Results 1 to 10 of 10
  1. #1
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    61
    Posts
    6,250
    Thanked: 3609

    Default Vernon Koekemoer

    Ek is nie heeltemal op datum met die selebrities/rambos/chucknorrisse in SA nie.

    Wat is hierdie Vernon Koekemoer ding?
    Kobus

  2. #2
    Join Date
    May 2007
    Location
    Kempton Park
    Age
    46
    Posts
    450
    Thanked: 0

    Default

    http://ramboguy.co.za
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	rapport21.jpg 
Views:	676 
Size:	112.0 KB 
ID:	16565  
    Last edited by AwakenZombie; 2008/04/11 at 06:35 PM.


    Mitsubishi 4 Door
    3lt V6 2006 Facelift 4x4
    ORRA Details:
    29mHz: ZRF430
    Club Call sign: B33


  3. #3
    Join Date
    Oct 2006
    Location
    CAPE TOWN ,SOUTH AFRICA
    Age
    74
    Posts
    14,056
    Thanked: 588

    Wink

    Who is this Vernon Koekamoer ?? Must be a friend of Mortons
    ORA
    -------------------------
    Ian

  4. #4
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    61
    Posts
    6,250
    Thanked: 3609

    Default

    Mmmmmm.... snaakse storie hierdie.
    Kobus

  5. #5
    Join Date
    May 2007
    Location
    Kempton Park
    Age
    46
    Posts
    450
    Thanked: 0

    Default

    hehe ja ek stem heeltemal saam ... maar dit gee ons so 'n gemoed van hoop hier in die wille ooste


    Mitsubishi 4 Door
    3lt V6 2006 Facelift 4x4
    ORRA Details:
    29mHz: ZRF430
    Club Call sign: B33


  6. #6
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    61
    Posts
    6,250
    Thanked: 3609

    Default

    Quote Originally Posted by AwakenZombie View Post
    ... hier in die wille ooste
    Ja, ek sien die man is van Boksburg Paar moeilike manne daar rond
    Kobus

  7. #7
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Pampoenkraal, naby Dwarskersbos
    Age
    80
    Posts
    4,742
    Thanked: 811

    Default

    Hulle het nog nie van Khoos Kuiekamp gehoor nie, daar uit die Korannaberg se geweste.

    Gaitshi Gubib het vir Khoos geraadpleeg oor hierdie Koekemoer, maar hy wou nie eintlik oor die ou praat nie, behalwe dat hy reken die naam Vernon saam met die van Koekemoer net nie vir hom reg klink nie.

    Gaitshi Gubib sal hom pols vir meer opinie.
    Johan Mitchell, .... r.i.v. Swambo Marthie

    My beste kennis is dié oor my eie onkunde

    '96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
    '88 Ballade 150 ... sold
    "The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

  8. #8
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    Durbanville
    Age
    55
    Posts
    340
    Thanked: 448

    Default

    This is the "official" MAKE VERNON KOEKEMOER FAMOUS FaceBook Page Link:
    http://www.facebook.com/group.php?gid=8958217590

    This is the crux of the matter:
    " VERNON KOEKEMOER rose to fame in just 2 days after pictures of his awesomeness was circulated on the web. The original pictures where taken at H2O, and the world decided that this legend of a man should be famous... the rest... as they say... is history...

    Unfortunately his original fan group closed down, but we decided that the world has not had enough of... the man... the legend... VERNON KOEKEMOER

    So, please help us make Vernon Koekemoer famous, by using his picture, cropping, cutting, and pasting it into pictures of exotic places, historical moments, and general moments of awesomeness, so that he can once again rise to fame, flex his biceps, and sokkie the night away!!!

    Please invite all your friends, especially the creative ones who know their way around Photoshop, and help us to:

    MAKE VERNON KOEKEMOER FAMOUS.... AGAIN!!!!! "

  9. #9
    Join Date
    Apr 2008
    Location
    Johannesburg
    Age
    51
    Posts
    15
    Thanked: 0

    Default

    Last edited by Shelby; 2008/04/17 at 09:31 AM.

  10. #10
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    61
    Posts
    6,250
    Thanked: 3609

    Default

    Hierdie was sondag in die Rapport



    Rapport - Hanlie Retief gesels met Vernon Koekemoer

    "Dis Dinsdagaand en Benoni roer. Hy pomp sy arms vir die blonde poppie. Die are bult blou. Sy Axe Spice hang tussen die rook en eighties-musiek hier in die Keg.
    Sorry ou, maar jy’s mos daai dude op die Benoni Times? gaan ’n liggie vir die poppie aan.
    “Duh!” en hy kyk vir haar.
    “Die naam is Koekemoer. Vernon Koekemoer.”
    Vern.
    Ons eerste, grootste, aanlyn-superheld.
    Als het ’n maand gelede begin toe Cassie Booyse (51), skrywer van handboeke vir weermagvoertuie, by ’n Boksburg-rave afgeneem is met sy frislyk-speelpakkie en snaakse haarstyl terwyl hy op die gras rondstaan en sy whisky-en-lemonade met sy vinger roer.
    Die foto’s, wat as aanlyngrap rondgestuur is, het ’n internetkoors ontketen: hy’s Vernon Koekemoer gedoop, met ’n Facebook-profiel en -groepe soos Make Vernon Koekemoer Famous … Again.
    Die Koek word kreatief gemanipuleer tot enigiets van Superman tot Zim se nuwe president, die Boere-Borat, een van die Beatles, die held in Star Wors, M*&ring Private Ryan, die ta-toeëermerk op Chuck Norris se bo-arm …
    Maar wag, daar’s meer: sy eie selfoonluitoon, ’n tjêrrie genaamd K-Lo, én sy eie handtekening (“check hoe swaai daai oer van die Koekemoer!”)
    “Ek’s nou van ’n zero tot ’n hero, en ek’t nie eens daarvoor gevra nie!”
    Sy Brakpan-pêlle – soos hy, té oud vir goed soos Facebook – is verslae. “Een bel en sê: ‘Cassie, wat gaan met jou aan, huh? Wat’s hierdie Koekemoer-storie?’
    “Ek sê maar ek’s in disguise. Die polieste soek my. Moet niemand sê nie, oukei!
    “I’m a big fish in a small pond, nou. Ek hoop hierdie dammetjie gaan nou oopmaak vir my!”
    Almal ken hom as Vernon. “As ek vir mense sê ‘no, it’s Cassie, eintlik’, scheme hulle: ‘No, you’re Vern, my man!’
    “So nó?’t ek besluit: Brad Pitt is Brad Pitt, Vernon Koekemoer is Vernon Koekemoer. Yours truly. Die beste ding éver wat met my kon gebeur!”
    Eintlik kon hy nog nóóit met daai spiere ongemerk by ’n plek instap nie. “Die mense se kakebene val net so.”
    Whap. Vloer toe. En dan konsentréér die mans om hom, “my meisie het maar geleer om dit te vat”.
    Mans?
    “Nee, hulle check my nie uit nie, hierdie is Brakpan, nie ’n moffieklub nie! Hulle waardeer wat hulle sien. Hulle sal kom vra: ‘bru, wa’ oefen jy?’
    “Cassie was altyd so 10% in die limelight. Maar Vernon is 100%.”
    Sy meisie, sélf met ’n gim-lyfie wat die koppe laat draai, is min beïndruk deur die nuwe kinkel in haar Cassie se lewe. Sy’s verlede week skoon van haar stoel gestamp soos die meisies vir Vern bestorm het. Dan moet sy boonop heeltyd foto’s neem van hom aan’t spiere pomp tussen hulle …
    Hy skud sy kop. “Ek gaan haar nog lewendig verloor!”
    Sy voorkoms het hy gaan afloer in Brakpan-Oos se flieks waar hy elke liewe Rocky en Rambo deurgefantaseer het.
    Sy gladgeskeerde bene staan geplant in Buffaloes (rave-platformstewels). Stywe rugbybroekie. Swart gaatjiesfrokkie (“bietjie windgat, ek weet”), die einste vasgeknoopte blou hempie met die afgesnyde moue soos op daardie oorspronklike rave-foto.
    Hy “doen die hempie” elke aand as hy uit die gim kom.
    “Bedags dra ek my mooi-moois werk toe. Ordentlike broek en toeknoophemp. Ná gim knoop ek daai sêlle werkhemp hier voor vas, rol die moue op en vou die kraag in.”
    Hy demonstreer stap vir stap: “Rol die sleeves só op. Vou die kraag binnetoe. Kyk hierso, voel, daar sít die kraag.”
    Hy háát ’n hemp wat hy moet insteek. “Daar’s te min plek. Dit raak te knopperig!”
    Rambo het hom al gered, ook. Een Vrydagaand, vrot gekuier op Jagerbombers, is hy by ’n padblokkade voorgekeer.
    “Ek rol my venster af. Die Nuwe Suid-Afrika torch my so in die gesig. My oë is rooier as enige padkaart. Dog, as hulle my nou laat blaas, blaas ek daai ding aan die brand.
    “Die een sê: Hey, he looks like Sylvester Stallone (uitgespreek Stilloon).
    “Ek sê dissie Stilloon nie. Dis Stall-ó?n. Rrrrámbo!
    “Duh!
    “Toe pomp ek vir hulle my arms. ‘Oh’, sê die vrou. ‘Just like Rambo.’
    “En daar laat hulle my toe gaan …”
    Nou hoe, hóé kry jy ’n bo-arm só?
    “Jy óéfen hulle so. Maar nie elke dag nie. Net een body part op ’n slag. Gistraand was dit skouers. Vanaand bene. Maar ek het arms óók bietjie gepomp, want ek dog, julle wil hulle mos sien.
    “Kyk hoe loop my are.”
    Hy pomp hulle.
    “Jy moet die are sien as ek ’n whisky in het, jy wil nie weet nie! Hulle pop hier oor my skouers uit, veral in die son, ná twee vinnige whiskies … awesome.”
    Sy meisie meet sy bo-arms elke tweede week. 19 duim. Hy werk in duime. Dit klink vir hom beter.
    “Ek probeer my arms by my nek-size hou. Jy streef na absolute proporsie. Raak my arms dikker as my nek, lyk ek nie lekker nie.”
    Hy doen ook proteïene, sê hy. “Daar’s permanent ’n protein shake in my kar. Ek doen ook so bietjie kreatien. Dis waar Percy Montgomery gegaan het. Hy lyk goed vir ’n rugbyspeler.”
    Hy lag skielik. “En ek drink nou bier oor ek dors is én bietjie senuagtig vir julle!”
    ’n Groot ou vol tatoeëermerke kom staan nader. “Howzit, bru? I check you!”
    “I check you too, hey,” sê Vern en gaan staan vir ’n foto.
    Wie doen jou hare, dude? skree nog ’n ou.
    “Almal vra dit altyd vir my. Ek weet nie hoekom nie. Dis nie geblowdry nie, duh, net gejel.”
    Sy mullet krul in sy nek. Nog klam ná die gim-stort.
    “My meisie wou my mullet afsny. My haarstyl pas nie by my ouderdom nie, sê sy. Sy soek ’n mohican.
    “Toe sê ek vir haar, koekie, kom ons trím hom net.”
    Hy’t begin om sy hare te laat groei toe hy met die motorfietse (“warm bikes wat skrik vir niks”) begin het. Rebels teen sy pa se sh ort, back and sides.
    Pa is ’n grafsteenmaker in Brakpan.
    “Hy’t nou die dag my ma se nommers gaan kap. Sy’s Desember oorlede. Ek en sy was só (twee vingers teen mekaar). Ek het drie ouer sussies. Ma’t gesê sy gaan nie ophou voor sy nie ’n ou seuntjie het nie.
    “Toe’s ek haar ou sé?ntjie! My susters het my geháát, hulle haat my nó? nog – veral nou (met hierdie Vernon-dinge). Kan jy imagine?”
    Sy 19-jarige dogter (“wat nou varsity doen”) praat ook lankal nie meer met hom nie. Sy bly by sy eks, want pa paartie te veel naweke.
    “Ek’t ’n broertjie gehad, ook. Twaalf jaar jonger. Toe koop ek vir hom in matriek ’n bike. ’n Gróte. Ek het vertrou dat hy mooi na homself sou kyk …”
    Dis Cassie wat nou praat. Hartseer Cassie. Dis nie Vern se storie dié nie.
    “Een aand was dit net sy laaste aand. Hy’t opgekom in ’n pad, en ’n lorrie het gedraai. Toe hy tussen die karre deur vleg, toe wag die bak vir hom.
    “Flat, flat, flat. Hy’t net tien minute gelewe. Alles binne het gebars.”
    Hy en Leon. Baie saam visgevang daar by die Brakpandam.
    “Toe daai kind doodverongeluk, toe los ek die bikes net daar. Nog nie weer geraak aan een nie.”
    Dit raak nou rumoerig hier om ons in die Keg. Mense stroom na Vern vir foto’s. Hy gooi daai blik vir die selfoonkameras, staan in sy muscular pose, kliek, kliek.
    Hoe later, hoe kwater. “Ek’s ’n party animal,” bulder onse Rambo bo die luidsprekers uit.
    Praat dan my kant toe: “Maar as ek hom Vrydagaand gestamp het, vat ek dit kalm Saterdagaand. In die week doen ek TV – kykNET, hulle doen nie lyrics (onderskrifte) nie.”
    ’n Lang maer ou, effens gekoring, skuif langs ons in. “Vern, jy moenie dat die ouks so met jou spot nie,” sê hy amper betraand.
    “Dit vat aan my, ou,” antwoord Vern en glimlag skewerig, nes Stallone ná sy beroerte. “Maar ek lê nie wakker daaroor nie. Check maar vir Patricia Lewis, hulle skiet haar vel af! En sy’s ’n stunner, ek het haar al in Huisgenoot gesien. Sy vat die rap. Ek kan ook.”
    Vernon Koekemoer is Cassie Booyse se lottokaartjie uit Benoni. “Ja, my ticket reguit Richardsbaai toe. My eie catamaran. 24-voeter. Twéé Honda-enjins,” droom hy droompies terwyl ons kyk hoe die flussies-betraande mannetjie nou dronk sukkel om sy kar uit ’n parkeerplek te kry.
    “Oe, kyk hoe kom die Brakpan uit daai man uit!”
    Ons lê soos ons lag. “Skuus,” proes hy “ek skiet my dorp af, maar die waarheid is die waarheid. Hier, ou girl, sit die kapokkies nog op die drade, die hoendertjies in die agterjaarde. Brakpan oorheersend is maar op daai level.”
    Skielik raak hy haastig. Hy wil nog ’n draai gooi by Cool Runnings, hier langsaan. Miskien, miskien is sy dogter daar.
    Net weke gelede nog was hy ’n raver met dik bo-arms, ’n snaakse klerestyl en ’n dag-jop.
    Nou ís Cassie Booyse Vernon Koekemoer. Met geld en ’n skippie in sy toekoms.
    Als met komplimente van ’n internetgrap."
    Kobus

Similar Threads

  1. Vernon out and about
    By William62 in forum The 4x4 Pub
    Replies: 28
    Last Post: 2024/08/15, 04:48 AM
  2. Wie onthou vir Vernon Koekemoer
    By Beesblaas in forum The 4x4 Pub
    Replies: 3
    Last Post: 2010/08/19, 08:05 PM
  3. Canvas Canopies
    By Malduik in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 8
    Last Post: 2010/08/10, 09:18 AM
  4. New User: Vernon
    By Vernon in forum Introduce yourself
    Replies: 1
    Last Post: 2009/03/17, 08:11 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may edit your posts
  •