logo

Go Back   4x4 Community Forum > General Category > Hobbies > Arms, Ammo & Hunting

4x4Community

Notices

...
 Image

Reply
 
Thread Tools Display Modes
  #1  
Old 13-07-11, 05:49 PM
vossie1's Avatar
vossie1 vossie1 is offline
Member
 
Join Date: Apr 2009
Location: SOMERSET WEST
Age: 37
Posts: 211
Default Handgemaakte Messe/oupa se mes

Ek wil graag hoor van julle messe,dit is sekerlik enige seun(man)se droom om pa of oupa se mes te erf of nog beter n handgemaakte mes te laat maak wat enig in sy soort is.Ek was in 2009 so bederf toe my vrou vir my n mes laat maak het vir my verjaarsdag by Oom Ras Venter van pretoria,dit was werklik n groot verassing na ek al vir maande op die net na sy goed gekyk het.Die hef is gemaak van kameelperd se skeen been wat 3 uit 5 op die rockford skaal vir hardheid kry dit het n efense blou tint op die hef wat sy self gekies het.Dit het ook my bynaam en die jaar wat ek dit gekry het op die lem gegraveer.
Attached Thumbnails
IMG_5603.JPG   IMG_5611.JPG  

Last edited by vossie1; 13-07-11 at 05:53 PM.
Reply With Quote
  #2  
Old 13-07-11, 06:07 PM
LewiesF
Guest
 
Posts: n/a
Default

Alla węreld, maar dis 'n netjiese, en veral besonderse, stukkie staal!
Reply With Quote
  #3  
Old 14-07-11, 09:13 AM
DavidB DavidB is offline
Member
 
Join Date: Nov 2009
Location: Rustenburg
Age: 47
Posts: 155
Default

Ek het die mes vir my seun gemaak vir sy 21ste verjaarsdag met sy naam en datum op.Die staal is 12c27 en die hef Ebony hout.Hy het nou nog sy mes wat ek vir hom gemaak het vir sy sestiende verjaarsdag,is self verbaas dat hy hom nog nie verloor het nie.Kinders kan mos maar losgat met dinge wees!
Attached Thumbnails
Campknive ebony.jpg  
Reply With Quote
  #4  
Old 14-07-11, 12:53 PM
Flip Marais's Avatar
Flip Marais Flip Marais is offline
Member
 
Join Date: Jul 2010
Location: Centurion
Age: 27
Posts: 865
Default

Vossie, daai is nou 'n mes waarop ek trots sal wees!
__________________
2001 Mitsubishi Colt 2.4i 4x4
Slightly battle scarred
Reply With Quote
  #5  
Old 14-07-11, 10:47 PM
LewiesF
Guest
 
Posts: n/a
Default

Quote:
Originally Posted by DavidB View Post
Ek het die mes vir my seun gemaak vir sy 21ste verjaarsdag met sy naam en datum op.Die staal is 12c27 en die hef Ebony hout.Hy het nou nog sy mes wat ek vir hom gemaak het vir sy sestiende verjaarsdag,is self verbaas dat hy hom nog nie verloor het nie.Kinders kan mos maar losgat met dinge wees!
Jislaaik Davis, maar dis iets om op trots te wees! Pragtig!
Reply With Quote
  #6  
Old 15-07-11, 05:42 AM
C Africa's Avatar
C Africa C Africa is offline
Member
 
Join Date: Jan 2009
Location: Pretoria
Age: 55
Posts: 1,123
Default

Ek het 'n hele laai vol messe, en daar is 'n paar baie netjiese goed daar in die versameling. Maar van al my messe is die een vir my van die meeste waarde.

Dit is 'n mes wat my pa gemaak het toe hy 'n jong man was (so dis nou seker so 65 jaar oud). Die mes het sy lewe begin as 'n vyl. Die hef is gemaak op 'n metode wat daai tyd "in" was, dit is van leer. Jy sny wielietjies leer, en pons 'n gat in die middel wat dan oor die fyl se hef druk. Deur die wielietjiese se grote te varieer, kry jy die hef gevorm.

Dan sny jy draad op die punt van die fyl, en die hele lot word gekompress en vasgehou deru die plaat op die kop wat geklink is.

Kyk maar na die prentjies, dan sal dit sin maak.

C
Attached Thumbnails
Knife 1.JPG   Knife 2.JPG   knife 3.JPG  
__________________
If you ain't livin on the edge, you're taking up too much space!
Reply With Quote
  #7  
Old 15-07-11, 08:25 AM
DavidB DavidB is offline
Member
 
Join Date: Nov 2009
Location: Rustenburg
Age: 47
Posts: 155
Default

Quote:
Originally Posted by LewiesF View Post
Jislaaik Davis, maar dis iets om op trots te wees! Pragtig!

Dankie LewiesF,dis veral lekker om te sien hy waardeer dit.
Reply With Quote
  #8  
Old 15-07-11, 08:27 AM
DavidB DavidB is offline
Member
 
Join Date: Nov 2009
Location: Rustenburg
Age: 47
Posts: 155
Default

Quote:
Originally Posted by C Africa View Post
Ek het 'n hele laai vol messe, en daar is 'n paar baie netjiese goed daar in die versameling. Maar van al my messe is die een vir my van die meeste waarde.

Dit is 'n mes wat my pa gemaak het toe hy 'n jong man was (so dis nou seker so 65 jaar oud). Die mes het sy lewe begin as 'n vyl. Die hef is gemaak op 'n metode wat daai tyd "in" was, dit is van leer. Jy sny wielietjies leer, en pons 'n gat in die middel wat dan oor die fyl se hef druk. Deur die wielietjiese se grote te varieer, kry jy die hef gevorm.

Dan sny jy draad op die punt van die fyl, en die hele lot word gekompress en vasgehou deru die plaat op die kop wat geklink is.

Kyk maar na die prentjies, dan sal dit sin maak.

C
Dit maak definitief sin.Ek is sekerlik jy heg baie sentimentele waarde daaraan.Ek sou!
Reply With Quote
  #9  
Old 15-07-11, 08:36 AM
hoenner's Avatar
hoenner hoenner is offline
Member
 
Join Date: Apr 2008
Location: Durbanville
Age: 32
Posts: 1,000
Default

Wow Vossie

Daai is 'n pragtige mes

Regtig spesiaal
__________________
Jacques Greyling
White 2002 105 GX 4500 EFI Toyota Land Cruiser
All that is necessary for evil to triumph is for good men to do nothing
Reply With Quote
  #10  
Old 15-07-11, 12:01 PM
vossie1's Avatar
vossie1 vossie1 is offline
Member
 
Join Date: Apr 2009
Location: SOMERSET WEST
Age: 37
Posts: 211
Default

C Africa dit is baie spesiaal,ek dink dis te maklik om iets oor die toonbank te koop deesdae,kyk in die ou dae moes jy maar self planmaak met wat jy het.Lekker om te le en wonder wa was daai ou mes al orals.
Reply With Quote
Reply

Bookmarks

Thread Tools
Display Modes

Posting Rules
You may not post new threads
You may not post replies
You may not post attachments
You may not edit your posts

BB code is On
Smilies are On
[IMG] code is On
HTML code is Off

All times are GMT +2. The time now is 02:49 AM.

Disclaimer and Terms of Service

Imvo Trading Solutions CC t/a 4x4Community.
PO Box 29132, Sunridge Park, Port Elizabeth, 6008, South Africa

Powered by vBulletin® Version 3.8.7
Copyright ©2000 - 2013, vBulletin Solutions, Inc.
Template-Modifications by TMS