpies is daar nie veel aantreklikhede nie. Daar is nie 'n waterfront met 'n see uitsig nie. Allermins. Daar is wel groot oop vlaktes, met grond paaie wat jou lei na plekke wat nie baie toeriste sien nie, maar as jy stil staan sal jy die mooi in die skepping raak sien. Elke blommetjie, elke diertjie. Alles hier is uniek en mooi!











    Tot hier was alles goed en wel, maar toe skop daar 'n skielike hongerte in. Ons het net daar en dan in die pad gebraai. Die lekkerste burgers wat jy daar sal kry. Oorskiet vleis en Jimmy steak sauce het gesorg vir 'n fees.























































    Loeriesfontein was ons eind bestemming vir die dag. 'n Plaat geel blommetjies het ons ingewag by die rugby veld en daarna was dit tyd vir aandete met skilpadjies en skaaptjops!




  6. #5
    Join Date
    Mar 2010
    Location
    Melkbosstrand
    Age
    47
    Posts
    2,387
    Thanked: 295

    Default

    Dit lyk na pret! Thanks for sharing....
    Fortuner 2.8 GD6
    LC 76 SW (Sold )
    Everybody needs to believe in something.... I believe I will have another Beer!

    Travel Blog: https://since1652.wordpress.com/

  7. #6
    Join Date
    Apr 2008
    Location
    Kuils River
    Age
    56
    Posts
    1,587
    Thanked: 53

    Default

    Stunning!!!


    Dis mos hoe 'n mens moet toer. Dankie dat julle dit met ons deel.


    Groete
    Francois Johnson





    (swambo: Christel)

    Our rides
    • 2010 Isuzu KB300LX DTeq 4x4 D/C
    • Metalian Maxi Trailer, Maxine

  8. #7
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Centurion
    Age
    36
    Posts
    1,366
    Thanked: 140

    Default Nuts and bolts rally - dag vier

    Ons het die laaste dag van die Nuts & Bolts rally begin met 'n gejagery om die rugby baan. Kyk party van die manne mag maar ry ... Nadat almal 'n tyd op die bord gekry het was dit tyd vir groep foto's.

















    Soos oudergewoonte moes ons eers 'n draai maak by 'n kerk basaar. Die keer was dit Loeriesfontein s'n. Ek het my ooreet aan pannekoek en Craig het 'n draai gemaak by die koek tafel gevolg deur 'n strawberry milkshake.

    Die kerk basaar was ander wat ek al bygewoon het. Jy koop nie of 'n tjoppie of 'n stukkie wors nie. Jy koop 'n kg se vleis op 'n slag.

    Voordat ons die lang aangedurf het, het ons na die Fred Turner windpomp museum gegaan.









    Oppad Niewoudtville toe moes ons eers stop vir 'n foto by die waterval.









    Die motorfiets museum in Niewoudtville was ongelukkig gesluit maar ons het 'n paar foto's deur die venster geneem.





    Ek het dit al gesÍ maar die Noord-Kaap se plante, blommetjies en diere wat gereeld oor die pad loop is darem maar die mooiste. Die voŽls maak nes op 'n telefoon paal en dit maak vir 'n interessante foto.











    Ons moes natuurlik eers weer braai langs die pad. Hoe dan nou anders ...







    Dit was die homestretch en die eind punt was net ander die berge. Die dorpe waar deur ons gery het vir die dag was Loeriesfontein, Nieuwoudtville Doringbos, Clanwilliam, Kaapse Oupad, Cederberge en Kromrivier













    In 'n oogwink was die rally klaar en moes ons die volgende oggend nuwe vriende groet. Tot volgende jaar!
    Last edited by MARIUSJNR; 2016/01/05 at 09:09 AM.

  9. #8
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Brackenfell
    Age
    59
    Posts
    693
    Thanked: 2

    Default

    Tops!!!
    Was jeepers now Toy man

  10. #9
    Join Date
    Jan 2014
    Location
    Centurion
    Age
    38
    Posts
    384
    Thanked: 61

    Default

    Wow!! Lyk na vet pret!!
    2013 Chevrolet Trailblazer 2.8 LTZ 4x4 MT

    Photography : https://500px.com/c0rn3llman5

    My girlfriend asked me to whisper 4 special words into her ear... so I said : "Ons gaan NOU braai!"

  11. #10
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Centurion
    Age
    36
    Posts
    1,366
    Thanked: 140

    Default

    Dit was nogal fun and games.

Similar Threads

  1. "Operation 53" Trip Report (Angola - March 2015)
    By STosen in forum 4x4 Trails / Routes / Clubs
    Replies: 17
    Last Post: 2015/09/04, 08:23 AM
  2. Replies: 31
    Last Post: 2014/07/14, 10:45 AM
  3. Replies: 33
    Last Post: 2013/10/03, 02:33 PM
  4. Report Zambia Trip 15-20 July 2012
    By Peetvdyk in forum Zambia
    Replies: 5
    Last Post: 2012/09/19, 02:05 PM
  5. Replies: 5
    Last Post: 2012/09/11, 08:39 AM

Tags for this Thread

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •