Moot area in pretoria





Page 1 of 6 1 2 3 4 5 6 LastLast
Results 1 to 20 of 101
  1. #1
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Stellies - Wes Kaap
    Age
    34
    Posts
    1,668
    Thanked: 64

    Default Moot area in pretoria

    Goeie dag,

    Kan iemand my bietjir.vertel oor hoe die moot area in pretoria is, veral waverley se area.
    Is dit veilig daar?
    Die area goed, is daar beter areas om na te kyk in die moot.

    Ons beplan om dalk na die moot te.trek aangesien dit nader is aan SWAMBO se werk en soek ook.n groter huis.

    Enige voorstelle, raad of advies sal waardeur word.

    Dankie
    8)
    2010 Jeep Wrangler Rubicon 3.8 (JKU)
    EX: Jeep Grand Cherokee 3.0 CRD Laredo (WK)
    EX: Suzuki Jimny 2010
    EX: Disco1 3.8i V8
    EX: Mitsubishi Lancer
    EX: '91 Toyota Corralla

    Current Upgrades: 2" lift kit, ARB Bullbar, stronger coils.

    4x4AG:0316

  2. #2
    Join Date
    Sep 2013
    Location
    Pretoria
    Age
    58
    Posts
    43
    Thanked: 0

    Default

    Ek bly die afgelope 14 jaar in Waverley en dit is 'n baie rustige omgewing. Oor veiligheid is ek nie te veel bekommerd nie. Ek en my vrou gaan draf elke oggend vanaf 4:30 en daar is dan geen mense op die pad nie behalwe die ander drawwers en fietsryers. Die omgewing is niks slegter af t.o.v misdaad as ander omgewings nie. Ons sien gereeld polisie voertuie wat hier rond ry asook verskeie privaat sekuriteis maatskappye. Die omgewing het heelwat ou huise, nuwer huise en dan die wat binne die afgelope 5 jaar gebou is. Dit is 'n gewilde area en huispryse hier is hoŽr as in ander gebiede. Ons wou onlangs 'n groter plek koop in Waverley, maar dit was net onbekostigbaar. As die prys bv vergelyk word met Waterkloof, Monument Park, Erasmus Rand, sal jy 'n beter huis daar kan koop vir dieselfde prys as in Waverley. Ons wou verskuif na 'n ander omgewing toe ons nie 'n groter huis hier kon kry nie, maar het besluit om te bly.

    Ons is hier baie sentraal. Winkels is in ons omgewing, groot sentrums soos Kollonade en Menlyn is 10km van hier af en dit is vinnig om daar te kom. Hoof roetes is van die verste punt so 3km tot by N1 en die middestad stad 8km. Ons verkeersprobleme is minimaal behalwe as jy op Pietrsburg snelweg JHB to wil ry in spitsverkeer. En natuurlik is die tolhekke volop!

    Ons omgewing het 'n plattelandse atmosfeer en bly baie lekker hier. Ander omgewings in die maat aangrensed aan Waverley is Rietfontein, Moregloed, Villeria, maar die huise is daar heelwat ouer as in Waverley. As ek na die hele Moot area kyk, sal net 'n Waverley wil by. Ek hoop dit help.
    Last edited by Pieter Ehlers; 2013/12/22 at 07:55 PM.

  3. #3
    Join Date
    May 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    44
    Posts
    1,028
    Thanked: 613

    Default

    Ons het 5 jaar in die moot gebly. Ons het baie lekker gebly. Ek probeer tans ons huis in riviera verkoop maar sukkel ( het darem goeie huurders nou). So ek stem nie heeltemal saam oor huispryse- dink mens kan nog n billike prys vir n huis op n groot erf in die moot betaal. Sterkte met die soek.
    Pieter

  4. #4
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    /\_/\_/\
    Age
    42
    Posts
    5,417
    Thanked: 202

    Default

    Boonste deel van Waverley en rietfontein is Baie lekker. Ek het 6 jaar daar gebly.

  5. #5
    Join Date
    Sep 2013
    Location
    Pretoria
    Age
    58
    Posts
    43
    Thanked: 0

    Default

    Ek het ook vergeet om te noem dat hier baie skole in die omgewing is (hoofsaaklik Afrikaanse skole) In ons direkte omgewing binne 2km van waar ek bly, is daar 2 laerskole, 3 hoŽrskole (wat 'n tegniese skool insluit), 2 privaatskole wat deur kerke bedryf word (Gereformeerde kerk en Lutherse kerk). Daar is ook nog skole verder aan wat spesiale skole insluit vir kinders met leer gestemdheid en vir dowes.

    Ons het ook heelwat openbare parke in die omgewing wat goed in stand gehou word en leeglÍers word nie gedult nie. Die strate is ook lekker breed en die hele omgewing is het baie groot bome. Behuising is hoofsaaklik huise, maar meenthuise gebou op onderverdeelde erwe is beskikbaar asook meenthuis komplekse. Woonstel blokke is ook beskikbaar.

  6. #6
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    /\_/\_/\
    Age
    42
    Posts
    5,417
    Thanked: 202

    Default

    Ja daar is heel wat nuwe meent huis komplekse daar.

  7. #7
    Join Date
    Sep 2013
    Location
    Pretoria
    Age
    58
    Posts
    43
    Thanked: 0

    Default

    Quote Originally Posted by bones View Post
    Ons het 5 jaar in die moot gebly. Ons het baie lekker gebly. Ek probeer tans ons huis in riviera verkoop maar sukkel ( het darem goeie huurders nou). So ek stem nie heeltemal saam oor huispryse- dink mens kan nog n billike prys vir n huis op n groot erf in die moot betaal. Sterkte met die soek.
    Ja, jy kan huise teen billike pryse kry, maar dan gaan opgradering gedoen moet word wat kostes verder op jaag. Huise met groot erwe in Waverley het skaars geword.

  8. #8
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Stellies - Wes Kaap
    Age
    34
    Posts
    1,668
    Thanked: 64

    Default

    Ons bly tans in.centurion in n veiligheids estate, beplan om.eers dalk moot toe.te trek en n.huis huur en as ins daarvam hou sal ons kyk na koop.
    Centurion.is lekker, maar dis te besig en gejaagd in die area, soek bietjie iets meer rustiger en nader aan SWAMBO se werk in queenswood
    8)
    2010 Jeep Wrangler Rubicon 3.8 (JKU)
    EX: Jeep Grand Cherokee 3.0 CRD Laredo (WK)
    EX: Suzuki Jimny 2010
    EX: Disco1 3.8i V8
    EX: Mitsubishi Lancer
    EX: '91 Toyota Corralla

    Current Upgrades: 2" lift kit, ARB Bullbar, stronger coils.

    4x4AG:0316

  9. #9
    Join Date
    Apr 2012
    Location
    Live-Pretoria Work-Koidu
    Age
    49
    Posts
    147
    Thanked: 5

    Default

    Ek bly lekker hier, ons het probleme gehaad, die mense om jou maak die verskil!
    Kom maak n draai en kom kyk!

  10. #10
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Pretoria
    Age
    48
    Posts
    68
    Thanked: 0

    Default

    Ek bly lekker in Villieria. Sentraal naby al die winkels. Ek stap sommer vir 'n sak Charcoal wanneer ons wil braai. Die Checkers is oop tot lekker laat.
    Midas oorkant Jakaranda Sentrum is ook tot laat oop.

    Die strate is in die algemeen skoon.
    Wees net versigtig on nie te naby aan die N1 te koop nie. Daar is meer inbrake daar, alhoewel dit maar orals gebeur, glo ek die risiko daar is aansienlik hoŽr.
    Kilnerpark is ook nogal riskant mbt inbrake. Nie te seker oor Queenswood nie.
    Probeer ook wegbly van die treinspoor (naby die ou Michael Brink straat) se kant. Dit is 'n deurloop roete vir groot lorries, busse en taxis. Ben Swart in 'n mindere mate ook so, maar is nogsteeds lawaaierig en besig. Codonia str is deesdae ook vol taxis.
    Waverly is gaaf, maar huise daar is oor die algemeen duurder as in Villieria.
    Verwag om meer te betaal indien jy bo Crots, Meyer / Breyer wil woon.
    Sterkte met die soektog.

  11. #11
    Join Date
    Jul 2013
    Location
    Pretoria
    Age
    50
    Posts
    28
    Thanked: 4

    Default

    Queenswood self is 'n moontlikheid. Weavindpark (bietjie Silverton se kant toe) is ook 'n stil area waar ons lekker woon.

  12. #12
    Join Date
    Apr 2012
    Location
    Pretoria
    Age
    38
    Posts
    969
    Thanked: 51

    Default

    Quote Originally Posted by golfstok View Post
    Ons bly tans in.centurion in n veiligheids estate, beplan om.eers dalk moot toe.te trek en n.huis huur en as ins daarvam hou sal ons kyk na koop.
    Centurion.is lekker, maar dis te besig en gejaagd in die area, soek bietjie iets meer rustiger en nader aan SWAMBO se werk in queenswood
    Hi Golfstok

    Ons het tot so 2 jaar terug in Centurion gebly (van 2005 - 2011). Ons het toe begin huis soek om te koop en kon nie iets kry in Centurion wat binne ons prysklas was nie, en ook die erwe was maar klyn in ons prysklas.

    Ons het toe begin kyk in die moot en op die ou end in Villieria gekoop. Vir dieselfde size huis in Centurion (area dependant natuurlik) sou ons seker maklik half miljoen meer betaal het.

    Waverly is baie nice, maar dit is bietjie pricey. Huise in Villieria is wel ouer, maar daar is n paar goeie kopies en van dit kort bietjie werk, maar ons is nog nie n dag spyt nie. Ons geniet die moot en is baie bly ons het daar gekoop.

    Om eers te rent voor julle koop is dalk nie n slegte idee nie.....maar as jy eers daar is, sal jy nie sommer pad gee nie.

  13. #13
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Stellies - Wes Kaap
    Age
    34
    Posts
    1,668
    Thanked: 64

    Default

    Quote Originally Posted by MThompson View Post
    Hi Golfstok

    Ons het tot so 2 jaar terug in Centurion gebly (van 2005 - 2011). Ons het toe begin huis soek om te koop en kon nie iets kry in Centurion wat binne ons prysklas was nie, en ook die erwe was maar klyn in ons prysklas.

    Ons het toe begin kyk in die moot en op die ou end in Villieria gekoop. Vir dieselfde size huis in Centurion (area dependant natuurlik) sou ons seker maklik half miljoen meer betaal het.

    Waverly is baie nice, maar dit is bietjie pricey. Huise in Villieria is wel ouer, maar daar is n paar goeie kopies en van dit kort bietjie werk, maar ons is nog nie n dag spyt nie. Ons geniet die moot en is baie bly ons het daar gekoop.

    Om eers te rent voor julle koop is dalk nie n slegte idee nie.....maar as jy eers daar is, sal jy nie sommer pad gee nie.
    Yip ek is mal oor die moot. Het so paar jaar terug vir so paar maande daar gebly.

    Sal bietjie kyk na Villiera se pryse.

    Het julle dalk voorstelle vir eiendomsagente in die area
    8)
    2010 Jeep Wrangler Rubicon 3.8 (JKU)
    EX: Jeep Grand Cherokee 3.0 CRD Laredo (WK)
    EX: Suzuki Jimny 2010
    EX: Disco1 3.8i V8
    EX: Mitsubishi Lancer
    EX: '91 Toyota Corralla

    Current Upgrades: 2" lift kit, ARB Bullbar, stronger coils.

    4x4AG:0316

  14. #14
    Join Date
    Jun 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    42
    Posts
    1,265
    Thanked: 1

    Default

    Nog n plus punt vir die Moot , dit is die residensiele area wat die meeste pubs het in Suid Afrika
    2019 Jimny GLX Manual
    2011 Jimny Zuk-Zilla
    (SOLD)

    GP0057

  15. #15
    Join Date
    Apr 2012
    Location
    Pretoria
    Age
    38
    Posts
    969
    Thanked: 51

    Default

    Quote Originally Posted by golfstok View Post
    Yip ek is mal oor die moot. Het so paar jaar terug vir so paar maande daar gebly.

    Sal bietjie kyk na Villiera se pryse.

    Het julle dalk voorstelle vir eiendomsagente in die area
    ons agent het ongelukkig Centurion toe geskuif. sy was goed en het geluister na wat ons soek....en nie plekke gaan wys bo ons prysklas nie.

  16. #16
    Join Date
    May 2009
    Location
    Encounter Bay
    Age
    56
    Posts
    302
    Thanked: 39

    Default Capital Park?

    Ons bly reeds 9-10 jaar in Capital Park en is baie gelukkig. 2 "oppertunistiese" gevalle wat elke keer verband gehou het met bouery...

    Meestal ouer huise (60 jaar plus) en baie het nog staal plafone met oregon vloere, ens. - sommige reeds gerestoureer wat uit die aard van die saak meer sal kos, en ander wat weer werk gaan benodig maar meer bekostigbaar is.

    Ek's ook betrokke by die plaaslike "Residents & Rates Payers Association" wat hard werk om die area as die "arts & culture hub" van Pretoria op die "map" te kry.

    Julle is welkom om te kom inloer sou julle wou - PM my gerus...
    Dawie Nel

    2013 Ford Ranger 3.2 Auto / 2011 VW Tiguan 2.0 TDi 4Motion DSG
    2000 Ford Courier 4x4 D/C (390,000 km) Sold

  17. #17
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    61
    Posts
    431
    Thanked: 88

    Default

    Bly al van 1971 af in die Moot. Villieria. Sal nie sommer na ander area verhuis tensy MOET. Villieria pryse is beter as Waverley. Is baie gelukkig, nog net twee keer pogings tot inbraak. Hulle het met niks weggekom nie. Die huis oorkant my het 3-4 inbrake per jaar. Dalk inside job. Elke keer as sy bediende daar is.
    Vir eiendoms agent kan jy nie verkeerd gaan met Gary Stone nie. Het al drie eiendomme deur hom gekoop en baie gelukkig.
    Toyota Land Cruiser 76 4.5D V8 "Matchbox". Toyota Hi-Lux D4D 4x4 "Willebees" (My daily drive). Afrispoor Cheetah 2-Sleeper Easy Camper. Hyundai i20 1.6 (SWAMBO's daily drive).

  18. #18
    Join Date
    Jan 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    44
    Posts
    1,078
    Thanked: 720

    Default

    Quote Originally Posted by Dude1978 View Post
    Nog n plus punt vir die Moot , dit is die residensiele area wat die meeste pubs het in Suid Afrika
    Jip, weet nie hoe waar dit is nie, maar hoor nou die dag daar is tussen Paul Kruger Straat en die N4 hoofweg amper 200 pubs. Picasso's (Pierneef str) maak die beste pizzas in Pretoria.

    Volgens 'n stadsbeplanner wat ek ken is die Moot die beste plek om te koop, want dit is al vir 40 jaar 'gesettle', jou bure bly vir jare jou bure, die grond is nie klei grond nie, so die huise bars nie, daar is nie baie woonstelle nie, so die plek gaan nie soos Sunnyside a 'hostel' environment word nie, daar is baie bome, groen sypaadjies en soos alreeds gese, daar is baie skole. Die plek is baie sentraal gelee en ook tussen koppies, so die temperatuur is gewoonlik lekker met min ryp en nie winderig nie.
    Great minds discuss ideas, average minds discuss events, small minds discuss people - Eleanor Roosevelt.

  19. #19
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    64
    Posts
    4,266
    Thanked: 183

    Default

    Quote Originally Posted by Dude1978 View Post
    Nog n plus punt vir die Moot , dit is die residensiele area wat die meeste pubs het in Suid Afrika

    Ek weet darem nie...............


    Klink 'n bietjie na 'n wolhaar storie
    "If you don't care where you are, you ain't lost"

  20. #20
    Join Date
    Apr 2012
    Location
    Pretoria
    Age
    38
    Posts
    969
    Thanked: 51

    Default

    Quote Originally Posted by JCMostert View Post
    Jip, weet nie hoe waar dit is nie, maar hoor nou die dag daar is tussen Paul Kruger Straat en die N4 hoofweg amper 200 pubs. Picasso's (Pierneef str) maak die beste pizzas in Pretoria.
    Beste hamburgers....burger bistro in Pierneef straat.

    Sal bietjie picasso's try, maar Toni's Fully Furnished pizza se pizzas is ook vrek lekker......o ja, en Toni's fish and chips (ook in Pierneef oorkant burger bistro) maak die beste fish cakes en hulel vis en chips is ook by verre van die beste in die moot.

    Dit is wat lekker is van die moot, daar is nie te veel franacise plekke nie, maar meer kleiner one man show plekke met baie lekker kos.

Page 1 of 6 1 2 3 4 5 6 LastLast

Similar Threads

  1. Replies: 3
    Last Post: 2013/04/07, 09:21 PM
  2. TR - Gonarezhou - July 2012
    By JohnT in forum Zimbabwe
    Replies: 13
    Last Post: 2013/01/03, 12:05 AM
  3. Service Centre - Pretoria Power Steering
    By MThompson in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 0
    Last Post: 2012/09/11, 07:49 AM
  4. Mapungubwe - This is just wrong
    By Miems in forum Environmental & Conservation
    Replies: 123
    Last Post: 2012/04/23, 03:17 PM
  5. Refurbishment of Steel Rims - Pretoria Area
    By LowRange in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 0
    Last Post: 2008/06/11, 09:19 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •