Biltong





Page 1 of 7 1 2 3 4 5 6 7 LastLast
Results 1 to 20 of 136

Thread: Biltong

  1. #1
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Modderfontein, naby Rysmierbult
    Age
    75
    Posts
    4,678
    Thanked: 566

    Default Biltong

    My beskeie mening : Biltong is besonders, net soos boerewors en afval en al daardie lekker goete.

    As ons dalk hier oor biltong kan praat - resepte, moets en moenies en so aan

    - dan is alles bymekaar .
    Johan Mitchell, .... r.i.v. Swambo Marthie

    My beste kennis is diť oor my eie onkunde

    '96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
    '88 Ballade 150 ... sold
    "The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

  2. #2
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    More or less Cullinan
    Age
    49
    Posts
    1,181
    Thanked: 4

    Default

    Ek stem saam - biltong is een van daai eg Suid Afrikaanse "items" wat 'n kuns en 'n genot is.

    Een van die moets - jy moet altyd biltong byderhand he.
    Resepte - Shoe, daar is baie. Nie een is reg of verkeerd nie, maar as jy die een kry wat vir jou werk (met bietjie oefen en eksperimenteer) is dit asof jy die beste ding sedert krummelpap reg gekry het.

    Ek persoonlik is van die ou skool resep aanhangers. Bruin asyn en speserye. Net lank genoeg laat hang om so bietjie van 'n nattigheidjie te he. En natuurlik die uiters noodsaaklike stukkie vet.


    Mmmmanne, nou is ek lus vir biltong.
    Jacques
    Never trust a Chinchilla to hold your balloon.

  3. #3
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Brackenfell
    Age
    61
    Posts
    1,439
    Thanked: 0

    Default

    Sit hoeka en eet Zebra droewors tog te lekker
    2003 COLT RODEO 2.8TDI BRACKENFELL CAPE TOWN SOUTH AFRICA 1300 Tazz vir Liewe Heksie

  4. #4
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Bethlehem
    Age
    36
    Posts
    4,813
    Thanked: 118

    Default

    Quote Originally Posted by Dookie View Post
    Ek persoonlik is van die ou skool resep aanhangers. Bruin asyn en speserye. Net lank genoeg laat hang om so bietjie van 'n nattigheidjie te he. En natuurlik die uiters noodsaaklike stukkie vet.

    Mmmmanne, nou is ek lus vir biltong.
    Nou praat jy!

    Ek het nie self 'n lekker secret recipy nie, ek gebruik altyd sommer hunters biltong spice van freddie hirsch. Gooi altyd lekker baie asyn en spices, laat lÍ oornag in die spice en hang dan vir 3 tot 4 dae
    Christo Davids
    Land Cruiser 105 4500 EFI
    Hilux 2.8GD6 Extracab 4x4

  5. #5
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Bethlehem
    Age
    36
    Posts
    4,813
    Thanked: 118

    Default

    Quote Originally Posted by kenny View Post
    Sit hoeka en eet Zebra droewors tog te lekker
    Ek het gelukkig Blouwildebees, het 'n bulletjie van so 2 jaar geskiet (het 90kg uitgeslag), so die vleisies is so sag soos lamsvleis
    Christo Davids
    Land Cruiser 105 4500 EFI
    Hilux 2.8GD6 Extracab 4x4

  6. #6
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    More or less Cullinan
    Age
    49
    Posts
    1,181
    Thanked: 4

    Default

    Kyk so bietjie by boerekos.com
    Jacques
    Never trust a Chinchilla to hold your balloon.

  7. #7
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Modderfontein, naby Rysmierbult
    Age
    75
    Posts
    4,678
    Thanked: 566

    Default

    Quote Originally Posted by kenny View Post
    Sit hoeka en eet Zebra droewors tog te lekker
    Nog nie zebra geproe nie, maar anderdag kameelperdbiltong geŽet, smaak baie na volstruis, was droog, lekker bros - maar beesbiltong bly maar koning !

    Net iets oor die droog van biltong :
    as die biltong hang waar daar net ‘n lekker trek is word hy lekker droog.

    Ek gebruik skadunet om insekte weg te hou.

    Normaaweg is verwarmers nie nodig nie, net waaiers waar daar nie genoeg trek is nie.
    Biltong wat te vinnig droog is partykeer droog aan die buitekant maar nog natterig binne.
    Johan Mitchell, .... r.i.v. Swambo Marthie

    My beste kennis is diť oor my eie onkunde

    '96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
    '88 Ballade 150 ... sold
    "The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

  8. #8
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    More or less Cullinan
    Age
    49
    Posts
    1,181
    Thanked: 4

    Default

    "n Twee meter hoog netwerk kas het my huistoe gevolg.
    Net die ding vir biltong droogmaak. Seel lekker dig teen goggas en stof, en het klaar waaiers bo ingebou.
    Njam njam.
    Jacques
    Never trust a Chinchilla to hold your balloon.

  9. #9
    Nic T Guest

    Default Resep????

    Dookie, of enige iemand wat wil, sit vir ons 'n lekker "Outydse" biltong resep op die thread, een van daai met jou eie mengsel van sout, peper, koljander, bruinsuiker ens.

  10. #10
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Modderfontein, naby Rysmierbult
    Age
    75
    Posts
    4,678
    Thanked: 566

    Default

    Quote Originally Posted by Nic T View Post
    Dookie, of enige iemand wat wil, sit vir ons 'n lekker "Outydse" biltong resep op die thread, een van daai met jou eie mengsel van sout, peper, koljander, bruinsuiker ens.
    Nic T, met nog 'n bietjie asyn is daardie bestanddele mos al wat jy nodig het, en jy het al klaar die helfte van jou resep gegee, laat ons bietjie hoor - dis mos nou net die 'hoeveel' van elkeen wat kort.
    Johan Mitchell, .... r.i.v. Swambo Marthie

    My beste kennis is diť oor my eie onkunde

    '96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
    '88 Ballade 150 ... sold
    "The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

  11. #11
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    56
    Posts
    4,852
    Thanked: 950

    Default

    Ek is nou so lus vir biltong, ek gaan koop sommer 'n paar kilos bees boud en maak 'n paar stukke.

    Wat dink julle? Sal Silverside reg werk, of moet ek maar 'n paar ekstra pulas uithaal vir rump?

    (Dit sal my eerste aanslag op tuisgemaakte biltong wees)
    Last edited by KobusDJ; 2008/08/19 at 01:00 PM.
    Kobus

    Nissan

  12. #12
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Modderfontein, naby Rysmierbult
    Age
    75
    Posts
    4,678
    Thanked: 566

    Default

    Quote Originally Posted by KobusDJ View Post
    Ek is nou so lus vir biltong, ek gaan koop sommer 'n paar kilos bees boud en maak 'n paar stukke.

    Wat dink julle? Sal Silverside reg werk, of moet ek maar 'n paar ekstra pulas uithaal vir rump?

    (Dit sal my eerste aanslag op tuisgemaakte biltong wees)
    Silverside of topside is heel goed vir biltong, rump is bietjie 'oordoen', enige snit uit die boud kan werk, behalwe die skenkel wat darem te veel senings het.

    Die silverside het lekker sagte vet wat jy kan aanlos, hy het ook aan die kant van een van die stukke 'n taai plat sening wat jy kan 'afskil'.

    Kyk maar dat jy die harde vet by die topside uithaal - dis die vet wat aan jou verhemelte vasklou as jy dit eet.

    My bek water sommer - geniet dit !
    Johan Mitchell, .... r.i.v. Swambo Marthie

    My beste kennis is diť oor my eie onkunde

    '96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
    '88 Ballade 150 ... sold
    "The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

  13. #13
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    56
    Posts
    4,852
    Thanked: 950

    Default

    Dankie. Ja, die rump lyk na oordoen. Ek sal gaan vir die topside of silverside.
    Kobus

    Nissan

  14. #14
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Kuilsriver
    Age
    43
    Posts
    99
    Thanked: 0

    Cool Dankie kerels

    Ek wou nou net vra watter vleis is die maklikste om in die hande te kry en te gebruik. Dis die lekkerte van deel wees van die forum, as jy op iets interesant af kom kan jy maar net aan hou lees. Iemand sal wel al die vraag gevra het waar aan jy dink.
    Check jou by die boom.

  15. #15
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    More or less Cullinan
    Age
    49
    Posts
    1,181
    Thanked: 4

    Default

    Quote Originally Posted by Gaitshi Gubib View Post
    Nic T, met nog 'n bietjie asyn is daardie bestanddele mos al wat jy nodig het, en jy het al klaar die helfte van jou resep gegee, laat ons bietjie hoor - dis mos nou net die 'hoeveel' van elkeen wat kort.
    Die "hoeveel" vraag, is waar die lekker inkom. Elke ou hou van sy botlong op 'n sekere manier - bietjie/baie sout/peper/spices.
    Die kombinasies is legio.

    Ek het myself op die (lekker) harde manier geleer, en met die kombinasies en hoeveelhede gespeel, tot ek die regte ene gekry het.

    As 'n toetslopie kan jy natuurlik die vooraf gemengde speserye kry - niks daarmee fout nie.

    Ek staan gewoonlik met al die bakke spices reg, en as die vleis (verkies ook silwerside) uit die asyn kom, gooi ek soos wat ek maar tevrede voel.
    Swambo kla gewoonlik my billies is te sout. Maar nou ja, sy drink nie bier nie..........
    Jacques
    Never trust a Chinchilla to hold your balloon.

  16. #16
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Honeydew, JHB
    Age
    41
    Posts
    157
    Thanked: 5

    Default

    Here's a site offering a few recipes as well as dryers etc.

    http://www.biltongmakers.com/biltong...s_biltong.html
    May your stay be an experience and your experience be why you stay

  17. #17
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    56
    Posts
    4,852
    Thanked: 950

    Default

    Daarsy....

    Biltonge is ingelÍ. Ek het so 'n 4.8kg silverside by die groothandel ouens gekry vir net onder P180-00. (Rump is net so P4-00/kg duurder)

    Gaan gou 'n kas bou om die outjies in te hang.
    Kobus

    Nissan

  18. #18
    Nic T Guest

    Default Hoeveelhede

    Nee Gaitshi Gubib, dis nou waar dit lol, met die hoeveelhede, sien ek gooi sommer die hele lot speserye bymekaar, het laas keer so bietjie,bietjie gemaak en die mengsel aangepas soos die "SMAAK" my gelei het, ongelukkig nie rekord gehou van hoeveelhede nie, nou is die mengsel op, so as iemand dalk 'n riglyn kan gee sal dit baie van die nuwe eksperiment uitsny, vleis is hoeka duur!!!

    Intussen het ek darem so een of twee slaghuise ontdek wat hulle eie speserye meng, nie die vooraf gemengde goed wat almal dieselfde proe, van hier tot in die Kaap nie.

  19. #19
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Modderfontein, naby Rysmierbult
    Age
    75
    Posts
    4,678
    Thanked: 566

    Default

    Hierdie resep in die boerewors thread gesien - hoop pclourens gee nie om nie.
    pclouwrens
    Biltong
    Hierdie is 'n heerlike biltong-resep, maar dit werk meer op "gevoel" as presiese hoeveelhede. So sien jou eerste paar pogings as eksperimente tot jy jou hoeveelhede en weektye reg kry (maak 'n nota van wat jy doen vir volgende keer). En dan hoef jy nooit meer te smag na die smaak van biltong nie!
    ∑ 2kg Bief - bv. 'n lendestuk, in repe gesny
    ∑ 1/2 koppie Bruin Asyn (onverkrygbaar in Amerika, so ek gebruik Rooiwyn Asyn - werk pragtig)
    ∑ 1/4 koppie Worcestersous
    ∑ Ongeveer 1 koppie goeie kwaliteit klipsout (die groot kristalle, nie gewone tafelsout of growwe sout nie)
    ∑ 1/2 koppie sagte bruinsuiker
    ∑ Wit peper (na smaak)
    ∑ Geskroeide, gemaalde koljander, na smaak (ek gebruik ongeveer 3 eetlepels)
    ∑ Ongeveer 1 teelepel Koeksoda, veral as die vleis redelik taai is

    Maak gaatjies in die deksels van twee klein botteltjies en gooi die asyn in een en die Worcestersous in die ander (ek gebruik sommer 'n groterige soutpotjie en meng die asyn en Worcestersous).

    Bestrooi die vleis met die koeksoda, peper en koljander.

    Strooi 'n bietjie van die klipsout en bruin suiker in 'n dun lagie onder in 'n skottel of bak groot genoeg vir die vleis.

    Pak 'n lagie vleis in die skottel - begin met die dikste stukke. Besprinkel met die asyn en Worcestersous en strooi weer 'n lagie sout en suiker oor.

    Herhaal die lae. Maak seker jy gebruik jou speserye op so 'n manier dat hulle op raak net met jou laaste laag vleis.

    Laat die vleis in die pekel lÍ vir 8 tot 12 ure (afhangende van hoe dik dit gesny is)

    Haal die vleis uit en "druk" droog met jou hande - maak seker jy verwyder al die oortollige sout en speserye.

    Afhangende van jou smaak, kan jy op hierdie stadium meer gemaalde koljander en/of grofgemaalde swart peper in die vleis druk, maar maak seker jy neem notas van wat jy doen sodat jy dit kan onthou en aanpas vir die toekoms.

    Hang jou vleis op om te droog.
    ∑ Ek het 'n "biltongmasjien" gebou - baie goedkoop en eenvoudig en dit werk soos 'n droom in enige seisoen. Net nie groot genoeg vir 'n hele koei nie! Ek het 'n gewone "box fan" (daai vierkantiges) gevat, vier rakke gebou om op hom te pas - houtrame met "chickenwire" - en dan pak ek die biltong of droŽwors op die rakke en hou die hele spulletjie bymekaar met bungee-rekkies. Ek het gewoonlik binne 3 dae biltong, selfs in die somer of wanneer dit bedompig is. Nog nooit probleme met muf gehad nie.
    Johan Mitchell, .... r.i.v. Swambo Marthie

    My beste kennis is diť oor my eie onkunde

    '96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
    '88 Ballade 150 ... sold
    "The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

  20. #20
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Modderfontein, naby Rysmierbult
    Age
    75
    Posts
    4,678
    Thanked: 566

    Default

    Hierdie resep is eenvoudiger, maar die voorbereiding is maar dieselfde - strooi eers die droeŽ bestanddele oor die vleis en dan die asyn.

    Vir elke 10 kg vleis :
    growwe sout, 300 g
    bruin suiker, 70 g
    salpeter, 8 g (preserveer en gee biltong ‘n rooi kleur, nie absoluut nodig nie)
    koeksoda, 10 g
    peper, 5 ml
    koljander, 60 g heel of grof gemaal
    Bruin asyn.
    Johan Mitchell, .... r.i.v. Swambo Marthie

    My beste kennis is diť oor my eie onkunde

    '96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
    '88 Ballade 150 ... sold
    "The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

Page 1 of 7 1 2 3 4 5 6 7 LastLast

Similar Threads

  1. Biltong Making Project
    By jdjoubert in forum Braai, cooking, recipies
    Replies: 21
    Last Post: 2012/06/13, 01:27 PM
  2. 4 Cheeses - Biltong Potjie
    By Eurard in forum The 4x4 Pub
    Replies: 12
    Last Post: 2011/09/23, 11:12 AM
  3. Biltong is 'n yster
    By waldo_g in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 7
    Last Post: 2011/09/19, 07:47 AM
  4. Biltong of kaas???
    By Engel in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 5
    Last Post: 2007/08/27, 10:49 PM
  5. Biltong Hunters
    By Landy Nut in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 8
    Last Post: 2007/03/29, 08:39 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •