|
_______________________________________
Andrew van Staden
With a mild case of "Camping Personality Disorder" or CPD
I drive a five cylinder bakkie and tow an army inspired van.
Dis nou als goed en wel en meeste se lippe water....ek kwyl sommer oopenlik!!
Maar manne...mens kan NIE n skaapkop eet sonder n regte egte Joseph Rodgers of n egte Lambfoot nie!!
Myne is in my kluis gebere uitsluitlik net hiervoor.
'13 Toyota Hilux 4x4 XCab
Vanaand - glo dit of nie - so pas WEER 'n skaapkop opgevreet.
Ek en my oudste seun.......almal is weg, Ma is Kaap toe saam met Skoonma, Bea in Transkei met 'n maatjie, Sev ry bike iewers in Lindley, en Elzar is by haar pelle, syt gevlug toe die skapies vanmiddag op die kombuistafel vir haar loer.
Anyway.
So 6 uur die 2 koppe weer in die slow cooker ding gesit.
8 Uur uitgehaal, en in die Weber gesit op indirect heat.
Na so halfuur/45 minute uitgehaal. Dis Eishkom krag stories maar ons het charcoal en 'n Weber en baie portable lights.
Eet met my dogter Elzar (die een wat gevlug het) se home made chutney, jy dip dip die tong en brein en ogies en wange en alles so in daai sousie en sluk af.
Jomar eet die brein so met regte botter en lekker brood.
Bedien saam met vars gesmokkelde Rageltjie Louw en Volroom Coke (Rooi Proppie).
Sluk een van Tommie my pel se Gout Bomme af.
Weet nie wat ek met die gal gaan maak more nie maar HEL.........wat maak dit saak
HEAVENLY food.......rerig rerig - mense wat dit nie ken nie mis kwaai uit
Maar ja Die Blond moet ook nou maar terugkom, mens kan ook net soveel cholesterol vreet. Dis nou Jomar nie ek nie - ek dink die cholesterol Ding het al laaaaankal gesien hy moenie met my sukkel nie dis 'n lost case![]()
"Yes, I have a Bad Habit. I take Tea at Three".........Mick Jagger
Ek vind dit interessant dat die foto's op hierdie draad ore op die skaap wys. As kind was skaapkop 'n gunsteling in ons huishouding. Maar die skaap het nooit ore aangehad nie. Ook nie by vriende of familie waar ons dit sou teëkom nie.
Is dit 'n streeks wisselende voorkeur of was ons die uitsondering?
Barnie Hickman
Jeep XJ 95 "Witblitz" Jeep XJ 99 "Goldi" Swambo's
Jy braai nie sterjies gaar nie, jy kook hulle sag. Dan na jy hulle gekook het word die gaar (maar koue) stertjies op die kole gegooi net om hulle daai lekker doppie te gee.
Ons kook gewoonlik 'n groot batch, en dan vries ons sommer die gaar stertjies, dan het jy byderhand wanneer nodig.
Gooi bietjie worcester in die water as jy hulle kook.
C
If you ain't livin on the edge, you're taking up too much space!
Stoompot broer, stoompot.
In die Karoo, Noordkaap, het die skaapkoppe wat ek teëgekom het, almal ore gehad. My pa het die kop soms met wol en al gebak, maar verloor 'n mens die vel. As jy iemand ken wat kan skraap, is dit 'n groot bonus. Dan kan jy die gebraaide vel ook eet. Dis nou in die Aga se louoond heelnag.
Current - 2009 Mazda BT50 3.0CRDi 4x4 d/c
Previous - 2005 Ranger 2.5 tdi 4x2 d/c (277 422km)
Bookmarks