Goeie dag almal

Ek hoop darem ek is op die regte community aangesien ek nie 'n 4x4 voertuig besit nie maar wel net 'n pick up truck (Chev 1.4 utility with canopy). Maar ek het darem al deur die
forums gelees en al die tips en tricks neergeskryf en natuurlik vir aunty Google gevra wat alles beteken. Ek is maar 'n rookie begin nou eers al die goedjies bymekaar kry vir my bakkie om binne in hom te bly,
of ekstra tent aan te skaf as die spasie beknop raak. Aangesien ek enkel kampeerder is probeer ek as moontlik praktiese toerusting te gebruik omrede ek
alles self moet doen. So wees maar asb geduldig met my as ek vrae vra oor power supply banks, camping fridges, portable gas stoves ens.