Sommige roete-eienaars het ook meer as een roete en dan word dit moeilik om al die inligting met die tekentjies weer te gee wat aandui wat 'n mens nodig het en wat nié. Ek het hulle nog nie self gery nie

, maar ek weet my oom-hulle het twee sulke roetes. In die
WegRy word dit in een advertensie aangedui as 'n graad 2-4, met begeleiding en sonder begeleiding, geskik vir
soft-roaders 
,
low range noodsaaklik

en
high clearance ook noodsaaklik

. Ek kan net aanneem dat die een 'n maklike roete is en die ander een moeiliker, of dat 'n mens een of albei van hulle tot op 'n sekere punt kan ry waar die
soft-roaders moet omdraai en terugkom.
Spike, it looks like there's quite of a bit of driving to do at Wiesenhof. I understand they have cheetahs there too...