Rio Savane, Beira en Bealy Point, Inhasoro





Results 1 to 1 of 1
  1. #1
    Piet B Guest

    Default Rio Savane, Beira en Bealy Point, Inhasoro

    Is 3 Sept na Moz via Zim. Zim heel veilig en dit wat plaaslik bekom kan word is volop byv groente en vrugte.
    Moet net nie met jou kredietkaart koop die bietjie wat in winkels te koop is nie. Hulle verwerk dit na die amptelike wisselkoers en betaal jy byv vir `n botteltjie slaaisous op die einde R7500.
    Van Beitbrug via Gonarezhou en Mutare na Moz. Omrede 150 Spanjaarde by Gorongosa gekamp het, kon ons nie in nie. Die grondpad na die hek is vrek sleg. As ek reg onthou sowat 11 km.
    Wou noord kuslangs van Beira, plek besoek wat ons net na die skiet stilstand in Des 1993
    by was. Beland toe by Rio Savane, 35km van Beira. Heel billik om daar te kamp. Vrot van die prawns en vis.

    Wat ek eintlik onder jul aandag wil bring is Boet en Jackkie se plek Lulas Paradise sowat 30km kusop van Inhassoro op die peninsula. Dit is `n juweel. `n Hengel/watersport paradys en blou blou water. Boet en Jackkie is boonop 2 spesiale mens mense.
    Die Moz regering laat nie kamp daar toe nie. Jy kan groot chalets huur wat 4 mense slaap @ R200 pp. Boot huur @ ek dink R 750 pd plus eie petrol. Net 4x4 toegang. Besprekings in Jhb by Hannie 011 9727245. Website :www.lulasparadise.co.za
    Die naaste amptelike kampplek is Inhasoro, maar as jy die vrou `n breek wil gee is dit die plek.
    Vir die wat meer info soek oor paaie en goed, my epos is [email protected]
    Last edited by Piet B; 2007/09/19 at 11:35 AM.

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •