Groente Tuin / Vegetable Garden






Page 1 of 18 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 ... LastLast
Results 1 to 20 of 360
  1. #1
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    Pretoorsdorp (Centurion)
    Age
    43
    Posts
    3,714
    Thanked: 5

    Default Groente Tuin / Vegetable Garden

    Wie van julle ouens het ook n goente tuin agter jou huis? Ek het verlede jaar met die projek begin en ten spyte van baie swak beplanning as gevolg van onkunde het ek nogsteeds baie groente gekry uit my tuin uit.
    Die jaar het ek dit baie anders beplan, so 3 weke terug het ek my saadjies in hierdie swart plastic bakkies geplant en die is amper reg om uit te plant in die grond.
    Op die staduim beplan ek dievolgende: tamaties, komkommer, blaarslaai, pattypans, baby marrows, wortels, spanspek(hoop dit groei), chillies, bietjie kruie, boontjies, eiervrug en peppers.
    Het ook uitgevind dis goed om Afrikaanertjies tussen die groente te plant, hou glo die goggas weg... so ek plant die blommetjies ook.
    Ek het laas jaar gesien die pattypans, babymarrows, komkommer en tamaties hou die wan water op hulle blare nie, hoe maak julle ouens om roes te voorkom?
    Dan ook, met die tamaties - ek het baie gesukkel om die tamaties te laat rank, die goed wil net nie op nie... hoe maak mens om hulle in die lug te hou?

    SUSPENSION FOR THE FUTURE

    www.amadaxtreme.co.za
    Diamond Park nr2, 86 Jakaranda Str, Hennopspark, Centurion
    S25°51'50.2 E28°09'58.2

    Cobus Bohmer - 071 641 7947
    cobus@amadaxtreme.co.za


    Rudi Grobbelaar - 061 609 7312
    rudi@amadaxtreme.co.za

  2. #2
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Centurion
    Age
    39
    Posts
    12,107
    Thanked: 19

    Default

    Cobus.

    Ja, ons het ook so projekkie, het seker so 60m2 om te plant, so ek het lekker spasie. Die tamaties, sny die onderste takke teen die stam af, hou hulle skoon so 20-30 cm bo die grond. Dit keer roes en siekte en laat hulle ook hoer groei.

    Ek het 'n ander probleem, die tarentale skrop die saad en plantjies uit. Maar hulle het voorkeur op my erf bo groente.....


    Overkill - isn't!

    uys@stofpad4x4.co.za
    www.stofpad4x4.co.za

    Why you need Stofpad4x4 Rock sliders

    Office: 012 654 7723 (sales)

  3. #3
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    Pretoorsdorp (Centurion)
    Age
    43
    Posts
    3,714
    Thanked: 5

    Default

    Shoe, jy het lekker baie plek - ek het seker so 20m2 - maar werk nog steeds baie goed.
    Ek het darem nie die tarentaal probleem nie... skiet die goed dan het jy vleis saam het die groente... LOL
    Sal die tamaties onder skoon hou, maar ondersteun jy hulle met n pen of iets om regop te hou?

    SUSPENSION FOR THE FUTURE

    www.amadaxtreme.co.za
    Diamond Park nr2, 86 Jakaranda Str, Hennopspark, Centurion
    S25°51'50.2 E28°09'58.2

    Cobus Bohmer - 071 641 7947
    cobus@amadaxtreme.co.za


    Rudi Grobbelaar - 061 609 7312
    rudi@amadaxtreme.co.za

  4. #4
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Nelspruit
    Age
    34
    Posts
    5,388
    Thanked: 0

    Default

    Navigator, het jy iets waarteen die tamaties kan rank? Onthou hulle het nie ankerkies soos bv druiwe wat aan iets kan vashou nie, en teen iets kan oprank nie. jy moet maar vir hulle is stelseltjie bou met paa;tjies en draad en soos die stingels langer word moet jy julle self opvleg teen jou stelsel/stelasie.


    Mens kan nie baie mooi sien nie, maar meeste stelsels het teer pale so elke 3m of so uit mekaar en drade gespan tussen die pale. jy moet op elke hoogte, so 300mm uit mekaar, 2 drade span, een aan die een kant van die pale en een draad aan die ander kant. Dan soos jou plant grooter word druk jy hom van onder af tussen die twee drade op. Jy kan julle ook liggies vasmaak met toukies on in plek te bly. Moenie styf vasmaak nie, laat genoeg speling vir die plant om te groei en nie te wurg as die stam dikker word nie.
    Attached Images Attached Images  
    Last edited by Die Skim; 2011/08/29 at 08:21 AM.
    Pat

    Prado 3.4 V6, OME + Spacer lift, Cooper STT, Safari Snorkel, VHF.....
    Buell Xb12Ss

  5. #5
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Centurion
    Age
    39
    Posts
    12,107
    Thanked: 19

    Default

    Quote Originally Posted by Navigator View Post
    Shoe, jy het lekker baie plek - ek het seker so 20m2 - maar werk nog steeds baie goed.
    Ek het darem nie die tarentaal probleem nie... skiet die goed dan het jy vleis saam het die groente... LOL
    Sal die tamaties onder skoon hou, maar ondersteun jy hulle met n pen of iets om regop te hou?

    Gaan in die aand, dan tel jy black wattle stokke op daar in Lyttleton weg op die hoek by Kia. Daar waar hulle daai trellise in die dag vleg, dan bou jy twee rame so 300mm uitmekaar weerskante van die tamaties. Laat hulle dan daarin groei.


    Overkill - isn't!

    uys@stofpad4x4.co.za
    www.stofpad4x4.co.za

    Why you need Stofpad4x4 Rock sliders

    Office: 012 654 7723 (sales)

  6. #6
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Nelspruit
    Age
    34
    Posts
    5,388
    Thanked: 0

    Default

    Of as jy vir jou 'n paar meter van die blokkies draad kan kry en span kan dit ook goed werk. Hoe groter die blokke hoe beter.

    Jy kry verskillende cultivars tamaties en party sal nie so hoog rank soos ander nie. Van die nuwers kultivars wat gekweek word om baie hoę opbrengs te gee kan ook baie hoog "rank", maar dit is baie keer die tamaties wat nie veel smaak het nie.
    Attached Images Attached Images  
    Pat

    Prado 3.4 V6, OME + Spacer lift, Cooper STT, Safari Snorkel, VHF.....
    Buell Xb12Ss

  7. #7
    Join Date
    May 2011
    Location
    Benoni
    Age
    43
    Posts
    29
    Thanked: 0

    Default

    Ek maak saaibakkies met koerant papier. Kry so 'n stukkie 50mm pvc pyp, vou dan koerant dubbel en om die een kant van die pyp, haal af en vul met gront wanneer jy saai. Dan hoef jy nie die plantjies te pla wanneer dit groot genoeg is om uitgeplant te word nie, sit dit net so in beddings in.

  8. #8
    Join Date
    Jan 2010
    Location
    Centurion
    Age
    35
    Posts
    1,551
    Thanked: 1

    Default

    Tarentale ? Om die erf skoon te hou etc ?

    Ek beplan ook 'n groentetuin op my nuwe erf... het lekker groot spasie vir dit uitgesit asook 'n lekker stuk vir 'n astroturf putting green en sand bunkers...
    Edu1 Erasmus
    -Since 1980-

    2014 Ford Ranger Wildtrak DC 4x4
    2014 Mercedes Benz C180
    2012 Scott Aspect 30
    2012 Silverback Roadie

  9. #9
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    53
    Posts
    3,621
    Thanked: 21

    Default

    Ons het altyd so klompie riete in die vlei/spruit gaan sny. Met riet en tou/draad kan jy omtrent enige raam/stellasie bou.
    Kobus

    HDJ81 VX

  10. #10
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Centurion
    Age
    39
    Posts
    12,107
    Thanked: 19

    Default

    Quote Originally Posted by NetEddy View Post
    Tarentale ? Om die erf skoon te hou etc ?
    Nee, wilde tarentale wat daar in die omgewing bly.


    Overkill - isn't!

    uys@stofpad4x4.co.za
    www.stofpad4x4.co.za

    Why you need Stofpad4x4 Rock sliders

    Office: 012 654 7723 (sales)

  11. #11
    Join Date
    Jul 2011
    Location
    Umdloti Victoria Crown Colony of Natal
    Age
    52
    Posts
    491
    Thanked: 0

    Default

    Still Tabbing at nearly 50

    P38 without STUPID AIR SUSPENSION
    Dodge
    Jeep Platkar
    2x Dirty Bikes

  12. #12
    Join Date
    Aug 2011
    Location
    Somerset West
    Age
    30
    Posts
    89
    Thanked: 0

    Default

    Jy kan ook op weerskante van die laning twee droppers sak en 'n draad tussenin span. Dan vat jy SWAMBO se ou sykouse en knip hulle in die dwarste in stroke. As jy die stroke oopmaak is hulle mos soos 'n rekkie. Jy kan dan die sykousband om die tamatie sit, dit deur die bokant van die band steek en dit dan vasmaak met 'n ander stuk sykous aan die draad wat jy gespan het. Omdat die sykous breed en sag is, beskadig dit nie die tamatie nie en hou dit lekker regop.

    Ek het ook op tv gesien dat 'n mens tamaties onderstebo in hangbakke kan plant, dan hang die vrugte ondertoe. Maar ek dink dit is beter vir klein tamaties.

  13. #13
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    39
    Posts
    1,499
    Thanked: 1

    Default

    Tarentaal is groente.

    Vir roes op die pampone, spuit hulle vroeg in die oggend nat sodat hulle goed droog kan word voor dit kouer word in die aand, en sorg dat daar BAIE spasie is vir die wind om deur te waai, ten minste 'n meter tussen plante. Werk vir my.

  14. #14
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Port Elizabeth
    Age
    47
    Posts
    446
    Thanked: 4

    Default

    Navigator

    As ek in jou posisie was sou ek n klein tonnel opgesit het
    gemaak uit PVC pyp vir die raam en wit skadunet

    Behalwe die gewone positives van n tonnel help dit ook om verkeerde vog uit te hou en natuurlik peste en plae is meer beheerbaar

    Dit hoef jou nie verskriklik baie te kos nie, die positiewe weeg baie swaarder as die negatiewe

    Gaan lees gerus by http://www.dicla.com/
    vir meer idees

    Groete
    Koot PE

  15. #15
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    Pretoorsdorp (Centurion)
    Age
    43
    Posts
    3,714
    Thanked: 5

    Default

    Koot,
    Ek gaan my area op n stadium toe maak, sal fotos neem en vir julle wys - sal baie maklik wees.

    SUSPENSION FOR THE FUTURE

    www.amadaxtreme.co.za
    Diamond Park nr2, 86 Jakaranda Str, Hennopspark, Centurion
    S25°51'50.2 E28°09'58.2

    Cobus Bohmer - 071 641 7947
    cobus@amadaxtreme.co.za


    Rudi Grobbelaar - 061 609 7312
    rudi@amadaxtreme.co.za

  16. #16
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Delmas
    Age
    57
    Posts
    10,133
    Thanked: 20

    Default

    Spuit maar net gereeld vir die roes. Dit is nie skadelik vir jou groente nie, hou die plante baie gesond en hoe gesonder die plant, hoe meer dra hy. Sodra die roes erg raak, raak die oes ook baie minder.

    Stem saam met Uys, hou hulle skoon onder.

    Onthou, die sukses van enige groente is goeie diere mis, hoender, bees, skaap of selfs perde mis. Het jy al 'n porra gesien boer sonder mis? Die pampoene floreer, erdwurms is mal daaroor, en dan gee dit sommer baie kos aan jou plante.

    Hoe meer jy gaan gesels met jou plante - hoe meer dra hulle. SO, besoek hulle gereeld. Lei hulle nat met water, dan kom daar nie so baie water op hul blare nie, maar met die reen kom daar water. So, bespuit hulle genoeg.

    Lekker tuinmaak!!!!!
    Elize

    en ry saam met SarelF in
    VW AMAROK MET BLINKGATCAMPER:
    My Platkar:- Peugeot 208

    Kyk gerus by www.blinkgatproducts.com
    Vir enige aluminium produkte,canopy's, campers kontak gerus
    Sarel 0828209413

  17. #17
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Jeffrey's Bay
    Age
    34
    Posts
    1,368
    Thanked: 3

    Default

    Ja. Vir die tamaties het ek ogiesdraad gespan (die een met die groot gate) en die tamaties se takke elke nou en dan daar deurgedruk. Eers na die een kant, en as hulle genoeg gegroei het weer na die ander kant. Ek sukkel ook nie met toutjies nie, het sommer 'n bak van daai lang dun cable ties. Werk vinnger, en baie makliker!

    Ek het hierdie jaar net tamaties (Roma en daai klein cocktail tamaties), spinasie en gem squash geplant. Ek gaan nog miskien so tussen in 'n paar tyres gooi vir aartappels.

    Lekker om so in jou eie tuin groente te pluk!

    P.S. Ek sit ook met die tarentaal probleem, en dan nog 'n swetterjoel fisante wat 'help'... Maar dit is darem so mooi om daai tarentale te hoor roep vir mekaar. Ek stem saam Uys, hulle het voorkeur!
    Last edited by avk; 2011/08/29 at 01:17 PM.
    Anton



    At the end of the game, the King and the pawn go back into the same box - Italian Proverb

  18. #18
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    Pretoorsdorp (Centurion)
    Age
    43
    Posts
    3,714
    Thanked: 5

    Default

    Quote Originally Posted by witklipbank View Post
    Spuit maar net gereeld vir die roes.

    Hoe meer jy gaan gesels met jou plante - hoe meer dra hulle.
    Wat spuit mens vir roes?

    Eks op die kant besig met my worm-garden... om wurm tee te kry, n vriend van my doen die wurm ding en dit doen wonders vir sy groente!

    SUSPENSION FOR THE FUTURE

    www.amadaxtreme.co.za
    Diamond Park nr2, 86 Jakaranda Str, Hennopspark, Centurion
    S25°51'50.2 E28°09'58.2

    Cobus Bohmer - 071 641 7947
    cobus@amadaxtreme.co.za


    Rudi Grobbelaar - 061 609 7312
    rudi@amadaxtreme.co.za

  19. #19
    Join Date
    May 2007
    Location
    Daar by die gat,in die NK
    Posts
    4,751
    Thanked: 1

    Default

    Quote Originally Posted by Navigator View Post
    Wat spuit mens vir roes?
    Kry by jou koperasie iets, maar as jy bang is om onkruid doder te gebruik(vir welke rede ook, dalk wil jy organies boer) gebruik Surf klere was seep, dit werk goed!

    Ek maak altyd 'n tou aan die plant se bokand vas, dan rank ek die tamatieplant so om die tou, obviously moet jy iets he om die tou aan vas te maak.
    No one ever ruined their eyesight by looking at the BRIGHT side!!
    Ford Ranger 4l 4x4
    Nissan Patrol 4.8
    Nissan King Cab (aka Navara )
    “Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.”
    Albert Einstein

    Whoooopa 3 The Goat strike back


    https://www.youtube.com/watch?v=uqw5...ature=youtu.be

    Another teazer.....
    https://www.youtube.com/watch?v=51KljMSXOnI




  20. #20
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    Pretoorsdorp (Centurion)
    Age
    43
    Posts
    3,714
    Thanked: 5

    Default

    Frans, ek hou van daai idee - ek het n paar groot rak brackets, daai 90deg brackets wat ek teen die muur agter my bedding vas bout en dan 4 toue van die bracket af grond toe, maar met die tamaties werk dit die so lekker nie.
    Daai werk lekker vir die komkommer en boontjies wat van self rank.

    SUSPENSION FOR THE FUTURE

    www.amadaxtreme.co.za
    Diamond Park nr2, 86 Jakaranda Str, Hennopspark, Centurion
    S25°51'50.2 E28°09'58.2

    Cobus Bohmer - 071 641 7947
    cobus@amadaxtreme.co.za


    Rudi Grobbelaar - 061 609 7312
    rudi@amadaxtreme.co.za

Page 1 of 18 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 ... LastLast

Similar Threads

  1. Replies: 12
    Last Post: 2010/01/11, 09:58 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •  
Google Analytics Alternative