Padtoestand van Tzaneen tot Orpenhek




Results 1 to 8 of 8
  1. #1
    Join Date
    Apr 2013
    Location
    Pretoria
    Age
    60
    Posts
    229
    Thanked: 4

    Default Padtoestand van Tzaneen tot Orpenhek

    Ek sal graag verneem watter pad die beste is vanaf Tzaneen na Orpenhek.
    Die R36 of die R71 oor Gravelotte, Mica en Hoedspruit.
    Is die padoppervlakte heel genoeg vir 'n voertuig en sleepwa ?
    Louis Pretorius


  2. #2
    Join Date
    May 2010
    Location
    Pretoria North
    Age
    63
    Posts
    230
    Thanked: 3

    Default Re: Padtoestand van Tzaneen tot Orpenhek

    My ouers woon in Gravelotte en ons ry altyd Hoedspruit verby en by Orpen in.
    Pad in baie goeie toestand.
    Het nog nooit die ander roete gery nie.

    I'm addicted...to CAMPING...!!!
    Cheers...my campsite is waiting...!!!

  3. #3
    Join Date
    Apr 2013
    Location
    Pretoria
    Age
    60
    Posts
    229
    Thanked: 4

    Default Re: Padtoestand van Tzaneen tot Orpenhek

    Dankie Soekiets
    Ek het ook gedink die pad oor Gravelotte ens. sal die beste wees.
    Ek sal 21 April die pad ry om vir 'n salige 11 dae op Satara te gaan kamp.
    Louis Pretorius


  4. #4
    Join Date
    May 2010
    Location
    Pretoria North
    Age
    63
    Posts
    230
    Thanked: 3

    Default Re: Padtoestand van Tzaneen tot Orpenhek

    Geniet dit. Ons probeer altyd by Satara staanplek kry maar daai park is ALTYD vol bespreek!
    Ons ry dan gewoonlik van Gravelotte af en by Orpen hek in. Eet ontbyt by Satara, ry dan paar draaie en dan weer uit by Phalaborwahek. (dagbesoeker)

    I'm addicted...to CAMPING...!!!
    Cheers...my campsite is waiting...!!!

  5. #5
    Join Date
    Apr 2013
    Location
    Pretoria
    Age
    60
    Posts
    229
    Thanked: 4

    Default Re: Padtoestand van Tzaneen tot Orpenhek

    Dankie Soekiets ons gaan dit geniet.
    Ons het al verlede jaar Aug die bespreking gedoen anders sou ons ook gesukkel het met staanplek.
    Louis Pretorius


  6. #6
    Join Date
    Feb 2016
    Location
    Polokwane
    Age
    38
    Posts
    18
    Thanked: 7

    Default Re: Padtoestand van Tzaneen tot Orpenhek

    Ons ry 3 of 4 keer per jaar na Oom Paul se Willetuin toe, vanaf Polokwane.
    Het laas 17/03/2016 Phalaborwa in gery en op 20/03/2016 Orpen uit.

    Vinnigste maklikste pad is R71, Tzaneen, Gravelote, Hoedspruit, Klasserie, Orpen. Dan 1,5 h of so na Satara.
    Die laaste ent (30km) voor Orpen hek is daar maar beeste en bokke in die pad.
    Stuk tussen Hoedspruit en Klasserie is gewoonlik besig met vragmotors ens.

    As jy tyd het, is R71 Tzaneen, Gravelotte, Phalaborwa ook 'n opsie.
    Dis is vinnig tot by Phalaborwa en dan stadig deur die park tot by Satara. Maar dan kyk jy lekker diere en kan by Letaba of Olifants iets eet en drink.
    Ry maar rustiger oor die bruggies tussen Gravelotte en Phalaborwa, stukkies voor en na die brue is bietjie uitgery.
    Ry ook 60 km/h na Gravelotte, die manne en dames in kakies en wit handskoene wag daar.

    Die R36 is ook 'n goeie opsie. Maar ry liefs R71, draai regs na Letsitele, ry deur tot by die R36. Tensy jy die trust gebied wil bewonder.
    Van Letsitele af is die R36 mooi en die pad stil.
    Ry soms so terug ter wille van verandering en om die mooi groen van die Blyde omgewing te sien.

    Noord van Satara tot op Olifants was droog in Maart, maar die reŽn het mooi geval terwyl ons daar was.
    S100 na Nwanetsi en H1-3 na Tshokwane het baie katte, gewoonlik. Wie weet?

    Sterkte! Geniet dit!

  7. #7
    Join Date
    May 2010
    Location
    Pretoria North
    Age
    63
    Posts
    230
    Thanked: 3

    Default Re: Padtoestand van Tzaneen tot Orpenhek

    Ons gaan ook gereeld Gravellotte toe om vir ons ouers daar te gaan kuier.
    My Pa is die Pastoor op Gravelottemyn. Hulle bly op die myndorp (10km uit Gravelotte oppad Phalaborwa toe)
    Dan 'leen' ons sy Autovilla en maak 'n draai deur die willetuin....altyd lekker.

    I'm addicted...to CAMPING...!!!
    Cheers...my campsite is waiting...!!!

  8. #8
    Join Date
    Apr 2013
    Location
    Pretoria
    Age
    60
    Posts
    229
    Thanked: 4

    Default Re: Padtoestand van Tzaneen tot Orpenhek

    Dankie Rawstorne
    Ons kuier so 3 of 4 keer per jaar in die KNP, gewoonlik Satara en so af en dan ander kampe. Gewoonlik ry ons oor Lydenburg en Orighstad ens.
    maar die pad is nou so vrot gery en met 'n sleepwa is dit 'n nee-nee.
    Dit is hoekom ons nou oor Pietersburg , Tzaneen ens wil ry.
    Louis Pretorius


Similar Threads

  1. NamibiŽ - 50 Doendinge
    By Spook in forum Namibia
    Replies: 51
    Last Post: 2017/12/13, 09:55 AM
  2. First Namibia Trip
    By Toine in forum Namibia
    Replies: 17
    Last Post: 2011/10/01, 08:31 PM
  3. LESOTHO - FICKSBURG tot by SANI
    By Hans prado in forum Lesotho
    Replies: 3
    Last Post: 2011/08/24, 12:11 PM
  4. Kampgoeters - van toeka tot nou.....
    By witklipbank in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 7
    Last Post: 2011/06/19, 12:19 PM
  5. H2F's Namibia Trip Report
    By Uys in forum Namibia
    Replies: 22
    Last Post: 2009/01/12, 09:40 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •