logo

Go Back   4x4 Community Forum > General Category > Environmental & Conservation Projects & Causes

4x4Community






 Image

Reply
 
Thread Tools Display Modes
  #1  
Old 25-04-12, 12:53 PM
Gert du Preez's Avatar
Gert du Preez Gert du Preez is offline
Member
 
Join Date: Feb 2010
Location: Windhoek
Age: 40
Posts: 1,267
Default Nou het hulle die plot HEEL verloor !! (Robbe)


Seal Alert. Daai klomp wat so tjank en kerm oor Namibie se robbe so goed opgepas en bewaar word dat hulle jaarliks moet uitgedun word. Seal Alert huil en tjank, en wil he die wereld moet Namibie boikot. Lees bietjie hier, sonder permissie ontleen aan vandag se Republikein, en besluit dan self of die klomp regtig nog hulle pitte op die regte plek het....



Spirituele leier gee raad met robbe


’n Spirituele leier met die węreldwye aansien van die Dalai Lama, ’n Skotse telepatiese kommunikeerder en lugfoto’s geneem in 2007 van Namibiese robkolonies was gister die skietgoed wat deur Suid-Afrikaanse aktiviste gebruik is om die Namibiese robbe-oes te verdoem.

Eerder as die oes van robbe is voorgestel dat die Regering met die robbe behoort te boer. Die wildes moet van die makkes geskei word en die staatsleiers moet in visplase belę om die robbe te voer.

’n Pleidooi is ook gerig dat robbe se “liefdeskwosiënt” van 300 persent wat veel hoër is as die skrale 90 persent van mense, in ag geneem moet word wanneer oor die lot van robbe besluit word.

Pat Dickens het tydens ’n nuuskonferensie in Windhoek as segsman van Francois Hugo van Seal Alert SA opgetree en die “ware feite” oor die beweerde onmenslike slagting van robbe weergee.

Ching Hai, ’n geloofsleier wat węreldwyd met sowat 20 000 volgelinge spog, is eerste aangetree in die meer as twee uur lange voorlegging waarin die lot van Namibiese robbe bepleit en amptelike getalle bevraagteken is.

Volgens Ching Hai, bolangs toegevou in ’n pelsjas wat op die skerm as “vegan fur” aangedui is, het robbe ’n “liefdeskwosiënt” van 300 persent teenoor mense se skrale 90 persent. Dit is juis hierdie kwosiënt wat volgens ’n Skotse telepatiese kommunikeerder die rede is hoekom robbe in ’n boodskap aan haar gesę het hulle is op aarde nodig om liefde en balans te verseker.

Dickens, van Seals of Nam-faam, het tydens sy voorlegging telkens beklemtoon dat die oes van robbe inderdaad die teenoorgestelde uitwerking het en juis bevolkingsgetalle van kolonies verhoog. (Nou hoekom dan worry as ons die goed vrekmaak??)

“In Suid-Afrika waar die oes van robbe gestaak is, het robgetalle gestabiliseer.”

Dickens het met die aanvang van die nuuskonferensie verduidelik dat Seal Alert SA nie daar is om “vingers na iemand te wys nie”, maar dat hy namens die organisasie in Windhoek is omdat hulle “bekommerd” is.

Verskeie lugfoto’s wat in 2007 deur Francois Hugo van Seal Alert geneem is van sogenaamde robeilandein Suid-Afrika en Namibië, het volgens Dickens duidelik getoon dat plaaslike regeringstatistiek geensins ooreenstem met dit wat uit die lug gesien is nie.

“Wie verifieer die Regering se statistiek?”

Dickens het antwoorde gesoek op die vraag hoekom Namibiese robbe geoes moet word indien die natuur self die proses uitvoer. ’n Uitweg vir die oes van robbe is deur hom gegee as dat die Regering eerder met hulle moet boer, die wildes van die makkes moet skei en in visplase moet belę om die robbe te voer.

Dickens het aangevoer dat vals syfers en indrukke aan die publiek voorgehou word oor wat regtig in Namibiese viswaters gebeur.

Op ’n vraag waarom Seal Alert SA of dan Seals of Nam geen onafhanklike wetenskaplike studies kan voorlę om Namibiese statistiek te weerlę nie, het Dickens geantwoord niemand wil die studies uitvoer nie.

“Ons het al by verskeie wetenskaplikes vir hulp aangeklop, maar hulle wil ons nie help nie. Die oomblik as die Regering betrek word, wil hulle nie betrokke raak nie.”

Volgens Dickens sal die organisasies die Namibiese Ombudsman se bevindinge oor die jaarlikse roboes aanvaar, want, sę Dickens, advokaat John Walters lyk na ’n “regverdige man”.

Last edited by JennyB; 09-06-13 at 02:10 PM.
Reply With Quote
  #2  
Old 25-04-12, 01:24 PM
Crips's Avatar
Crips Crips is offline
Member
 
Join Date: May 2009
Location: Witfield, Boksburg
Age: 28
Posts: 3,283
Default

Ek verstaan nie mooi nie maar mag ek 'n dom vraag vrae.
Wat het 2007 se lugfoto's met die huidige popelasie te doen, dis omtrent 5 jaar later?
Of sit ek die pot mis?

__________________
Chris

"Avoiding danger is no safer in the long run than outright exposure. Life is either a daring adventure, or nothing" Helen Keller

2005 LandRover Defender 110 D/C TD5
1977 LandRover Series III 109" Project


admin@4x4actiongroup.co.za
www.4x4actiongroup.co.za

Reply With Quote
  #3  
Old 25-04-12, 01:28 PM
Henris's Avatar
Henris Henris is offline
Commercial Member: Cobrax
 
Join Date: Apr 2007
Location: Nigel
Age: 53
Posts: 12,165
Default

Shame, arme dom dr0l.

__________________
LC 78 Troopie 1HD-FTE

Reply With Quote
  #4  
Old 25-04-12, 01:31 PM
Samajoor's Avatar
Samajoor Samajoor is offline
Member
 
Join Date: May 2008
Location: Nylstroom
Age: 55
Posts: 916
Default

Hoekom vang julle nie wildes en voer hulle uit na Ching Hai se land nie ??

__________________
Gerhard
Isuzu 300 Tdi 4x4 d/c

Reply With Quote
  #5  
Old 25-04-12, 01:45 PM
Gert du Preez's Avatar
Gert du Preez Gert du Preez is offline
Member
 
Join Date: Feb 2010
Location: Windhoek
Age: 40
Posts: 1,267
Default

Ek hou veral van hierdie stukkie: "“liefdeskwosiënt” van 300 persent teenoor mense se skrale 90 persent. Dit is juis hierdie kwosiënt wat volgens ’n Skotse telepatiese kommunikeerder die rede is hoekom robbe in ’n boodskap aan haar gesę het hulle is op aarde nodig om liefde en balans te verseker."

Wat, in die eerste plek, is "liefdeskwosient"

Ek neem aan dit het iets uit te waai met die robbe se spyk... uhm, liefdeslewe.

Wat het dit met ons uit te waai? Hoe wil 'n rob se ge-kafoefel in Namibie "die lefde en balans" van mense die aarde oor beinvloed of verseker.

Hoe kommunikeer 'n rob telepaties met 'n mal Skotse telepatiese kommunikeerder. Ooo, nee wag, ek het klaar my antwoord

Ek reken ons regering moet soos Duitsland in die 2e Wereldoorlog (en ander lande...) 'n "propaganda minesterie" op die been bring, en elke keer as die ouens lawaai maak hierdie malligheid voor hulle koppe gooi!
Reply With Quote
  #6  
Old 25-04-12, 06:28 PM
Cory's Avatar
Cory Cory is offline
Member
 
Join Date: May 2010
Location: Halfway House (NOT Midrand!)
Age: 64
Posts: 892
Default

Nou, as julle 'boer' sal hulle geslag word soos voerkraal beeste? Of sit EK die pot mis?

__________________
Sephulamthetho (Cory Voigt)
'The cut worm forgives the plough'

Reply With Quote
  #7  
Old 25-04-12, 06:43 PM
hbannink's Avatar
hbannink hbannink is offline
Moderator
 
Join Date: Sep 2007
Location: Johannesburg
Age: 56
Posts: 2,862
Default

Klink vir my soos 'n laat april fools grappie.

Soos in meeste velde het die mens ook sy straaltjie bygegooi en die natuurlike balans versteur deur die haaie ens. uit te roei en nou moet hy ongelukkig weereens inspring om die storie te bestuur. Die bunny huggers verstaan dit net nie. Miskien moet hulle iets voer wat die bronstigheid bietjie sal beteuel

__________________
Henk Adventure is out there go find it

Fitment and trailer service. Agent for Metalian & Tentco
Follow us on Facebook

Reply With Quote
  #8  
Old 25-04-12, 06:50 PM
Sakkie's Avatar
Sakkie Sakkie is offline
4Wheel Lover
 
Join Date: Dec 2006
Location: Heidelberg, Tvl
Age: 53
Posts: 5,955
Default

Verskeie spesies kan ander spesies se "taal" verstaan. Sekere vlermuise verstaan hulle padda prooi se "taal". Ek is bevrees dat die mensdom nog nie daai triek onder die knie het nie. Die enigste ou wat dit al reg gekry het....en nogal op TV, was Mr. Spock, en dit was ook fiksie ongelukkig.....

Die ou kan gerus 'n gesprek gaan hę met ons Great Whites en hulle vertel hulle moet wegbly van ons strande af....of in die suide van die VSA die Afrika heunigbye gaan vertel hulle moet ophou die locals spyker en Killer bees maak. Maggies, die man kan mos handig te pas kom.

Waar kom al die deskundiges vandaan, en wie is die arme siele wat hulle as deskundiges beskou.

__________________
Sakkie Coetzee

ORRA Call Sign: I04

Some people say I have a "short temper"....I see it as swift and assertive reaction to Bull!

Reply With Quote
  #9  
Old 25-04-12, 07:37 PM
DAH's Avatar
DAH DAH is offline
Member
 
Join Date: Apr 2012
Location: Durbanville
Age: 55
Posts: 224
Default

Nou kan ek maar gaan slaap - dit was goeie vermaak vir vanaand...........
Reply With Quote
  #10  
Old 25-04-12, 07:41 PM
HeinrichC's Avatar
HeinrichC HeinrichC is offline
Member
 
Join Date: Feb 2011
Location: Port Elizabeth, Kamma Heights
Age: 48
Posts: 5,502
Default

daai klomp is nie lekker nie...

__________________
.


Heinrich Coetzee

2013 Jeep Wrangler Unlimited Rubicon
33' Maxxis Bighorn 762
2' EFS Suspension Lift
FrontRunner Wind Cheetah roof rack
Dirty South Stubby Front Bumper
KC Daylighter Spots

Previous
JK Unlimited Sahara CRD 2010

SWAMBO
Honda Jazz 1.3 2013

SWAMBO Previous
Mini Cooper Convertible 2007

Reply With Quote
  #11  
Old 25-04-12, 07:51 PM
Fanatic's Avatar
Fanatic Fanatic is offline
Member
 
Join Date: Nov 2010
Location: Pretoria
Age: 36
Posts: 6,739
Default

'Liedeskwosient'??

Glo my, op die regte aande loop my meter ook hier by die 300 rond.

Op 'n ernstige noot, wie met 'n gesonde verstand kan ag slaan op sulke bog soos telepatiese kommunikasie met robbe Kom nou!!
Reply With Quote
  #12  
Old 25-04-12, 08:38 PM
Frans E's Avatar
Frans E Frans E is offline
Member
 
Join Date: Jul 2011
Location: Pietersburg(Polokwane)
Age: 32
Posts: 184
Default

Hoe se hulle 'nou het ek alles gehoor' en ' hoe meer dae hoe meer dinge' moet maar die klomp jammer kry.
Reply With Quote
  #13  
Old 25-04-12, 09:36 PM
Botswana's Avatar
Botswana Botswana is offline
Member
 
Join Date: Jan 2009
Location: Aston Manor
Age: 52
Posts: 617
Default

Nou wonder ek net - hoeveel klein robbetjies loop/swem nou daar buite rond met skrefies ogies......

__________________
2011 VW Amarok BiTdi 4-Motion
2006 Daihatsu Sirion
6 x Water Buffalo's
Honda Lawnmower

Reply With Quote
  #14  
Old 25-04-12, 11:24 PM
Hellas's Avatar
Hellas Hellas is offline
Member
 
Join Date: Aug 2010
Location: Swakopmund
Age: 36
Posts: 209
Default

En as China dit regkry om die hawe infrastruktuur verniet hier op Swakop op te rig in ruil daarvoor dat 'n halfmiljoen van hul landsburgers hier gevestig word, dan sal die jaarlikse rob oes nie meer nodig wees nie. Die probllem sal homself oplos...ChowMeinRob sal op elke menu wees

__________________
Herman Bellville
2005 Kia Sorento EX 2.5diesel Coil Lift Kit, Body Lit Kit, 4mm Bash Plate, Rock Sliders, Wheel Spacers.

Reply With Quote
  #15  
Old 25-04-12, 11:35 PM
Trooper4x4 Trooper4x4 is offline
Member
 
Join Date: Sep 2010
Location: Oudtshoorn
Age: 34
Posts: 200
Default

Die hele besigheid laat my dink aan die storie wat hom afgespeel het op n boere landbou vergadering .
So kom die dametjie , en verduidelik dat die doodmaak van jakkalse deur slagysters ,gif en uitskiet, darm te onmenslik is , en dadelik gestaak moet word ,
en dat kastrasie die oplossing is .
So staan n ou oom op .
Hy se " dame , met alle respek " . Ek sit en luister nou al n uur lank na jou planne om die jakkalse te kastreer . Die probleem is - die jakkalse BYT die skape dood !!

__________________
Net n hond sit vas - Johan Badenhorst
As jy van die liedjie hou skree Riekie Louw !

Reply With Quote
  #16  
Old 30-04-12, 10:49 AM
Deon Naude Deon Naude is offline
Member
 
Join Date: Nov 2010
Location: Arusha
Age: 52
Posts: 73
Default

Plaas hulle n' paar van daai arme ys bere wat besig is om te vrek van die honger invoer om al die karkasse te eet. Of hulle moet die karkasse na die pool toe stuur. As ons tjol praat dan kan almal mos ietsie bylas.

__________________
Meserani Snake Park
Tanzania

Reply With Quote
  #17  
Old 30-04-12, 11:21 AM
TokTokkie TokTokkie is offline
Member
 
Join Date: Feb 2011
Location: Oranjemund
Age: 52
Posts: 26
Default

Hulle rook tou!

Ching Hai klink my verdag baie oosters - daar waar hulle hierdie einste ge-oeste robbe van ons se geslagsdele vreet. Miskien moet die persoon eerder sy tyd en energie spandeer aan die nasies wat walvisse en dolfyne jag, om nie eers te praat van handel dryf in renosterhoring nie.

Last edited by TokTokkie; 30-04-12 at 11:27 AM.
Reply With Quote
  #18  
Old 30-04-12, 01:41 PM
Obelixs Obelixs is offline
Member
 
Join Date: Aug 2010
Location: Centurion
Age: 52
Posts: 11
Default

Gou!.............
versprei die nuus. N rob se horing is goed vir jou seksdrive................
dit sal die rob bevolking gou in toom kry!
Reply With Quote
  #19  
Old 30-04-12, 08:45 PM
albertvl's Avatar
albertvl albertvl is offline
Member
 
Join Date: Feb 2011
Location: Pretoria
Age: 36
Posts: 877
Default

Sorry, ek pleit bietjie bewusteloos op hierdie ene. Wat is nou eintlik die issue? Is dit dat die robbe te veel is en dat hulle geoes moet word maar die Seal Watch ouens hou nie van die wreedheid nie? Is die regering se statistiek verkeerd omdat dit die bevolking te hoog skat of skat hulle dit te laag? Ek sou raai dat die plaaslike visserye en toerisme (hengel toere) sekerlik negatief geraak word deur 'n rob oorbevolking. Kan iemand my 'n (betroubare) link stuur wat meer inligting gee - ek stel nogal belang in sulke dinge.

__________________

Land Rover Defender 90 2.8i
We are all in the gutter ... but some of us are looking at the stars

Reply With Quote
  #20  
Old 01-05-12, 08:21 AM
roxenz roxenz is offline
Member
 
Join Date: May 2009
Location: Roodepoort
Age: 53
Posts: 37
Default Plot of nie...

Ek sal nou nie eintlik die Republikein as 'n betroubare bron van feite bestempel nie...

Nietemin, dit klink nogal of dit 'n sirkus was!
Reply With Quote
  #21  
Old 01-05-12, 01:43 PM
TeebsPlett's Avatar
TeebsPlett TeebsPlett is offline
Member
 
Join Date: Nov 2010
Location: Gaborone
Age: 44
Posts: 42
Default

Soort van O/T, maar steeds relevant. Hier by ons in Plett, het ons "Robberg" rob kolonie. In die laaste 10-15 jaar, as gevolg van die "oorbeskerming" van die robbe, het die kolonie gegroei van 'n paar honderd in 1997 tot oor 5,000 tans. Die nadelige gevolge is (om net 'n paar te noem): 1) Visgetalle val drasties 2) Great whites (en aanvalle op mense) neem drasties toe. Voor 1995 was daar EEN (nie-noodlottige) bevestigde haai aanval in die baai. Sedert 1995 het ek reeds een vriend (Tim van Heerden 2011) verloor, een vriend het 'n been verloor (Neil Stephenson) en omtrent 6 vriende is al ge-"bump" deur great whites in EEN WEEK (verlede week).

Ons is almal ten gunste van natuurbewaring, maar oorbewaring gooi dinge net soveel (indien nie meer) uit balans as geen- of onder-bewaring. Ek kan die statistieke seker gaan "staaf", maar het nie regtig lus nie. Net 'n bietjie "food for thought"/ my2c.
Reply With Quote
  #22  
Old 01-05-12, 02:24 PM
albertvl's Avatar
albertvl albertvl is offline
Member
 
Join Date: Feb 2011
Location: Pretoria
Age: 36
Posts: 877
Default

Interessante artikel oor haai aanvalle in SA waters

http://www.shark.co.za/SASharkAttacksMore

__________________

Land Rover Defender 90 2.8i
We are all in the gutter ... but some of us are looking at the stars

Reply With Quote
  #23  
Old 03-05-12, 09:06 AM
Petur's Avatar
Petur Petur is offline
Member
 
Join Date: Jan 2010
Location: Broekskeur
Age: 37
Posts: 190
Default

Die trick is balans en al hoe ons dit ooit weer sal herstel is om daai liefdes faktor van beide mens en rob heelwat moet afbring, want klink my 90 is nog ver te hoog, as ons dit doen en dan terug keer grotte toe, sal die natuur hom self uit sort.

Die selfde probleem met olifante in die wildtuin, gebeer as wilde diere "gehok" word en nie kan weg trek.

Dit gese moet ek herken dit kan nogal snaaks wees om saam met daai klomp tree-huggers op n' dronk party te wees, hulle is baie vermaaklik, dis soos om na een van Malema se toesprake te luister, klink soos ruimte wesens

__________________
If it was fun to break, fix it and break it again.

Reply With Quote
  #24  
Old 18-05-12, 03:49 AM
Nico H Nico H is offline
Member
 
Join Date: Aug 2008
Location: Secunda
Age: 57
Posts: 792
Default

Wat van die mense se oorbevolking? Hulle vernietig baie meer as die robbe. (tenminste mors die robbe nie ons belasting geld nie)
Reply With Quote
Reply

Bookmarks

Thread Tools
Display Modes

Posting Rules
You may not post new threads
You may not post replies
You may not post attachments
You may not edit your posts

BB code is On
Smilies are On
[IMG] code is On
HTML code is Off


Similar Threads
Thread Thread Starter Forum Replies Last Post
5500 km om Suid Afrika busaxfar The 4x4 Pub 13 18-10-11 10:09 AM
Defender 2.8i - Fuel pump cut out jwagener Land Rover 20 05-10-10 06:36 PM
As pappa die slag pak vat..... Oppers The 4x4 Pub 14 02-03-10 08:21 AM
WC Long Weekend Getaway - August 2007 SimonB Western Cape 235 31-08-07 07:20 AM
Die ou sprinkane snoopy General (non vehicle/technical) 4x4 Discussions 2 18-04-07 10:32 PM




All times are GMT +2. The time now is 06:56 PM.

Disclaimer and Terms of Service

Imvo Trading Solutions CC t/a 4x4Community.
PO Box 29132, Sunridge Park, Port Elizabeth, 6008, South Africa


Powered by vBulletin® Version 3.8.8 Beta 4
Copyright ©2000 - 2014, vBulletin Solutions, Inc.
Template-Modifications by TMS