4x4Community Forum Articles - Uys's Namibia Trip Report





  • Uys 2008 Namibia Trip Report

    Saterdag 13 Desember 2008

    Die dag van groot pak. Alles moet in,en plek is min. Dit is 37C buite, en enige iets wat langer as 10 minute in die son is, brand jou as jy daaraan raak. Maar die geesdrif is hoog, en ons is baie opgewonde.

    Die kombuis is die laai, 2 Wolf Packs, en 2 pasgemaakde hout boksies.


    Die yskas is op n runner wat oopmaak en tilt om toegang te verbeter. Dit het n Gas lift in om te help met die toemaakslag.


    En die tent (gewone dome), stoele, gas bottles, Jerry kanne en ander diverse items op die dak.


    Pak is harde werk! Dit put party van ons sleg uit!


    Sondag 14 Desember 2008

    Ons is sommer al vroeg uit die bed uit oppad Kang toe waar ons vanaand sal oorslaap. Alles is gister al gepak, so vanoggend was dit net opstaan, aantrek en ry, o ja, en diesel gooi ek het dit gister vergeet.



    Alles het goed gegaan tot in Zeerust waar my (redelik) nuwe GPS (Colorado 300) begin lol het. Vinnig die kaarte oorgelaai, en dit het toe die problem opgelos of so het ons gedink, ons het deur die res van die dag die kaarte 2 keer weer oorgelaai.

    Die grenspos het baie goed verloop aan die SA kant en Botswana kant by immigrasie nie so goed by voertuig klaring nie. Ons het n uur en n half in die ry gestaan almal Suid Afrikaners oppad Namibie toe. Net nadat ek my R150 betaal het vir versekering het n beampte die aankondiging gedoen dat dit nie nodig is om te betaal as jy Namibie toe gaan nie. Op daardie stadium het al 23 mense voor my in die ry alreeds betaal het en weg is. Dit was op etenstyd, en ek kan nie help om te wonder of dit iets met die aankondiging te doen gehad het nie. Ek was toe ook nie lus om te baklei om my R150 terug te kry nie.

    Vandaar het alles goed verloop vir die res van die dag, tot by Kalahari Rest (S23 31.193 E22 36.591) waar ons die aand geslaap het. Dis n baie netjiese kamp wat relatief goedkoop is ons het R162 in total betaal. Die geriewe is skoon en netjies en elke kamp is ordentelik omhein aan drie kante wat baie privaatheid bied.


    Maandag 15 Desember 2008 Captains log

    Na n goeie nag waarin dit ongeveer 1mm gereen het is ons lekker vroeg op en het sommer dadelik begin om alles te bere. Dit het egter langer gevat as wat ons op gehoop het, en ons is eers 11h00 weg by Kalahari Rest. Die klein kameelperdjie het weer n draai by ons kamp kom maak seker maar om totsiens te se.

    Oppad tussen Kang en Ghanzi het ons op die feesmaal afgekom en seker 15 na 20 minute daar spandeer om die te beskou en fotos te neem. Daar was baie dooie diere langs die pad in Botswana, en sover ek kon sien was nie een van hulle dood gery nie almal het redelik ver van die pad af gele. Die koeitjie was egter n groot bron van aandag vir die aasvoels. Wat my verbaas het was die spoed waarteen die karre by on verby gekom het. Daar is seker 15 karre daar verby in die tyd wat ons daar gestaan het, en niemand het spoed verminder of gestop om te kyk nie.


    Die grenspos by buitepos het weereens sonder enige noemenswaardige voorvalle verloop, maar kan geensins as effektief beskryf word nie. Afrika tyd heers duidelik hier! Die mense aan die Namibi kant by Buitepos was werklik kortaf en ongeskik, baie meer as die vorige drie behalwe vir een polisie man wat nadat hy my gewys het waarheen om volgende te gaan ook nog agterna gehardloop he tom my te herinner om die voertuig se onderstel nommer saam te neem.

    As mens Namibie binne gaan kan mens dadelik die verskil sien aan grond gebruik. Komersiele plase begin teen die grens en strek al die pad tot in Gobabis waar ons vanaand oorslaap. Die heining word deeglik instand gehou, en in plaas van bokke en donkies, sien mens beeste.

    Dit het gelyk of dit gaan reen, maar niks het nog daarvan gekom nie.

    Ons bly by Goba lodge hier, en weereens is dit goeie waarde vir geld. Skoon, netjies en ALMAL PRAAT AFRIKAANS! Selfs in die dorp waar ons gaan water koop en diesel ingooi het word mens in Afrikaans gehelp. Wat ook opvallend is, is hoe skoon die dorp is, en hoe leeglery beperk is anders as wat ons in SA gewoond is.


    Sover is Rande nog orals aanvaar sonder dat daar enigsins daarna verwys is, maar my Rande is nou op, en die FNB ATM het natuurlik Nam Dollars uitgespoeg.

    Ons het gaan water koop want die kraan water by Kalahari rest en ook hier by Goba lodge is baie brak, en my plastiese tank in die kar se water wat nog van PTA af kom het n baie plastiese smaak. Al die water sover was baie skoon en drinkbaar maar sleg!

    Goba lodge het n Wi-fi Hotspot, wat ek hopenlik kan gebruik om my GPS uit te sorteer wat nogsteeds lol! Sal maar die firmware oorlaai en daarna weer die kaarte.

    Dinsdag 16 Desember 2008

    Ons is so teen 8h00 na ;n lekker stewige ontbyt uit Gogbabis uit. Net ongeveer 5km buite die dorp het ons ons eerste pad blokkade teegekom. Weereens was die regerings werknemers baie kortaf en ongeskik, ander as die res van die mense in Namibie.

    Die stuk pad is nie ver buite Gobabis nie, hier eik die Namibiese Buro vir standaarde liniale teen die pad.


    Ek het die brug so 20km voor die Hosea Kutako Lughawe afgeneem. Iets wat mens nie meer baie in Suid Afrika sien nie.

    Ons het in Windhoek by Chamelion Backpackers Lodge gebly. Ons was die enigste Suid Afrikaners tussen n hele lot buitelander Kanadese, Amerikaners, Hong Kong en nog vele meer. n Paar snaakse kreature , maar oor die algemeen baie aangename mense. Die koste van die verblyf was R250, ontbyt ingesluit. Hier het ek my kamera laat val, en ek vermoed die lig meter het seer gekry want daarna het al die fotos baie donker uitgekom. Ek het probeer kompenseer deur die fotos bietjie te oorbelig, maar ek het maar nog "editing" nodig om dit beter te laat lyk.



    Woensdag 17 Desember 2008

    Lekker vroeg uit Windhoek uit vanoggend, oppad Otjiwarongo toe. Die GPS lol nogsteeds, en gooi my van die B1 af op n grondpad, wat sommer net ophou op die kaarte. Gelukkig kom die pad weer by die B1 uit. En by die T-aansluiting, ons volgende pad blokkade. Al is die mense nie vriendelik nie, is hulle baie effektief, weet wat hulle wil he, en doen hulle werk goed.

    Ons draai later van die B1 af op n grondpad na die Dinosour spore by S21 02.400 E16 24.016. Die grond paaie is ongelooflik mooi, en ry amper net so lekker soos die teerpad. Elke nou en dan is daar n water plas in die pad, waar die dreinering nie so goed is nie. Dit het gelei tot vet pret, en n lekker vuil kar!

    Die Dino Spore is nie regtig die moeite werd nie, tensy jy baie belangstel daarin. Dit is wel baie duidelik, en self sonder n gids (ons wag nou nog dat hy opdaag!) kon ons dit maklik kry.


    Vandaar is ons na die Cheetah Conservation Fund aan die Waterberg Plato park se kant van Otjiwarongo. Dit was ook ietwat teleurstellend, en baie duur! R115 per persoon vir n 10 minute toer, wat jou 5 kleinerige Cheetahs en die kliniek waarin hulle behandel word wys. Weereens nie die moeite werd nie. Alles en alles dink ek Otjiwarongo het redelik min toerisme waarde.

    Donderdag 18 Desember 2008


    Ons is van Ojiwarongo, waar ons gister aand geslaap het na die Hoba Metoriet. Maar eers n draai gemaak in Grootfontein om ons bediende te gaan betaal. Telecom Namibie het orals takke en internet fasiliteite. In Windhoek het ons sommer n wireless koupon gekoop by die restaurant waar ons geeet het, en die laptop op hulle netwerk gekoppel. Die lyn was daar besonder stadig, en ons kon nie 3 Mb aflaai nie. In Grootfontein het ek die rekenaar in die kantoor gebruik, en hier was die konneksie besonders vinnig. N$6 vir 5 minute (eerste 15 minute is N$6) later was al die bank sake gedoen en was ons weer oppad. Die Hoba meteoriet was ook maar so-so, maar nou het ek dit gesien. Ingang - N$20 per persoon, kinders onder 6 gratis.




    Toe deur Tsumeb na Lake Otjikoto en Tsintsabis. Tsumeb het een van die beste Shoprite winkels wat ek nog gesien het. Alles is skoon en netjies en baie goed geprys. Ons het eiers gekoop wat van Malmesbury af kom! Dis 1850km!





    Die stoom enjin is in 1907 gebou en gebruik om water uit die meer na Tsumeb te pomp. Die pyplyn word steeds gebruik, maar anderkant toe, om water van boorgate in Tsumeb na Oshakati te pomp.

    Ons het die aand by Treesleepers in Tsintsabis geslaap. Dis n gemeenskap kamp waar mens op platvorms ongeveer 4m hoog slaap. Hier is geen elektrisiteit nie, en dis bietjie uit die pad uit, maar tog die moeite werd. Warm water is beskikbaar met komplimente van sonkrag, en ons het n baie interesante verskynsel hier gesien. Die Mopani bome se sade val af, en in elke saad is daar n klein wurmpie. Die wurmpies probeer uitkom, en so hop die sade oral rond. Hulle spring ongeveer 5cm hoog, en as mens nader kom, lyk dit kompleet of die grond beweeg.


    Vrydag 19 tot Dinsdag 22 Desember 2008


    Uiteindelik oppad Etosha toe.

    Ons het van die Namitoni hek af baie diere gesien, reg langs die pad. Die pad is lank, en teen 60km/h neem dit ongeveer twee en half ure om Okaukeujo te bereik. Ons het sommer langs die pad al heelwat diere gesien soos n Damara Dik Dik:




    Die beamptes by die hek en die kantoor is bot en kortaf, soos ons gewoond geword het, maar effektief. Die kamp personeel baie vriendeliker. Daar stop n ou uit die Kaap langs ons en ongelukkig staan daar iemand op sy staan plek. Hy skreeu en vloek dat dit my skaam maak om sy taal te verstaan. Dit het maar so aangehou ook vir de tydperk wat hulle hier was, darem net 2 dae.

    Die staan plek is nie die beste ligging nie, maar reg langs die ablusie blokke, en ons is omtrend die enigste mense wat die spesifieke een gebruik.





    Wat baie sleg was van die kamp terein was die hoeveelheid gemors wat hier rond gele het. Dit lyk glad nie na 'n nasionale park se kamp terein nie. Hier is groot hope beton klip en sand, grasdak rame, dromme ens wat hier rondle.

    Die temperatuur is heel draaglik, en ons het nog nie temperature bo 34C gemeet nie. Die humiditeit is ook lekker laag, so dis nie drukkend nie, maar die swembad is maar ons gunsteling uithang plek. Vroeg in die oggend (7h00 is vroeg op vakansie!) is ons uit, en dan weer hier by 16h00 in die middag.
    Die hekke maak eers met son onder toe, en dit is eers 19h25 hier. Die eerste middag het ons bietjie tyd by die watergat gaan spandeer,maar agv van die baie water in die veld, kom die diere nie regtig water gat toe nie. Dit is egter n baie mooi plek, en steeds lekker om daar te sit. Ek kan dink dat dit die moeite werd is om in die winter hier te kom sit as dit droog is en die diere hier moet kom water drink






    Die tweede oggend ry ons vroeg uit Leeubron se rigting, en ongeveer 2 km buite Okaukeujo kom ons op die af:



    Ek kan aan die spore op die pad sien dat ons die eerste mense is wat hier verby is vanoggend, en ons sit seker 30 minute alleen hier voordat daafr nog n kar aankom. En toe 20km verder kry ons die trop:





    Ons stop kort hierna by n Toilet/Piekniek plek met slegs Long Drops! Ek het nie geweet hulle maak nog water vir Long Drops nie! Wel, ja, dit punt is seker dat daar juis nie water is nie.

    Ons kry ook twee Gemsbokke met energie om van ontslae te raak.





    On het darem van die kleiner wesens ook raak gesien, soos die Streeprug muis,



    en die water skilpad by die Charl Marais dam.



    Toe ons terugkom by die tent l ons vir Ulani, wat langs die pad aan die slaap geraak het neer op haar matras, en sien die spore daar:



    Hier is n paar (semi) mak jakalsse wat in die kamp rondloop, en al wat mens kan aanvaar is dat een n draai in die tent gemaak het, maar die tent was mooi toe en gesluit, som dit mos die vorige dag gewees het terwyl ons nie gekyk het nie. Geen slaap meer vir haar as die gaas nie toe gerits is nie! Die jakalse was veral in die aande besonders lastig, en het die laaste aand brood van ons tafel af kom steel terwyl ek minder as 5m weg was. Hulle gooi ook elke aand die asblikke om en maak 'n groot gemors, self as die asblikke op die hakke is om dit van die grond af te hou, hulle het al geleer hoe om dit dar af te kry.


    Woensdag 23 Desember 08


    Van Etosha is ons na Twyfelfontein. Die dag het lekker vroeg begin sodat ons baie tyd op die pad het. Ons het 5h30 opgestaan (nog pik donker buite) en teen 6h30 was ons in die pad. In Outjo het die persoon voor my die FNB ATM se laaste geld getrek, gelukkig is daar 'n Standard bank ook want Bank Windhoek kommunikeer nie met ABSA nie. Brandstof was geen probleem nie, en so ook nie kos nie. Outjo is 'n redelike groot dorp met alles wat mens nodig het. Ons is van hier via die Vingerklip na Khorixas.




    Toegangs fooi was baie redelik - R5 pp en R5 vir die kar - dus R15 in totaal. Die klim op na die klip is kort maar moeilik, en die baie los klippe maak dit nog moeiliker - veral met 13kg op jou nek (Klein SWAMBO). Dit is wel die moeite werd, en die uitsig van hier is wonderlik. As mens by die perseel uitry kan jy links gaan wat dan kan jy links draai om terug op die Outjo-Korixas pad te kom (18km) of regs om op dieselfde pad te kom (50km). Die langer pad is bietjie sleg, maar ons kon vir die grootste deel 100km/h ry. Dit is wel baie mooier, en daar is meer om te sien in die natuur as op die korter stukkie.

    Korixas self is nie veel nie. Daar is 'n vulstasie en Spar, maar die dorpie is maar klein, en in terme van verblyf sal ek dit vermy. Net buite Korixas kry mens die Versteende woud. Alle besienswaardighede in Namibie kos geld om in te gaan, en mens begin weerstand opbou, maar elke keer nog was dit die moeite werd om in te gaan. Hierso kos dit ook weer R70. Die gids lyk nei baie lus om mens in te vat nie, maar toe ons eers binne is en hy begin praat, kan mens agterkom hy weet waarvan hy praat.






    Die bome het van bo in Afrika afgespoel tot hier en toegespoel. So het dit agv van die afwesigheid van suurstof verteen en toe jare later weer oopgewaai. Mens kan in die eerste foto duidelik die jaar ringe sien.

    Van hier is ons na Twyfel fontein. Hier is letterlik uhm, uhm, uhm, ek mag nie vloek nie, so kom ons se maar "niks". Maar dis ongelooflik mooi - die mooiste klip formasies met niks tusssen in nie. Ons sou die aand by Aba Haub gemeenskaps kamp slaap, maar toe ons verder ry kom ons op die Twyfelfontein Country Lodge af! 'n 4 ster lodge in die middel van nerens, en besluit toe om hier te slaap. R760 per persoon per nag, maar toe ek se ek is van SA kry ek SADC afslag en kos dit net R400 pppn! Dit was alles die moeite werd -ons het sommer Kers ete hier gehou en lekker gestort en op beddens geslaap! Ek dink die beddens was dalk die grootste aantrekking.






    Woensdag 24 Desember 08

    Dis die dag voor Kersfees, en vandag ry ons Brandberg toe. Ons het besluit om 'n twee spoor T4A paadjie te vat, al is ons alleen. Ons het 80liter water en baie kos, so sou iets gebeur sal ons OK wees. Van die Lodge is ons eers na die Twyfelfontein Wereld erfnis gebied, en weerens betaal mens - die keer sommer R110, gids ingesluit.

    Twyfelfontein se naam kom van 'n Jood (Levin) wat in die 40's hier 'n skaap boerdery begin het, maar konstant bekommerd was oor water. Maar die eintlike aantrekking is die rots graverings. Anders as rots tekeninge is die met Qurts klip in die rotse in gegraveer, wat gehelp het om dit baie goed te bewaar, al le dit in die elemente rond. Die tekenige is ongeveer 4000 jaar oud, en is die die SAN mense gebruik om hulle kinders te leer hoe en wat om te jag.

    Twyfel fontein is in 'n reguit lyn ongeveer 120km van die see af, maar tekeninge van Seeleeus en pikkewyne kom ook hier voor, wat 'n aanduiding is van die afstande wat hulle gereis het vir kos. DIe gids is weereens maar half laks, maar weet wat aangaan, en ken die area en die geskiedenis baie goed.







    Die klippe het die ongelooflikste mooi vorms, soos die een bv.




    As iemand voor die tyd vir my gese het ek gaan "stunning" klippe sien het ek gese hy praat twak! Maar dit is werklik so.

    Die akkedisse in Namibie is baie kleurvol en volop. Ons het die twee by die fontein gekry:




    Ek is nie seker oor die geskiedenis van die boorgat nie, maar dit is ongeveer 20m van die fontein af. Dit was die enigste lekker water wat ons in Namibie gedrink het, en al die gebottelde water wat mens in die omgewing koop kom van hier af.



    Oppad Brandberg toe het ons darem bietjie off-raoding gedoen, en Low Range was darem nie verniet ingepak nie. Dis die eerste keer wat ek met so swaar gelaaide (3 ton) kar erenstig Off road is, en die invloed van die gewig het my verbaas. Dit het wel dit baie duidelik gemaak dat mens jou kar en sy vermoens moet ken, en al die Chloorkop/Mahem/De Wildt speel was nie net speel nie. Ondervinding het baie gehelp, en gee mens self vertroue as jy so iets aanpak. Ons het seker so uur gery aan die 3km, en nie omdat ons wou nie. Dit was vir SWAMBO seker die laagte punt van die , maar vir my een van die hoogte punte.




    Wat opvallend was op die T4A paadjie was hoe die omgewing verander. Mens kan 'n potlood streep trek en een kant is daar klippe, ander kant sand. En dit verander ongeveer elke 4-5 km os. Ons het die woestyn Olifante gesoek, en baie mis gekry wat ongeveer 1 dag oud was, maar niks Olifante nie.

    Brandberg White Lady lodge is goeie verblyf in die area, dis naby aan die die White Lady tekening, en nie te duur nie. Ons het 2 dae hier gebly.




    Donderdag 25 Desember 08


    Kersdag - die enigste dag wat ons beskikbaar het om die White Lady te gaan bekyk.

    Osn het gister uitgevind, en die mense was bereid om ons klere op Kersdag te was. Ons gee amper twee weke se klere in - 3 mense en klein SWAMBO is swaar op klere- was, en stryk vir R70. Ek wou meer beetaal, maar hulle wou dit nie aanvaar nie.

    Van daar weg na die White Lady. Betaal R70 en vra vir 'n gids. Die gidse is almal binne, maar sal ons oppad uit kry. Wel 3 km en 1 uur later kom ons by die tekeninge, maar kry nie die White Lady of die gids nie. Mens klim ope n af oor groot klippe en dit si WARM in daai kloof. Ulani is al die pad op my nek,e n die volgende dag kon ek dit voel. Ons het elke moontlike pyltjie en paadjie gevolg en kon nie die WL of die gids kry nie. Ons was seker 'n uur en 'n half besig om te soek en moes toe uitgaan want ons was op die einde van ons 3l water en Ulani het begin moeilik raak - slaaptyd!

    Toe ek by die hek kom het ek en die vrou 'n helse uitval gehad oor die gidse - hulle het blykbaar met 'n ander pad uitgekom nadt sy my belowe het daar is net een pad! Na ongeveer se 10 minute se skreeu het sy my geld vir my terug gegee, waarna ek vir die gidse hulle fortuin gaan vertel het. Dit was werklik die enigste teleurstelling op die hele trip - o ja, en die kers ete wat ek later die aand verbrand het.



    Vrydag 26 Desember 08

    Ons het van die White Lady Lodge af in die UGAB rivier opgery. Ry net oos in die rivier, dit kruis die pad, en klim dan opd ie pad op. 'n Rivier in Nam is nie dieselfde as in RSA nie. Ons het slegs in die Vis rivier water gesien - en net stilstaande poele. Mens ry in die sdand bedding en Skielik is die rivier net groen, met water, en dit skielik is die rivier groen! Die fontein 2 km op, lyk redelik sterk, maar die water syfer net skielik in die sand weg - mens kan nie eers behoorlik sien waar nie.



    Hierdie water ryke deel van die rivier wemel met diere en voels -alles behalwe woestyn Olifante. Hulle bly blykbaar in weg uit die riviere uit in die "reen seisoen" aangesien hulle vassit as dit nat is.

    Ons het op UIS brandstof gegooi en kos gekoop. Die OK lyk na veel van buite nie, maar dis 'n ander storie as jy ingaan. Soos my oupa altyd gese het: Hier kan jy van 'n mombakkies tot 'n poephol koop! Toe ons Spitzkoppe toe ry werk die GPS nie meer nie, en ons besluit op die plek om om te draai en Henties toe te ry. Die pad is amper 50m breed, en glad soos 'n spiel. Ons ry 130-140 kph en karre gaan by ons verby.



    Toe ons by die Henties - Kaap kruis aansluiting kom besluit ons om eers noord te ry en kaap kruis te besoek. Die oorspronklike kruis wat deur Diego Cao in 1485 geplant is staan hier by die seeleeu kolonie. Die reuk wat in die lug hang kan nie beskryf word anders as walglik nie, maar mens raak verbasend gou gewoond daaraan.





    Daar is duisende robbe hier, en daar is hordes kleintjies. Daar si ook ongelooflik baie dooie kleintjies wat dood rondle. Jakalse staan rond, wagtend vir 'n geleentheid om een te kom gryp. Die see water is sommer groen so vuil is dit, maar dit is steeds die moeite werd om soontoe te gaan en na die diere, en veral dit interaksie tussen hulle, te gaan kyk.







    'n Woord van advies: Moet nooit, nooit, nooit, nooit in Desember in Swakop inry en verwag om verblyf te kry nie. Almal kyk jo uaan of jy mal is, en self nie eers die kampplek op Langstrand wou ons 'n plekkie gee om ons nedeirge tentjie op te slaan nie. Gelukkig kom ons reg by die gaste huis in Walvis waar ons van die volgende aand af ingeboek is.

    Saterdag 27 Desember 2008

    Vroeg oggend is ons uit na Vasbyt - die jaarlikse 4x4 event in die duine net buite Swakopmund.





    Die Safari kon nie bo kom nie -tipies!




    'n Stel 66's vir iemand?





    Mooi speelgoed, maar ek is nie regtig 'n toeskouer by 4x4 events nie, ek neem eerder deel, en ons ry so uur later uit Goanikontes toe om na die maan landskap te kyk.





    Terug in Langstrand besluit ek ons moet die duine ry storie bietjie uit sorteer vir die volgende dag se trip saammet die Cruiser Club in die Namib in. Ek kry my permit en ry na die speel area toe. Band afblaas! 1.5Bar. nie genoeg nie! later op 1 bar, toe begin ek dit reg kry. Mens mag nie op die eerste duin ry nie -oor, en dan agter enige plek. Maar om oor die eerste duin te kom is nie so eenvoudig as mens die eerste keer sulke sand ry nie.

    Ons maak dit die derde keer, en eers later sien ons dat ons ook die moeilikste helling gekies het - maar ons kom bo en oor -wel amper oor! Toe ek bo-op kom en oor gaan sien ek die duin is hol gewaai aan die agter kant, gelukkig het ek dit in gedagte gehou en kon betyds stop om groot skade te voorkom, maar toe le ek op my chassis bo op die duin. Spike se advies gevolg en na omtrend 5 minute se grawe is ek toe uit.




    Ek is seker die mense wat vir my gestaan en lag het het gedink: "Blerrie Valies!", maar 10 minute later het ek die truuk en ry ek die duine asof ek al jare by Atlantis ry. Die volgende dag sien ek toe die helling was nie so erg nie, en as ek wou sou ek daar kon afgaan, maar hey - ek is nuut met die goed!


    Sondag 28 Desember

    dis die dag waarna ek nou al so lank uitsien. Ons gaan vandag "Karretjie" en "Vliegtuigie" toe saammet die Cruiser klub. Ons kry mekaar 8h00 by die weegbrug buite Walvs, en van daar ry ons uit Duin 7 toe. Net voor duin 7 draai ons reg tot by Rooiwal en toe in die woestyn in. Ons top almal om bande af te blaas - 0.8 Bar, pleks se hulle my gister al.




    'n 4.0 Hilux van Swakop ry voor om pad te soek, en dit word gou duidelik dat hulle hulle storie ken en dat die Lux koning is. Die Diesels trek maar swaar, en loop nie saammet die petrols nie. Die arme outjie, met Jaco van LA Sport Windhoek agter die stuur trek baie swaar, al kan mens sien Jaco het dit al gedoen.



    Die groot monster vir die dag si die SFA Lux (Dis 'n Toyota, hoe dan anders) met die 4.7 Lexus en 37" Tyres. Hy Idle waar ons effort insit, en hulle speel meestal hoog bo in die duine terwyl ons mortals maar onderlangs ry.



    Ons maak dit vinig tot by "Karretjie", maar dis maar teleurstellend, iemand het sy wiele gesteel.



    Van hier af na "Vliegtuigie" toe moet ons begin duine "Spring", amper letterlik, en dit raak rof. Dit pla my nie, ek geniet my gate uit, maar die twee girls raak paniekerig!




    Toe ons by Vliegtuigie aankom is dit nie veel beter as Karretjie nie. Net 'n paar warkstukke hoog bo teen die duin. Lui soos ek is besluit ek om tot daar te ry, en maak dit to by Vliegtuigie die eerste keer - die Petrols ry om en speel ook nog, maar in hindsight moes ek dalk 'n groter aanloop gevat het.



    Die outjie het in vliegtuigie geskuil en toe ons hom versteur gee hy pad - onder my kar in! Toe ek agteruit gaan het hy my ongeveer 150m afdraende gevolg om by die koelte te probeer kom.



    Vandaar is ons uit terug na waar ons begin het. Ons is 8h30 in die woestyn in, en het ongeveer 18h15 uitgekom. ALLES is vol sand! Maar baie lekker gewees en ons (ek) het dit verskriklik geniet.


    Maandag 29 Desember tot 31 Desember

    Ons is Walvis uit nadat ons geld getrek het en Diesel volgemaak het. Geld kan 'n probleem wees as mens 'n limiet het - ek kan net R1000 per dag trek, en om die diesel vol te maak was meer as R1000. Ons moes toe ook nog die gastehuis betaal en gelukkig kon ek op my debiet en krediet kaarte geld trek om alles te betaal. Volgende keer sal ek verseker my daaglikse limiet opstoot, as mens kan. Net buite Walvis oppad Solitaire toe is 'n weegbrug en ek het besluit om gou my kar te gaan weeg. Die kar het 2929kg geweeg, en GVM is 2520kg, so 'n goeie 400kg oorlaai.

    Die teerpad hou net buite Walvis baai op, en word grond. Die was die slegste van al die grond paaie wat ons gery het met baie sinkplaat dele, seker oor die hoeveelhied verkeer wat dit dra, maar ons kon maklik 110km/h ry. Dis 'n lang pad Solitaire toe, en die omgewing verander nie te veel nie, so dit kan vervelig raak. Waar die pad (c14) die Kuiseb kruis het ons gestop en koffie gemaak. Dis net na Kuiseb Canion wat ons nie besoek het nie.





    Orals waar osn gestop het was dit altyd baie skoon, maar gereeld sien mens sulke hopies bier bottels langs die pad en by piekniek plekke. NET bier bottels, nooit iets anders nie, amper asof dit so beplan is.

    Kort na ons stop het ons op die piekniek plek afgekom, maar moenie probeer om jou kar tot daar te ry nie. 'n 4x2 met DL sal dit maak, maar die laaste stukkei is lekker uitgespoel en bied 'n goeie axle twister. Die plek se naam is "The Grotto"



    Dit is gelee by ongeveer: S23 18.433 E15 51.411, maar is duidelik sigbaar van die pad af.

    By Solitaire het ons gestop vir die appeltert, en die is werklik so lekker soos almal se. Ons het ook ons laaste Dollars hier omgeruil vir Rande, geen komisie betaal nie 1:1.



    By Sesriem het ons by Betesta Lodge gekamp, en daar was goeie kampe en ablusies. Die swembad was die groot aantrekking hier, want hoe verder ons suid gery het, hoe warmer het dit geword.



    Maak maar jou vensters toe - die voeltjies is mak hier:






    As mens vroeg fotos wil neem by Sossusvlei stel ek voor jy slaap daar, en koop die permit (R110 vir 2 volwassenes en die kar) die vorige aand, anders mis jy die mooiste deel van die dag daar binne. Ons was 5h45 daar, het tot 6h15 gewag vir die hek, kon eers 6h30 die permit kry en was toe eers 7h30 by Sossusvlei - onthou van sesriem af is dit noeg 70km Sossusvlei toe.





    Binne in die vlei is daar lekker piekniek plek, maar moenie gras verwag nie. Water is 'n skaars kommoditiet, en die diere maak gebruik van alles. Dit het die voeltjie 1 minuut gevat om uit te vind waar kom die water vandaan:



    Ons het die outjie uitgeklim, en alhoewel dit redelike harde werk si, veral met 'n ekstra 13kg op jou nek, is dit uit en uit die moeite werd.




    Sy kon darem self af -maar ook net tot in die vlei - toe si dit weer terug op pa se nek!


    Dit is ongelooflik om te sien hoeveel lewe daar in die sand is, sover mens loop spring daar kewertjies en allerhande snaakse goedjies uit die sand uit, haardloop 3m en verdwyn net so vinnig weer in die sand. Onder by die vlei het ons baie muise gekry toe ons begin loop het, maar nie veel by die piekniek plekke self nie.



    Hier is ook weer Long Drops (ek haat dit!) en die keer is die mure nie eers baie dig nie, so stop maar die bakkie voor die plek as dit mamma se beurt is, want mens sien reg deur hulle!

    Ons het ook by Sesriem Canyon gestop en afgeklim to onder. Mens kan duidelik sien hoe dit deur 'n vloed gevorm is deur te kyk na hoe die spoel klippe in die modder vasgevang is.





    31 Desember 2008

    Vroeg is ons op en pak, 6h30 uit by Betesta. Onsry vandag Warmbad toe- net voor die Sendlingsdrif grenspos, ongeveer 750km. Op Helmeringhasen maak ons vol brandstof, en hulle start 'n gennie om die pomp te gebruik. Ind ie agter grond is die algemene handelaar.



    Oorkant die pad: Standard Bank.



    En langsaan die Hotel en restaurant:



    Hierna was die vakansie verby. Ons het gery om by die huis te kom, en by die Kokerboom woud en Giants Playground besluit om volgende keer te gaan kyk. Op Karasburg het ons by Spar gestop so teen 15h30 en oor die grenspos gevra. Dit maak 17h00 toe, 80km weg. Ons het besluit om deur te druk en in SA slaapplek te soek. Ons het Warmbad dus misgery. Toe ons 16h20 op die grenspos stop hoor ons die SA kant maak 16h30 toe. Hulle het ons gelukkig BAIE vinnig gehelp en nadat die hekwag 'n "R20 om sigarette te koop" bribe uit my uit PROBEER kry het is ons na die SA kant toe waar hulle al begin sluit het. Gelukkig was hulle ook vriendelik en ons is in 12 minute deur albei, dit moet 'n rekord wees. Ons het daardie aand in Kakamas geslaap en die volgende dag huis toe gery, maar daaroor gaan ek nie hier skryf nie. AL opmerking wat ek het is dat die stuk pad tussen Upington en Olifantshoek sekerlik die siels dodende pad op die hele 7000km was! En by die huis is ons hiermee begroet:

    This article was originally published in forum thread: H2F's Namibia Trip Report started by Uys View original post