Friesperd - tragiese einde vir ' n jong perd





Results 1 to 14 of 14
  1. #1
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    BRAKPAN
    Age
    45
    Posts
    555
    Thanked: 31

    Default Friesperd - tragiese einde vir ' n jong perd

    vanmiddag kry ek die oproep wat ek al 'n ruk verwag :
    "kry my by die perdryskool na werk"

    kyk, my vrou is 'n perde mens , sy ry al vanaf kleins, het al 'n paar perde gehad.

    sy het 'n 6 jaar oue friesperd , ' n pragtige dier , met pratige beweging.

    einde laas jaar merk sy fout , en vat hom na die vet , doen x-rays
    sy voor voete het " contracted tendants" , en veroorsaak dat die "toon" agtertoe getrek word
    dit word verder gemonitor , elke paar maande terug vir x-rays , en dit bly erger word

    daar is al mense wat dit laat opereer het , maar dit is nooit suksesvol nie , hulle sny die tendant.

    more vat ons Baltimor veearts toe , en hy kom nie terug nie. dit is tragies. my vrou is al verbrokkel
    oor al die stres , haar perd is meer as net 'n dier vir haar.

    sy doen die regte ding , al is dit hoe hartseer , dit is wat gedoen moet word , en sy weet dit
    my vrou is baie sterk , en die moet seker alles in haar vat om die besluit te geneem het.

    ek kan haar net vashou en troos , sluk maar self hard
    1997 defender 90 300tdi
    2006 discovery 3 tdv6 S
    2010 polo vivo ( swambo )

    LROC - member since 2007

  2. #2
    Join Date
    Jun 2010
    Location
    Kimberley
    Age
    38
    Posts
    908
    Thanked: 15

    Default

    Quote Originally Posted by marcus d90 View Post
    vanmiddag kry ek die oproep wat ek al 'n ruk verwag :
    "kry my by die perdryskool na werk"

    kyk, my vrou is 'n perde mens , sy ry al vanaf kleins, het al 'n paar perde gehad.

    sy het 'n 6 jaar oue friesperd , ' n pragtige dier , met pratige beweging.

    einde laas jaar merk sy fout , en vat hom na die vet , doen x-rays
    sy voor voete het " contracted tendants" , en veroorsaak dat die "toon" agtertoe getrek word
    dit word verder gemonitor , elke paar maande terug vir x-rays , en dit bly erger word

    daar is al mense wat dit laat opereer het , maar dit is nooit suksesvol nie , hulle sny die tendant.

    more vat ons Baltimor veearts toe , en hy kom nie terug nie. dit is tragies. my vrou is al verbrokkel
    oor al die stres , haar perd is meer as net 'n dier vir haar.

    sy doen die regte ding , al is dit hoe hartseer , dit is wat gedoen moet word , en sy weet dit
    my vrou is baie sterk , en die moet seker alles in haar vat om die besluit te geneem het.

    ek kan haar net vashou en troos , sluk maar self hard
    Ai, sterkte. Kan nie 'n maklike besluit vir jou vrou gewees het nie.
    Toyota

  3. #3
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Cape Town
    Age
    46
    Posts
    2,745
    Thanked: 187

    Default

    Sterkte!
    -----------------------------
    Isuzu Frontier 280LX 4x4 2001

  4. #4
    Join Date
    Apr 2011
    Location
    Vredenburg
    Age
    52
    Posts
    37
    Thanked: 1

    Default

    Baie Sterkte. Was al self in daardie bootjie

  5. #5
    Join Date
    Oct 2012
    Location
    Pretoria
    Age
    66
    Posts
    500
    Thanked: 117

    Default

    Sterkte vir vandag.

    Ons het ook daardie ongelooflik hartseer pad geloop met my vrou se perd, Big Jet. Hy het op 'n spyker getrap wat toe onsigbaar onder die hoefyster weggekruip het. Hy het steeds meer gehink, maar omdat hy jare tevore sy rug beseer het met spring, het ons aanvanklik gedink dat sy rugprobleem terug is. Uiteinde is dat hy geopereer moes word om die spyker uit te haal. Toe hy na narkose bykom, is hy verlam. Dis iets wat blykbaar baie voorkom by groot perde. In die hoop dat hy sou regkom, het ons hom nog vir 'n paar dae in sy groot hangnet gehou - totdat ons kon sien dat die vonk in sy oog weg is. Dit was een van die moeilikste besluite in my lewe en ons mis hom nog byna daagliks.

    Weereens - sterkte, ons dink aan julle
    Jeep JK Wrangler Unlimited Rubicon 2009

    Know where you are going in life... you may already be there!

  6. #6
    Join Date
    Sep 2008
    Location
    Vaalwater
    Age
    56
    Posts
    2,220
    Thanked: 63

    Default

    Ai.......sluk nou self swaar hier........

    Baie sterkte daar........

    George
    2020 Hilux LG50
    1995 Hilux SFA

  7. #7
    Join Date
    Aug 2011
    Location
    Krugersdorp
    Age
    36
    Posts
    901
    Thanked: 63

    Default

    Is dit so erg dat die perd uitgesit moet word?

    Kan hy nie op n plaas losgelaat word nie?
    FORD Ranger
    Conqueror Courage

  8. #8
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    57
    Posts
    37,849
    Thanked: 14209

    Default

    Ouens ek het 20 Ha wat oopstaan behalwe vir 5 balhorige donkies: ons sal 'n weesperd vat as julle hom aflaai.

    Ons het al 2 gered van die krokodilplaas.
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  9. #9
    Join Date
    Jan 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    51
    Posts
    8,792
    Thanked: 4473

    Default

    Baie hartseer maar met daardie spesifieke probleem is dit die regte besluit. Julle spaar die perd 'n lewe van ongelooflike ongemak en pyn.

    Juis die week 2 jaar gelede het ek die besluit geneem om my Volbloed merrie uit te sit. Sy het 'n tipe ooginfeksie gekry wat deur een veearts verkeerd behandel is. Op die ou einde het haar oog begin disintegreer. 'n Ander veearts het my verseker dat met omtrent 2 weke van intensiewe 24 uur sorg die oog goeie kans op herstel sou he, maar omdat sy alreeds 24 jaar oud was en so te se blind in die ander oog was daar net een besluit.

    Ek het haar Onderstepoort toe gevat na die Anatomie afdeling. Hulle het haar uitgesit en die karkas gebruik vir diseksie en navorsing. My niks gekos nie ek het gevoel dat dit 'n sinvolle einde aan haar lewe was.
    2018 Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4x4 AT
    BushLapa 78 Now a Boskruier but with the same Zambia and CKGR bush stripes


  10. #10
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    BRAKPAN
    Age
    45
    Posts
    555
    Thanked: 31

    Default

    Ons gaan die naweek kyk na 'n nuwe Friesain perd.
    Ek hoop sy hou van hom, nog 'n baie jong perd.

    As alles reg verloop, het sy binnekort 'n nuwe perd(Rolls Royce van perde volgens haar)
    1997 defender 90 300tdi
    2006 discovery 3 tdv6 S
    2010 polo vivo ( swambo )

    LROC - member since 2007

  11. #11
    Join Date
    May 2008
    Location
    Edgemead
    Age
    49
    Posts
    547
    Thanked: 16

    Default

    Ja as jy n perde eienaar is dan is dit maar iets wat altyd soos n donker wolk oor jou hang.....


    Hoop die nuwe perd werk vir julle.
    Marius Reitz
    Nissan Xtrail
    Astronomy and Telescopes
    Chairperson for ASSA - Cape Center
    • 13.1 inch custom built truss telescope on a dobsonian mount
    • 10 inch Meade SCT
    • 8 inch Celestron SCT Powerstar
    • 8 inch Skywatcher reflector on a Celestron CGEM mount
    • 8 inch Orion SkyQuest
    • 6 inch Orion reflector on a EQ5 mount
    • 5 inch Konus Maksutov Cassegrain on a EQ3 mount
    • 5 inch Alter Maksutov Cassegrain on a EQ4 mount
    • 15x70 Celestron Skymaster binoculars on a parallelogram mount

  12. #12
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Nigel
    Age
    59
    Posts
    16,065
    Thanked: 2311

    Default

    Die einaardigste ding, is dat die diere weet wanneer dit nou genoeg is.

    Ek het nou die dag 'n hond geskiet. Vrot van die kanker en die rumatiek. Kon gladnie meer opstaan nie. Het netso bly le in sy ontlasting.

    Toe vra die eienaar, vriend van my, of ek asb die hond sal skiet.

    Die hond se oe het gevra "ja asb"...

    Gladnie skuldig gevoel nie.
    LC 78 Troopie 1HD-FTE
    Uniglide
    +27 zero eight 2 four 95 9252

  13. #13
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    BRAKPAN
    Age
    45
    Posts
    555
    Thanked: 31

    Default

    tyd vir 'n update :

    ons het so paar weke terug vir swambo 'n nuwe perd gekoop, nog 'n Friesain.

    hy word in Oktober 2 jaar, sy sal maar moet geduldig wees voor sy hom kan ry.
    1997 defender 90 300tdi
    2006 discovery 3 tdv6 S
    2010 polo vivo ( swambo )

    LROC - member since 2007

  14. #14
    Join Date
    May 2008
    Location
    Edgemead
    Age
    49
    Posts
    547
    Thanked: 16

    Default

    Ons het ook in die tussentyd twee nuwe gekry. n Drie en n ses jaar oue thoroughbred. Die ses jaar oud is so 17.5 hoog.
    Marius Reitz
    Nissan Xtrail
    Astronomy and Telescopes
    Chairperson for ASSA - Cape Center
    • 13.1 inch custom built truss telescope on a dobsonian mount
    • 10 inch Meade SCT
    • 8 inch Celestron SCT Powerstar
    • 8 inch Skywatcher reflector on a Celestron CGEM mount
    • 8 inch Orion SkyQuest
    • 6 inch Orion reflector on a EQ5 mount
    • 5 inch Konus Maksutov Cassegrain on a EQ3 mount
    • 5 inch Alter Maksutov Cassegrain on a EQ4 mount
    • 15x70 Celestron Skymaster binoculars on a parallelogram mount

Similar Threads

  1. The future of South Africa
    By GarethAnderson in forum The 4x4 Pub
    Replies: 67
    Last Post: 2015/09/29, 04:27 PM
  2. Terug uit Kaokoland...
    By Mudder in forum Namibia
    Replies: 23
    Last Post: 2014/09/08, 09:03 AM
  3. Vernon Koekemoer
    By KobusDJ in forum The 4x4 Pub
    Replies: 9
    Last Post: 2008/04/17, 10:14 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •