logo

Go Back   4x4 Community Forum > General Category > The 4x4 Pub

4x4Community






The 4x4 Pub Off topic chat area, from the latest to IT questions may be posted here. Please keep it clean and family orientated, or your post WILL be deleted.
Joke and funny picture threads are not welcomed, and will be removed without notice.

 Image

Reply
 
Thread Tools Display Modes
  #1  
Old 29-08-11, 07:41 AM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default Groente Tuin / Vegetable Garden


Wie van julle ouens het ook n goente tuin agter jou huis? Ek het verlede jaar met die projek begin en ten spyte van baie swak beplanning as gevolg van onkunde het ek nogsteeds baie groente gekry uit my tuin uit.
Die jaar het ek dit baie anders beplan, so 3 weke terug het ek my saadjies in hierdie swart plastic bakkies geplant en die is amper reg om uit te plant in die grond.
Op die staduim beplan ek dievolgende: tamaties, komkommer, blaarslaai, pattypans, baby marrows, wortels, spanspek(hoop dit groei), chillies, bietjie kruie, boontjies, eiervrug en peppers.
Het ook uitgevind dis goed om Afrikaanertjies tussen die groente te plant, hou glo die goggas weg... so ek plant die blommetjies ook.
Ek het laas jaar gesien die pattypans, babymarrows, komkommer en tamaties hou die wan water op hulle blare nie, hoe maak julle ouens om roes te voorkom?
Dan ook, met die tamaties - ek het baie gesukkel om die tamaties te laat rank, die goed wil net nie op nie... hoe maak mens om hulle in die lug te hou?

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #2  
Old 29-08-11, 07:57 AM
Uys's Avatar
Uys Uys is offline
Commercial Member: Stofpad Products
 
Join Date: Feb 2008
Location: Centurion
Age: 37
Posts: 11,428
Default

Cobus.

Ja, ons het ook so projekkie, het seker so 60m2 om te plant, so ek het lekker spasie. Die tamaties, sny die onderste takke teen die stam af, hou hulle skoon so 20-30 cm bo die grond. Dit keer roes en siekte en laat hulle ook hoer groei.

Ek het 'n ander probleem, die tarentale skrop die saad en plantjies uit. Maar hulle het voorkeur op my erf bo groente.....
Reply With Quote
  #3  
Old 29-08-11, 08:02 AM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

Shoe, jy het lekker baie plek - ek het seker so 20m2 - maar werk nog steeds baie goed.
Ek het darem nie die tarentaal probleem nie... skiet die goed dan het jy vleis saam het die groente... LOL
Sal die tamaties onder skoon hou, maar ondersteun jy hulle met n pen of iets om regop te hou?

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #4  
Old 29-08-11, 08:07 AM
Die Skim's Avatar
Die Skim Die Skim is offline
Member
 
Join Date: Apr 2009
Location: Nelspruit
Age: 32
Posts: 5,179
Default

Navigator, het jy iets waarteen die tamaties kan rank? Onthou hulle het nie ankerkies soos bv druiwe wat aan iets kan vashou nie, en teen iets kan oprank nie. jy moet maar vir hulle is stelseltjie bou met paa;tjies en draad en soos die stingels langer word moet jy julle self opvleg teen jou stelsel/stelasie.


Mens kan nie baie mooi sien nie, maar meeste stelsels het teer pale so elke 3m of so uit mekaar en drade gespan tussen die pale. jy moet op elke hoogte, so 300mm uit mekaar, 2 drade span, een aan die een kant van die pale en een draad aan die ander kant. Dan soos jou plant grooter word druk jy hom van onder af tussen die twee drade op. Jy kan julle ook liggies vasmaak met toukies on in plek te bly. Moenie styf vasmaak nie, laat genoeg speling vir die plant om te groei en nie te wurg as die stam dikker word nie.
Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	imagesCAAIXBV5.jpg
Views:	3342
Size:	15.9 KB
ID:	110708  

__________________
Pat

Prado 3.4 V6, OME + Spacer lift, Cooper STT, Safari Snorkel, VHF.....
Buell Xb12Ss


Last edited by Die Skim; 29-08-11 at 08:21 AM.
Reply With Quote
  #5  
Old 29-08-11, 08:16 AM
Uys's Avatar
Uys Uys is offline
Commercial Member: Stofpad Products
 
Join Date: Feb 2008
Location: Centurion
Age: 37
Posts: 11,428
Default

Quote:
Originally Posted by Navigator View Post
Shoe, jy het lekker baie plek - ek het seker so 20m2 - maar werk nog steeds baie goed.
Ek het darem nie die tarentaal probleem nie... skiet die goed dan het jy vleis saam het die groente... LOL
Sal die tamaties onder skoon hou, maar ondersteun jy hulle met n pen of iets om regop te hou?

Gaan in die aand, dan tel jy black wattle stokke op daar in Lyttleton weg op die hoek by Kia. Daar waar hulle daai trellise in die dag vleg, dan bou jy twee rame so 300mm uitmekaar weerskante van die tamaties. Laat hulle dan daarin groei.
Reply With Quote
  #6  
Old 29-08-11, 08:31 AM
Die Skim's Avatar
Die Skim Die Skim is offline
Member
 
Join Date: Apr 2009
Location: Nelspruit
Age: 32
Posts: 5,179
Default

Of as jy vir jou 'n paar meter van die blokkies draad kan kry en span kan dit ook goed werk. Hoe groter die blokke hoe beter.

Jy kry verskillende cultivars tamaties en party sal nie so hoog rank soos ander nie. Van die nuwers kultivars wat gekweek word om baie hoę opbrengs te gee kan ook baie hoog "rank", maar dit is baie keer die tamaties wat nie veel smaak het nie.
Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	images[1] (2).jpg
Views:	2903
Size:	7.4 KB
ID:	110709  

__________________
Pat

Prado 3.4 V6, OME + Spacer lift, Cooper STT, Safari Snorkel, VHF.....
Buell Xb12Ss

Reply With Quote
  #7  
Old 29-08-11, 08:31 AM
JohnyB's Avatar
JohnyB JohnyB is offline
Member
 
Join Date: May 2011
Location: Benoni
Age: 42
Posts: 29
Default

Ek maak saaibakkies met koerant papier. Kry so 'n stukkie 50mm pvc pyp, vou dan koerant dubbel en om die een kant van die pyp, haal af en vul met gront wanneer jy saai. Dan hoef jy nie die plantjies te pla wanneer dit groot genoeg is om uitgeplant te word nie, sit dit net so in beddings in.
Reply With Quote
  #8  
Old 29-08-11, 08:32 AM
NetEddy's Avatar
NetEddy NetEddy is offline
Member
 
Join Date: Jan 2010
Location: Centurion
Age: 33
Posts: 1,529
Default

Tarentale ? Om die erf skoon te hou etc ?

Ek beplan ook 'n groentetuin op my nuwe erf... het lekker groot spasie vir dit uitgesit asook 'n lekker stuk vir 'n astroturf putting green en sand bunkers...

__________________
Edu1 Erasmus
-Since 1980-


2014 Renault Duster 1.5 dCi 4WD
2012 Scott Aspect 30

Reply With Quote
  #9  
Old 29-08-11, 09:36 AM
KobusDJ's Avatar
KobusDJ KobusDJ is offline
Member
 
Join Date: Sep 2006
Location: Gaborone, Botswana
Age: 51
Posts: 2,756
Default

Ons het altyd so klompie riete in die vlei/spruit gaan sny. Met riet en tou/draad kan jy omtrent enige raam/stellasie bou.

__________________
Kobus

Reply With Quote
  #10  
Old 29-08-11, 09:38 AM
Uys's Avatar
Uys Uys is offline
Commercial Member: Stofpad Products
 
Join Date: Feb 2008
Location: Centurion
Age: 37
Posts: 11,428
Default

Quote:
Originally Posted by NetEddy View Post
Tarentale ? Om die erf skoon te hou etc ?
Nee, wilde tarentale wat daar in die omgewing bly.
Reply With Quote
  #11  
Old 29-08-11, 10:34 AM
Esteetwo's Avatar
Esteetwo Esteetwo is offline
Member
 
Join Date: Jul 2011
Location: Umdloti Victoria Crown Colony of Natal
Age: 50
Posts: 491
Default

Nav: www.sfgsa.co.za

__________________
Still Tabbing at nearly 50

P38 without STUPID AIR SUSPENSION
Dodge
Jeep Platkar
2x Dirty Bikes

Reply With Quote
  #12  
Old 29-08-11, 11:28 AM
Mapome's Avatar
Mapome Mapome is offline
Member
 
Join Date: Aug 2011
Location: Somerset West
Age: 28
Posts: 89
Default

Jy kan ook op weerskante van die laning twee droppers sak en 'n draad tussenin span. Dan vat jy SWAMBO se ou sykouse en knip hulle in die dwarste in stroke. As jy die stroke oopmaak is hulle mos soos 'n rekkie. Jy kan dan die sykousband om die tamatie sit, dit deur die bokant van die band steek en dit dan vasmaak met 'n ander stuk sykous aan die draad wat jy gespan het. Omdat die sykous breed en sag is, beskadig dit nie die tamatie nie en hou dit lekker regop.

Ek het ook op tv gesien dat 'n mens tamaties onderstebo in hangbakke kan plant, dan hang die vrugte ondertoe. Maar ek dink dit is beter vir klein tamaties.
Reply With Quote
  #13  
Old 29-08-11, 11:44 AM
bushcamp's Avatar
bushcamp bushcamp is offline
Member
 
Join Date: Apr 2007
Location: Pretoria
Age: 38
Posts: 1,503
Default

Tarentaal is groente.

Vir roes op die pampone, spuit hulle vroeg in die oggend nat sodat hulle goed droog kan word voor dit kouer word in die aand, en sorg dat daar BAIE spasie is vir die wind om deur te waai, ten minste 'n meter tussen plante. Werk vir my.
Reply With Quote
  #14  
Old 29-08-11, 11:52 AM
Vuurmaker's Avatar
Vuurmaker Vuurmaker is offline
Member
 
Join Date: Apr 2009
Location: Port Elizabeth
Age: 45
Posts: 262
Default

Navigator

As ek in jou posisie was sou ek n klein tonnel opgesit het
gemaak uit PVC pyp vir die raam en wit skadunet

Behalwe die gewone positives van n tonnel help dit ook om verkeerde vog uit te hou en natuurlik peste en plae is meer beheerbaar

Dit hoef jou nie verskriklik baie te kos nie, die positiewe weeg baie swaarder as die negatiewe

Gaan lees gerus by http://www.dicla.com/
vir meer idees

Groete
Koot PE
Reply With Quote
  #15  
Old 29-08-11, 11:55 AM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

Koot,
Ek gaan my area op n stadium toe maak, sal fotos neem en vir julle wys - sal baie maklik wees.

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #16  
Old 29-08-11, 11:59 AM
witklipbank's Avatar
witklipbank witklipbank is offline
Commercial Member
 
Join Date: Dec 2009
Location: Delmas
Age: 55
Posts: 8,829
Default

Spuit maar net gereeld vir die roes. Dit is nie skadelik vir jou groente nie, hou die plante baie gesond en hoe gesonder die plant, hoe meer dra hy. Sodra die roes erg raak, raak die oes ook baie minder.

Stem saam met Uys, hou hulle skoon onder.

Onthou, die sukses van enige groente is goeie diere mis, hoender, bees, skaap of selfs perde mis. Het jy al 'n porra gesien boer sonder mis? Die pampoene floreer, erdwurms is mal daaroor, en dan gee dit sommer baie kos aan jou plante.

Hoe meer jy gaan gesels met jou plante - hoe meer dra hulle. SO, besoek hulle gereeld. Lei hulle nat met water, dan kom daar nie so baie water op hul blare nie, maar met die reen kom daar water. So, bespuit hulle genoeg.

Lekker tuinmaak!!!!!

__________________
Elize

en ry saam met SarelF in
VW AMAROK MET BLINKGATCAMPER:
My Platkar:- Peugeot 208

Kyk gerus by www.blinkgatproducts.com
Vir enige aluminium produkte,canopy's, campers kontak gerus
Sarel 0828209413


Vir Tuinpotte en pavers - Kontak gerus Elize by 0827814327

Reply With Quote
  #17  
Old 29-08-11, 01:06 PM
avk's Avatar
avk avk is online now
Member
 
Join Date: Feb 2011
Location: Jeffrey's Bay
Age: 33
Posts: 1,011
Default

Ja. Vir die tamaties het ek ogiesdraad gespan (die een met die groot gate) en die tamaties se takke elke nou en dan daar deurgedruk. Eers na die een kant, en as hulle genoeg gegroei het weer na die ander kant. Ek sukkel ook nie met toutjies nie, het sommer 'n bak van daai lang dun cable ties. Werk vinnger, en baie makliker!

Ek het hierdie jaar net tamaties (Roma en daai klein cocktail tamaties), spinasie en gem squash geplant. Ek gaan nog miskien so tussen in 'n paar tyres gooi vir aartappels.

Lekker om so in jou eie tuin groente te pluk!

P.S. Ek sit ook met die tarentaal probleem, en dan nog 'n swetterjoel fisante wat 'help'... Maar dit is darem so mooi om daai tarentale te hoor roep vir mekaar. Ek stem saam Uys, hulle het voorkeur!

__________________
Anton



At the end of the game, the King and the pawn go back into the same box - Italian Proverb


Last edited by avk; 29-08-11 at 01:17 PM.
Reply With Quote
  #18  
Old 29-08-11, 01:18 PM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

Quote:
Originally Posted by witklipbank View Post
Spuit maar net gereeld vir die roes.

Hoe meer jy gaan gesels met jou plante - hoe meer dra hulle.
Wat spuit mens vir roes?

Eks op die kant besig met my worm-garden... om wurm tee te kry, n vriend van my doen die wurm ding en dit doen wonders vir sy groente!

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #19  
Old 29-08-11, 02:29 PM
Frans Reichert's Avatar
Frans Reichert Frans Reichert is offline
Member (aka Julius)
 
Join Date: May 2007
Location: Daar by die gat,in die NK, waar die hond in swem.
Age: 17
Posts: 4,162
Default

Quote:
Originally Posted by Navigator View Post
Wat spuit mens vir roes?
Kry by jou koperasie iets, maar as jy bang is om onkruid doder te gebruik(vir welke rede ook, dalk wil jy organies boer) gebruik Surf klere was seep, dit werk goed!

Ek maak altyd 'n tou aan die plant se bokand vas, dan rank ek die tamatieplant so om die tou, obviously moet jy iets he om die tou aan vas te maak.

__________________
No one ever ruined their eyesight by looking at the BRIGHT side!!
Ford Ranger 4l 4x4
Nissan Patrol 4.8
Nissan King Cab (aka Navara )
“Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.”
Albert Einstein

Whooooopa 2 - Bok Vreeters GTG 2014:
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=174143 - Main thread
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=189998 - Super info thread

Reply With Quote
  #20  
Old 29-08-11, 02:39 PM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

Frans, ek hou van daai idee - ek het n paar groot rak brackets, daai 90deg brackets wat ek teen die muur agter my bedding vas bout en dan 4 toue van die bracket af grond toe, maar met die tamaties werk dit die so lekker nie.
Daai werk lekker vir die komkommer en boontjies wat van self rank.

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #21  
Old 29-08-11, 02:59 PM
Frans Reichert's Avatar
Frans Reichert Frans Reichert is offline
Member (aka Julius)
 
Join Date: May 2007
Location: Daar by die gat,in die NK, waar die hond in swem.
Age: 17
Posts: 4,162
Default

Quote:
Originally Posted by Navigator View Post
Frans, ek hou van daai idee - ek het n paar groot rak brackets, daai 90deg brackets wat ek teen die muur agter my bedding vas bout en dan 4 toue van die bracket af grond toe, maar met die tamaties werk dit die so lekker nie.
Daai werk lekker vir die komkommer en boontjies wat van self rank.
Jy doen iets verkeerd, dit werk goed by my, maak die tou hoogerig vas aan die plant, dan draai jy net die ranke so om die tou. Ek het my tamaties laas seisoen so opgerank.

__________________
No one ever ruined their eyesight by looking at the BRIGHT side!!
Ford Ranger 4l 4x4
Nissan Patrol 4.8
Nissan King Cab (aka Navara )
“Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.”
Albert Einstein

Whooooopa 2 - Bok Vreeters GTG 2014:
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=174143 - Main thread
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=189998 - Super info thread

Reply With Quote
  #22  
Old 29-08-11, 03:14 PM
LewiesF
Guest
 
Posts: n/a
Default

Ek het nooit wortels in bakkies geplant en dan uitgeplant nie. DSis makliker en vinniger om dit direk in rytjies te saai - ylerig - en dan as hulle so 50mm hoog staan die plantjies uit te dun.
Reply With Quote
  #23  
Old 29-08-11, 03:19 PM
Andre's Avatar
Andre Andre is offline
Member
 
Join Date: Sep 2006
Location: Kuils River
Age: 69
Posts: 3,440
Default

Quote:
Originally Posted by LewiesF View Post
Ek het nooit wortels in bakkies geplant en dan uitgeplant nie. DSis makliker en vinniger om dit direk in rytjies te saai - ylerig - en dan as hulle so 50mm hoog staan die plantjies uit te dun.
Die volgende metode werk ook goed. Neem n lee blikkie en kap gaaitjies met n spyker van die binnekant af. Maak n breerige vlak voortjie en skud dan die wortel saad daarin.
Reply With Quote
  #24  
Old 29-08-11, 03:32 PM
Frans Reichert's Avatar
Frans Reichert Frans Reichert is offline
Member (aka Julius)
 
Join Date: May 2007
Location: Daar by die gat,in die NK, waar die hond in swem.
Age: 17
Posts: 4,162
Default

Ek het so plantertjie in Upington op my hoewe gebruik, ek het so hektaar onder groente gehad. Groente en Bokke werk nie eindlik goed saam in Boerdery nie. Gelukkig was die Tamaties in 'n net huis.

http://www.hostcheap.info/earthway-1...ed-plates.html

__________________
No one ever ruined their eyesight by looking at the BRIGHT side!!
Ford Ranger 4l 4x4
Nissan Patrol 4.8
Nissan King Cab (aka Navara )
“Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.”
Albert Einstein

Whooooopa 2 - Bok Vreeters GTG 2014:
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=174143 - Main thread
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=189998 - Super info thread

Reply With Quote
  #25  
Old 29-08-11, 03:32 PM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

Frans,
Dalk het ek iets verkeerd gedoen, sal weer probeer maar hou van die ogies draad idee, hier is n prent van hoe ek dit doen met die bracket
Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	garden setup.jpg
Views:	161
Size:	15.4 KB
ID:	110790  

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #26  
Old 29-08-11, 03:39 PM
Frans Reichert's Avatar
Frans Reichert Frans Reichert is offline
Member (aka Julius)
 
Join Date: May 2007
Location: Daar by die gat,in die NK, waar die hond in swem.
Age: 17
Posts: 4,162
Default

Quote:
Originally Posted by Navigator View Post
Frans,
Dalk het ek iets verkeerd gedoen, sal weer probeer maar hou van die ogies draad idee, hier is n prent van hoe ek dit doen met die bracket
Onthou om die tou vas te maak aan die plantjie, in die nethuis het ons dieselfde metode gebruik maar soos hy hoeer en hoeer rank beryk die plant die nethuis se dak, dan laat sak jy die tou en draai die onderste gedeelte van die rank om die stoel wat in die gron ingaan. Dan is jou vrugte weer op 'n hoogte waar jy kan met die hand kan pluk.

__________________
No one ever ruined their eyesight by looking at the BRIGHT side!!
Ford Ranger 4l 4x4
Nissan Patrol 4.8
Nissan King Cab (aka Navara )
“Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.”
Albert Einstein

Whooooopa 2 - Bok Vreeters GTG 2014:
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=174143 - Main thread
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=189998 - Super info thread

Reply With Quote
  #27  
Old 29-08-11, 06:41 PM
Liaan's Avatar
Liaan Liaan is offline
Member (ex ToyotaMan)
 
Join Date: Nov 2006
Location: Lichtenburg
Age: 32
Posts: 974
Default

Quote:
Originally Posted by Navigator View Post
Wat spuit mens vir roes?

Eks op die kant besig met my worm-garden... om wurm tee te kry, n vriend van my doen die wurm ding en dit doen wonders vir sy groente!
Jy behoort Dithane(Mancozeb) te kry by Landmark of Afgri se winkel.(ek is amper seker dit sal meeste roes op meeste van jou groentes kan tem.
Flint van Bayer werk ook baie goed(duur)
Skakel vir Herman Peyper van Wenkem
http://www.wenkem.co.za/index.php?op...mid=60&lang=en

Hy is 'n groente guru!

__________________

Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan

Reply With Quote
  #28  
Old 29-08-11, 06:57 PM
Pieterk's Avatar
Pieterk Pieterk is online now
Member
 
Join Date: Jun 2010
Location: Wilderness
Age: 52
Posts: 1,353
Default

Gebruik gewone blomswael vir die swamme. Vir die tamaties kan jy gesweisde bonnox gebruik of sifdraad of paaltjies plant of draad span daar is baie maniere

__________________
2003 Grand Cherokee 2.7 Limited (Stock standard)
The decision you make today, will determine the road you walk tomorrow

Reply With Quote
  #29  
Old 29-08-11, 08:11 PM
Gaitshi Gubib's Avatar
Gaitshi Gubib Gaitshi Gubib is online now
Member
 
Join Date: Jan 2008
Location: Modderfontein, naby Rysmierbult
Age: 70
Posts: 2,964
Default

My groentetuin erfstuk van die vorige ou .. twee jaar laas gewerk, net distels en dorings ander onkruide !!

... maar hierdie thread het my nou net lekker lus gemaak vir tuinmaak ..

10 m x 17 m is wat ek het, genoeg water, maar ek dink ek sal maar eers so middel September begin plant - jy weet nooit wanneer daardie ontydige koue front uit die suide jou verras nie !

Vir nou gaan dit maar eers skoffel en spit en hark wees.
Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	IMG_0250bCrop.jpg
Views:	249
Size:	302.0 KB
ID:	110860  

__________________
Johan Mitchell, Swambo : Marthie.

My beste kennis is dié oor my eie onkunde

'96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
'88 Ballade 150.
"The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

Reply With Quote
  #30  
Old 29-08-11, 08:22 PM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

Met daai grond kan mens n groot groente tuin maak, so groot dat mens nooit groete hoef te gaan koop nie,
Maar ek vind dit nie rerig baie goedkoper nie, maar die self groente plant ding is ongelooflik en natuurlik jou eie groente proe 100 keer beter as Pick-a-Pay en self Woolies sin!

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #31  
Old 29-08-11, 08:46 PM
moetbiedjiewegkom moetbiedjiewegkom is offline
Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Donkerhoek, Pretoria
Age: 43
Posts: 1,225
Default Groente tuin

Kyk biedjie hier, my volgende 'grappie'

http://aqua-agriculture.co.za/

Het nou die aand met Danie gesels, hy se op die manier het jy een stel hande nodig, 2/3 ure per dag, soek nou juis na 'n paar tonnels, lyk baie interesant en logies. As 'n ou die onkruid probleme en grondbewerking kan uitskakel, raak dit heelwat makliker.
Reply With Quote
  #32  
Old 29-08-11, 09:14 PM
Vuurmaker's Avatar
Vuurmaker Vuurmaker is offline
Member
 
Join Date: Apr 2009
Location: Port Elizabeth
Age: 45
Posts: 262
Default

ai mense ek verlang sommer terug na die communty gardens waarby ons betrokke was in en om die Oos Londen omgewing

Een van die mense - Noem hom oom Everyeady (72)het begin om Angeliere in die grond te plant om vir sy vrou blomme te gee

Ons het hom gehelp met raad en daad en hy het op die ou end genoeg komkommers verbou om 2 Spars te verskaf en op so n manier sy huisgesin en sy broer te onderhou

Dinge het so uitgebrei dat tamaties, blaarslaai, komkommers en green peppers sommer so op woonstelbalkonne geboer en verkoop is

Vir heelwat info gaan lees Kevin Cuthbert, n jarelange vriend en "fellow Biker" se blog
synaptoman.wordpress.com

Groete

Koot
PE

Ek sal fotos soek en post
Reply With Quote
  #33  
Old 29-08-11, 09:20 PM
LewiesF
Guest
 
Posts: n/a
Default

Sterkte, Johan. Het jy een van daai lusernsnyers wat soos 'n haarknipper werk? Ek dink dit gaan help. Maar die plesier van jou eie groente kweek (en vrugte) is baie moeite en sweet werd na my mening.
Reply With Quote
  #34  
Old 03-09-11, 06:56 PM
Gaitshi Gubib's Avatar
Gaitshi Gubib Gaitshi Gubib is online now
Member
 
Join Date: Jan 2008
Location: Modderfontein, naby Rysmierbult
Age: 70
Posts: 2,964
Default

Quote:
Originally Posted by LewiesF View Post
Sterkte, Johan. Het jy een van daai lusernsnyers wat soos 'n haarknipper werk? Ek dink dit gaan help. Maar die plesier van jou eie groente kweek (en vrugte) is baie moeite en sweet werd na my mening.
Nee, maar Droogpap, (die ou wat nog laas die ystervarkboudjie vir Swambo gegee het, net sodat ons kan proe) ... hy het twee dae lank gewerk en kyk nou net wat skoffel hy daar onder al die onkruide uit !
.... paadjies van 'conveyor belt' sodat mens nie in die modder loop nie
.... uit die dam, 'n lekker dik swart pyp met gate en proppe op die regte plekke vir natlei
.... 170 m^2 groot !
terloops, weet iemand watse soort bome dič op die laaste foto is ?
Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	IMG_0006b.jpg
Views:	213
Size:	89.9 KB
ID:	111491   Click image for larger version

Name:	IMG_0001b.jpg
Views:	232
Size:	84.5 KB
ID:	111492   Click image for larger version

Name:	IMG_0008b.jpg
Views:	245
Size:	108.8 KB
ID:	111493  

__________________
Johan Mitchell, Swambo : Marthie.

My beste kennis is dié oor my eie onkunde

'96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
'88 Ballade 150.
"The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

Reply With Quote
  #35  
Old 05-09-11, 07:21 AM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

Oom Johan, daai is n baie lekker area vir n GROOT groente tuin!

Daai boom lyk vir my soos n opregte Boom.... seker sy pa en ma was n opregte boom.... Eish... nie seker nie... hehehe

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #36  
Old 23-09-11, 04:07 PM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

My groente is mooi aan die groei, maar ek het sulke klein wit motte, of lyk eerder soos klein luise op van die groente, engie idees om van hulle ontslae te raak?

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #37  
Old 23-09-11, 05:01 PM
Andre's Avatar
Andre Andre is offline
Member
 
Join Date: Sep 2006
Location: Kuils River
Age: 69
Posts: 3,440
Default

Staan bekend as "white fly". Nogal moeilik om van hulle ontslae te raak.
Reply With Quote
  #38  
Old 23-09-11, 05:14 PM
Kgopa's Avatar
Kgopa Kgopa is offline
Member
 
Join Date: Aug 2008
Location: Kleinfontein
Age: 33
Posts: 833
Default

Die motte is witvlieg ja, groot probleem in kommersiele boerdery, versprei virusse in veral pampoene en tamaties, daar is nie n eenvoudige oplossing nie, gaan sien n chemiese raadgewer soos Novon etc.

__________________
Nissan Qashqai
Series 3 Landy
Land Cruiser 4.2D work

Reply With Quote
  #39  
Old 23-09-11, 05:19 PM
Capt Chaos's Avatar
Capt Chaos Capt Chaos is online now
Member
 
Join Date: Feb 2010
Location: Centurion + Others
Age: 55
Posts: 1,678
Default

Die boome - WYNBOOME.
think it's part of the fig family.
got huge root structure but VERY soft and easy to cut out.
Reply With Quote
  #40  
Old 23-09-11, 05:52 PM
Gaitshi Gubib's Avatar
Gaitshi Gubib Gaitshi Gubib is online now
Member
 
Join Date: Jan 2008
Location: Modderfontein, naby Rysmierbult
Age: 70
Posts: 2,964
Default

Wonder waar kom die WYN in die naam vandaan ?

Die onkruid, die onkruid, die onkruid
Daar was twee jaar gelede tuin gemaak, nou is daar twee seisoene se onkruidsaad in die grond - die volkies praat nou wel van "die struggle", maar hulle kan hier kom kyk wat struggle regtig beteken

Ek het eenkant 'n klompie Doringkroon steggies ingelę (Christ Thorn), lyk of hulle mooi vat.

Dan het ek ook laas naweek met 'n hele klomp vetplante getrek van Kempton af en sommer net in die grond gedruk tot latere kennisgewing
(ja, ek is nog steeds besig om te trek !)

... maar tuinmaak is lekker, veral as daar genoeg ruimte is, en water

__________________
Johan Mitchell, Swambo : Marthie.

My beste kennis is dié oor my eie onkunde

'96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
'88 Ballade 150.
"The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

Reply With Quote
  #41  
Old 25-09-11, 04:00 PM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

Quote:
Originally Posted by Kgopa View Post
Die motte is witvlieg ja, groot probleem in kommersiele boerdery, versprei virusse in veral pampoene en tamaties, daar is nie n eenvoudige oplossing nie, gaan sien n chemiese raadgewer soos Novon etc.
Ja, ek het gesien dit is veral op die tamaties - dink my groente tuin regverdig nie n chemiese raadgewer nie, sal dalk volgende naweek by n kwekery uitkom om iets teen te kry, maar ek wil so ver van gifstowwe af wegbly as moontlik.

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #42  
Old 25-09-11, 04:44 PM
Frans Reichert's Avatar
Frans Reichert Frans Reichert is offline
Member (aka Julius)
 
Join Date: May 2007
Location: Daar by die gat,in die NK, waar die hond in swem.
Age: 17
Posts: 4,162
Default

gaan vra vir raad by julle kooperasie! gewoontlik is daar iemand wat insekdoder en onkruid gif ondervinding het!

__________________
No one ever ruined their eyesight by looking at the BRIGHT side!!
Ford Ranger 4l 4x4
Nissan Patrol 4.8
Nissan King Cab (aka Navara )
“Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.”
Albert Einstein

Whooooopa 2 - Bok Vreeters GTG 2014:
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=174143 - Main thread
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=189998 - Super info thread

Reply With Quote
  #43  
Old 25-09-11, 05:39 PM
superhansie's Avatar
superhansie superhansie is offline
Member
 
Join Date: Jul 2009
Location: Vioolsdrift
Age: 41
Posts: 2,489
Default

Quote:
Originally Posted by Navigator View Post
Ja, ek het gesien dit is veral op die tamaties - dink my groente tuin regverdig nie n chemiese raadgewer nie, sal dalk volgende naweek by n kwekery uitkom om iets teen te kry, maar ek wil so ver van gifstowwe af wegbly as moontlik.
gifstowwe wat geregistreer is op plae is soos medisyne, partykeer moet jy dit maar gebruik om die probleem op te los. Confidor is n sistemiese produk van bayer , help goed vir witvlieg op enige groente.
Reply With Quote
  #44  
Old 05-11-11, 08:02 AM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

Hoe gaan dit met julle Groente? My Patty-pan, Baby-Marrows, Spinasie & slaai het ontplof en het heeltemal te veel het.

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #45  
Old 05-11-11, 03:40 PM
avk's Avatar
avk avk is online now
Member
 
Join Date: Feb 2011
Location: Jeffrey's Bay
Age: 33
Posts: 1,011
Default

My spinasie vat ook oor.... gelukkig hou ons almal van dit. My tamaties staan ook mooi, en pampoene rank die hele plek vol...

__________________
Anton



At the end of the game, the King and the pawn go back into the same box - Italian Proverb

Reply With Quote
  #46  
Old 05-11-11, 03:46 PM
Frans Reichert's Avatar
Frans Reichert Frans Reichert is offline
Member (aka Julius)
 
Join Date: May 2007
Location: Daar by die gat,in die NK, waar die hond in swem.
Age: 17
Posts: 4,162
Default

My Tamaties groei goed, wortels sukkel,beet sukkel, pampoen so so. Maar ek dink dit is nog te koud by ons, ek slaap dan nog onder 'n kombers in die nag! In November in Kimberley!!!

__________________
No one ever ruined their eyesight by looking at the BRIGHT side!!
Ford Ranger 4l 4x4
Nissan Patrol 4.8
Nissan King Cab (aka Navara )
“Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.”
Albert Einstein

Whooooopa 2 - Bok Vreeters GTG 2014:
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=174143 - Main thread
http://4x4community.co.za/forum/showthread.php?t=189998 - Super info thread

Reply With Quote
  #47  
Old 05-11-11, 06:31 PM
Navigator's Avatar
Navigator Navigator is offline
Commercial Member
 
Join Date: Jul 2008
Location: Pretoorsdorp (Centurion)
Age: 41
Posts: 3,362
Default

My wortels vat ook oor... dink ek het te naby aan mekaar geplant - het juis probeer om dit die jaar verder uit mekaar te plant, alhoewel die blare al hoog staan is die wortels nog baie klein.
Ja, die pampoene goed rank die wereld vol... maar daai is baie lekker..!!

__________________

SUSPENSION FOR THE FUTURE

Cobus - 071 641 7947
Rory - 072 759 2926
www.amadaxtreme.co.za
info@amadaxtreme.co.za

Reply With Quote
  #48  
Old 05-11-11, 06:44 PM
Gaitshi Gubib's Avatar
Gaitshi Gubib Gaitshi Gubib is online now
Member
 
Join Date: Jan 2008
Location: Modderfontein, naby Rysmierbult
Age: 70
Posts: 2,964
Default

Te koud hier ook gewees, maar mens is maar haastig om te begin

Die aartappels sukkel nie, en die wortels ook nie.
Uie en beet is bietjie yl - ek het vandag ingeplant.
Boontjies wat ek begin Oktober geplant het wou net nie opkom nie, maar die wat ek twee weke gelede geplant het staan geil.
Groenrissie Oktober geplant - zero, kopslaai ook zero, marog (spinasie) ook niks opgekom nie.

Ek het geel soetmielies geplant, maar moes ook inplant gister ... vandag het ek ook 'popcorn' mielietjies geplant, meer om die kleinkinders te wys waar springmielies vandaan kom

Dan het Swambo vandag ook twee aarbeiplantjies wat sy nog van Potch af in 'n pot saamry oorgeplant.

__________________
Johan Mitchell, Swambo : Marthie.

My beste kennis is dié oor my eie onkunde

'96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
'88 Ballade 150.
"The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

Reply With Quote
  #49  
Old 05-11-11, 06:57 PM
Andre's Avatar
Andre Andre is offline
Member
 
Join Date: Sep 2006
Location: Kuils River
Age: 69
Posts: 3,440
Default

Aartappels staan mooi asook die tamaties, hulle begin al blom en het dit vandag vasgemaak.

Beet staan mooi maar groei stadig. Groenmielies groei redelik asook die "baby spinach'.

Die eerste stam boontjies het baie sleg opgekom maak die tweede lot lyk mooi.

Het ook twee rabarber plante wat mooi groei.

Vriendelike tuin groete.
Reply With Quote
  #50  
Old 09-11-11, 07:54 PM
Gaitshi Gubib's Avatar
Gaitshi Gubib Gaitshi Gubib is online now
Member
 
Join Date: Jan 2008
Location: Modderfontein, naby Rysmierbult
Age: 70
Posts: 2,964
Default

Hoop oor 'n maand is daar meer te sien
Attached Thumbnails
Click image for larger version

Name:	IMG_0003b.jpg
Views:	226
Size:	60.9 KB
ID:	120137   Click image for larger version

Name:	IMG_0004b.jpg
Views:	280
Size:	62.4 KB
ID:	120138   Click image for larger version

Name:	IMG_0005b.jpg
Views:	172
Size:	60.0 KB
ID:	120139  

__________________
Johan Mitchell, Swambo : Marthie.

My beste kennis is dié oor my eie onkunde

'96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
'88 Ballade 150.
"The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

Reply With Quote
Reply

Bookmarks

Thread Tools
Display Modes

Posting Rules
You may not post new threads
You may not post replies
You may not post attachments
You may not edit your posts

BB code is On
Smilies are On
[IMG] code is On
HTML code is On


Similar Threads
Thread Thread Starter Forum Replies Last Post
Natural Insecticide/Pesticide for Veggie & Herb garden? walkabout The 4x4 Pub 12 11-01-10 09:58 AM




All times are GMT +2. The time now is 03:49 PM.

Disclaimer and Terms of Service

Imvo Trading Solutions CC t/a 4x4Community.
PO Box 29132, Sunridge Park, Port Elizabeth, 6008, South Africa


Powered by vBulletin® Version 3.8.8 Beta 4
Copyright ©2000 - 2014, vBulletin Solutions, Inc.
Template-Modifications by TMS