Facelift Ford Radio Problems




Results 1 to 3 of 3
  1. #1
    Join Date
    Nov 2014
    Location
    West Rand
    Age
    29
    Posts
    19
    Thanked: 0

    Default Facelift Ford Radio Problems

    Goeie More

    Wil graag hoor of iemand van jul al hierdie probleem ervaar het ?

    Ek het n Ford Ranger 2.2 Facelift, baie nice bakkie, baie gelukkig met die koop.
    Alhoewel, ek het n probleem met die radio. Luister gereeld musiek wat gekonekteer is met "Bluetooth" deur my selfoon of n alternatief net gewone radio luister. Ek het die probleem al ervaar as ek musiek deur "Bleutooth" luister asook net gewone radio. Radio sal perfek werk, ek sal die bakkie afsluit as ek by n winkel kom, my dinge doen, en as ek weer die bakkie aansluit dan is die radio morsdood. Niks werk nie, op die bakkie weer af te sluit en weer aan te sluit werk nie, om die aan/af knoppie op radio in te hou werk nie. om Radio te probeer "reset" werk ook nie. Bakkie was ingevat Ford toe, ek was gese om in die wag area te wag, en nie 5min nie toe wrod bakkie terug getrek en vir my gese die probleem is reg gemaak. Daar was nie aangedui wat die probleem is nie.(Dit het gebeur met min of meer 5000km op die klok.) Alles was reg, ek was gelukkig want ek kan my musiek weer luister in die bakkie, tot in met dit weer gebeur het, die in n ander area. Weereens die bakkie Ford toe geneem, die keer by n ander tak, probleem was weer binne 5min reg gemaak. Ekt gevra wat probleem was, en daar was gese hul weet nie, maar as dit weer gebeur ontkoppel net battery en hy sal weer werk. (2e keer het gebeur op so min of meer 12 000km). Dit het nou al menigmale gebeur, so dat ek nou al self die battery moes ontkoppel om dit reg te maak. Ek sal se diut het nou al op die minste 5keer gebeur en die bakkie is nou eers op 18 000km.

    Het iemand dieselfde probleem, weet iemand wat die probleem kan wees ?? Bakkie behoort volgende week in te gaan vir 1ste diens. EK wil half en half aandring dat hul die radio moet vervang.

    Groete,
    Friki5yster
    Last edited by johant; 2017/01/11 at 08:06 AM.
    FRIKI5YSTER

    2016 Ford Ranger 2.2 D/C
    2014 Ford Ranger Supercab
    2012 VW Cross Polo

    johanterblanche01@gmail.com

  2. #2
    Join Date
    May 2016
    Location
    Pretoria
    Age
    30
    Posts
    47
    Thanked: 7

    Default Re: Facelift Ford Radio Problems

    Ek werk vir n firma wat baie rangers op die pad het. Ek ry nou al vir 3 jaar die pre-facelift ranger, met geen sulke probleme nie. Staan nou op 140 000km.

    Daar is wel heelwat van ons ouens wat die nuwe facelift ranger het, en baie van dieselfde problem het.

    Dit wissel van radios wat volume en stasies verander van self, self aan en af sit, stuurwiel knoppies wat ophou werk, en selfs aircons wat tussen koud en war self verander.

    Dit lyk ook nie asof Ford dit vinnig kan regmaak nie, aangesien die foute heeltyd terugkom en al wat gesÍ word is dit is n electronic probleem.

    Ek hoop joune word darm vinnig uitgesort.
    2006 Land Rover Discovery V8 SE (Sold to DD)
    2014 Ford Ranger D/C 2.2 TDCI 4x2 (company car)
    2013 VW Polo 1.6 (swambo)

  3. #3
    Join Date
    Dec 2016
    Location
    Bryanston
    Age
    27
    Posts
    60
    Thanked: 10

    Default Re: Facelift Ford Radio Problems

    Ek het ook baie probleme gehad met my 2.2XL Facelift se radio. Het toe na die dealer gegaan en gevra dat hulle die nuwe software update op die radio doen wat in November dink ek uit gekom het. Geen probleme meer nie.
    My Toys ->
    - Ford Ranger 2.2Tdci D/C 4x4
    - Kawasaki KLR650

    Contact me on Skype anytime.

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •