Gesels met Oom DVR op die forum,hy is die Michael Schumacher van Ford/mazda se 2.5'e...
Sent from my iPhone using Tapatalk
|
Ek hoop julle kan help. My bakkie, Mazda Drifter DC 2.5TDi, gebruik heelwat water. Moet die water houer so elke 3de dag vol maak.
Hy het een Vrydag middag by n offramp warm gewrod, die naalt het op gegaan tot net bo die strepie wat nog vas is aan die vaste lyn wat van onder af boon toe gaan, maar darm ne tot by die heel booste strepie wat op sy eie heel bo sit nie. Ek het af getrek, gestop en bakkie af gesit nog voor hy daar kon kom.
Van daar af gebruik my bakkie water. Ek het die Thermostat al vervang as ook die radiator se cap. Ek sien geen lek plekke nie. Ek het n "combustion leak" toets ook al laat doen op die radiator cap by Silverton Radiators en hul het geen fout gekry nie. Die vloeistof het blou gebly.
Ek het ook al RadWeld in gegooi by die radiator self wat ek by Autozone gekoop het. Maar geen verskil. Toe ek die radiator se water uit tap om die thermostat te vervang was die water silver skoon.
Die olie op die pen om die olie vlak mee te kyk is pik swart (2000km weg van sy diens af). Het nog nie op die olie prop bo op tappet cover waar jy nuwe olie in gooi gekyk vir melkerige olie nie.
Ek vermoet ek het dalk n kraak in die head iewers. Wat dink julle? Enige raad wat ek nog kan probeer of na kyk? Hoe vind mens uit of jy n kraag in die head het?
Gesels met Oom DVR op die forum,hy is die Michael Schumacher van Ford/mazda se 2.5'e...
Sent from my iPhone using Tapatalk
N kraak op jou head sal kompresie probleme veroorsaak, kry n antifreez wat n kleur xtof in het, iets wat byvoobeeld groen merke maak as dir droog is. Sal kan wys as daar n lek is op n pyp. Het al gehoor dat die turbo ook kan water lek dan blaas hy dit by die uir laat uit. Sal nie sien as hy daar lek nie.
1997 2.5TD Ford Courier S/C 4x4
2005 Audi A4 1.9 TDI (SWAMBO se ry ding)
2004 BMW R1100S (Wanneer 2 wiele beter is as 4!)
It's not what you drive!
It's what you do with it!
Ek het dieselfde probleem gehad met my Ranger. http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=124487
Het my probleem toe opgelos. Ek het einde verlede jaar R4 500 betaal vir die nuwe head, gasket set en nuwe stretch bolts.
Die head kom klaar ge-assemble, jy moet net die valves stel.
Dankie julle ek sal met Oom DVR praat, ek het gesien hy het goeie raad op ander posts and ken sy 2.5 Mazda's goed.
SpiderGear waar het jy jou nuwe head set / kit gekoop? Kan jy my dalk die details stuur asb.
Ford Courier sal Autozone se Anti Freeze die xtof in hê? Hy is groen.
Ek het dit gekoop by Components for Africa. (011) 953-4580
Baie dankie. Ek sal hulle sommer vandag nog bel en hoor watse pryse hul my gee.
Indien die waterpomp nie lek nie, maak dood seker, kyk vir ou merke by die gaatjie want dit brand droog, dan is 'n ander head in orde.
R4500 om nie te sukkel nie is 'n fantastiese prys.
Dankie. EK het al reeds by die waterpomp probeer kyk vir lek plekke en sien niks. Maar ek gaan weer kyk.
Ek het ook in tussen al gekyk by my olie prop vir melkerigheid. Maar daar is niks, alles is normaal met die olie.
Ja nee, R4500 is n baie goeie prys. Ek het n plek begin van die week gehad wat my R19 000 gekwoteer het om nuwe head in te sit.
Onthou net die R4500 is net vir die hardeware, jy moet self die head insit.
Beslis die head. My bakkie se head is begin Januarie vervang nadat ek vir amper 4 maande so gery het en elke week die water moes optop...
Sterkte!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Tobie Malan
2007 MITSUBISHI TRITON 2.5 Di-D D/C 4X4 (For Him)
2010 FORD FOCUS 2.0 Tdci Si 5Dr (For Her)
Bookmarks