Ek hoop julle kan help. My bakkie, Mazda Drifter DC 2.5TDi, gebruik heelwat water. Moet die water houer so elke 3de dag vol maak.

Hy het een Vrydag middag by n offramp warm gewrod, die naalt het op gegaan tot net bo die strepie wat nog vas is aan die vaste lyn wat van onder af boon toe gaan, maar darm ne tot by die heel booste strepie wat op sy eie heel bo sit nie. Ek het af getrek, gestop en bakkie af gesit nog voor hy daar kon kom.

Van daar af gebruik my bakkie water. Ek het die Thermostat al vervang as ook die radiator se cap. Ek sien geen lek plekke nie. Ek het n "combustion leak" toets ook al laat doen op die radiator cap by Silverton Radiators en hul het geen fout gekry nie. Die vloeistof het blou gebly.

Ek het ook al RadWeld in gegooi by die radiator self wat ek by Autozone gekoop het. Maar geen verskil. Toe ek die radiator se water uit tap om die thermostat te vervang was die water silver skoon.

Die olie op die pen om die olie vlak mee te kyk is pik swart (2000km weg van sy diens af). Het nog nie op die olie prop bo op tappet cover waar jy nuwe olie in gooi gekyk vir melkerige olie nie.

Ek vermoet ek het dalk n kraak in die head iewers. Wat dink julle? Enige raad wat ek nog kan probeer of na kyk? Hoe vind mens uit of jy n kraag in die head het?