Helmet Wind Geraas





Page 1 of 2 1 2 LastLast
Results 1 to 20 of 25
  1. #1
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    53
    Posts
    201

    Default Helmet Wind Geraas

    Middag almal.

    Ek is al lankal op die forum, maar meestal op die Ford Forum.
    Maar omdat Ford nie motorfietse maak nie, het ek toe maar 'n BMW aangeskaf.
    Maar lank storie kort, het die jeuk gekry vir motorfiets ry. Ma was nie eintlik baie in haar skik nie maar 'n man moet doen wat hy moet doen.
    So, as 'n beginner, doen ek die regte ding - doen kurses by BMW Swartkops en koop ou model 2002 BMW F650CS. Uitmuntende toestand en ek geniet elke oomblik op die fiets.

    Maar, ek het toe 'n gewone MARS flipface helmet gekoop en met hom gery. Maar die wind geraas het my baie ge-irriteer.
    Nou, jaar later skaf ek vir my 'n SHARK aan en betaal 'n dik prys vir hom, gaan ry en het dieselfde probleem.

    Nou wil ek weet - verstaan ek net nie die "windgeraas" konsep nie of wat. Die SHARK is beter, het nie baie geraas binne in nie, maar tog pla die windgeraas my nog.

    Is ek maar net stupid om te dink dat mens absoluut niks wind moet hoor as jy 'n helmet op het nie?

    Hoop iemand het my die antwoord.

    Ek is maar nog lekker dom met motorfiets dinge en leer nog graag...

    Groetnis
    Ranger Rikus
    Ford Ranger 2001 2.5TDi, DC - Pa s'n
    Ford Everest 2011 3.0 TDi SUV - Ons s'n
    Ford Figo 2010 1.4i Trend - Ma s'n
    Ford Fiesta 1.4i 2009 - Boetie s'n
    Ford Figo 1.4i 2016 - Sussie s'n
    BMW F650CS - Ook Pa s'n

  2. #2
    Join Date
    Feb 2015
    Location
    Noordhoek, Cape Town
    Age
    60
    Posts
    6,994

    Default

    Hi Rikus, geen helmet is stil nie. As jy ver ry of vinnig moet jy oorproppe insit om jou ore teen die geraas te beskerm. Ek sit oorproppe in al ry ek net 20km ver. Die aanhoudende gesuis beskadig jou ore.

    Ek verstaan die Shubert helmet is een van die stilste helmets, ek dink die BMW helmets is rebranded Shuberts, maar hulle is flippen duur!

    Veilig ry!

  3. #3
    Join Date
    May 2010
    Location
    Port Elizabeth
    Age
    43
    Posts
    808

    Default

    Welkom op die forum. Windgeraas, volgens my, is maar deel van motorfietsry. Ek het 'n Uvex met 'n peak, en hoewel die windegraas nie oorverdowend is nie, is dit tog daar
    Last edited by N00B; 2015/09/16 at 04:43 PM.

  4. #4
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Bellville
    Age
    34
    Posts
    460

    Default

    Windgeraas in helmet is 'n give n take storie, hoe meer vents hoe koeler is jou kop maar natuurlik meer wind geraas.

    Ek dra ma earplugs

  5. #5
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Cape Town
    Age
    39
    Posts
    281

    Default

    Ek het al alles probeer.
    Die beste is om agter 'n ordentlike screen te sit.
    En dit werk ook nie altyd nie(soos in verkeer)
    Die helmet het minder van 'n invloed as die screen.
    Land Cruiser 76 4.5 V8

    http://www.roughingit.co.za/

  6. #6
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Windhoek
    Age
    60
    Posts
    1,743

    Default

    Ons almal het ook gevra en geleer. Wat helmets aanbetref is daar natuurlik verskille tussen die verskillende fabrikate. Die beste is om te vra en te toets. Wat baie help is as jou helmet n "tight fit" is. Volgens die kenners moet n helmet jou wange laat lyk soos n wonder bra advertensie.

    Sommige mense ry met oorpluisies. Ek is weer super krities op die screen.
    Op die Africa Twin het ek buffeting gekry sodra ek n pillion het. Die wind ruk jou kop rond en is irriterend.
    Op die Suzuki V Strom het die screen n vakuum gemaak wat jou vreeslik rondruk. Het n klein driehoek onder op die screen se base uitgesny om die druk te equalize en siedaar, wat n lekker fiets.
    My huidige K1200 het n groot screen met n lip op wat absoluut al die wind wegvat. Ek ry byvoorbeeld nooit met my helmet visor toe nie self teen n spoed wat jou in die tjoekie kan laat beland. Ek kry geen wind en gevolglik bitter min windgeraas op my.
    In kort, ry met verskillende fietse en verskillende valhelms en jy sal gou n idee kry waarna jy moet kyk.

    Triton DC, Jimny and K1200GT scooter.

  7. #7
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    53
    Posts
    201

    Default

    Dankie almal vir die terugvoer.

    Ek darem net bly ek word nie gek nie.
    Het darem 'n paar stelle oor plugs.

    Maar ek moet erken, die SHARK fit darem net beter en voel gemakliker, dus glo ek nie dat ek geld gemors het nie.

    Speel maar my kaarte mooi hier by die huis want ek sal graag wil upgrade.
    Het my oog op daardie BMW F800 GT.

    Ma het darem nog so bietjie seggenskap oor my speelgoed. Wil nou nie onnodig hhmmmmm, deure toemaak nie....

    Volgende op my soeklys is n lekker groep om mee saam te ry - tans is ek maar Lone Ranger.

    Cheers.
    Ranger Rikus
    Ford Ranger 2001 2.5TDi, DC - Pa s'n
    Ford Everest 2011 3.0 TDi SUV - Ons s'n
    Ford Figo 2010 1.4i Trend - Ma s'n
    Ford Fiesta 1.4i 2009 - Boetie s'n
    Ford Figo 1.4i 2016 - Sussie s'n
    BMW F650CS - Ook Pa s'n

  8. #8
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Windhoek
    Age
    60
    Posts
    1,743

    Default

    Rikus, ek het altwee gedoen. Dit is nou die saam met n groep ry en uiteindelik saam met jou vrou ry. Niks maar niks kom naby die lekkerte om saam met jou vrou onbekende paaie op n bike te verken nie. Jy moet maar weer soos in jou jong dae blomme aandra en flikflooi om haar saam met jou op die bike te kry. Begin met kort trippies in die begin soos bv n Namibia trippie.

    Ons wag vir jou en geniet jou fiets.

    Triton DC, Jimny and K1200GT scooter.

  9. #9
    Join Date
    Jul 2011
    Location
    JHB
    Age
    43
    Posts
    514

    Default

    Ek het 'n Shark Openline. Ouer open face helmet. Ry 'n Honda NC 700 x met die oorspronklike (lees klein) screen. Ek ken van geraas. Het begin om Hearos te dra (Dischem) en later op gegradeer na custom silikon pluisies. Werk soos 'n bom
    Baa Baa Black Jeep
    2004 WJ Jeep 4.7 HO Overland

  10. #10
    Join Date
    Nov 2013
    Location
    Erasmuskloof
    Age
    42
    Posts
    871

    Default

    Laat ek raak. Die shark is n evolvine? Het al geleer, flip faces etc maak net lawaai. Full face is best and most quite.

  11. #11
    Join Date
    Jul 2011
    Location
    JHB
    Age
    43
    Posts
    514

    Default

    Verkies openface helmets. Volgende op my lys is die Shoei Neotec of Schuberth. Alby is glo heekwat stiller
    Baa Baa Black Jeep
    2004 WJ Jeep 4.7 HO Overland

  12. #12
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Loevenstein, Bellville
    Age
    39
    Posts
    2,345

    Default

    Dra maar oorpluisies, al klink die geraas min of gaan mens net 'n kort entjie ry. Gehoor is 'n sleg ding om te verloor.

    Ek gebruik al 8 jaar lank industriŽle spons oorpluisies wat mens 100 pakkies op 'n slag koop vir cheap. Dit werk heel goed.
    Niel
    2012 BMW F800GS
    2010 Nissan Navara 2.5 dCi 4x4
    2015 Bush Lapa Miskruier (B503)

  13. #13
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    Wellington
    Age
    40
    Posts
    2,085

    Default

    Ek dra ook maar oorpluisies. Leer net mooi om hul reg in te sit
    Die ander opsie is die elektriese gehoor stukkies wat gemould word vlgs jou oor skulp. Maar dis weer n klomp geld
    Some car, some bike and two legs

  14. #14
    Join Date
    Aug 2011
    Location
    Krugersdorp
    Age
    35
    Posts
    901

    Default

    Duurder "race"(ligter) helmets het meer windgeraas as "toer" helmets.

    Schuberth maak blykbaar goeie stil helmets.
    FORD Ranger
    Conqueror Courage

  15. #15

    Default

    Rikus ek is ook nuut (na 20 jaar) op 'n bike. Was baie bekommerd oor die geraas van die fiets (dis 'n Harley met standaard pype, maar sit nog steeds +- 98 decibels uit) aangesien ek reeds oorskade het a.g.v skiet...

    Het vir my 'n Shark Skawl gekoop met 'n baie tight fit. Hy druk my wange sodat ek myself sal raakbyt ek ek nie oppas nie. (Bietjie bekommerd oor dit as 'n mens sou vaal en 'n harde stamp teen die kop kry sal ek myself stukkend byt...) Die Skawl is full face en sluit omtrent alle geraas uit. Net so klein bietjie gesuis - selfs teen 120. Ek het ook 'n Bluetooth set opgesit en my dame by die werk wat met my op die foon praat kan nie glo ek is op die fiets nie. Sy sÍ daar is ablsouur geen geraas nie en my stem is baie duidelik.
    Live each day as if it was to be your last, 'cause one day you're gonna be right!!!

    2015 Ford Ranger 3.2 AT 4x4

  16. #16
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Centurion
    Age
    40
    Posts
    2,879

    Default

    Shark maak "sport" helmets. Hulle het baie windgeraas omdat dit nie hulle hoof fokus is nie. Ek het al verskeie gehad en almal raas maar. Bestel vir jou stel "permanente" oorpluisies by Noiseclipper.
    2013 Tata Xenon 3.0 Dicor D/C
    2006 Honda Civic EXi FN2

  17. #17
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    Wellington
    Age
    40
    Posts
    2,085

    Default

    Quote Originally Posted by Francoisve View Post

    Het vir my 'n Shark Skawl gekoop met 'n baie tight fit. Hy druk my wange sodat ek myself sal raakbyt ek ek nie oppas nie. (Bietjie bekommerd oor dit as 'n mens sou vaal en 'n harde stamp teen die kop kry sal ek myself stukkend byt...) Die Skawl is full face en sluit omtrent alle geraas uit.
    Ek het al gehoor hulle se die helmet sit perfek as jy jou mond oopmaak, toemaak en jou wang raak byt. Dan is dit fit perfek.
    Some car, some bike and two legs

  18. #18

    Default

    Quote Originally Posted by hcs View Post
    Ek het al gehoor hulle se die helmet sit perfek as jy jou mond oopmaak, toemaak en jou wang raak byt. Dan is dit fit perfek.
    OK thanks dis goeie nuus vir my :-)
    Live each day as if it was to be your last, 'cause one day you're gonna be right!!!

    2015 Ford Ranger 3.2 AT 4x4

  19. #19
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Westward Ho!
    Age
    45
    Posts
    138

    Default 3m 1100

    Also got a Shark Helmet. Very noisy compared to the Shoei it replaced.


    A box of these from RS, will last for a few years...use them daily as I do 130 Km's every day on a bike.
    Attached Images Attached Images  
    2005 Jeep Cherokee 3.7 Limited | Sold
    2010 BMW F 800 ST | For the daily grind

    "In the beginning was the Word, and the Word was with God, and the Word was God."

  20. #20
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Cape Town
    Age
    39
    Posts
    281

    Default

    Ek gebruik BMW se foam oorpluisies as ek vÍr ry.
    Nie vir commute nie.
    Mens moet hulle maar so nou en dan vervang, want hulle word vuil en werk nie meer goed nie.
    Ek het al met 'n K1200GT gery, en selfs sy screen was nie so goed soos my R1200GSA nie. As dit windstil is, en op die ooppad sonder ander verkeer, kan ek my visor gemaklik oopmaak teen 160kph. (nie dat ek al ooit so vinnig gery het nie )
    Land Cruiser 76 4.5 V8

    http://www.roughingit.co.za/

Page 1 of 2 1 2 LastLast

Similar Threads

  1. auto darkening welding helmet
    By plunger in forum The 4x4 Pub
    Replies: 12
    Last Post: 2018/07/06, 10:28 AM
  2. Solar doesn't make sense
    By Uys in forum Alternative Energy Solutions
    Replies: 283
    Last Post: 2017/02/05, 11:40 AM
  3. KB300 D-teq 4x4 wiel geraas
    By RiaanLaub in forum Isuzu
    Replies: 20
    Last Post: 2014/11/05, 05:21 PM
  4. maak n safari snorkel enige wind geraas
    By DISCO_FAN in forum Land Rover
    Replies: 4
    Last Post: 2013/04/02, 01:03 PM
  5. Best way to camp in the wind?
    By Mapome in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 9
    Last Post: 2011/11/09, 11:40 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •