Jaco
Het jy dalk al probeer om die gewig op jou wa se sleepstang te meet as jy klaar gelaai is en reg om te ry?
My Rooimier se plaatjie dui aan dat die punt belasting op die slaapstang nie 100 kg mag oorskry nie. Ek het 'n 200 kg badkamer skaal gaan koop en met die wa se sleepstang op die hoogte wat dit agter die Cruiser sou sleep, dit geweeg. Ek moes redelik stoei om die gewig net by 100 kg te hou. Ek was ook oortuig dat die tenk se volmaak 'n groot verskil sal maak aan die neusgewig, maar lyk my die relatiewe kort hefboomafstand van die watertenk tot by die as veroorsaak dat dit amper niks verskil maak nie. Ek moes die yskas en gasbottel wat ek in die wa gery het, tot agter die as skuif om uiteindelik by 95 kg op die neus uit te kom.
Ek sal as dit effe warmer is hier in Gauteng 'n paar ordentlike fotos en lesing neem en post. Ek is effens bekommerd dat ek dalk ( in my geval ) die sleepmeganisme se maksimum speks oorskry.
Ek moet ook bysę dat ons 8600 kilometers in Namibia ( en oor Van Zyls pas) sonder insident gery het. Die enigste ding wat soms gepla het is dat die meganisme nie altyd wou oopmaak as ek die wa wou afhaak nie. Dit het egter beter geraak toe ek die hele meganisme uitgewas het met seep en warm water en toe met 'n Wyns produk gespuit het
Groetnis
Peet Schultz
Bookmarks