Mafefe/Lekgalameetsi Route




Results 1 to 9 of 9
  1. #1
    Join Date
    Nov 2016
    Location
    Pretoria
    Posts
    49
    Thanked: 14

    Default Mafefe/Lekgalameetsi Route

    Hi, so after speaking to some top okes on the forum regarding the Lekgalameetsi reserve @joubertjg suggested i do a route i have also been eyeing on google maps, but according to Gmaps imaging there is not a designated road only bush with a thin line/ clearing going through.

    I just want to find out if someone have driven this route to Mafefe Camp?

    The route from Pta will probably as follows,>>>

    https://www.google.co.za/maps/dir/Pr...=en&authuser=0


    With the end of this route leading to Oesterd, and then in a northernly direction looking something like sani pass from the aerial view. If you zoom in at the "walking" part there is a "road" simmilar to a pass with switchbacks. >>>>>

    https://www.google.co.za/maps/dir/Ma...=en&authuser=0

    We will be 3 vehicles (2x hiluxes and a Cruiser 79) and be totaly self-sufficient. The plan from there will be to do a circular route through the reserve before camping at Mafefe (or bushcamping) the final night before returning home via the normal entrance route crossing the olifants river that is shown on the website (This wil be happening over the long weekend in June)

    If some of the knowledgeble okes on the forum will part with some info regarding what hopefully is a hidden gem of a route it will be much appreciated.

    Vian

  2. #2
    Join Date
    Nov 2013
    Location
    ZAR(East)
    Age
    38
    Posts
    2,564
    Thanked: 84

    Default Re: Mafefe/Lekgalameetsi Route


  3. #3
    Join Date
    May 2013
    Location
    Sabie
    Age
    50
    Posts
    233
    Thanked: 119

    Default Re: Mafefe/Lekgalameetsi Route

    Ek gaan nou daar in die omgewing woon en is reeds in beplanning om die Wolkberg goed te verken.
    Don't feed the monkeys!

  4. #4
    Join Date
    Jun 2017
    Location
    Polokwane
    Age
    29
    Posts
    1
    Thanked: 0

    Default Re: Mafefe/Lekgalameetsi Route

    Hi Vian,

    Ek het nou wel nie daar gaan ry met n 4X4 nie ,maar wel daar gaan stap.

    Daar is n pad maar jy sal net so tot by die "kamp plek" kan kom, daarna sal selfs die beste 4x4 en iemand wat baie meer ondervinding het as ek nie kan verder ry nie. wat ek wil se is die paaie lyk in die algemeen baie sleg ten minste daar waar ons was. Ons het van Mafefe se kant ingekom en net begin stap.

    Ek het n google earth file aangeheg om al die punte te wys wat ons besoek het.(verskoon asb die benaming van die punte)
    Mafefe.kmz

    Wat ek wel vir jou kan se is dit is ongelooflik mooi, dit voel soos ongerepte natuur waar geen mens al sy merk gemaak het nie. Ek stel voor jy beplan nie net die uitstappie nie maar voer dit verseker uit.

    Daar is n hele paar bobejane wat jy net voor moet oplet maar andersins is dit n heel lekker en rustige plek.

    Christian

  5. #5
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    Centurion
    Age
    58
    Posts
    1,563
    Thanked: 202

    Default Re: Mafefe/Lekgalameetsi Route

    Mafefe Trip Report Jun 2011.pdfHere is a trip report and track log dating back to 2011.

    Mafefe Camp is @ S24 13 29.2 E30 18 58.1

    Hope this helps
    Attached Files Attached Files
    Last edited by PeetS; 2017/06/07 at 08:04 AM.
    Peet Schultz

  6. #6
    Join Date
    Nov 2016
    Location
    Pretoria
    Posts
    49
    Thanked: 14

    Default Re: Mafefe/Lekgalameetsi Route

    Dankie vir almal se input, ek het na die kmz's gekyk en is nou besig om n finale roete op te trek. Hopelik is al die paaie nie te oorgroei na die nat somer nie.

    Groete Vian

  7. #7
    Join Date
    Nov 2016
    Location
    Pretoria
    Posts
    49
    Thanked: 14

    Default Re: Mafefe/Lekgalameetsi Route

    Het toe sondag middag terug gekom van die trippie af, en al wat ek kan se is dat dit mooi wereld daardie is!! Ek sal bietjie fotos en n roete opsit sodra ek tyd kry

    Vian

  8. #8
    Join Date
    Nov 2016
    Location
    Pretoria
    Posts
    49
    Thanked: 14

    Default Re: Mafefe/Lekgalameetsi Route

    Jammer vir die vertraging in visuele stimulante.

    Die Trip was n GROOT sukses! Dit in ongelooflike mooi wereld in n area wat ek nie eers van bewus was voor ek die forum gejoin het nie.

    Ek gaan nou nie n hele in diepte trip report opsit nie, maar net n paar details waarna ek nogal gesoek het toe ek die trip beplan het.

    Dag 1 Pta-Mafefe kamp

    Vertrek 7h30 uit pta en Arriveer 16h00 by mafefe kamp

    Die snelweg en teer gedeeltes is mooi alhowel daar baie verkeer op die vakansie dag was
    Hier moet ek noem dat ons nie die normale roete vanaf die R37 gevolg het na die kamp nie, maar liewer vanaf Penge ingegaan het. Die roete is nie sigbaar op google maps/earth nie, maar wel op die satelietbeeld en T4A.
    Die roete na jy afgedraai het van die R37 af kronkel tussen die begrge en volg op n staduim die olifants rivier waar ons op die oewer brunch gemaak het. Daarna Raak die pad n 2 spoor klipperige roete waar die ossewaens seker destyds deur is. Die roete klim dan die berg uit met baie haarnaald draaie. Die pad is nie erg tegnies of moeilik nie, maar ek sou dit glad nie sonder low range gedoen het nie. Die pad is ook maar oorgroei op plekke, ek dienk nie baie mense ry hom nie.

    Mafefe kamp is goed toegerus, daars braai en kuierplek ook, alhowe die ou vir ons gese het ons kan somer enige plek tent opslaan. Daar is nie uitgesette kamp plekke nie.

    Dag 2

    Mafefe kamp na Bos kamp. n gemaklike dag se ry met stops en brunch ingesluit

    Die idee was om vanaf mafefe die Lekgalameetsi reservaat binne te gaan en dan regsom (regs by die eerste vurk in die pad) te ry, verby die hek te gaan en die Orrie Bangawarath pas dan vanuit n noordelike rigting te doen. Bo op die pas het jy dan die opsie om links te draai en weer terug te keer na mafefe kamp via die vurk in die pad waar ons die oggend regs gedraai het. Wel dit was die idee

    Op die rit duur die Klipperige twee spoor van die vorige dag voort en die uitsigte word net mooier. Jy gaan die park binne deur n dubbel beeshek waarna jy afsak tot in die klowe. Die roete volg dan die stroompie tot by die hutte/bungalows en swemgat (sou graag hier wou swem as dit nie vir die winter was nie). Die roete is maar stadig, klipperig en mens stop gereeld vir n foto. Met de brunch en stadige ryery het ons bietjie laat uit die klowe gekom (meestal ons eie gesloer). Die pad vanaf de hutte tot by die Lekgalameetse hoof hek is dan mooi en mens ry vinning op, so ook met die geteerde Orrie B pas. Daar is mooi watervalle op die pas, en mens kan maklik daar gaan swem in die somer.

    Bo op die pas eindig die teer skielik, en net daarna draai n 2 spoor na links om weer by mafefe uit tekom. Die roete ry dan deur hoeveld agtige landskappe en sak op die ou eind weer tot in die kloof (of reenwoud soos die jimny bende wat saam ons by Mafefe gekamp het genoem het). Ons het nie weer by die koof uit gekom nie.

    Die roete af na die kloof loop deer gedeeltes plantasie, baie van die bome het daar omgeval en die pad versper. Alhowel die "parkeraad??" die eerste gedeelte vand ie roete gesny en skoon gemaak het het hulle nog nie klaar genmaak nie en moes ons ons eie ketting saag en hand saag inspan om vorentoe te vorder. Met die oggend se gesloer het die tyd ons gevang en moes ons n besluit maak oor waar ons gaan kamp. Doe roete deur die klowe sou lank vat en ons donker by Mafefe kry, andersins kon ons op die roete slaap en die volgende dag deur mafefe na die R37 ry. Uiteindelik het ons besluit om op n plat gedeelte van die "hoe veld" area te slaap. Die idee was dan om die volgende oggend terug te keer na waar die teer ophou en dan teen die Orrie B pas af te ry en so weer by die R37 aan tesluit Pta toe.

    Die aand in die berge was ongelooflik en soos iets wat ek nog net in fotos gesien het.

    Dag 3 Terug huis toe. Ons was 14h00 weer terug in Pta, so dis nie n lang dag nie.

    Die roete op die plato (The Downs) het vreeslik mooi uitsigte en ek wens eintelik ons kon meer tyd hier spandeer het en by Orrie B se graf om gery het. Die park het zebras in en glo ook elande, alhowel die elande maar skaars was. Die pas self loop weer deur bosveld area af teen die berge. Jy verlaat die park deur n bamande plaas hek wat ons deurgewaai het (ek het al gehoor dat van die ouens hier gesukkel het omdat hulle nie oermitte van die hoofhek gehad het nie, maar ons was sekker net gelukkig)


    As slot sou ek se dit is n ongerepte park wat nie veel besoekers kry nie. Die rede hiervoor is maar seker swak advertering en 4x4 paaie wat nie vir almal begaanbaar is nie. Dis defnitief nie as gevolg van die area nie. Die roete soos ek aan ander verduidelik gaan deur n verskeidenheid landskappe op een dag. Jy begin met amper n pretoria bosveld met suikerbos en so sonder die doringbome op die eerste dag, dan sak jy in die klowe af en ervaar tropiese reenwoud. Vandaar kry jy bosveld aandie noorde kant van die berg voor jy weer hoe veld bo op die pas kry. Teen die suide van die pas af kry jy weer n heel ander landskp soos die dag wat jy ingekom het.

    Die enigste skade op die roete was n runningboard van een van die hilux bakkies, en maar fyn krappies van die oorgroede pad. Standaard 4x4 voertuie met ground clearance sal nie n probleem he nie.

    Ek hoop die help iemand wat sy trip beplan, inligting rakende reis tye en roete toestand was maar skaars behalwe vir die een trip report

    http://www.4x4community.co.za/forum/...-(Ivory-Route))
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	IMG_20170622_105641_253.jpg 
Views:	59 
Size:	237.1 KB 
ID:	452364   Click image for larger version. 

Name:	IMG_2631.jpg 
Views:	54 
Size:	79.0 KB 
ID:	452365   Click image for larger version. 

Name:	IMG_2787.jpg 
Views:	56 
Size:	76.8 KB 
ID:	452366   Click image for larger version. 

Name:	IMG_0045.jpg 
Views:	55 
Size:	203.2 KB 
ID:	452368   Click image for larger version. 

Name:	IMG_2674.jpg 
Views:	61 
Size:	98.2 KB 
ID:	452369   Click image for larger version. 

Name:	IMG_2735.jpg 
Views:	56 
Size:	96.3 KB 
ID:	452370   Click image for larger version. 

Name:	IMG_0251.jpg 
Views:	56 
Size:	108.5 KB 
ID:	452371  
    Last edited by coetzer94; 2017/06/30 at 12:42 PM. Reason: meer info

  9. #9
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    Centurion
    Age
    58
    Posts
    1,563
    Thanked: 202

    Default Re: Mafefe/Lekgalameetsi Route

    Dankie vir die terugvoer. Mooi fotos!

    Het jy dalk GPS tracks wat jy kan deel?
    Peet Schultz

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •