Touched





Page 1 of 2 1 2 LastLast
Results 1 to 20 of 32

Thread: Touched

  1. #1
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Vanderbijlpark
    Age
    57
    Posts
    72
    Thanked: 0

    Default Touched

    Alhoewel hierdie ‘n Afrikaanse verslag is, is die Engelse woord as titel meer beskrywend. Hierdie trip het my so aaangeraak en getref en laat besef hoe dankbaar mens moet wees vir wat jy het, en wat die woord beteken om uit te gaan en dissipels van alle nasies te maak. Reeds met die begin van hierdie uitreiking het daar verskillende dinge gebeur wat probeer verhoed het dat ek dit sou kon meemaak en nou dat ek terugkyk besef ek net dat ek beskerm was deur dit alles. Ek gaan nou nie in baie detail in met die verslag nie en ek plaas ook net ‘n paar van die duisende foto’s wat ek geneem het foto’s wat elkeen sy eie storie vertel.
    Net om by die begin te begin en ter inleiding..... Met al ons 4x4 ritte wat ons doen, doen ons ook ‘n uitreik na een of ander instansie soos ‘n ouetehuis of spca of skool waar daar ook al behoefte is. EK het inDesember 2011 op forums en ook in die media navraag gedoen waar ek ook in ons buurlande kan betrokke raak met hulp en uitreiking. Nogal gemengde terugvoer gekry van mensewat die gedagte afskiet mense wat se dat ons meer hulp in ons eie land nodig het en hoekom dan nou in ander lande. Dit op sig self kan groot debatte meebring maar my vraag is net dit. Voor dat jy dit afskiet kyk eerstens na jou self doen jy enige uitreiking lewer jy enige hulp want as jy dit doen sal jy nooit iemand anders wat dit doen afskiet nie. Met al die hulp wat ons groep plaaslik gedoen het en nog gaan doen het dit wat ons hier in Lesotho ervaar het, ons verander en aangeraak “ Touched” Freddie het my so einde Desember gemail en gevra of ek nie by hulle wou betrokke raak nie. Hulle doen alreeds 3 dorpies of “villages” en daar is soveel behoefte vernaam by die een wat ons nou aangeneem het. Dit is ook net te veel en te ver vir hulle maar ek weet as ons dit nie gevat het nie sou hulle in elk geval. Dankie Freddie vir die geleentheid.

    Ons het Vrydag oggend 6 uur vertrek uit Sasol omgewing op pad Na Heilbron Bethelehem en dan na Caledonspoort waar ons deur die grens gegaan het. Ek het die sleepwa agter my bakkie gehak hy was met +/- 1 ton gelaai saam met my canopy en vrag was dit bietjie swaar vir die bakkie. Charl en sy Boetie bied toe aan om dit liewer agter die Cruiser te hak min het ons geweet dat dit die regte ding sou wees. So 10 km voor Bethlehem teen spoed van 115km/uur hoor ek ‘n snaakse geleuid en verminder spoed en stop. My linker voorwiel se “wheel bearing” het opgepak en gebreek dat die wiel nog in plek was is net ‘n bestuuring en totale beskerming. Nou ek werk self aan my bakkie sodat ek seker is hy is reg wanner ek 4x4 ritte doen en daar is nuwe bearings albei kante ingesit skaars 4 weke terug. Die beskerming, wat sou gebeur het as ek die sleepwa gesleep het of wat sou gebeur het as ons in die berg was en die bearing het opgepak. Dit is maar net n paar van die gedagtes wat deur my kop gedraai het ook dat ek verhoed word om te gaan...


    Ons word toe opgelaai deur Willem en Die bakkie word ingevat na die ford garage toe hulle wag alreeds daar met ‘n werktuigkundige en ook die onderdele. Die “Hub” het seergekry en hulle beveel aan dat el liewer moet wag tot die volgende week vir ‘n nuwe een. Ek kan sien my groep se gesigte val sommer so oor die negatiewe nuus. Ek verstaan ook die rede van Ford dat hulle nie wil regmaak en iets gebeur net en dan is hulle verandwoordelik. Die ou oom (werktuigkundige ) se hy sal op my risiko ‘n plan maak en binne n paar minute is ons op pad. Ek ry stadig en versigtig maar die bakkie is reg alhoewel net tydelik.

    Die res van die groep het vir ons gewag maar moes ry sodat hulle kamp kan opslaan en ons is so 1uur agter hulle. Teen die bergpas uit klim ons van 1600m tot 3050m in slegs 8 km somige plekke beweeg die voertuie in 1ste rat of selfs in laestrek.


    Bo by die uitkykpunt stop ons eers alhoewel dit mistig is en die wind yskoud en sterk waai is dit tog asemrowend mooi. Voel of jy in die wolke is... Wel ons is in die wolke.

    Op pad af aan die ander kant is dit weer remme wat warm word en selfs 1 ste rat is nie goed genoeg om die voertuie te rem nie laestrek het so bietjie gehelp, hier sak ons weer na 2400m en klim dan weer en so gaan dit vir die volgende 15km. Ons gaan hier deur die nek voor die laaste af tog en dan draai ons op die grond pad na ons kamp plek. Dit is asof ons in ‘n ander wereld in ry en dat daar op ons afgekyk word en dat ons beskerm word. Die wereld maak sommer so oop en ek weet op hierdie oomblik dat ek die trip moes doen.

    Ons kom eers donker aan by die kampplek en dit is baie koud, die ry in die donker op die grondpad het ons getap en Susan het gelukkig kerrie en rys (Lekker regte kerrie) klaar gaar gemaak by die huis en gevries so dit word opgewarm en ons eet lekker en kan vir ‘n kort rukkie bietjie by die vuur kuier en kennis maak met die ander groep.

    Freddie wat die dinge reel en doen het ook geen genade nie en die vuur brand alreeds die volgende oggend 4 uur ons word wakker gemaak en moet begin pak en reg kry. Die lug is so skoon en helder ek moes net eers die kamera op die 3poot sit en die foto neem.

    Oppad het ek eers besef dat 30km nie sommer hier is nie dit het ons amper 3 ure geneem om dit te ry. Die mooiste tonele want hier kom nie ander mense nie en die pad loop letterlik dood in die laaste village warheen ons op pad is. Ons klim na 3200m en sak dan weer na 2300.


    Die pad is uiters smal en dit is verskriklik steil en reg af op die kant.. Ek praat van so reg af dat jy amper tot onder jou eie voertuig kan sien. Mariaan, Tony se dogter is erg op haar senuwees en het amper haar hele hand opgekou wat nog van net die naels. Dink as jy selfr ry is dit nie so erg nie maar as passasier in die bakkies moet dit erg wees. Ek self ry saam met Tony ons het besluit om nie ‘n kans met my bakkie te vat nie.

    Ons hou elke keer maar teen die berg en die aankomende verkeer moet maar op die berg af kant verby skuur. Self die perde moet verby skuur. Die Taxi (4x4)het dit net net gemaak en Charl en Eugene moes mooi beplan om die sleepwa weer uit die berg en klippe te kry.


    Ons het op verskeie plekke op pad gestop net om die omgewing en mooi daarvan in te neem. Dit is redelik vaal op die oomblik in Lesotho met winter wat aangebreek het maar tog gee die mense kleur aan die land en met hulle vriendelikheid laat dit ons welkom voel.


    Hulle is besig om te oes en sny koring en dra mielies aan.

    Die donkies word gelaai en hulle stap sommer self terug villages toe so al weiende.

    Die villages self is al vroeg vroeg vol lewe en aan die gang..


    Charl dankie vir die sleepwa wat jy gesleep het.
    Sommige van die manne vat dan die mielies of koring in na ‘n gesamentlike punt waar dit gemaal word en dan bere hulle dit in die village vir kos gedurende die winter.

    Ons is op die staduim alreeds ver op die moeilike pad en ons Tolk Edwin se toe dat daar ‘n huis afgebrand het gisternag by een van die villages. Hoe hulle so gou weet en ook hoe gou nuus versprei op die bostelegraaf manier is net ongelooflik.

    Die mense het hier die hele dag gestaan en despuut en gesels hieroor volgens ons tolk is dit ‘n tragedie want die familie het alles verloor. Al besit hulle so min beteken dit tog baie.
    Nog so ‘n voorlaaste draai om die rivier voor ons afsak na die laaste village.

    Freddie vra ek moet hier foto neem want almal neem en hy vergelyk die verskille met mekaar.

    Uiteindelik kom ons by ons bestemming aan nadat ons met die “Chief” gereel het, Elke village het sy eie “Chief” en ons bedank is kan ons begin met ons werk. Ons 1ste projek is om die kombuis omstandighede te verbeter. Die mense is baie afhanklik van mekaar hulle werk almal saam en deel alles. Die villages waar die skole is maak kos vir die kinders en anders as by ons gaan die kinders heeldag skool. Hulle loop ook lang afstande en as julle sien hoe hulle oor die berg moet loop dan eers besef jy hoe dankbaar ons moet wees.
    Ons het geensins geweet wat om te verwag nie en vir ons eerste keer uit was ons goed voorberei en het al die gereedskap en kragopwekkers gehad om ons werk te vergemaklik. Ons het gereel dat ons n 3x3 dak sal opsit en hulle moet die muur bou Freddie se reeling is dat ons gee maar dat die village self ook moet iets doen. Goed die muur was al op en hulle 3x3 is toe op die ou end 3 tree by 3 tree of soos die Tolk se Three by something. Ons meet en pas en maak plan.

    Besluit maar om liewer eers die dak op die grond te bou aangesien die bou struktuur nog nat is en ook nie so stewig is nie.

    Selfs die plate sit ons op die grond vas en dra toe die dak op.

    Ons eerste projek is voltooi.. Hulle gaan nou die vloer gooi en ons gaan dan ‘n wasbak en kaste kom insit.

    Hier is die skool, merk op die 3 borde dit is omdat daar 3 verskillende ouderdoms groepe is wat in een klas geleer moet word. Die klaskamer het 120 kinders. Tony vra toe die vraag of almal pligsgetrou is en wel skool bywoon. Freddie wys toe en vertel dat elke kind daar is elke dag sneeu reen of sonskyn.

    Die ou kombuis.


    Mariaan staan hier binne waar hulle vir die kinders kos maak.
    Na die gewerskaf neem die tolk ons deur die village sodat ons kan besluit wat om volgende te doen. Terwyl ons daar staan en gesels en so rondstap kom daar verskeie dinge uit en almal wil skielik iets doen en sommer ook alles doen. Hulle huise is netjies, skoon en eenvoudig met net wat nodig is.

    Dink maar self ook bietjie wat doen mens alles vir so n village wat is die geleenthede hoeveel kan ons hulle leer en gee. Charl kom toe met die wyse woorde dat ons kan nie net besluit ons doen sommer nie ons moet sien wat hulle behoeftes is. Ons sal hulle hele bestaan en lewe deurmekaar krap as ons nie volgens hulle behoeftes op tree en help nie.
    Ons staan op hierdie hoogte en kyk terug na die ou skooltjie en die nuwe kombuis en dak wat ons so pas gedoen het en skielik voel ek so klein. Dit voel of ek so min gedoen het as ek so rond kyk na die behoefte en dit wat hierdie mens het is dit nog net ‘n begin. Ek voel ook dankbaar dat ek deel van so iets kan wees en dat ek soos Freddie se net ‘n verskil in iemand se lewe kan maak. Net daar die saadjie kan plant om tog die belangstelling te prikkel om vooruit te gaan.




    Ek wil net weer Dankie se aan die groep wat gehelp het, ons het nog nooit saam gery of gekuier nie en op grond van ‘n berig het hulle gereageer en gehelp. Ons het vriende geword en stilweg weet ons elkeen dat dit vir ‘n goeie doel was. Ek glo elkeen sal geseend wees want doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he en leef voluit. Hier is die dakbouers vereeniging soos ons ons self genoem het..

    Ook dink ek dat daar ‘n deur vir ons oopgegaan het wat ons lewens sal verander soos wat ons ook lewens gaan verander deur te help en geleenthede te skep vir vooruitgangn en oorlewing.

    Eendag gaan ons terug kyk en hierdie persoon se droom was deur ons bewaarheid.

    Ons eerste trappie waar ons die dak moes opsit en verder beplan is verby en vervolg die storie met die res van die groep waar hulle ook geestelik uitgereik het na hulle villages. Ons self is nie woord verspreiders nie maar werkers en die reeling is dat Freddie en sy groep die woord sal versprei en ons sal werk. Lees gerus verder, ook dit het my erg geraak en glo ook so dalk vir iemand wat hier lees.
    Ford Ranger Club cab 3L Xlt Diesel

  2. #2
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Vanderbijlpark
    Age
    57
    Posts
    72
    Thanked: 0

    Default

    Ons kamp plek is hier by ‘n gemeenskap saal waar almal van die omgewing bymekaar kom. Die vroeu tolk maLerato doen ook hier opleiding vir mense deur hulle verskillende vaardighede aan te leer en om hulle ook te help ontwikkel. Terwyl ons nou daar was het hulle bokke ingebring vir skeer. Dit is ongelooflik om so oor die berg te kyk en te sien hoe ver elkeen met sy bokke aangestap kom. Dan slaap hulle oor in die kamers wat vir die doel aangerig is daar is ook herders hutte orals op die berg en dit word deur elkeen wat daar verby trek gebruik en self netjies en in stand gehou deur die gebruikers.


    Somigge van ons is dapper teen die koue kyk maar hoe blou is sy bene.

    Mense dit is ernstig koud daar dit bekruip jou so van onder af, vroeg oggend dan sit ons almal en wag vir die son. Dit is ook ongelooflik hoe die son hitte bring. Jy voel dit as daar net ‘n wolkie voor die son inbeweeg dan daal die temperatuur sommer dadelik. Terwyl ons wag om te ry het ons bal geskop saam met die herders.

    Reg oorkant ons kamp plek is daar ‘n village en hulle het in hulle omgewing grotte met boesman tekeninge en so meer. Dit is so 40minute se stap ons besluit toe eers om bietjie te gaan stap voor ons na die village gaan om klere uit te gee.


    Pragtig maar sjoe dit is hoog. Die foto’s gee nie die diepte en hoogte aan nie ek wat hoogte vrees het was wel eerste en het geklim tot by die grotte maar ek was dinges bang gewees. Ek moes kort kort gaan sit om my self net weer te motiveer om nie af te kyk nie en aan te gaan. Die probleem is dat jy teen ‘n skuinste loop wat onder jou loodreg afval.


    Dit was vir ons net te smal om deur te druk tot by die tekeninge. Die Lesotho mannetjies is maer genoeg ons was nie....





    Hier kan julle sien hoe ver en hoog ons van die kamp plek af is en die is geneem met ‘n 500 lens.

    Die village se manne en ook die Chief wat in die geval’ n vrou is het saamgestap. Hulle verstaan ons nie en ons verstaan hulle nie maar dit bedeie en gesels en help so ver ons stap.

    Hierdie ou Man het my kamera en rugsak gevat toe hy sien ek raak bang. Ook toe ons afstap en ek so foto’s neem het hy kort kort vir my dinge probeer verduidelik en vertel. Op moeilike plekke het hy voor geklouter dan het hy vir my vastrap plek gemaak. Toe ons terug kom in die village toe wys hy my sy huis (netjies en skoon) en ook sy groente tuin. Hy verskoon homself net die heeltyd om te se dit is koud en winter en die groente is eindlik nou bietjie af (so dink ek ) Hy het ook ‘n kruie tuin.


    Merk ook op hoe sy honde rondom hom is en ook hoe goed hulle versorg is. Hy het my ook sy beeste en donkies gewys en sy kinders se kamers en aan sy vrou voorgstel toe ek vir Susan later ook aan hulle voorstel en vir Susan sy huis wys toe skuif hy vir haaar ‘n stoel in sy eenvoudige kombuis uit en behandel ons met soveel respek dit was net ongelooflik. Ook die trots wat hy in hom het. Hy wys hoe sy vrou klere maak vir hom en sy kinders en waar sy groot ouers gebly het. Hy sorg nou vir sy ma want sy pa is oorlede. Later die aand toe ons terug kom en vir die village ‘n fliek wys en ook kos maak toe kom hy na my toe en se hy wil vir sy “friend” ‘ n geskenk gee. Dit was vir my so mooi en die manier waarop hy dit doen met die handgebare en nederigheid. Ek dink ek het ‘n vriendskap gekry wat ek self nie nou verstaan nie maar wat tog vorentoe vir my seker sal sin maak.

    Ons is ook hier vir ons eie pret die dat ons bietjie gaan stap het.
    Met ons terug kom het die ander wat gou die pakkies en klere uitgesorteer het na die village gebring sodat ons dit kon uitgee.
    Ford Ranger Club cab 3L Xlt Diesel

  3. #3
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    Centurion
    Age
    61
    Posts
    1,681
    Thanked: 328

    Default

    Goed gedaan! Mens kan sommer uit die skryf agterkom dat dit vir jou 'n goeie geestelike ervaring was. Een van die lekkerste gevoelens wat 'n mens kan kry is sekerlik as jy 'n helpende hand na iemand toe uitgereik het.

    Mooi fotos! Lyk na 'n mooi deel van die land wat julle besoek het.
    Peet Schultz

  4. #4
    Join Date
    Oct 2006
    Location
    CAPE TOWN ,SOUTH AFRICA
    Age
    69
    Posts
    14,080
    Thanked: 530

    Default

    What a lovely post, i am touched.
    ORA
    -------------------------
    Ian

  5. #5
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Vanderbijlpark
    Age
    57
    Posts
    72
    Thanked: 0

    Default

    Almal trek toe die middag op na die village waar ons gaan klere uitgee en ook woord versprei. Kort kort waar ons ook al is vra die mense vir Bybels ek het altyd gedink mense versprei dit nie meer nie en dit was vir my ‘n totale “eye opener” om te sien hoe honger die mense het om meer te weet en ook hoe hulle die woord soek.

    Voor dat Freddie hulle begin klere uitgee het hy eers ‘n kort stukkie uit die bybel laat lees in hulle taal deur MaLerato en toe het hy ook ‘n kort boodskap gedoen waar Dit vertaal is deur MaLerato.

    Ek het op ‘n afstand gestaan en dophou en baie foto’s geneem en die mense stel so belang en luister so aandagtig. Dit het net skielik by my opgekom dat hulle so oop en weerloos is op enige iets wat hulle vertel kan word dat as ons wat Christene is nie die woord versprei nie gaan ander dit doen en hulle onder die verkeerd e invloed bring.
    Almal moet toe in verskillende ouderdoms groepe in rye staan en die uitdeel proses begin dit was ordelik en die Chief het die mense beheer. Elkeen kry ‘n kleding stuk en moet dan weer agter gaan staan en so hou dit aan tot die houers leeg is. Ek het gesien hoe somigge van hulle ‘n broek of hemp teen hulle vasdruk asof dit die kosbaarste besitting is wat hulle nog ooit gekry het.
    Ek plaas nou hier ‘n paar foto’s van die groep want dit is baie harde werk. Dit was veeleisend. By die eerste village was dit ordelik en die Chief wat ‘n vrou is het soveel respek by haar mense maar in die ander village is n Man gewees wat chief is. Hy is bv te goed om uit te kom om ons te groet en het geen beheer oor sy mense nie dit was gaos en die mense het mekaaar vertrap. Freddie het toe besluit dat as daar nie ‘n Chief is wat orde hou en beheer uit oefen nie dat ons nie sal werk op die village nie. Ek stem 100 vir daardie besluit.



    Vir een of ander rede laat die klein mannetjie my aan ons eie Julias dink.. Lyk my Eugene het ook so gedink.


    Harde werk maar elkeen het dit met liefde gedoen. Dankie aan almal wat klere gegee het en ook bygedra het tot hierdie uitreiking.


    Ek sit so entjie weg op ‘n klip en neem foto’s en hou die mense dop. Die kinders op jong ouderdom pas hulle kleinboeties en sussies op dit werk so want ma en pa werk die lande. Dan begin die kinders ook van jongs af werk die jong seuns pas bokke en skape en beeste op sodoende leer hulle ook die veld ken. Soms is hulle dae weg van die huis en moet vir hulle self sorg. Ek het gesien hoe die vrouens vir ‘n groep seuns padkos of oorslaap kos maak. Elkeen help en hulle staan in vir mekaar. Daar is nie agressie soos by ander stamme nie.

    Hierdie kleintjie het gehuil was seker verlore of iets en toe kom help haar boetie haar.

    Ek het hierdie outjie ook dopgehou en kort kort afgeneem vol vreugde en spelerig. Hy het in die ry gestaan en kry toe hierdie geel hoedjie. Jis was hy nou trots op die, kort kort as iemand aan dit vat dan druk hy dit so styf teen hom vas of hy hou dit styf onder sy arm vas. Hy val toe weer in die ry en kry ‘n T hempie en terwyl ek hom dophou kan ek sien hy soek iets. Hy loop toe so rond roep en vind toe sy sussie en hand om die lyf vat hy haar vorentoe sodat sy ook iets kan kry. Die laaste foto het hy agtergekom ek neem hom af. Maar nogtans dit raak mens nogal om te sien hoe hulle omgee.




    Die oumense sit ook eenkant en kyk dat die kinders kry hulle is glad nie opdringerig nie. Die ou tannies is weduwees en die village se mense sorg vir hulle. Lesotho se lewens verwagting is baie laag ek dink dit is iets soos maar 70.

    Sal ons vir Ben maar Lesotho Denker noem..


    Die perde is ook goed versorg selfs die donkies word ook goed na gekyk.
    My nuwe Vriend het ook klere gekry en het na die tyd vir ons elkeen kom dankie se.



    Die aand het Freddie hulle vir die village ‘n Fliek gewys en vir hulle kos gemaak.



    Ek het soos hulle geeet het en na die musiek DVD van Solly iemand geluister het fotos geneem en dan het hulle daarna gekyk hulle wil hulle self sien. Freddie hulle het ook Die vorige besoeke se foto’s opgesit en dit vir almal gewys.
    Ek wil graag hierdie verslag afsluit met die volgende foto en opregtheid van hierdie persoon. Ek het op die grond gaan sit en so tussen almal opgeneem soos wat hulle gestaan en sing het. Na die singery verby is toe wys ek weer die foto’s vir die groepies wat ek afgeneem het en die volgende oomblik toe kom hierdie foto op en sy wys so tussen almal deur.. En hierdie het die trip vir my die moeite werd gemaak.
    Me (sy wys na die foto en haar self) .... I know Jesus...
    Ford Ranger Club cab 3L Xlt Diesel

  6. #6
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    Kempton park
    Age
    52
    Posts
    1,346
    Thanked: 52

    Default

    Christi,

    Dit was n' groot vooreg om die trip met julle te kon deel, nie net die mense van Lesotho (veral solane') se lewnens is veryk deur julle betrokkenheid en insette maar wel ons sin ook. Sienn uit om weer so n'trip saam julle mee te maak.

    Jou foto's is uitstekend en sien uit daarna om die res te sien. weereens dankie.
    Freddie du Preez
    '97 Defender 90 2.8i (Lots of extras) (SOLD SADLY)
    1999 Disco II V8 Auto (SOLD)
    '07 Disco 3 TDV6 S
    08 Defender 130

    We look forward to the time when the Power of Love will replace the Love of Power. Then will our world know the blessings of peace.
    William E. Gladstone

  7. #7
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Vanderbijlpark
    Age
    57
    Posts
    72
    Thanked: 0

    Default

    Freddie dit is ek wat vir jou moet dankie se jy het die geleentheid vir my gegee en my hele lewe is hierdeer verander.

    Dankie vir julle vriendskap. Ek kuier graag saam met julle rondom al die fotos wat almal geneem het.
    Ford Ranger Club cab 3L Xlt Diesel

  8. #8
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Pretoria
    Age
    36
    Posts
    9,413
    Thanked: 101

    Default

    It really was an awesome trip!

    Baie dankie vir almal wat daar was. Ons was 'n hele paar forum lede.
    Fabfender, busaxfar, Imvubu, bvandyk, Sorento, Judge, bullet, Steele (Wie nog? Dit voel of ek iemand vergeet)


    Ek kan nie wag vir die volgende trip nie
    Range Rover Big Body 5.0 V8 Supercharged
    Land Rover Defender 110 CSW Puma
    Land Rover Defender 110 V8 Game viewer
    Land Rover Defender 100 PU V8
    Land Rover Freelander II SD4
    Jaguar XJS V12

  9. #9
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Germiston
    Age
    65
    Posts
    678
    Thanked: 0

    Default

    Thanks Freddie and Amanda for an eye opening first vist to Lesotho. What a pleasure it was to meet and put faces to Forum names - and Christi you are a story teller of note!

    Johann du Toit
    06 Sorento 3.5A - sadly sold.
    07 Colt D/C 3.0
    Next - 110 Defender - got it now!
    T104

  10. #10
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Pretoria
    Age
    36
    Posts
    9,413
    Thanked: 101

    Default

    I would like to see the pictures of the Unimog I recovered
    Range Rover Big Body 5.0 V8 Supercharged
    Land Rover Defender 110 CSW Puma
    Land Rover Defender 110 V8 Game viewer
    Land Rover Defender 100 PU V8
    Land Rover Freelander II SD4
    Jaguar XJS V12

  11. #11
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Germiston
    Age
    65
    Posts
    678
    Thanked: 0

    Default

    Quote Originally Posted by bvandyk View Post
    I would like to see the pictures of the Unimog I recovered
    Ben, unfortunately the pics I took of the recovery are not very good, can just about see your lights. But we can vouch that you did indeed recover the Unimog and up a steep hill nogal!

    Johann du Toit
    06 Sorento 3.5A - sadly sold.
    07 Colt D/C 3.0
    Next - 110 Defender - got it now!
    T104

  12. #12
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Centurion
    Age
    35
    Posts
    5,704
    Thanked: 44

    Default

    Wow ouens dit lyk na 'n baie nice trip. Lesotho is darm maar 'n special plek.

    Awesome fotos.

    Discovery 3 V8 SE
    Self designed Rock and Tree Sliders.
    Next: Project Bashplate
    1981 Series 3 S R6 88" Allmost Perfectly Restored

  13. #13
    Join Date
    May 2009
    Location
    Witfield, Boksburg
    Age
    33
    Posts
    3,875
    Thanked: 64

    Default

    Wel gedaan!
    Dit wil gedoen word
    Chris

    "Avoiding danger is no safer in the long run than outright exposure. Life is either a daring adventure, or nothing" Helen Keller

    1996 Range Rover P38 4,6 HSE
    1977 LandRover Series III 109" Project

  14. #14
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    Kempton park
    Age
    52
    Posts
    1,346
    Thanked: 52

    Default

    Quote Originally Posted by bvandyk View Post
    I would like to see the pictures of the Unimog I recovered
    Ben, sorry no pics of the recovery also no pics of the joint you were offered as reward for the effort
    Freddie du Preez
    '97 Defender 90 2.8i (Lots of extras) (SOLD SADLY)
    1999 Disco II V8 Auto (SOLD)
    '07 Disco 3 TDV6 S
    08 Defender 130

    We look forward to the time when the Power of Love will replace the Love of Power. Then will our world know the blessings of peace.
    William E. Gladstone

  15. #15
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    Kempton park
    Age
    52
    Posts
    1,346
    Thanked: 52

    Default

    I would just like to say a huge thank you to everybody that made this trip a huge success. In particular the folk from this forum who so willingly and ably assisted in getting almost 3 tons of clothes to Lesotho.

    We were close on 30 people at 1 stage on the trip, the fellowship support and enthusiasm was incredible particularly since most of the people met on this trip for the first time.

    As always I am amazed at peoples generosity and Gods great provision. I know that this trip made a HUGE difference to the lives of at least a 1000 people in Lesotho.

    To everybody that made this possible thank you.
    Freddie du Preez
    '97 Defender 90 2.8i (Lots of extras) (SOLD SADLY)
    1999 Disco II V8 Auto (SOLD)
    '07 Disco 3 TDV6 S
    08 Defender 130

    We look forward to the time when the Power of Love will replace the Love of Power. Then will our world know the blessings of peace.
    William E. Gladstone

  16. #16
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Germiston
    Age
    65
    Posts
    678
    Thanked: 0

    Default

    I arrived at the border post only to find that I had taken the wrong passport, it had expired in 2011. Got in and out with no problem, but Freddie got fined for an expired drivers licence! Thanks Amanda for offering the use of your passport on the way out, but I doubt that it would have worked

    Johann du Toit
    06 Sorento 3.5A - sadly sold.
    07 Colt D/C 3.0
    Next - 110 Defender - got it now!
    T104

  17. #17
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Pretoria
    Age
    36
    Posts
    9,413
    Thanked: 101

    Default























































    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	100_5347.jpg 
Views:	774 
Size:	57.7 KB 
ID:	144243   Click image for larger version. 

Name:	100_5352.jpg 
Views:	758 
Size:	62.0 KB 
ID:	144244   Click image for larger version. 

Name:	100_5353.jpg 
Views:	788 
Size:	63.3 KB 
ID:	144245   Click image for larger version. 

Name:	100_5356.jpg 
Views:	757 
Size:	50.2 KB 
ID:	144246   Click image for larger version. 

Name:	100_5364.jpg 
Views:	745 
Size:	106.7 KB 
ID:	144247   Click image for larger version. 

Name:	100_5369.jpg 
Views:	754 
Size:	88.1 KB 
ID:	144248   Click image for larger version. 

Name:	100_5371.jpg 
Views:	766 
Size:	81.0 KB 
ID:	144249   Click image for larger version. 

Name:	100_5373.jpg 
Views:	756 
Size:	92.3 KB 
ID:	144250  

    Click image for larger version. 

Name:	100_5375.jpg 
Views:	762 
Size:	88.1 KB 
ID:	144251   Click image for larger version. 

Name:	100_5377.jpg 
Views:	759 
Size:	91.3 KB 
ID:	144252   Click image for larger version. 

Name:	100_5378.jpg 
Views:	752 
Size:	60.5 KB 
ID:	144256   Click image for larger version. 

Name:	100_5400.jpg 
Views:	751 
Size:	141.1 KB 
ID:	144257   Click image for larger version. 

Name:	100_5416.jpg 
Views:	716 
Size:	137.2 KB 
ID:	144258   Click image for larger version. 

Name:	100_5417.jpg 
Views:	725 
Size:	115.4 KB 
ID:	144259   Click image for larger version. 

Name:	100_5420.jpg 
Views:	732 
Size:	121.2 KB 
ID:	144260   Click image for larger version. 

Name:	100_5421.jpg 
Views:	623 
Size:	57.4 KB 
ID:	144261  

    Click image for larger version. 

Name:	100_5422.jpg 
Views:	682 
Size:	151.0 KB 
ID:	144262   Click image for larger version. 

Name:	100_5425.jpg 
Views:	621 
Size:	73.3 KB 
ID:	144263   Click image for larger version. 

Name:	100_5428.jpg 
Views:	608 
Size:	130.6 KB 
ID:	144264   Click image for larger version. 

Name:	100_5429.jpg 
Views:	593 
Size:	146.7 KB 
ID:	144266   Click image for larger version. 

Name:	100_5446.jpg 
Views:	597 
Size:	176.2 KB 
ID:	144267   Click image for larger version. 

Name:	100_5449.jpg 
Views:	628 
Size:	122.4 KB 
ID:	144268   Click image for larger version. 

Name:	100_5450.jpg 
Views:	622 
Size:	173.0 KB 
ID:	144269   Click image for larger version. 

Name:	100_5454.jpg 
Views:	609 
Size:	151.7 KB 
ID:	144270  

    Click image for larger version. 

Name:	100_5457.jpg 
Views:	609 
Size:	152.8 KB 
ID:	144271   Click image for larger version. 

Name:	100_5483.jpg 
Views:	578 
Size:	119.6 KB 
ID:	144272   Click image for larger version. 

Name:	100_5490.jpg 
Views:	606 
Size:	124.1 KB 
ID:	144273   Click image for larger version. 

Name:	100_5499.jpg 
Views:	593 
Size:	147.0 KB 
ID:	144274  
    Range Rover Big Body 5.0 V8 Supercharged
    Land Rover Defender 110 CSW Puma
    Land Rover Defender 110 V8 Game viewer
    Land Rover Defender 100 PU V8
    Land Rover Freelander II SD4
    Jaguar XJS V12

  18. #18
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    Kempton park
    Age
    52
    Posts
    1,346
    Thanked: 52

    Default

    Great pics , thanks Ben.
    Freddie du Preez
    '97 Defender 90 2.8i (Lots of extras) (SOLD SADLY)
    1999 Disco II V8 Auto (SOLD)
    '07 Disco 3 TDV6 S
    08 Defender 130

    We look forward to the time when the Power of Love will replace the Love of Power. Then will our world know the blessings of peace.
    William E. Gladstone

  19. #19
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Joburg
    Age
    42
    Posts
    559
    Thanked: 1

    Default

    It really was an incredible trip - thank you to everyone involved! When can we go again
    2016 Isuzu KB 250 d/c + Bush-Trotter Bosvark
    2013 Mitsubishi ASX Swambo's broom
    Ex: Hilux D/C; Daihatsu Terios; Jeep Cherokee XJ, Renault Koleos, Suzuki Grand Vitara + Challenger wilderness trailer + Sprite Escape converted for gravel roading, Suzuki SX4
    I think, therefore I am..... I think?!?

  20. #20
    Join Date
    Feb 2010
    Location
    Randburg
    Age
    73
    Posts
    218
    Thanked: 38

    Default

    I want to be part of the next trip! Please.

Page 1 of 2 1 2 LastLast

Similar Threads

  1. Bugselecta
    By Dale in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 3
    Last Post: 2007/09/05, 10:56 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •