Page 1 of 6 1 2 3 4 5 6 LastLast
Results 1 to 20 of 113
  1. #1
    Join Date
    Aug 2014
    Location
    Oppi plaas
    Age
    47
    Posts
    1,689
    Thanked: 1028

    Default Skaapkop gaarmaak

    As kind was daar gereeld vir ons skaapkop op die tafel. Vandag het ons plaaslike slaghuis toe skaapkop in voorraad en ek kon nie verby hou nie, toe koop ek maar. Nou vra ek raad, hoe gaan ek nou te werk om die ding gaar te kry?
    2017 Amarok Extreme V6
    2014 Jeep Wrangler Rubicon
    2012 LR Puma 2.2
    2012 LR Puma 2.2 D/c
    2011 LR Puma 2.4
    1976 LR Series 3
    1971 LR Series 2A

  2. #2
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    58
    Posts
    41,171
    Thanked: 18048

    Default

    Ha ha you bought the stinky thing, you figure it out

    Stoompot, mirepoix, roosmaryn. Prut stadig tot die breins uitval.
    Jakes Louw
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  3. #3
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    58
    Posts
    5,532
    Thanked: 1664

    Default

    Ek het lank... lank.... lank gelede gesien hoe my Ouma dit doen.

    Was kop. Sout en peper. Draai toe in foelie. Sit in koolstoof se oond vir paar uur.
    Kobus

  4. #4
    Join Date
    Apr 2012
    Location
    Louis Trichardt, Limpopo
    Age
    52
    Posts
    1,272
    Thanked: 420

    Default

    n skaapkop is nie sommer n skaapkop nie.

    Kom ons neem maar aan dat wieookal hom skoongemaak het weet wat hulle doen en dat hy is soos die skaapkopgulde voorskryf

    Niks vreesliks moeilik daaraan nie.
    Smeer die koppie baie baie lig met n ou olyf olie. Sout / pepper, of enige ietse in die spesery afdeling waarvan jy hou. Party mense maak n baie ligte appelkoos en chutney smeer en smeer dit baie liggies in.
    Draai lekker styf toe in foelie en sit hom in die oond so teen 100 grade vir die eerste uur en dan daarna so 80 grade vir 3-4 ure.
    As die beendere so deur die vel begin bars van sawwegeit, haal uit die foelie en braai sorgvuldig met aandag onder die "grill" vir so n effense kraakie op die vel.

    En daar is geen ander aanvaarbare manier van n koppie eet as uitsluitlik en NET met n Joseph Rodgers knipmessie nie.
    Trek ook n ou hempie aan want daar gaan n paar sous druppels iewers val.
    Jy eet ook nie n koppie met hierdie aangeleerde Ingelse slaai goeters nie.
    Jy vat hom aan met n lekker warm vars brood en plaasbotter wat die soutdruppels so op hom staan as jy die mes so oor hom trek.
    En as jy nou wil grend en la-de-da wees kan jy n botteltjie ingelegde groen vye so oor die brood oopbreek.

    Alla bliksem!!.....hoe water my bek!!
    '13 Toyota Hilux 4x4 XCab

  5. The Following 8 Users Say Thank You to Metalmachine For This Useful Post:


  6. #5
    Join Date
    Aug 2014
    Location
    Oppi plaas
    Age
    47
    Posts
    1,689
    Thanked: 1028

    Default

    Hahaha! Dankie Jelo, ek het gedink om die ding vir 'n halfuur te kook, om al die "kanale" skoon te kry en dan in die oond te bak? Reg gaar gemaak is dit koningskos!
    2017 Amarok Extreme V6
    2014 Jeep Wrangler Rubicon
    2012 LR Puma 2.2
    2012 LR Puma 2.2 D/c
    2011 LR Puma 2.4
    1976 LR Series 3
    1971 LR Series 2A

  7. #6
    Join Date
    Apr 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    54
    Posts
    422
    Thanked: 48

    Default

    Quote Originally Posted by KobusDJ View Post
    Ek het lank... lank.... lank gelede gesien hoe my Ouma dit doen.

    Was kop. Sout en peper. Draai toe in foelie. Sit in koolstoof se oond vir paar uur.
    Oond so op 130 vir so 3 ure. Haal foelie af en braai crispy teen 180 . Mooi geslypte knipmes en n nat lap.
    Gerhard Beukes
    Mr Big


    2015 Navara 4x4
    4x4 Com Radio: 1033

  8. #7
    Join Date
    Aug 2014
    Location
    Oppi plaas
    Age
    47
    Posts
    1,689
    Thanked: 1028

    Default

    Dankie vir die raad manne, my mond water al klaar!
    2017 Amarok Extreme V6
    2014 Jeep Wrangler Rubicon
    2012 LR Puma 2.2
    2012 LR Puma 2.2 D/c
    2011 LR Puma 2.4
    1976 LR Series 3
    1971 LR Series 2A

  9. #8
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    58
    Posts
    41,171
    Thanked: 18048

    Default

    NIE my idee van kos nie. Die oogere KYK so vir 'n mens........
    Jakes Louw
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  10. #9
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Robertson/ Larissa, Greece
    Age
    57
    Posts
    6,197
    Thanked: 5125

    Default

    Nee kerels. Jy vat 'n skaapkop so met die wol en al. Dan kry jy 'n muisnes en druk die kop daarin. Steek brand en los hom daar. Dis hoe!
    There is never a right time to do the wrong thing and never a wrong time to do the right thing!

  11. The Following User Says Thank You to Francois Theron For This Useful Post:


  12. #10
    Join Date
    Aug 2014
    Location
    Oppi plaas
    Age
    47
    Posts
    1,689
    Thanked: 1028

    Default

    Ek het die skaapkop vir 'n halfuur gekook, na dit olyfolie gesmeer baie sout gegooi en swartpeper en toegedraai in foelie.Na 2 en 'n half ure in die oond,toe lyk hy so. En dit was heerlik.
    Attached Images Attached Images  
    2017 Amarok Extreme V6
    2014 Jeep Wrangler Rubicon
    2012 LR Puma 2.2
    2012 LR Puma 2.2 D/c
    2011 LR Puma 2.4
    1976 LR Series 3
    1971 LR Series 2A

  13. The Following User Says Thank You to Bosvark Kzn For This Useful Post:


  14. #11
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Upington
    Age
    51
    Posts
    237
    Thanked: 9

    Default

    Quote Originally Posted by jelo View Post
    NIE my idee van kos nie. Die oogere KYK so vir 'n mens........
    Jy eet net die oogere eerste, dan kyk hy nie meer vir jou nie. Dan gee jy hom so n lekker suie soen, soos daai skelm vryery op skool, net om die ergste sousies wat kan drup uit te kry.
    Daniel Swart
    Honorary Ranger: Augrabies & Kgalagadi Transfrontier Park.

    HAM Radio ZS3DS
    ORRA: AG1
    2001 Grand Cherokee 4.7HO V8
    1997 BMW 540i

  15. #12
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Centurion
    Age
    48
    Posts
    1,264
    Thanked: 373

    Default

    So paar weke terug op draadloos, onse RSG, het hulle gevra die manne wat weet moet inbel en vertel hoe eet mens so `n koppie, daar bel toe `n omie met die beste storie wat ek so geniet het, hy het so `n tipiese weskus aksent gehad, ek gaan nou nie alles herhaal nie maar die twee goed wat uitgestaan het was...
    Jy begin by die wange te eet, soos toe hy op 13 geleer vry het, en hy het geleer jy begin altyd by die wangetjies

    en dan

    jy los die harsings vir laaste, dit het 10 maal meer skop as oesters, so jy eet dit laaste en dan loop slaap jy, en die volgende oggend dan vra jy vir mamma of sy al wakker is, en as nie dan maak jy haar saggies wakker, want dis dan wat daai harsings die hardste skop, en mamma gaan jou baie dankbaar wees.
    Neil

  16. The Following User Says Thank You to neoT For This Useful Post:


  17. #13
    Join Date
    Aug 2014
    Location
    Oppi plaas
    Age
    47
    Posts
    1,689
    Thanked: 1028

    Default Skaapkop op die spit

    Na die sukses met die gaarmaak van die skaapkop, besluit ek toe om 5 koppe vir die skoonfamilie gaar te maak. Ek sit dit toe sommer op die spit en dit was heerlik en skoonpa dink sy skoonseun is nie te "bad" nie. 😀
    Attached Images Attached Images  
    2017 Amarok Extreme V6
    2014 Jeep Wrangler Rubicon
    2012 LR Puma 2.2
    2012 LR Puma 2.2 D/c
    2011 LR Puma 2.4
    1976 LR Series 3
    1971 LR Series 2A

  18. #14
    Join Date
    Apr 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    54
    Posts
    422
    Thanked: 48

    Default

    Quote Originally Posted by Bosvark Kzn View Post
    Na die sukses met die gaarmaak van die skaapkop, besluit ek toe om 5 koppe vir die skoonfamilie gaar te maak. Ek sit dit toe sommer op die spit en dit was heerlik en skoonpa dink sy skoonseun is nie te "bad" nie. 😀
    Dit lyk heerlik, soos Oom Oubaas sal se " uit die boonste gestoeltes"
    Gerhard Beukes
    Mr Big


    2015 Navara 4x4
    4x4 Com Radio: 1033

  19. #15
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Bethlehem
    Age
    54
    Posts
    10,149
    Thanked: 5806

    Default Re: Skaapkop gaarmaak

    Nice Thread!!

    Kan mens skaapkop in 'n Weber ook gaarmaak, of dink julle oond is beter??

    Dalk in die oond teen so 130 vir so 2 en 1/2 ure, en dan net "bruinmaak" op die Weber??

    Of kan hy werk, van die begin af in Weber??

  20. #16
    Join Date
    May 2012
    Location
    pretoria
    Posts
    415
    Thanked: 77

    Default Re: Skaapkop gaarmaak

    Traai hom Petri en laat weet! Dink dit kan werk.

  21. #17
    Join Date
    Aug 2017
    Location
    Pretoria
    Age
    31
    Posts
    913
    Thanked: 1623

    Default Re: Skaapkop gaarmaak

    Kyk ek eet 'n ding met sy kop aan, maar die idee van net die kop kry nou nie die kloutjie by my oor nie. Mens braai mos nie net 'n vis se kop nie? Jy bestel mos nie net die koppe as jy garnale wil geniet nie? 'n Speenvarkie kom mos nie sonder ribbetjies en boudjies by jou aan nie?

    Ek sal graag eendag wil proe, maar maar net die vleisies. Ek kan indink die wangetjies is lekker. Was mos naby die grassies met BlÍrtjie se hele lewe. Stel nie belang in die brein nie want vleis is mos vleis en hoekom wil jy nou 'n snotterige oog gaan suig of 'n blougrys brein gaan opsny en maak asof dit vleisies is nie. Sal dit ook net nooit self kan maak nie, kyk, vroulief skei my net daar en dan as ek met so droewige nat kop by die huis opdaag en haar loop sÍ die ding is aandete.

  22. The Following User Says Thank You to Toxxyc For This Useful Post:


  23. #18
    Join Date
    May 2009
    Location
    Ruimsig
    Age
    57
    Posts
    6,332
    Thanked: 25766

    Default Re: Skaapkop gaarmaak

    Petri

    A good Weber method is:

    1. Put the coals to one side of the Weber. Indirect method.
    2. Season the heads and place in a roasting tin over the side that doesnt have coals (indirect heat) and place the lid back on the Weber.
    3. Give it about an hour and then foil the top of the roasting pan. You can add a glass of wine (red) at this stage. You can also add spuds at this stage
    4. Keep the foiled pan over indirect heat for another hour. Top up with coals if you need to.
    5. After an hour, remove the foil and place the heads on the grill over indirect heat, but keep the juices in the pan. Baste the heads with a sous every 7 minutes for about 30 minutes.
    6. Then brown/sear the heads over direct heat above the coals to get a bit of a crisp going
    7. The gravy from the pan, put it in a pot and bring to the boil and thicken slightly with maizena
    8. Remove the heads and plate them up with the spuds if you did those. The heads can rest for 15 minutes
    9. Pour the gravy over the heads
    10. Enjoy
    Estee = S T = Sean Towlson

    Total 4x4 Novice with no experience whats-so-ever

    ''Nothing makes the Earth seem so spacious as to have friends at a distance; they make the latitudes and longitudes''. H.D. Thoreau.

    Hummer H3 V8

    W.A.P Objectivist

  24. The Following User Says Thank You to Estee For This Useful Post:


  25. #19
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    51
    Posts
    1,141
    Thanked: 1615

    Default Re: Skaapkop gaarmaak

    Interesting thread. I grew up with regular kerrie afval or skaapkop. People with the skill to "skraap" (remove the hair/wool) them are extremely scarce. If we couldn't locate someone that could "skraap", we would just cover the head in tinfoil and put in the "lou oond" of the Aga for the whole night. That was probably 80-100 įC. Then you loose the skin also. But when its hair/wool free, you can eat the skin as well. Those Karoo people never spiced it when it was cooked in the "lou oond".
    Current - 2009 Mazda BT50 3.0CRDi 4x4 d/c
    Previous - 2005 Ranger 2.5 tdi 4x2 d/c (277 422km)

  26. The Following User Says Thank You to Spiceman For This Useful Post:


  27. #20
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    58
    Posts
    41,171
    Thanked: 18048

    Default Re: Skaapkop gaarmaak

    Quote Originally Posted by Toxxyc View Post
    Kyk ek eet 'n ding met sy kop aan, maar die idee van net die kop kry nou nie die kloutjie by my oor nie. Mens braai mos nie net 'n vis se kop nie? Jy bestel mos nie net die koppe as jy garnale wil geniet nie? 'n Speenvarkie kom mos nie sonder ribbetjies en boudjies by jou aan nie?

    Ek sal graag eendag wil proe, maar maar net die vleisies. Ek kan indink die wangetjies is lekker. Was mos naby die grassies met BlÍrtjie se hele lewe. Stel nie belang in die brein nie want vleis is mos vleis en hoekom wil jy nou 'n snotterige oog gaan suig of 'n blougrys brein gaan opsny en maak asof dit vleisies is nie. Sal dit ook net nooit self kan maak nie, kyk, vroulief skei my net daar en dan as ek met so droewige nat kop by die huis opdaag en haar loop sÍ die ding is aandete.
    ja nee netso en dan kyk daai ding vir jou terwyl jy aan hom eet

    nee wat, skaapstert sal ek doen maar oe en breins nee dankie
    Jakes Louw
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

Page 1 of 6 1 2 3 4 5 6 LastLast

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •