Chelinda Campsite





Results 1 to 3 of 3

Hybrid View

Previous Post Previous Post   Next Post Next Post
  1. #1
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Centurion
    Age
    44
    Posts
    22
    Thanked: 0

    Default Chelinda Campsite

    Het enige iemand die koordinate van die Chelinda Campsite? Wat is die beste oornag stop tussen Chintheche ( Lake Malawi ) en die Kaphisa Hot Springs in Zambie. Het dit al gedoen in n dag maar dis hel ver. Die pad tussen Katumbi grenspos en Isoka ( volgende doeane ) is wyd. Vanaf Chelinda tot by die Hot Springs lyk meer haalbaar. Enige ander voorstelle?

  2. #2
    Join Date
    Mar 2007
    Location
    Paarl
    Age
    47
    Posts
    319
    Thanked: 42

    Default

    Quote Originally Posted by herman10 View Post
    Het enige iemand die koordinate van die Chelinda Campsite? Wat is die beste oornag stop tussen Chintheche ( Lake Malawi ) en die Kaphisa Hot Springs in Zambie. Het dit al gedoen in n dag maar dis hel ver. Die pad tussen Katumbi grenspos en Isoka ( volgende doeane ) is wyd. Vanaf Chelinda tot by die Hot Springs lyk meer haalbaar. Enige ander voorstelle?
    Herman, nie seker of jy al intussen reggekom het nie. Chelinda kamp is op T4A, maar jy kan dit nie eintlik mis nie. Volg maar net die borde na Chelinda lodge.
    S10 35 05.6 E33 47 56.6 degrees minutes seconds

    Om in te ry tot by Chelinda is nogal n trek net vir oornag, ek sou dan eerder by Vwasa kamp gaan slaap. Dis vervalle maar vir een nag is dit ok. Ons het sommer n chalet geneem, dit het snaaks genoeg goedkoper as kamp uitgewerk en ons het dit slegs vir die badkamer geriewe gebruik en nogsteeds langsaan gekamp.

    n Heeltemal ander opsie is om via Karonga te ry. Die pad van Karonga na Chitipa is mooi oorgedoen. Slaap dan by Kalunga King's Highway camp - sowat 511km 8.5uur se ry. Van daar tot by Kapishya is minder as 300km en 3.5uur se ry. King's Highway Camp is so 60km noord van Isoka.

    Volgens ry tye is dit om te ewe of jy via Isoka ry na King's Highway of via Karonga, maar ek dink die pad in die noorde is nou heelwat beter as wat dit voorheen was.

    As jy n dag ekstra het sou ek Chelinda oorslaap, maar dan aan die noorde kant af ry, dis n baie mooi pad.
    Johann Groenewald
    Tracks4Africa

    www.tracks4africa.co.za
    For friendly support staff, call +27 (0)21 880 8660

  3. #3
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Centurion
    Age
    44
    Posts
    22
    Thanked: 0

    Default

    Dankie Johann. Ek sal bietjie kyk na jou aanbeveling. Die pad van Rumphi na Isoka was so 2 jaar terug nie baie mooi nie maar mooi omgewing. Ons soek maar die roetes "less travelled", dit maak die trip net baie beter.

Similar Threads

  1. Desert tour Kaa, Mabua, Khutse, CKGR
    By Leopardenfan in forum Botswana
    Replies: 19
    Last Post: 2013/11/02, 02:00 PM
  2. Botswana July 2011
    By Roxal in forum Botswana
    Replies: 20
    Last Post: 2013/01/04, 03:12 PM
  3. National Forum Gathering 2012: Oyster Bay
    By Mad Manny in forum The 4x4 Pub
    Replies: 1784
    Last Post: 2012/04/25, 10:29 PM
  4. Replies: 543
    Last Post: 2012/04/04, 12:10 PM
  5. EA Fly - Inn Trip Report
    By Goose 23 in forum East Africa
    Replies: 0
    Last Post: 2011/11/28, 04:31 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •