Weskus na Richtersveld Inligting




Results 1 to 5 of 5
  1. #1
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Misgund
    Age
    46
    Posts
    14
    Thanked: 2

    Default Weskus na Richtersveld Inligting

    Ons gaan Junie 2018 in die Namakwa park (Groenrivier/ Koringkorrelbaai) kamp. Daarvandaan gaan ons na De hoop in die Richtersveld.
    Ons beplan om kuslangs te ry tot by Alexanderbai en dan De Hoop. Soek raad met paaie n tye. Twee dkajuite 4x4 met explorers.
    Van De Hoop na Kokerboomkloof en dan na Augrabies. Daarvandaan wil ons met Molopo rivier tot by Tweeriviere ry. Raad en inligting asb.

  2. #2
    Join Date
    Mar 2013
    Location
    Cape Town
    Age
    56
    Posts
    520
    Thanked: 190

    Default Re: Weskus na Richtersveld Inligting

    Quote Originally Posted by HCrous View Post
    Ons gaan Junie 2018 in die Namakwa park (Groenrivier/ Koringkorrelbaai) kamp. Daarvandaan gaan ons na De hoop in die Richtersveld.
    Ons beplan om kuslangs te ry tot by Alexanderbai en dan De Hoop. Soek raad met paaie n tye. Twee dkajuite 4x4 met explorers.
    Van De Hoop na Kokerboomkloof en dan na Augrabies. Daarvandaan wil ons met Molopo rivier tot by Tweeriviere ry. Raad en inligting asb.
    Hou in gedagte dat die Richtersveld Nas Park net twee in en uitgange het. Die een is die ferry by Sendelingsdrif en dan is die enigste ander uitgang, die een aan die westekant van die park, waar jy sou inkom as jy van Alexanderbaai se kant kom, soos jy beplan. Jy sal dus van Kokerboomkloof wes moet ry om by die hek te kom. Jy kan dit oorweeg om in die park wes waarts oor Helskloofpas na die hek te ry, dis baie mooi, maar dit neem tyd.

    Die paaie in die Richtersveld suid van die Nasionale Park via Kuboes, Lekkersing of Eksteenfontein is meestal kwaai sinkplaat. So as jy haastig is, sou ek raai dit sal dalk vinniger wees om met die grondpad terug tot by Alex Baai te ry, daarvan ry jy teerpad na Port Nolloth, Springbok en dan die N14.

    Indien jy tyd het, neem Helskoof, en ry dan via Kuboes en Eksteenfontein, die paaie is net sinkplaat, (behalwe as dit kwaai gereen het, dan is dit 'n lekker uitdaging) en die landskap is mooi. As jy regtig hardebaard is dan ry jy van Eksteenfontein noordoos na die Oranjerivier en dan langs die rivier verby Kotzeshoop na Vioolsdrif.

  3. #3
    Join Date
    Jun 2012
    Location
    Cape Town
    Age
    51
    Posts
    87
    Thanked: 6

    Default Re: Weskus na Richtersveld Inligting

    Sou ook graag Richtersveld in Junie 2018 wou doen maar hulle is seker klaar vol bespreek


    A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour.<O</O

  4. #4
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Kempton Park
    Age
    68
    Posts
    91
    Thanked: 12

    Default Re: Weskus na Richtersveld Inligting

    Quote Originally Posted by KampGat View Post
    Sou ook graag Richtersveld in Junie 2018 wou doen maar hulle is seker klaar vol bespreek
    Gaan kyk op sanparke se webwerf sanparks.org, kamplek vir Junie 2018 nog beskikbaar.

    Bespreek en gaan geniet!!

  5. #5
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Durbanville
    Age
    65
    Posts
    391
    Thanked: 21

    Default Re: Weskus na Richtersveld Inligting

    Gaan ook Richtersveld NP toe, Augustus 2018. Gaan saam met Ray Janse Van Rensburg (Voetspore faam). Sien baie uit omdat dit een van my emmerskop lys plekke is.
    Ben

    RY WAAR JY MAG MET PASSIE

    2009 Toyota Hilux 3.0 D4D DC 4X4

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •