Roete na berg en dal





Results 1 to 4 of 4
  1. #1
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Honeydew
    Age
    69
    Posts
    261
    Thanked: 15

    Default Roete na berg en dal

    Ek vertrek Woensdag na Berg en Dal en gaan gewoonlik by Malelane hek in die Kruger in.

    Kan van die lede wat in daardie geweste bly of nou onlangs daar was asseblief laat weet of die padwerke op die N4 nog aan die gang is. Indien wel, is daar enige alternatiewe roetes wat mens kan ry om vinniger by Berg en Dal uit te kom.

    Ek dink net dit gaan nie die moeite werd (tydsgewys) wees om by die Numbi hek in te gaan en dan teen 'n slakkepas met 'n karavaan teen maksimum 50kpu deur die wildtuin te ry nie. Ek hou daarvan om so vroeg as moontlik by die kamp te kom, kamp op te slaan en dan te begin ontspan.

    Enige raad sal waardeer word. Dankie.
    Jannie de Wet
    Pajero SWB

  2. #2
    Join Date
    Jan 2014
    Location
    Nelspruit
    Age
    55
    Posts
    1,599
    Thanked: 454

    Default

    Die padwerke is nogsteeds in die Krokodilpoort besig met 'n stop go wat nogals lank kan pad. As jy karavaan sleep en jy wil nie deur die stop go gaan, is jou enigste alternatief om Badplaas, Barberton, Kaapmuiden en dan Malalane. Die pad tussen Barberton en Kaapmuiden het plek plek potholes. As jy mooi ry behoort dit nie te erg te wees.

    As jy karavaan sleep weet ek nie hoeveel tyd jy so gaan spaar. Dit gaan dalk maar doe moeite werd wees om die stop go te trotseer (partykeer tot 45min). Partykeer is jy lucky en wag jy nie so lank nie. Werk dit net by jou tyd in.

  3. #3
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Honeydew
    Age
    69
    Posts
    261
    Thanked: 15

    Default

    Dankie. Ek dink ek gaan maar my "luck try" en hoop ek vang die stop en go op die regte tyd.
    Jannie de Wet
    Pajero SWB

  4. #4
    Join Date
    May 2014
    Location
    Tshwanetoria
    Age
    66
    Posts
    1,445
    Thanked: 542

    Default

    Jip, die voordele is beter as die nadele

Similar Threads

  1. Kruger Berg En Dal Camping
    By Leggy in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 35
    Last Post: 2015/10/30, 11:17 PM
  2. Berg en dal
    By Luxter van Vuuren in forum The 4x4 Pub
    Replies: 3
    Last Post: 2014/07/07, 11:12 AM
  3. Camping Electrics - Berg en Dal
    By StuartC in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 11
    Last Post: 2013/08/12, 10:12 AM
  4. Baths in Berg en Dal Kruger Park camping ablutions?
    By Taksleper in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 3
    Last Post: 2013/04/05, 10:37 AM
  5. swaziland berg roete! 15-17 junie
    By bosveld kwagga in forum Gauteng
    Replies: 5
    Last Post: 2012/05/29, 10:19 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •