logo

Go Back   4x4 Community Forum > General Category > Hobbies > Braai, cooking, recipies

4x4Community






 Image

Reply
 
Thread Tools Display Modes
  #1  
Old 06-02-11, 09:04 PM
bertus bertus is offline
Member
 
Join Date: Dec 2007
Location: nelspruit
Age: 57
Posts: 381
bertus Member
Default Ou tydse buite bakoond


Is daar iemand wat weet hoe om 'n bakoond te bou soos ouma grootjie sin. Nie 'n pizza oond nie. Dalk 'n foto van een. Enige inligting sal help.
Reply With Quote
  #2  
Old 27-02-11, 07:54 AM
James MacKay James MacKay is offline
Member
 
Join Date: Jun 2009
Location: Gaborone
Age: 45
Posts: 2,300
James MacKay Member
Default

Google it , there are a few idea's
Reply With Quote
  #3  
Old 27-02-11, 08:42 AM
Andre's Avatar
Andre Andre is offline
Member
 
Join Date: Sep 2006
Location: Kuils River
Age: 69
Posts: 3,488
Andre Member
Default

Foto op my swaer se plaas geneem. Die middelste een is die donkie.
Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	Plaas 008.jpg
Views:	590
Size:	114.8 KB
ID:	88235  
Reply With Quote
  #4  
Old 12-04-11, 07:23 PM
bertus bertus is offline
Member
 
Join Date: Dec 2007
Location: nelspruit
Age: 57
Posts: 381
bertus Member
Default

Andre jy sit met waardevolle inligting. Kry asb mates. Waarmee is hy gebou en hoe? Hoe lank maak hulle vuur? Of kan ek hom kontak? Ons kultuur gaan verlore!

My posts raak weg wat gaan verkeerd?
Reply With Quote
  #5  
Old 13-04-11, 07:48 AM
Ultimate Adventures's Avatar
Ultimate Adventures Ultimate Adventures is offline
Member
 
Join Date: Dec 2009
Location: 2546'5.66"S 2736'17.62"E
Age: 53
Posts: 183
Ultimate Adventures Member
Default

Die een hier by my op die plaas wat nou heel vervalle is was met rou bakstene gebou, Vuur is gemaak en as die oond te warm was is hy n rukkie gelos om af te koel tot dat jy jou hand vit 10 tellings daarin kon hou dan is die ventileer gat agter toegemaak die panne ingesit deur toegemaak en brood vir ongeveer 1 uur gebak. Deeg was met artappel suurdeeg geknie. Ek onhou nog hoe daai brood gesmaak het met varkvet, sout en peper !!!

__________________

Reply With Quote
  #6  
Old 13-04-11, 08:05 AM
galius's Avatar
galius galius is offline
RIP Oom Galius, 23Oct2013
 
Join Date: Aug 2010
Location: Wydsbeen
Age: 67
Posts: 1,549
galius Member
Default

Sovr ek kan onthou is die bakoond sommer met rou stene of klippe en klei gebou. Dit het 'n spesiale potyster deur gehad wat aan die bo-kant half boogagtig is en 'n luggat agter. Kan nie die mates onthou nie maar het die prentjie in my kop.

Ek is amper seker dat daar op KLEINPLASIE by Worcester 'n volledige een is wat in gebruik is

PS: Het nou Kleinplasie gegoogle - daar is 'n mooi voorbeeld

Last edited by galius; 13-04-11 at 08:15 AM. Reason: PS
Reply With Quote
  #7  
Old 13-04-11, 08:18 AM
C Africa's Avatar
C Africa C Africa is offline
Member
 
Join Date: Jan 2009
Location: Pretoria
Age: 56
Posts: 1,541
C Africa Member
Default

En as ek reg onthou, dan is een van die materiale wat vir die "stene" gebruik is, die grond van miershope af.

Daar was een op ons familie plaas, maar dis lank terug en ek kan nie detail onthou nie. Ek kan wel die brood en die "varkvet" doorop gesmeer met korrel konfyt onthou!!!!

Nou's ek honger!

C

__________________
If you ain't livin on the edge, you're taking up too much space!

Reply With Quote
  #8  
Old 13-04-11, 08:18 AM
stevan's Avatar
stevan stevan is offline
Member
 
Join Date: Oct 2010
Location: Bloemfontein
Age: 57
Posts: 1,204
stevan Member
Default

Rou stene en beesmis, of klei vir pleister. Die belangrikste is dat die oond eerstens moet ventileer om die vuur aan die gang te kry. Daarna moet die oond deeglik geseel word om hitte minstens 'n uur te hou. Mens kry los oond termometers te koop. Ek het rukkie gelede vir my 'n Welcome Dover gekoop en bak gereeld brood in hom. Mens kry later 'n gevoel vir die oond. Dis natuurlik 'n tydsame proses, neem amper 'n uur en 'n half se stook voordat hy warm genoeg is. (160 grade) ( of 6 biere ) Daar is dus baie kuier tyd. Daarna is die stoof plate lekker warm om koffie op te prut.

__________________
Pajero 3.2 GLS 2007 LWB &
Jeep Cherokee 2001 2.5 Diesel,
Platkar Swambo's Terios 4x4

Reply With Quote
  #9  
Old 20-04-11, 08:00 PM
witklipbank's Avatar
witklipbank witklipbank is offline
Commercial Member
 
Join Date: Dec 2009
Location: Delmas
Age: 55
Posts: 8,982
witklipbank Member
Default

Ek weet by muisboskerm aan die weskus bak hulle ook brood. As die oond lekker warm is, soos in lekker warm, haal hulle die stompe uit, maak die ventalasie toe, sit die brood in en bak vir 1 uur lank.

Gewoonlik bak brood by 180 grade vir 1 uur.

__________________
Elize

en ry saam met SarelF in
VW AMAROK MET BLINKGATCAMPER:
My Platkar:- Peugeot 208

Kyk gerus by www.blinkgatproducts.com
Vir enige aluminium produkte,canopy's, campers kontak gerus
Sarel 0828209413


Vir Tuinpotte en pavers - Kontak gerus Elize by 0827814327

Reply With Quote
  #10  
Old 20-04-11, 09:02 PM
DiscoMad's Avatar
DiscoMad DiscoMad is offline
Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Northumberland, Bellville
Age: 42
Posts: 1,957
DiscoMad Member
Default

Julle maak my honger. Bertus kontak Kleinplasie by Worcester gerus hulle sal vir jou al die mates en detail op leer kan gee met fotos.

__________________

Driven by passion
Jakes 071 9855 258
Reply With Quote
  #11  
Old 20-04-11, 10:56 PM
Mintaka's Avatar
Mintaka Mintaka is offline
Member
 
Join Date: Oct 2010
Location: Uitenhage
Age: 43
Posts: 179
Mintaka Member
Default Internet opsie

Ek het hierdie oondjie so twee jaar gelede gebou. Seker nie baie tradisioneel nie, want die "dome" is van vuurstene, en die mure is gemessel. Ek het vermiculite vir insulasie gebruik. Hy vat so 2-3 ure om te stook - maar jy kan 'n geweldige klomp kos in hom maak. Begin met pizza terwyl die vuur nog brand (400 grade werk goed) Braai dan vleis as die kole reg is. Ek het 'n lang rooster gesweis wat soos 'n laai inskuif. Jy hoef die vleis nie eers om te draai nie, want dit braai van alle kante af gelyk. Krap daarna die as uit en sit die suurdeegbrood in teen so 220 grade (maak natuurlik eers stoom vir daai lekker kors). Bak daarnaa die verrykte deeg brode of poedings of patats teen 180 grade. Daarna kan jy maar jou kasserolle ( heel hoenders, boud of 'n klein varkie) indruk, en hom deur die nag los. Doeksag en sappig volgende oggend. Ek gebruik 'n nat plank vir 'n deur, maar wil nog iets meer duursaam probeer maak. Groot pret. Ek sal maar moeilik kies tussen die houtoondjie of 'n mikrogolf as ek net een van die twee mag he!
Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	wfoven.jpg
Views:	401
Size:	141.9 KB
ID:	93681   Click image for larger version

Name:	casserole.jpg
Views:	358
Size:	96.5 KB
ID:	93682   Click image for larger version

Name:	suurdeeg.jpg
Views:	464
Size:	110.2 KB
ID:	93683   Click image for larger version

Name:	first light.jpg
Views:	342
Size:	61.8 KB
ID:	93684  

__________________
The universe is not required to be in perfect harmony with human ambition. - Carl Sagan


Last edited by Mintaka; 20-04-11 at 11:12 PM.
Reply With Quote
  #12  
Old 20-04-11, 11:15 PM
BushFire's Avatar
BushFire BushFire is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2010
Location: Port Elizabeth
Age: 38
Posts: 4,681
BushFire Member
Default

En waneer nooi jy my?? Daie oond lyk net reg vir "slow roasted lamb shank". Bliksem, kwyl ek nou!!!
Reply With Quote
  #13  
Old 20-04-11, 11:21 PM
Mintaka's Avatar
Mintaka Mintaka is offline
Member
 
Join Date: Oct 2010
Location: Uitenhage
Age: 43
Posts: 179
Mintaka Member
Default

Kan werk ... ons moet so 'n plan maak een naweek as dit te modderig is om rond te ry!

__________________
The universe is not required to be in perfect harmony with human ambition. - Carl Sagan

Reply With Quote
  #14  
Old 20-04-11, 11:24 PM
BushFire's Avatar
BushFire BushFire is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2010
Location: Port Elizabeth
Age: 38
Posts: 4,681
BushFire Member
Default

Quote:
Originally Posted by Mintaka
Kan werk ... ons moet so 'n plan maak een naweek as dit te modderig is om rond te ry!
It's a deal!! Don't forget now!! LOL
Reply With Quote
  #15  
Old 05-05-11, 08:38 AM
NetEddy's Avatar
NetEddy NetEddy is offline
Member
 
Join Date: Jan 2010
Location: Centurion
Age: 34
Posts: 1,529
NetEddy Member
Default

My Pa (72) het dieselfde ding gebou by ons huis in Bethlehem... Hy bak elke 3de dag brood (Dit was sy werk toe hy klein was omdat hy die oudste was, so hy ken die job baie goed en hy mos sjokolade koek bak vir elke verjaarsdag ook)

Sal hom vra vir resepte en fotos dan sal ek dit vir julle post.

__________________
Edu1 Erasmus
-Since 1980-


2014 Renault Duster 1.5 dCi 4WD
2012 Scott Aspect 30

Reply With Quote
  #16  
Old 07-05-11, 01:14 PM
NetEddy's Avatar
NetEddy NetEddy is offline
Member
 
Join Date: Jan 2010
Location: Centurion
Age: 34
Posts: 1,529
NetEddy Member
Default

Ok, so hier is die planne van hoe my Pa sn lyk. Hy het dit in 91 uit 'n tydskrif gekry en gebou presies volgens plan. Hy sal ook vir my die resep stuur vir aartappel suurdeeg maar hy reken dis baie makliker en beter om Anchor te gebruik.
Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	oond2.jpg
Views:	557
Size:	119.7 KB
ID:	95285   Click image for larger version

Name:	oond1.jpg
Views:	484
Size:	96.3 KB
ID:	95286  

__________________
Edu1 Erasmus
-Since 1980-


2014 Renault Duster 1.5 dCi 4WD
2012 Scott Aspect 30


Last edited by NetEddy; 07-05-11 at 01:43 PM.
Reply With Quote
  #17  
Old 07-05-11, 02:08 PM
IanG's Avatar
IanG IanG is offline
Maaaarrrssshhhaaaaaaallll
 
Join Date: Jan 2010
Location: East of PTA
Age: 31
Posts: 1,158
IanG Member
Default

Quote:
Originally Posted by NetEddy View Post
Ok, so hier is die planne van hoe my Pa sn lyk. Hy het dit in 91 uit 'n tydskrif gekry en gebou presies volgens plan. Hy sal ook vir my die resep stuur vir aartappel suurdeeg maar hy reken dis baie makliker en beter om Anchor te gebruik.
Thanks for the upload. Only problem is that the images are resized so it is very hard to read the details on the the first page. Could you maybe upload the images in a word doc or zip file please?

Thanks
Reply With Quote
  #18  
Old 09-05-11, 06:14 AM
NetEddy's Avatar
NetEddy NetEddy is offline
Member
 
Join Date: Jan 2010
Location: Centurion
Age: 34
Posts: 1,529
NetEddy Member
Default

The quality of the docs is not very good (I guess printing in 1991 wasn't as advanced as today). I have scanned it in Black and white and seems like it is clearer.
Attached Files
File Type: pdf img-509060749-0001.pdf (110.6 KB, 389 views)

__________________
Edu1 Erasmus
-Since 1980-


2014 Renault Duster 1.5 dCi 4WD
2012 Scott Aspect 30

Reply With Quote
  #19  
Old 09-05-11, 09:43 AM
IanG's Avatar
IanG IanG is offline
Maaaarrrssshhhaaaaaaallll
 
Join Date: Jan 2010
Location: East of PTA
Age: 31
Posts: 1,158
IanG Member
Default

Ta! Now I can actually read the article.

Thank you very much.
Reply With Quote
  #20  
Old 09-05-11, 11:23 AM
Driepie Driepie is offline
Member
 
Join Date: Jul 2010
Location: Nelspruit
Age: 58
Posts: 12
Driepie Member
Default

Jy kan die ding van amper enigiets bou, in die ou dae het hulle miershoop gebruik. Dit moet net goed geisoleer wees en die hitte binnehou . Ultimate adventures se raad oor die hand in die oond vir 10 tellings is reg . Ons bak nog gereeld brood by die geloftefees. Geniet dit
Reply With Quote
  #21  
Old 13-05-11, 06:51 AM
NetEddy's Avatar
NetEddy NetEddy is offline
Member
 
Join Date: Jan 2010
Location: Centurion
Age: 34
Posts: 1,529
NetEddy Member
Default

Hier is die resep vir aartappel suurdeeg asook vir 'n aartappel suurdeeg brood.

Aartappelsuurdeeg:
6g saamgeperste suurdeeg (1/4 van 25g koekie suurdeeg of teelepel korrelgis)
10ml suiker
1 medium aartappel
5 ml sout
Louwarm water

1.Meng die suurdeeg met die suiker.2.Skil die aartappel, rasper dit fyn en meng dit met die suurdeegmengsel.
3.Voeg die sout by en gooi die mengsel in n liter-vrugtefles.
4.Voeg genoeg louwarm water by om die fles tot te vul.
5.Bedek die bottel met die metaalskyf en plaas op n warm plek om te gis.
6.Vul die “plantjie “ na gebruik met dieselfde bestanddele, behalwe die suurdeeg, aan.
7.Wanneer geen suurdeeg benodig word nie, word die “plantjie”(ongeveer ) in die fles in die koelkas bewaar.


Aartappelsuurdeegbrood
300g koekmeel
3ml sout
250ml aartappels, fyngemaak
15ml botter
125ml aartappelsuurdeeg
Gesmelte botter

1`Sif die meel en sout saam.Meng dit deeglik met die aartappels en vryf die botter hierby in.
2.Gooi die aartappelsuurdeeg in die middel van hierdie bestanddele en knie die deeg totdat dit elasties is en van die kante van die bak loskom.
3.Bedek die deeg en laat dit in n warm plek staan om tot omtrent dubbel die grootte te rys.
4.Knie die deeg op n meelbestrooide oppervlak af.
5.Voorverhit die oond tot 200 grade C.
6.Plaas die deeg in n gesmeerde broodpan. Bedek en laat dit weer tot dubbel die grootte rys.
7.Smeer gesmelte botter bo-op die deeg en bak in die voorverhitte oond vir 1 uur. Die brood moet hol klink wanneer dit geklop word

__________________
Edu1 Erasmus
-Since 1980-


2014 Renault Duster 1.5 dCi 4WD
2012 Scott Aspect 30

Reply With Quote
  #22  
Old 05-08-11, 01:25 AM
Frankenstein Frankenstein is offline
Member
 
Join Date: Sep 2006
Location: Kersbrook, Australia
Age: 55
Posts: 79
Frankenstein Member
Default

My familie op Calvinia het gereeld, na die soetsuurdeeg brood gebak is, 'n skaapkop in die oond gesit vir ontbyt die volgende oggend. Ek moet erken dit was nie my ding nie, maar die brood met uitgebraaide skaapvet en appelkooskonfyt, en 'n beker soet swart koffie was wel!
Reply With Quote
  #23  
Old 05-08-11, 06:54 AM
janmarine3 janmarine3 is offline
Member
 
Join Date: Mar 2011
Location: Richards Bay
Age: 62
Posts: 22
janmarine3 Member
Default Sjoe...

Julle ouens maak mens honger , dors, jaloers , nostalgies en lus seimtaaim
Reply With Quote
  #24  
Old 05-08-11, 07:16 AM
LewiesF
Guest
 
Posts: n/a
Default

Quote:
Originally Posted by Ultimate Adventures View Post
Die een hier by my op die plaas wat nou heel vervalle is was met rou bakstene gebou, Vuur is gemaak en as die oond te warm was is hy n rukkie gelos om af te koel tot dat jy jou hand vit 10 tellings daarin kon hou dan is die ventileer gat agter toegemaak die panne ingesit deur toegemaak en brood vir ongeveer 1 uur gebak. Deeg was met artappel suurdeeg geknie. Ek onhou nog hoe daai brood gesmaak het met varkvet, sout en peper !!!
Dmit! Het jy enige idee wat daai beskrywing nou aan my doen? Njammies!
Reply With Quote
  #25  
Old 05-08-11, 07:25 AM
LewiesF
Guest
 
Posts: n/a
Default

Quote:
Originally Posted by NetEddy View Post
Hier is die resep vir aartappel suurdeeg asook vir 'n aartappel suurdeeg brood.

Aartappelsuurdeeg:
6g saamgeperste suurdeeg (1/4 van 25g koekie suurdeeg of teelepel korrelgis)
10ml suiker
1 medium aartappel
5 ml sout
Louwarm water

1.Meng die suurdeeg met die suiker.2.Skil die aartappel, rasper dit fyn en meng dit met die suurdeegmengsel.
3.Voeg die sout by en gooi die mengsel in n liter-vrugtefles.
4.Voeg genoeg louwarm water by om die fles tot te vul.
5.Bedek die bottel met die metaalskyf en plaas op n warm plek om te gis.
6.Vul die plantjie na gebruik met dieselfde bestanddele, behalwe die suurdeeg, aan.
7.Wanneer geen suurdeeg benodig word nie, word die plantjie(ongeveer ) in die fles in die koelkas bewaar.


Aartappelsuurdeegbrood
300g koekmeel
3ml sout
250ml aartappels, fyngemaak
15ml botter
125ml aartappelsuurdeeg
Gesmelte botter

1`Sif die meel en sout saam.Meng dit deeglik met die aartappels en vryf die botter hierby in.
2.Gooi die aartappelsuurdeeg in die middel van hierdie bestanddele en knie die deeg totdat dit elasties is en van die kante van die bak loskom.
3.Bedek die deeg en laat dit in n warm plek staan om tot omtrent dubbel die grootte te rys.
4.Knie die deeg op n meelbestrooide oppervlak af.
5.Voorverhit die oond tot 200 grade C.
6.Plaas die deeg in n gesmeerde broodpan. Bedek en laat dit weer tot dubbel die grootte rys.
7.Smeer gesmelte botter bo-op die deeg en bak in die voorverhitte oond vir 1 uur. Die brood moet hol klink wanneer dit geklop word
Dankie. Dit gaan ek probeer. 'n Vriendin van my vrou bak gereeld sulke beskuit - ek meen met daai suurdeeg. Hemels!
Reply With Quote
  #26  
Old 21-10-11, 08:49 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default Bakoond.

'n Regte traditionele bakoond is redelik eenvoudig om te bou. Maak net seker jy gebruik klei stene want dit is wat die hitte stoor en die oond lank genoeg warm hou.
Om die stene aan mekaar te heg, moet nie gewone bou sement gebruik nie. Dit bars van die hitte. Gebruik een deel sement, 2 dele sand en 2 dele klei. As jy kan, vervang die klei met die grond van 'n miershoop. Dit werk nog beter.
Jou oond moet die vorm kry van 'n deurgesnyde pyp wat bo-op twee lae muurtjies l. As jy nie kans sien om die boog dak met stene te bou nie is dit 'n maklike oplossing om 'n stormwaterpyp van die deursnee wat jy nodig het deur te sny en bo op die twee sy mure vas te messel.
As jy vir die stene gaan, sny 'n boog-vorm uit hout uit hout uit en messel die stene dan een ry op 'n slag bo oor die hout. Werk van weers kante af sodat die boonste steen laaste ingesit word. Die laaste steen moet gesny word om presies in die oorblywende opening tussen die ander stene te pas. Dit is wat die hele boog aan mekaar hou. Haal dan die hout boog versigtig uit. (Dit help as twee stene onder die hout boog geplaas is. Dan kan jy die stene uit trek en die hout versigtig laat sak om dit uit te kry.) Skuif dit 'n baksteen breedte aan en bou die volgende boog. Wanneer jy klaar is, is die groot geheim van die tradisionele bakoond om die hele oond met 'n dik laag klei te bedek. jy kan hier ook miershoop gebruik wat met water gemeng is. Dit isoleer die oond en help om die hitte te hou. Pleister dan die oond met gewone sement pleister terwyl die klei nog nat is, om dit weerbestand te maak.

As jy meer hulp nodig het is jy welkom om my te e-mail.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #27  
Old 24-10-11, 09:36 PM
witklipbank's Avatar
witklipbank witklipbank is offline
Commercial Member
 
Join Date: Dec 2009
Location: Delmas
Age: 55
Posts: 8,982
witklipbank Member
Default

Is jou oond al gebou en bak jy al brood?

__________________
Elize

en ry saam met SarelF in
VW AMAROK MET BLINKGATCAMPER:
My Platkar:- Peugeot 208

Kyk gerus by www.blinkgatproducts.com
Vir enige aluminium produkte,canopy's, campers kontak gerus
Sarel 0828209413


Vir Tuinpotte en pavers - Kontak gerus Elize by 0827814327

Reply With Quote
  #28  
Old 25-10-11, 10:15 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Ek het pas in 'n nuwe huis ingetrek. Op die oomblik is ek besig om 'n nuwe beton vloer in my workshop te gooi, want die bestaande vloer breek stukkend wanneer ek lemme smee met die hamer. Sodra die vloer klaar is begin ek ek bou aan my nuwe oond en braaiplek.

Die keer gaan dit nie 'n gewone bakoond wees nie, maar meer 'n hibriede tussen 'n bakoond en 'n pizza oond want die kinders wil pizza maak in die oond. Pas my eintlik goed want pizza word baie warmer gebak as brood. As hulle klaar is met die pizza druk ek sommer 'n "roast" in die oond vir die volgende dag terwyl dit genoeg afkoel tot op brood bak temperatuur en dan gaan my brood in die oond. Sommer drie goed met een vuurmaak slag klink vir my energie doeltreffend.

Ja, ek hou van kook en veral van brood bak. Die beste brood onder die son, in my opinie is 'n "sour dough" 70% rogmeel 30% broodmeel wat binne in 'n platboom giet-yster pot in 'n bakoond gebak is.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #29  
Old 27-10-11, 01:56 PM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default Bakoond

Het twee prentjies hier om 'n idee te gee hoe 'n tradisionele bakoond aanmekaar steek.


Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	Bakoond 1.jpg
Views:	2175
Size:	61.0 KB
ID:	118435   Click image for larger version

Name:	bakoond 2.jpg
Views:	2099
Size:	24.5 KB
ID:	118436  

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #30  
Old 07-11-11, 10:49 AM
stevan's Avatar
stevan stevan is offline
Member
 
Join Date: Oct 2010
Location: Bloemfontein
Age: 57
Posts: 1,204
stevan Member
Default

Hoe verskil jou oond van 'n pizza oond? Het jy dalk mates van die oond?

__________________
Pajero 3.2 GLS 2007 LWB &
Jeep Cherokee 2001 2.5 Diesel,
Platkar Swambo's Terios 4x4

Reply With Quote
  #31  
Old 07-11-11, 11:01 AM
NetEddy's Avatar
NetEddy NetEddy is offline
Member
 
Join Date: Jan 2010
Location: Centurion
Age: 34
Posts: 1,529
NetEddy Member
Default

Bladesmith, dink jy nie jou oond is bietjies te lank nie (of is dit maar net die prentjie wat dit so laat lyk ?)

__________________
Edu1 Erasmus
-Since 1980-


2014 Renault Duster 1.5 dCi 4WD
2012 Scott Aspect 30

Reply With Quote
  #32  
Old 07-11-11, 03:49 PM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Steven. Die basiese bou materiaal is min of meer dieselfde maar 'n bakoond is heelwat smaller as 'n pizza oond omdat jy die vuur uithaal voor jy bak. Met 'n pizza oond is die vuur binne terwyl jy pizza maak so jy het genoeg spasie nodig om ten minste 2 pizzas op 'n slag in te pas sonder dat hulle te naby aan die vuur kom. Om die rede is pizza oonde gewoonlik rond en bak oonde langwerpig.
Ek het onlangs getrek so ek het nie prentjies van 'n oond nie maar het die naweek fondasies gegooi vir wat die keer 'n braai plek en pizza oond gaan wees. (Kinders wil pizza maak en bakoond gaan nie daarvoor werk nie. Gelukkig kan jy brood in die pizza oond bak na die pizzas klaar is en die vuur uitgekrap is want pizza bak teen warmer temperatuur as brood.)

Mates is 'n persoonlike voorkeur. Jy soek die lengte van die oond so dat jy jou brood panne gemaklik in die oond kan sit sonder om te brand en so dat jy twee panne langs mekaar kan inpas met so 4cm speling tussen die panne en die muur en tussen die panne. My bak oond kon 4 standaard broodpanne hou. As jy die oond langer maak as wat jy kan bykom dan moet jy weer 'n spaan maak om panne in en uit te kry. Hoe groter en langer die oond, hoe meer hout het jy nodig om dit warm genoeg te kry so moet dit nie groter maak as wat jy nodig het nie.

Myne was seker so 1,5m lank insluitende die skoorsteen en omtrent 45 - 50cm binnemaat in die breedte.

Sal so nou en dan 'n foto van my vordering met die nuwe oond pos.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #33  
Old 07-11-11, 03:51 PM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Ja. Die prentjie was so bietjie vinnig geteken en dit lyk bietjie langer as wat dit is. Die sy aansig is nader aan die waarheid. Die oorspronklike oond was so 1,5m lank.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #34  
Old 08-11-11, 08:05 AM
stevan's Avatar
stevan stevan is offline
Member
 
Join Date: Oct 2010
Location: Bloemfontein
Age: 57
Posts: 1,204
stevan Member
Default

Baie dankie vir die inligting. Ek het ook die voorreg van plaasbrood in 'n buiteoond met sagte skaapvet en Golden syrup as kind geniet. Dit was groot brode amper dubbeld 'n kafeebrood. Wonder of mens nog sulke panne sal kry? Die bakgogga het my ook nou gehap.

Ek is besig om my braai oor te doen, met 'n bak/pizzaoond. Tans bak ek in 'n Wecome Dover, maar die oondjie is bietjie knap.

Mens sal seker 'n lamsboudjie ook in so 'n oondjie kan gaarkry?, dink net jy sal jou stook moet ken.

Ek gaan julle nog pla vir resepte, moet net eers die planne en bouery klaar kry.

__________________
Pajero 3.2 GLS 2007 LWB &
Jeep Cherokee 2001 2.5 Diesel,
Platkar Swambo's Terios 4x4

Reply With Quote
  #35  
Old 08-11-11, 08:23 AM
Peter Shunn's Avatar
Peter Shunn Peter Shunn is offline
Member
 
Join Date: Jun 2011
Location: Germiston
Age: 57
Posts: 22
Peter Shunn Member
Default

Ek het a pizza oond by my vorige huis gebou. Ek het 'n hoop sand in die form van die "dome" gepak, gedek met plastic en die stene daarop gebou. Nadat die sement droeg was, het ek die sand uitgegrawe en met "n tuinslang skoongemaak. Dit kan dalk ook werk vir die bakoond.
Reply With Quote
  #36  
Old 08-11-11, 08:24 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Stevan. Jammer maar jy sal sulke panne moet laat maak. Die ou mense het niks gemors nie, en hulle het die blikke waarin hulle paraffien gekoop het se een sy afgesny en dan die blikke gebruik vir brood panne. Kar olie het ook in sulke blikke gekom tot plastiek oorgeneem het. As jy so groot pan soek sal jy maar 'n stuk "sheet metal" moet koop en dit self maak.

As jy pizza gebak het sal jou oond nog warm genoeg wees om jou lamsboud gaar te maak, en wanneer dit genoeg afgekoel het dan druk jy sommer die brood pan langs die lamsboud in en daar is jou volgende ete sommer ook klaar. Lamsboud en warm brood. Water my se bek darm nou.
Hierdie links is 2 nice resepte boeke en dis gratis aflaaibaar. Gaan krap sommer bietjie op forno bravo se site rond. hulle spesialiseer in die pompei oond maar die beginsels van bou, isolasie ens bly dieselfde, maak nie saak watse oond jy bou nie.
http://www.fornobravo.com/store/Wood...f-p-16250.html
http://www.fornobravo.com/store/Wood...f-p-16256.html

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #37  
Old 08-11-11, 08:26 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Ja, dit werk, maar dis 'n klomp werk om daai sand weer uit te haal, en dan sit jy met die sand opgeskeep as jy dit nie vir iets anders nodig het nie. Maar my persoonlike voorkeur, maar dis nie so moeilik om boog te bou sonder iets daaronder nie.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #38  
Old 08-11-11, 11:16 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Wil net iets noem wat ek vergeet het. As jy besluit om 'n pizza oond te bou en ook daarin wil bak moet jy dit so bou dat jy 'n deur kan in sit om die hitte te hou terwyl jy bak. 'n Pizza oond se skoorsteen sit voor die oond in die boog van die ingang. Maak seker jy maak die opening van die skoorsteen 'n entjie van die oond se opening sodat, wanneer jy die deur in sit, dit verby die skoorsteen se inlaat is, dan hoef jy nie nog die skoorsteen ook toe te maak nie.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #39  
Old 09-11-11, 08:18 AM
stevan's Avatar
stevan stevan is offline
Member
 
Join Date: Oct 2010
Location: Bloemfontein
Age: 57
Posts: 1,204
stevan Member
Default

Baie dankie vir al die inligting, sal julle so teen Jun/Jul laat weet, en kiekies van die lekker kos stuur. As julle nie fotos sien nie, was die eerste pogings brandoffers

__________________
Pajero 3.2 GLS 2007 LWB &
Jeep Cherokee 2001 2.5 Diesel,
Platkar Swambo's Terios 4x4

Reply With Quote
  #40  
Old 09-11-11, 08:29 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Jy kan maar fotos van die brandoffers ook wys. Ha ha ha. Nee, as jy gaan brood bak werk dit so. Die oond is reg as jy jou hand vir so 7 sekondes in die oond kan hou voor dit brand. Vir 'n roast omtrent 5 sekondes. (Hang natuurlik af hoe hard jou hande is. Ek smee messe en die hande is redelik hitte bestand. Jy sal dalk so 'n sekond of twee moet aftrek as jou hande nie hard is nie.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #41  
Old 10-11-11, 10:06 AM
stevan's Avatar
stevan stevan is offline
Member
 
Join Date: Oct 2010
Location: Bloemfontein
Age: 57
Posts: 1,204
stevan Member
Default

Hoop nie dis 'n simpel vraag nie, maar moet die dak rond wees, of kan dit vierkantig wees.

__________________
Pajero 3.2 GLS 2007 LWB &
Jeep Cherokee 2001 2.5 Diesel,
Platkar Swambo's Terios 4x4

Reply With Quote
  #42  
Old 10-11-11, 11:34 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

My ouma se oond het 'n vierkantige dak gehad, maar sy het gekla oor koue kolle in die oond. Ek dink die lug sirkuleer beter met die ronde dak wat 'n meer egalige hitte verspreiding gee.
Die ander rede vir die dak met 'n boog is dat dit redelik maklik met stene gebou kan word. Sodra jy vir 'n plat dak gaan begin jy praat van staal versterking in die dak. As jy wil gaan vir 'n plat dak stel ek voor dat jy dit met beton maak. Bou eers jou mure klaar en meet dan die presiese grootte wat jou dak moet wees en maak vir jou 'n vorm met hout wat dieselfde grootte is. Gooi die beton omtrent 'n baksteen dikte met "re-inforcing bar" in die middel. Die re-bar moet in die lengte en breedte geplaas vord sodat dit blokkies van so omtrent 10x10cm maak. As jy beton vloer stutte kan kry kan jy die ding sommer direk bo-op die mure giet. As jy dit egter apart op die grond doen gaan jy omtrent ses man nodig kry om dit op die muur te tel wanneer dit hard is. Baie belangrik. Beton moet nat gehou word vir die eerste drie dae anders is dit nie sterk nie. Dit moet nie geskuif word voor 'n week om is nie want dit bereik eers behoorlike sterkte na omtrent 'n week.
Beton is minder hitte bestand as klei stene en gaan ook nie soveel hitte hou nie wat ook teen die beton tel.

Ek sou liewer vir die boog vorm gaan en alles met stene doen maar die keuse is joune. Doen wat die beste vir jou werk en die maklikste vir jou is. As jy 'n oond met "hot spots" het kan jy net al die panne halfpad deur die bak proses omdraai dan is dit nie regtig 'n probleem nie.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #43  
Old 10-11-11, 11:46 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Net 'n vinnige tip wat ek by 'n ou Duitse tannie in Namibie geleer het. (Toe nog Suid-Wes). Die duitsers is bekend vir hulle heerlike koeke, klein gebak en brode. Hier is die tip. Jy bak nie met koekmeel nie want omdat dit so fyn gemaal word word dit warm tydens die maal proses wat van die protein verbindings in die meel beskadig. Dit het onder andere 'n invloed op die glutien wat baie belangrik is vir die tekstuur van jou gebak. Hulle bak alles met broodmeel, of dit nou brood, koek of pannekoek is. Ek gebruik nou al jare net broodmeel vir alles en ek kan getuig, dit bak beter.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #44  
Old 10-11-11, 03:03 PM
stevan's Avatar
stevan stevan is offline
Member
 
Join Date: Oct 2010
Location: Bloemfontein
Age: 57
Posts: 1,204
stevan Member
Default

Baie dankie vir tip, ek sal ook probeer vir die koepel dak met stene. Ek gaan al jou tips vir die bouer gee,
1. Kleistene
2. 1:2:2 verhouding sement sand en klei
3. Koepeldak
4. Ordentlike deur voor wat dig sluit.
5. Pleister binnekant met klei

Is dit nogig vir ventilasie gat aan agterkant?

Ek wens jy het in Bloemfontein gebly. Jy kom nie dalk gereeld in die geweste nie?

__________________
Pajero 3.2 GLS 2007 LWB &
Jeep Cherokee 2001 2.5 Diesel,
Platkar Swambo's Terios 4x4

Reply With Quote
  #45  
Old 10-11-11, 04:04 PM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Stevan. Moet nie binne pleister met klei nie. dit sal afskilfer as die oond warm is en in jou kos val. As jy binne die oond kyk moet jy net die skoon bakstene sien, veral by die dak gedeelte want die feit dat jy 'n kurwe bou sal maak dat daar feitlik geen sement tussen die bakstene is nie omdat die sement in die vorm van 'n wig tussen die stene sit as jy 'n boog bou.

Die laag klei pleister moet bo-oor die bakstene kom (Aan die buitekant van die oond as isolasie) Jou bakstene moet juis kan warm word sodat hulle die hitte weer in die oond uitstraal terwyl jy bak. Onthou om die klei stene in water te week voor julle begin bou anders klou die sement ne lekker daaraan vas nie.

As jy na die lelike skets kyk wat ek gestuur het sal jy sien die ventilasie agter word deur die skoorsteen verskaf. As jy 'n pizza oond bou met die skoorsteen voor by die deur is ventilasie agter nie nodig nie. Warm lug beweeg by die boonste helfte van die opening uit en die koue vars lug beweeg deur die onderste helfte in en sirkuleer mooi deur die oond in die proses.

Ek is bevrees, ek was laas in Bloemfontein in 1985 met die SA Nationale Bisley skiet kampioenskappe waaraan ek deelgeneem het.

Bly maar die vrae gooi as jy oor iets wonder. Ek wil nie maak of ek alles weet nie, maar wat ek weet deel ek graag. As jy dalk 'n ding wat hulle "refractory cement" noem in die hande kan kry is dit die heel beste om tussen die klei bakstene te gebruik maar dit is redelik duur. Ongeveer R400,00 per 40kg sak. Dit word in die mynwese gebruik om "furnaces" te bou en is totaal hitte bestand. As jy nie kan kry nie of dit is te duur, bly by die sement, sand en klei mengsel. Dit is heeltemal goed genoeg vir 'n oond wat jy net een keer 'n week gebruik.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #46  
Old 11-11-11, 08:23 AM
stevan's Avatar
stevan stevan is offline
Member
 
Join Date: Oct 2010
Location: Bloemfontein
Age: 57
Posts: 1,204
stevan Member
Default

Baie dankie vir die hulp. Ons begin Feb 2012 bou en is tans in die beplanningsfase. Dit sal seker my laaste bouprojek wees, so alles wat ons altyd wou doen as ons groot is, moet nou realiseer. My braaiplek en SWAMBO se kombuis is baie ho priorityd. Ons is buitemense, so ons kuier en kook verkieslik buite oor naweke, veral in die somer. Ek sal definitief van jou kennis gebruik maak.

__________________
Pajero 3.2 GLS 2007 LWB &
Jeep Cherokee 2001 2.5 Diesel,
Platkar Swambo's Terios 4x4

Reply With Quote
  #47  
Old 11-11-11, 04:12 PM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Net 'n voorstel. Ek is in die bevoorregte posisie dat ek die goed self kan smee, maar kyk of daar nie nog 'n ou is wat smee werk daar in jou omgewing doen nie, dan kry jy hom om sommer vir jou die tools vir die braai plek te smee. Ek praat van 'n "poker", 'n ding om jou kole mee mooi gelyk oop te krap ens. As jy dit het dan beplan jy jou braai so dat jy sommer yster hake in die muur inbou om jou braai gereedskap aan op te hang. Vir jou oond gaan jy dalk 'n plat spaan nodig kry om pizzas of panne te skuif en op te tel as die oond te groot is om alles met die hand by te kom.
Click image for larger version

Name:	Braai uitleg.jpg
Views:	327
Size:	49.3 KB
ID:	120395
Hierdie is my plan vir my braai plek en pizza oond. Die fondasies is reeds gegooi en ek sal miskien al hierdie naweek begin bou aan die mure. Ek het nie heeltemal by die plan gehou nie maar het die werksblad dieselfde breedte as die braai plak gemaak.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB


Last edited by Bladesmith; 11-11-11 at 04:15 PM.
Reply With Quote
  #48  
Old 06-12-11, 08:35 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Dis hoe ver ek nou al gevorder het. Gaan maar stadig want ek bou man alleen en dis harde werk om die beton te meng. Dan foeter die reen my ook so bietjie rond.
Click image for larger version

Name:	braai area.jpg
Views:	168
Size:	148.3 KB
ID:	123364
Heel links gaan die braai plek wees, langs dit 'n werks oppervlak/ plek om nog 'n paar potjies te kook as plek in die braai te min is. As ek regtig uithak kook ek sommer ses potte gelyk.
Heel regs en onder is die gedeelte vir die pizza oond met die re-bar in posisie net reg vir die beton.
Click image for larger version

Name:	Pizza oven re-bar.jpg
Views:	117
Size:	129.5 KB
ID:	123365

Ek het gister aand die "slab" vir die pizza oond gegooi. (Dankie tog ek is nou klaar met die beton werk. Nou wag ek 2 weke vir alles om mooi hard te word voor ek verder bou. Moet nou eers bietjie konsentreer op uitstaande mes bestellings.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB

Reply With Quote
  #49  
Old 06-12-11, 08:48 AM
mygoggie's Avatar
mygoggie mygoggie is offline
Member
 
Join Date: Aug 2009
Location: Port Elizabeth
Age: 51
Posts: 397
mygoggie Member
Default

Klink na lekker projek. Ek het al 'n paar in my lewe gebou. Die geheim is om die swaarste stene te gebruik wat jy kan in die hande kry. Hooghoondstene werk nie, want dis te hard en hou nie hitte nie. Jy soek eintlik amper rou kleinstene.

Bou twee lae van die stene reg rondom, onder, kante en koepeldak. Moenie gewone sement gebruik nie. Kry vir jou 'n sak hoogoondsement. Iemand hier sal weet waar.

Indien jy nie kan kry nie, vat gewone potklei en meng dit met baie fyn riviersand en GEBLUSTE kalk. Bou dan hiermee. Dit sal nie kraak as dit warm word nie.

As jy wil fancy raak, laat lug spasie tussen die twee lae wat die koepeldak maak en bou 'n gat voor in die oond en laat die spasie in die skoorsteen inloop. Dit maak dat die warm lug van voor af deurtrek tussen die twee lae en agter in die skoorsteen uitgaan. Die oond het dus nie 'n direkte gat agter wat in die skoorsteen ingaan nie. Die maklikste om die te doen is om die eerste koepellaag te bou, dan 'n 25mm laag styrofoam neer te sit en bo-op dit dan te bou. As alles mooi droog is (so 7 dae, gooi petrol in die skoorsteen af en dit los die styrofoam op.

Vir 'n deur is 'n gewone sinkplaat of self stuk hout heel OK. Jy gaan nooit die deur gebruik as daar kole of vlamme in die oond is nie.

Vra gerus as jy vasbrand en geniet dit!
Reply With Quote
  #50  
Old 06-12-11, 09:16 AM
Bladesmith's Avatar
Bladesmith Bladesmith is offline
Member
 
Join Date: Oct 2011
Location: Johannesburg
Age: 47
Posts: 95
Bladesmith Member
Default

Ek het self al 'n paar gebou en gebruik, so ek weet van die stene. Hoogoond stene is ontwerp om te isoleer, dis hoekom hulle geen hitte hou nie. Het reeds my klei stene. Die "refractory cement" kry ek by Vereeniging refactories. (Ek is betrokke in mynbou en bou ook oonde vir die smee van messe omdat mes maak my stokperdjie is, so ek weet waar om hitte bestande goed te kry.)
Ek span egter ook 'n bietjie moderne tegnologie in vir hitte retensie, met die gevolg dat die dubbel muur onnodig is.
Onder die vloer en bo-oor die die koepel gaan ek 'n laag "Mandoville Vermiculite" sit. Dit word met net genoeg sement gemeng om dit te bind en dan gooi jy dit ongeveer 'n baksteen dikte om hitte uitstraling te beperk. Die oond hou hiermee sy hitte omtrent twee keer langer.

Ek bou die koepel sonder ondersteuning daaronder. Net die laaste drie rye stene bo op die koepel word gestut van onder totdat die sluit steen ingesit is. Dit is regtig heel eenvoudig en spaar mens die moeite om 'n vorm te bou. Om die korrekte boog vorm te kry gebruik mens net 'n hout wig wat teen die regte hoek gesny is om die stene teen die regte hoek vas te sit.

Jou pot klei mengsel weet ek werk uit ondervinding uit. 'n Mens kan die kalk in die mengsel vervang met sement as jy die koepel sonder 'n vorm bou, anders vat dit te lank om te set met die gevol dat die stene nie teen die regte hoek bly wanneer jy die hout wig uithaal nie.

__________________
Bladesmith.
Series 2A SWB


Last edited by Bladesmith; 06-12-11 at 09:23 AM.
Reply With Quote
Reply

Bookmarks

Thread Tools
Display Modes

Posting Rules
You may not post new threads
You may not post replies
You may not post attachments
You may not edit your posts

BB code is On
Smilies are On
[IMG] code is On
HTML code is Off


Similar Threads
Thread Thread Starter Forum Replies Last Post
Sorento buite temperatuur meter probleem Rensen Kia 0 17-10-09 12:39 PM
H2F's Namibia Trip Report Uys Namibia 22 12-01-09 09:40 PM




All times are GMT +2. The time now is 07:03 PM.

Disclaimer and Terms of Service

Imvo Trading Solutions CC t/a 4x4Community.
PO Box 29132, Sunridge Park, Port Elizabeth, 6008, South Africa


Powered by vBulletin® Version 3.8.8 Beta 4
Copyright ©2000 - 2014, vBulletin Solutions, Inc.
Template-Modifications by TMS