Results 1 to 3 of 3
  1. #1
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Harrismith
    Age
    65
    Posts
    5
    Thanked: 0

    Default Elektriese probleem met my Mazda drifter 4x4

    Hierdie is n lang verhaal en ek sal dit vervolg soos die storie uitspeel.Ek wil net se dat ek nie baie kennis van meganika ens het soos baie(meeste) van ons lede nie.In Maart 2005 koop ek n Mazda Drifter 4x4 en in Des. met 17000km op is ons Mozambiek toe.Op pad terug kry ek probleme met my elektriese stelsel oa. kan ek die kar afsluit en die sleutel verwyder en die enjin hou aan loop.Lang storie kort sluit ek die vakansie af agter op n van wettens sleeplorrie tot in nelspruit waar ford/mazda my darem so kry dat ek terug kan kom in Harrismith,waar my handelaar se dit was n bedradindsfout op my sleepwa ( hoekom n fuse nie net geblaas het nie weet ek nie) en dat die hele harnas vervang moet word aangesien die drade so gebrand het dat dit tot in die dieseltenk gegaan het.Volgens hulle doen Ford my toe n groot gums om die harnas gratis te vervang,waarvoor ek baie dankbaar was.Vanjaar 7 jaar later met n baie slegte sandpad by Barra wat ons elke dag gebruik ( die keer sonder n sleepwa) gebeur dit weer,en ons eindig weer op van wettens se sleeplorrie die slag na Pretoria.
    Ek kon die slag self 2 drade opspoor wat moontlik agv die slegte pad deurgeskuur het,maar weereens het die fuse(es) nie geblaas nie maar so warm geword dat dit in die kassie ingesmelt het,en daarmee saam n klomp ander drade.Ek wag nog op die verslag vanaf pretoria en sal weer skryf.Daar is nog n ander kinkel met my cross country versekering ook,maar dit vir n ander dag.WORD VERVOLG.

  2. #2
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Harrismith
    Age
    65
    Posts
    5
    Thanked: 0

    Default Mazda drifter probleem vervolg

    Click image for larger version. 

Name:	Mazda bedrading fotos 002.jpg 
Views:	136 
Size:	141.3 KB 
ID:	194883

    Click image for larger version. 

Name:	Mazda bedrading fotos 014.jpg 
Views:	137 
Size:	105.6 KB 
ID:	194891Goed,dis nou meer as n maand later,en die voertuig se bedrading is so swak herstel in Pretoria( nadat die bosch werkswinkel my verseker het dit sal behoorlik en proffesioneel gedoen word) dat dit heeltemal oorgedoen sal moet word hier is Harrismith.Die probleem is egter dat die joppie my reeds oor die R9000.00 uit die sak gejaag het en ek nie weer gaan betaal nie,dus wag ons op n order vanaf die handelaar in Pretoria wat die bosch ouens uitgekontrakteer het.Ek gaan probeer fotos van die bedrading plaas sodat julle kan sien hoe swak werk lyk.Het maar 2 geplaas van die 19 wat ek geneem het.
    Verder het ek R 50 000.00 dekking by Cross Country versekering vir repatriasie van die voertuig wat ek toe verbeur get omdat ek met n gesukkel self die grens gemaak het.Toe kos die sleep PTA toe my nog R2600 uit my sak en ek kry n Corolla as huur kar ipv die 4x4 of SUV waarvoor ek R120.00pm op my polis bybetaal.
    Maar die geveg duur voort en ek sal julle op hoogte hou.
    Groetnis

  3. #3
    Join Date
    Jun 2007
    Location
    Benoni
    Posts
    3,655
    Thanked: 211

    Default

    I had a similar issue with a trailer that caused the wiring harness from the rear to the front to burn nicely and also melt the fuse into the fuse box. I was lucky in that I have a cousin who is a really good auto-electrician and he sorted out the wiring for me.

    I am not sure what else you can do with regards sorting out the wiring, some of those wires are actually very small guage and seem to be able to overheat very quickly and the damage is done before the fuse goes.
    Doug Norval
    -------------------------------
    New & Used Car Sales Exec.
    HAVAL/GWM Fourways

Similar Threads

  1. Namibië - 50 Doendinge
    By Spook in forum Namibia
    Replies: 51
    Last Post: 2017/12/13, 09:55 AM
  2. Brakkeduine 4x4 Trail near PE.
    By Big Hilux in forum Eastern Cape
    Replies: 16
    Last Post: 2017/11/13, 07:56 AM
  3. Females
    By 4x4 in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 146
    Last Post: 2013/09/04, 03:30 PM
  4. Ford & Mazda Convert my 2x4 Drifter to a 4x4
    By Luckylu in forum Ford & Mazda
    Replies: 2
    Last Post: 2010/07/08, 07:55 PM
  5. Search Engines
    By benhur in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 3
    Last Post: 2006/09/14, 09:42 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may edit your posts
  •