Snaakse bye verskynsel





Results 1 to 12 of 12
  1. #1
    Join Date
    Mar 2012
    Location
    Heidelberg
    Age
    43
    Posts
    262
    Thanked: 10

    Default Snaakse bye verskynsel

    Vanmore sien ek die volgende:

    'n Klomp bye het laat middag gister "ingetrek" in my kinders se sandpit.

    Vanmore hang hulle soos stalagtiete in sulke stringe, en lyk kompleet of hul gefries is. Die bye leef nog, maar is op 'n slow-strike.

    Die temperastuur het so 05:00 vanmore -1gradeC by ons gewys.

    Eenigeen met sulke bye ondervinding?
    Attached Images Attached Images  
    Gunter Steyn



    True love is when you love someone nearly as much as your Motorcycle.....

  2. #2
    Join Date
    May 2012
    Location
    Pretoria
    Age
    57
    Posts
    634
    Thanked: 35

    Default

    Ja, toe ons op die Noordkus in Gindgindlovo gebly het, het ons eenkeer ook so verskynsel van bye in ons boom agter in die erf aangetref. Ek het ook gewonder hoekom hulle dit doen? Die bye was daar vir n hele paar uur en later toe ek weer gaan kyk was hulle weg.

  3. #3
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Grabouw
    Age
    62
    Posts
    1,506
    Thanked: 165

    Default

    Jy moet 'n paar dinge van bye weet. Hulle werk nie as die temperatuur onder 13ļC is en die windspoed bo 23 km/h is nie.
    Dit is iets waarmee die vrugteboere tydens bestuiwingstyd gereeld moet worstel!

  4. #4
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Johannesburg
    Age
    59
    Posts
    712
    Thanked: 6

    Default

    Dis 'n trek swerm, hulle is gewoonlik nie aggressief nie. Hulle sit so gebol want die koningin is iewers daar binne. 'n Paar werkers sal bedags vlieg en nuwe nesmaak plek soek en dan sal hulle aan beweeg.
    Hou jou elektriese kas dig toe, dis 'n geliefkoosde plek.

    As jy van 'n byeboer weet sal hy hulle heel moontlik wil kom haal, krap hulle sommer so van die tak af in 'n boks.

    Customization and custom canvas work for any trailer, no matter the model or make.


    Catch us on FaceBook!

    Ultimate Overland - 4x4 Trailer Sales, Rental and Customization

  5. #5
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Grabouw
    Age
    62
    Posts
    1,506
    Thanked: 165

    Default

    Is die verskynsel nie wat gebeur is 'n bynes verdeel en met 'n tweede koningin op 'n ander plek gaan nesmaak nie?
    Sorry, sien JennyB het my voorgespring. Ai, die tikspoed.

  6. #6
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    Graaff Reinet
    Age
    41
    Posts
    18
    Thanked: 0

    Default

    Dit is 'n trek swerm wat net daar oornag, hulle koek saam om hulle koningin om haar te beskerm/hitte te reguleer. Sodra die dag temp. weer warm genoeg is dan sal hulle verder trek totdat hulle geskikte nes kry. Trek-swerms is meestal nie so agressief soos bye wat hul eie nes het om te beskerm nie.

  7. #7
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    Graaff Reinet
    Age
    41
    Posts
    18
    Thanked: 0

    Default

    Sien ek tik te stadig........ :0

  8. #8
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Johannesburg
    Age
    59
    Posts
    712
    Thanked: 6

    Default

    Dit laat my nou terugdink, in Henk se jong dae wou hy mos ook met bye boer. Die kaste het sommer so op skoonpa se garage dak gestaan. Ons het nooit juis heuning gesien nie maar was dikwels gesteek.

    Eendag kom hy by 'n klient se huis aan en daar hang so swerm. Nee, reken die tannie hy moet hulle asb verwyder. Hy was daar met die maatskappy bakkie en kon hulle nie heeldag saamry nie so n
    a werk gaan hy toe terug met 'n boks en sy motorfiets.

    Hy krap die spul in die boks en maak die sommer agter op die sitplek vas. Op pad huistoe trek 'n speedy hom af en dring aan om te weet wat is in die boks.
    "Bye" sÍ hy. "Moenie vir my lieg nie" dring die man aan en maak die boks oop. Hy het 'n jive of note daar langs die pad gedoen want teen daai tyd was hulle beslis nie meer vriendelik van die geskud en gedruis van die motorfiets nie terwyl Henk pad af staan en homself breek.

    Op 'n ander geleentheid moes die spul huistoe kom in my Mini en die ou Minitjies het maak 'n klein "boot" wat so ondertoe oop flap. Die keer was hy meer voorberei en het 'n behoorlike houtkas saamgevat. Dit het mooi ry gevat om die kas op die oop bootlid te balanseer. Piek verkeer kom hy deur Randburg en die robot slaan geel voor hom, hy shift die Minitjie terug derde toe en gee voet. In die middel van daai besige interseksie besluit die bootlid se kabel mos om sy lewe te beŽindig, reg voor die taxi rank!


    Dankie tog hy het intussen groot geword en met anner goed begin speel!


    Customization and custom canvas work for any trailer, no matter the model or make.


    Catch us on FaceBook!

    Ultimate Overland - 4x4 Trailer Sales, Rental and Customization

  9. #9
    Join Date
    Mar 2012
    Location
    Heidelberg
    Age
    43
    Posts
    262
    Thanked: 10

    Default

    Ek het nou lekker gelag...

    Die swerm is nie meer daar nie, en was verseker baie rustig gewees met my naby om die fotos te neem.

    Kyk so swerm bye is nie man se speelmaat nie.
    Gunter Steyn



    True love is when you love someone nearly as much as your Motorcycle.....

  10. #10
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Johannesburg
    Age
    61
    Posts
    5,308
    Thanked: 1636

    Default

    Dit is gewoonlik die ou koningin wat met 'n klompie bye die trekpad vat. Voor hulle vertrek suip hulle hulself trommeldik aan heuning vir die pad en as basis van die nuwe tuiste waar dit ook al mag wees. Net soos mense met vol mae is hulle ook nie in hierdie tyd baie kwaai nie solank jy net nie die koningin bedreig nie.

    Binne in die bol is die temperatuur redelik stabiel en warm maar dit is steeds vroeg in die seisoen vir trek swerms, gewoonlik wag hulle vir die lente blomme en bloeisels voor hulle die nuwe koningin voer. Snaaks genoeg al die bye is wyfies en word in die eerste paar dae die selfde koningin jel gevoer. Na omtrent 3 dae word werker larwes gewone bye brood gevoer en net as daar 'n koningin benodig word sal 'n larwe se sel groter gebou word en die dan permanent met koningin jellie gevoer. Die koningin bepaal die geslag van die werkers, bevrugte eiers is werkers en dus wyfies en onbevrugte eiers is mannetjies of hommels en al waarvoor hulle goed is is om die koningin eenkeer te bevrug waarna sy die arme hommel se geslagsdele uitruk. In gevalle waar die koningin iets oorkom en daar vir een of ander rede nie jongby is om as nuwe koningin te voer sal een van die werkers begin om eiers te lÍ maar die sal almal dwerg hommels wees en daardie swerm is gedoem
    Last edited by hbannink; 2012/08/18 at 01:54 AM.
    Henk
    Adventure is out there go find it

    Fitment and trailer service. Agent for SnoMaster & Tentco
    Follow us on Facebook

  11. #11
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Ek het nou lekker gelag Jenny.

  12. #12
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Johannesburg
    Age
    59
    Posts
    712
    Thanked: 6

    Default

    ROFL!
    Check hoe tiptoe hy hier in en skiet my die flat ignores.

    Absolute bewys dat alles wat ek vertel het die waarheid is en niks behalwe die waarheid nie.

    Customization and custom canvas work for any trailer, no matter the model or make.


    Catch us on FaceBook!

    Ultimate Overland - 4x4 Trailer Sales, Rental and Customization

Similar Threads

  1. Bye bye colt, Hello Triton
    By Gozzi in forum Mitsubishi
    Replies: 30
    Last Post: 2011/12/15, 11:00 AM
  2. Super rugby log ?
    By duncang in forum The 4x4 Pub
    Replies: 11
    Last Post: 2011/02/17, 09:22 AM
  3. Bye, Bye Bolero
    By Navigator in forum The 4x4 Pub
    Replies: 0
    Last Post: 2008/12/23, 12:52 PM
  4. Ford & Mazda Bye bye Hilux, Hallo Ranger!
    By ToyX4 in forum Ford & Mazda
    Replies: 7
    Last Post: 2008/11/27, 08:31 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •