So n' paar jaar terug die Mabua Nossob sirkel roete aangepak. Tot almal se verbasing (en skok moet ek se!!) daag een van die groep in sy nuwe Mercedes ML op?? Skaars het ons die dik sand (en hoe middel mannetjie) anderkant McCarthy's Rest getref of hy le "wiele in die lig gespin" plat op sy maag. Desperaat tou (meer "maagsleep") ons hom tot by Mabua vanwaar hy op eie stoom die volgende kamp by die panne probeer haal, maar heellaas slaan die kar aan die brand agv sand wat in die "fan belt tensioner bearing" ingekom het (seker in die "maagsleep" proses) - wat ons darem gelukkig betyds kon blus. Moes hom toe maar tot by die kampplek tou waar die voertuig agtergelaat is en later teen groot moeite en koste na Upington via Nossob herwin moes word. Nodeloos om te se was ons lang na uitgesiende trip daarmee heen aangesien ons na hulle moes omsien terug SA toe (met n mengsel van wroeging en natuurlik kameraadskaps gevoel !!!)
Bookmarks