Ek wil graag Botswana toer vir 20 dae (laat Junie tot mid Julie) met 4x4 en kampwa en het die volgende roete in gedagte, met aande tussen hakies, vanaf die Weskus:
McCarthysrus(1) - Kang(1) - Maun(2) - Shakawe(2) - Divundu(3) - Kongola(3) - Kasane(3) - Nata(1) - Palapye(1) - Mahikeng (1)
Enige voorstelle hoe en waar om te boek (die beter kampplekke)
Ek beplan n vlug oor Delta, iewers stokke huur vir visvang, genoeg tyd in Chobe en Victoria Valle. Of sal ek eerder oor Valle vlieg?
Slegs hierdie voertuig en wil nie 4x4 nie - hou dus maar op die "teerpaaie"